Foute in die Bybel

Sommige mense, soos Genesis skipperaars en mense van ander gelowe beweer soms dat die Bybel foute bevat. Die hoofrede vir hierdie stelling is gewoonlik om die Bybel se akkuraatheid in twyfel te trek sodat ’n mens kan redeneer dat die Bybel soms nie in die detail vertrou kan word nie of selfs hoegenaamd vertrou kan word nie.

Wanneer hulle sê dat hulle nie die Bybel kan vertrou nie, omdat dit deur mense geskryf is, maar hulle vertrou koerante, wetenskapsjoernale, “die sterre voorspel” en fortuinkoekies…

Voor ons by ’n paar voorbeelde van hierdie sogenaamde foute kom, net ’n paar gedagtes:

Wanneer gepraat word van die onfeilbaarheid van die Skrif, word nie bedoel dat God die woorde van die Bybel aan die skrywers gedikteer het nie (kyk Meganiese inspirasie). Daar word bedoel dat wat die skrywers oorspronklik geskryf het nie foute gehad het nie.

Vir die oorgrote meerderheid van hierdie “foute” is daar baie goeie verklarings sonder om die onfeilbaarheid van die Bybel aan te tas.

Daar ís voorbeelde van kopieerfoute in die Bybel (kyk byvoorbeeld hier en hier). Hierdie foute het egter hoegenaamd geen invloed op die hoof teologiese boodskap van die Bybel nie en word ook in die meeste gevalle uitgewys as foutief deur dit te vergelyk met ander ou manuskripte.

Voorbeelde

* Verskillende skeppingsverhale in Genesis 1 en Genesis 2

* Bybel sê lote kan gebruik word om lammers se kleur te verander

* Vlermuise = ’n voël?

* Volgens 1 Koning 7:23 en 2 Kronieke 4:2 is pi = 15/5 = 3 in plaas van 3.14

* Teenstrydighede oor Salomo se waterbak in 1 Konings 7 en 2 Kronieke 4

* Psalm 58:3-4 sê dat slange ore het

* Is Matteus 13:32 verkeerd dat die mostertsaadjie die kleinste van al die soorte is?

* Matteus 20:29-34, Markus 10:46-52 en Lukas 18:35-43 teenstrydig

* Wie het Goliat dood gemaak? Volgens 1 Samuel 17 was dit Dawid en volgens 2 Samuel 21:19 was dit Elganan.

* Hoeveel perdestalle het Salomo gehad? Volgens 1 Konings 4:26 was daar 40000 en volgens 2 Kronieke 9:25 het hy 4000 gehad.

* Verskil die resultate van die sensusopname in 2 Samuel 24 en 1 Kronieke 21?

* Matteus 27:9 verwys na Jeremia in plaas van Sagaria (oor die voorspelling van die 30 silwer muntstukke)

* Teenstrydige geslagsregisters volgens Lukas 3:36 and Genesis 11:1

* Jesus se geslagsregister volgens Matteus 1 en Lukas 3

* Die Bybel sê die aarde is plat

* In Matteus 12:40 sê Jesus dat Hy drie dae en drie nagte dood sou wees

* Wat het by Jesus se graf gebeur die Sondagoggend ná Sy opstanding?

* Wie was Moses se skoonpa?

* Waarna verwys Paulus in 1 Korintiërs 10:8

Kyk ook

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui