Dis goed dat Kairos in NG Kerk wil bly

Kyk ook KOMMENTAAR onderaan.

*******

Dis goed dat Kairos in NG Kerk wil bly | Netwerk24

Hennie Pieterse, Pretoria

09 Mei 2023

Dit verheug my dat die Kairos Netwerk op sy “sinode” besluit het om in die NG Kerk te bly en die gesprek binne die kerk te voer.

Ek het die kerkvereniging van 1962 vanuit die verskillende kerke in die vier provinsies as ’n afgevaardigde bygewoon en die eerste sinode van die landwye NG Kerk beleef.

Ek was bekommerd dat van my broers en susters sou wegbreek. In ’n groterige kerk is daar gewoonlik teologiese modaliteite soos ons dit leer ken het in die voormalige Hervormde Kerk van Nederland. Dit is vrugbaar vir die teologiese gesprek. ’n Vrugbare teologiese gesprek, op soek na ons gereformeerde erfenis in ’n veranderde konteks van vandag, wat uiters noodsaaklik is. Dit kan die kerk ’n nuwe impuls gee en die belangstelling van lidmate prikkel. Dit sonder om van mekaar verwyderd te raak.

Ek hoop dat die nuwe teologiese gesprek ook by ons drie teologiese fakulteite sal oopgaan.

Ek wil by almal pleit om in die gesprek broederlik met mekaar om te gaan en dit nie persoonlik op te vat nie.

———————————–

Hennie Pieterse het al heelwat petisies geteken ten gunste van homoseksualiteit:

Kommentaar

Daniel Louw

Hennie Pieterse se pleitdooi herinner aan wat Martyn Lloyd-Jones gesê het:

Om ’n kerk, of ’n raad van kerke, te beskou as ’n forum waarin fundamentele sake gedebatteer en bespreek kan word, of as ’n geleentheid vir getuienis-aflegging, is pure verwarring en deurmekaar denke. Daar moet geen bespreking wees oor “die fondament” soos ons dit sien nie. Diegene wat dit nie aanvaar nie, is nie broers nie en geen dialoog kan met hulle gevoer word nie. Ons moet vir sulkes preek en hulle evangeliseer. Gesprek vind slegs onder broeders plaas wat dieselfde lewe deel en dieselfde wesenlike waarheid onderskryf. Dit is goed dat broers sake bespreek wat nie noodsaaklik vir redding is nie en waarvoor daar geldige verskil in opinie is, nog altyd was en waarskynlik altyd sal wees. Ons kan op hierdie stadium niks beter doen as om die ou gesegde aan te haal: ‘In noodsaaklike dinge: eenheid. In onbelangrike dinge: vryheid. In alle dinge: liefde.’

Alewige debatte oor fundamentele kwessies hoort nie binne dieselfde denominasie nie.

1 thought on “Dis goed dat Kairos in NG Kerk wil bly”

  1. Merk weer vandag dié artikel op van Neels Jackson wat in 2017 publiseer is. Het juis sý roman gelees jare gelede oor die verslaggewer in die tye van Christus, en het die verhaal baie geniet. Dit is óók so, dat mens kon opmerk dat die realiteit van Christus en God die Vader by meesste hedendaagse protestante, ‘n groter gewig van die intellek dra, eerder as “n diep oortuiging vanuit die hart. En met dodelike gevolge.

    My ondervinding is dat dié wat waarlik gló die Bybel is inspireer deur die Gees – en Christus Self getuug van diie Ou Testament se Gesag hieroor – se oortuiging sal deurvloei tot in die werksplek en selfs ekonomiese kragte postitief kàn beïnvloed soos die woorde in die Ou Testament ernstig opgeneem word. Maar wat hartseer is, is dat bitter min leraars ‘n werklike openbaring het van Jesus Christus. Lyk my Hy is so bietjie “meisie-agtig’ met sagte vel en rosige lippies, en waarskynlik dra Hy ‘n mini-rok met hoë polvye en ingevoerde “Evkom-Topbestuur-“Brand” handsak” ,en “cherry” lipstiffie daarbinne tesame die “mirror ” om gereeld die “beeld” te belyn met “eie denke” ? En die “duiwel” is seker Sy “tweeling” broer…of is dit nou Sy suster?

    Hul preek vanuit die Bybel maar glo nie eens 50% van die primêre waarhede nie.

    Die duiwel is nie jou maatjie nie….en hy bestaan en preek lekker saam vanaf hul podiums af.

    En self het ek dit by ArcelorMittal Vanderbijlpark ook beleef – hul “woorde” dra geen waarheidskrag….as”t ware asof hul woorde beklee is soos ‘n straatvrou, met min kleding aan die lyf.

    Maar die Here slaap nie. In 2010 in Israel het die Here iets geweldig met my laat gebeur. Ook in Desember 2015 in Vanderbijlpark. Miskien moet die NG Kerk en ArcelorMittal en ANC met Eerste Minister Benjamin van Israel gaan praat? Want dáár in Israel, het die Here my die geweldige lelike en vuil harte gewys van ANC en NG Kerk Topbestuur en ArcelorMittal. En ek het dit aan Israel meegedeel. Gaan vra hom….hy weet…

    Ek glo absoluut in die Gesag van die Ou Testament, en dit is allesbehalwe ‘n feëverhaal en liegstories.

    Dít is hoekom die wêreld is soos dit is. Lees ondergenoemde se nonsens.

    ‘Ons glo nie in die Bybel nie, ons glo in God’
    Deur Neels Jackson / 11 Augustus 2017 / Artikels

    Soveel verskille in die kerk kan teruggevoer word na verskille oor die Bybel en die verstaan daarvan. Daarom het die Noordelike Sinode in samewerking met Excelsus drie konferensies oor die Bybel gehou. NEELS JACKSON het die konferensie in Brits bygewoon.

    Daar word op verskillende maniere oor die Bybel gepraat, het dr James Kirkpatrick van die gemeente Stellastraat in Pretoria gesê. Soms word dit die “Woord van God” genoem, ander kere “God se Woord in mensetaal”, en soms “geïnspireerde mensewoorde oor God”.

    Kirkpatrick, wat self gemaklik is om die Bybel die “Woord van God” te noem, sê met al hierdie formule­rings probeer die kerk eintlik twee dinge sê. Die een is dat die teks gesag het. Die ander is dat dit ’n eg menslike boek is, nie ’n orakelboek nie.

    Hy het egter gevra of die Bybel werklik ’n boek is. Eers in 1454, met die ontwikkeling van die boekdrukkuns, het die Bybel in boekvorm verskyn. Voor dit was daar ’n Bybel, maar nie in die vorm van ’n boek nie. En nou, met Bybels wat op selfone gelees kan word, is die Bybel steeds daar, al is dit nie langer ’n boek nie.

    Tog het dit in gereformeerde kringe vir baie ’n boek geword wat objektiewe waarhede bevat wat deur rasionele analise ont­dek kan word.

    Dít, het Kirkpatrick aan die hand van ’n aanhaling van Ferdinand Deist gesê, het die onbedoelde gevolge gehad dat die gereformeerde tradisie ver­splin­ter het in ’n magdom ker­ke op grond van verskillende in­ter­pretasies van die teks.

    Hy het ook verwys na Karl Barth wat gemaan het daarteen dat die Bybel los van die misterie van Jesus Christus en die Heilige Gees ’n gesag in homself kry en as ’t ware ’n papierpous word.

    “Ons moet seker maak dit gaan nie vir ons oor die Bybel in plaas van oor God nie,” het Kirkpatrick gesê. “Ons glo nie in die Bybel nie, ons glo in God.”

    Hy het ’n skets vertoon van ’n man wat met sy vin­ger na die maan wys. So is die Bybel. Dit wys heen na God. En net soos die man in die skets wil hê dat jy na die maan kyk en nie na sy vinger nie, so word die aandag deur die Bybel op God geplaas en nie op die Bybel wat na God wys nie.

    Die Bybel verteenwoordig daarom ’n lewende tra­disie met die doel, in die woorde van artikel 5 van die Nederlandse Geloofsbelydenis, “om ons geloof daar­na te rig”.

    Dit het Kirkpatrick gebring by die beeld van ’n dam teenoor ’n stroom.

    Party mense sien die Bybel as ’n dam waarin ’n klomp waarhede vasgevang is. ’n Mens moet by wyse van spreke net jou geloofsvisstok vat, oor die eeue wat verby is ingooi in daardie dam in en ’n paar vissies in die vorm van tekste vang en dan het jy die waarheid.

    Hy verkies die beeld van ’n stroom waarin jy nie tyd­lose waarhede nie, maar verdedigbare oortuigings kan vind. Dit werk so: Jy neem die tekste, jy interpre­teer dit en dan sê jy: “Ek dink dit is wat die Here se wil is.”

    Kirkpatrick het daarop gewys dat daar groot verskille is tussen hoe mense in Bybelse tye gedink het, en hoe mense vandag dink. Dit sluit in verskille oor hoe hulle die wêreld sien, hoe hulle oor mense dink, hoe die bose gesien word en hoe daar oor die ekonomie gedink word.

    As ’n mens dié twee wêrelde in ag neem wanneer jy die teks interpreteer, ontstaan betekenis daar waar dié twee ontmoet.

    In besprekingstyd het iemand gesê daar is soms die gevoel dat lidmate se sekerheid weggeneem word sonder dat daar vir hulle ander sekerheid gegee word.

    Hierop het Kirkpatrick gesê die hele gedagte van sekerheid word bevraagteken. Sekerheid, het hy gesê, is ’n gefluit in die begraafplaas. Dit laat ’n mens in die steek en dit lei tot ontnugtering.

    Pleks van sekerheid het hy gepleit vir geborgenheid. Dit beteken iemand se geloof bied vir hom of haar ’n veilige ruimte waar hulle kan ontspan. Binne die geborgenheid kan ’n mens vrae vra, jy kan twyfel en jy kan worstel.

    Dr Andries Kritzinger van Orkney het aangesluit by Kirkpatrick en gesê die Bybel is nie ’n doen-dit-self-handleiding met al die antwoorde nie. Soms word dit omskep in ’n wetboek om alles te antwoord, terwyl dit eintlik weerbarstige vertellinge is van God wat verrassende dinge doen. Dit is vertellinge wat ’n mens meeneem en nuwe per­spek­tiewe oopmaak.

    Hy het gesê die gesag van die Skrif is nie iets wat van die mens se kant af verklaar word nie. Dit is iets waardeur ge­lo­wi­ges oorrompel word wanneer hier­die verhale in hulle lewe in breek.

    Dr Fanie Cronjé van die gemeente Riviera-Jakaranda het gesê die manier waarop die Bybel vandag in die etiek gebruik moet word, is om eerstens te pro­­beer verstaan hoe die norme in die teks in die destydse etiese situasie inpas.

    Pleks van om dit dan direk so vandag toe te pas, doen ’n mens ’n dinamiese vergelyking van kontekste. Die gedagte is dat die Bybelse tekste dan her­be­nut word om nuwe rigting in veranderde omstandighede te bied.

    LEES OOK:…..”

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui