NG teoloë reageer

Kyk ook:

In My gewete is gebind deur die Bybel en ons belydenisskrifte vra Chris van Wyk die volgende vraag: as ons seksuele oriëntasie as gawe van God erken en daarom goedkeur, hoekom nie ook pedofilie nie? Hy het die volgende geskryf:

“Indien jy steeds oortuig is daarvan dat seksuele oriëntasie ’n gawe van God is, sal jy pedofilie … ook op soortgelyke wyse moet aanvaar. Pedofilie word tans as ’n seksuele oriëntasie beskryf deur sielkundiges. ’n Mens sou pedofilie dan ook as ’n goeie gawe van God moet beskryf.”

Nou is daar teoloë van die NG Kerk wat ewe verontwaardig is omdat hy dit durf waag om ’n verband te trek tussen selfdegeslagverhoudings en pedofilie (hulle voeg bestialiteit ook by).

In reaksie hierop is inisiatief geneem om ’n petisie op te stel. Dit is onseker wie hierdie insiatief geneem het, maar volgens Teoloë teken petisie oor ‘afkrakende’ gay-debat het Charlene van der Walt, Nadia Marais en Alphonso Groenewald die petisie gekoördineer. André Bartlett en André Agenbag het ook ’n groot rol gespeel hierin – kyk Epos van André Bartlett hieronder.

Kom ons kyk na die name van die mense wat by die verklaring betrokke is, want dit maak die gebeure des te meer ingrypend:

  • Hendrik Bosman se naam verskyn daar as die dekaan van die Fakulteit Teologie op Stellenbosch. Saam met hom verskyn die name van nog 16 van sy kollegas op Stellenbosch.
  • Dirk Human het sy naam laat aanteken. Hy is die hoof van die NG Kerk se afdeling by Pretoria se Fakulteit Teologie. Saam met hom verskyn die name van nog 21 van sy kollegas by UP.
  • Fanie Snyman se naam verskyn daar as dekaan van die Fakulteit Teologie op Bloemfontein. Saam met hom het nog 6 kollegas van Bloemfontein hulle name op die dokument aangebring.

So verskyn daar ook nog name van NG Kerk teoloë van UNISA, UWK, NWU, UJ en UKZN.

Hierdie teoloë het die verantwoordelikheid om ’n volgende geslag predikante toe te rus as leraars vir die NG Kerk. Hulle sê in hulle verklaring: “Ons is nie bereid om te aanvaar dat ’n volgende generasie teoloë en predikante sou kon dink dit is in orde om so oor mense te praat nie”.

In hierdie brief word egter geen grondige, logiese argumente gegee nie. Dit is daarom baie duidelik dat die man (Chris) gespeel word en nie die bal nie.

Kyk Homoseksualiteit en pedofilie waar hierdie breedvoerig bespreek word.

***********

NG teoloë reageer | Kerkbode

28 September 2018

Kerkbode

Die gesprek in die NG Kerk oor verhoudings tussen mense van dieselfde geslag het volgens ’n groep akademiese teoloë wat NG lidmate is, by ’n kruispad gekom. Daarom het hulle die volgende verklaring uitgereik.

___________________

As NG lidmate, gelegitimeerdes, predikante en dosente wat hulself voltyds bemoei met die akademiese teologie en opleiding van voornemende predikante en godsdiensleiers [Kommentaar: Let op dat dit vir hulle belangrik is om te sê dat hulle voltyds besig is met die teologie sodat mense moet verstaan dat hulle siening baie punte tel. Amper soos die Fariseërs van ouds. Hierdie is niks anders as ’n beroep op outoriteit nie.], is ons besorgd om te lees en te hoor hoe daar uit sekere kerklike geledere met groot selfvertroue in die naam van ‘die teologie’ uitsprake gemaak word oor LGBTQI+ persone en selfdegeslagverhoudings.

Ons vind dit veral vreemd omdat ons onder die indruk was dat die NG Kerk – binne die breër NG Kerkfamilie, alreeds vanaf 2013 – op reis was met die Seisoen van Menswaardigheid, wat bepaal dat alle gesprekke rakende sogenaamde “selfdegeslagsverhoudings” voortaan binne die kader van ’n aantal waardes bespreek sou word. Die gees van die seisoen sou uitdrukking vind in ’n lewegewende woordeskat wat betekenis sou gee aan waardes soos deernis, sorg, respek en ’n bereidheid om dit wat onbekend is nie uit die staanspoor te veroordeel nie, maar om eerder met sorg te luister en om met deernis ruimte te skep vir meer om ingesluit te word.

Speel die bal, nie die man nie…

Tans geskied dit egter nie. Daar is ’n merkbare verontmensliking van die ander deur van ’n vreesaangedrewe normatiewe retoriek gebruik te maak, veral wanneer moedswillige en onverdedigbare verbande getrek word tussen selfdegeslagverhoudings, pedofilie en bestialiteit. Uitsprake in die media waarin instemmende volwasse verhoudings tussen mense van dieselfde geslag vergelyk word met die lewe-ontnemende en skadelike praktyke van pedofilie en bestialiteit is onverantwoordelik en bloot onaanvaarbaar.

[Kommentaar: Daar word geen logiese argument gegee vir hulle stelling dat hierdie vergelyking tussen homoseksualiteit en pedofilie nie getref kan word nie.]

As NG teoloë verwerp ons hierdie manier van praat en dink oor LGBTQI+ persone, nie alleenlik as skreiend en gewelddadig nie, maar ook as teologies onregverdigbaar.

Die akademiese roekeloosheid van hierdie soort retoriek hoort by geen gerespekteerde en self-respekterende teoloog van die NG Kerk nie. Trouens, hierdie doelbewuste pogings tot verdagmakery en skeurmakery sou dalk selfs binne die NG Kerk se riglyne regtens ondersoek kon word.

Hoewel kerklike gespreksruimtes aangaande seksuele diversiteit belangrik en nodig is – en dikwels ook met groot geduld en sorgvuldige omsigtigheid geskep en in stand gehou word – het ons ’n punt in hierdie gesprek bereik waar ons onsself ondubbelsinnig moet posisioneer deur te verklaar dat ons onsself kollektief distansieer van hierdie soort uitsprake van enkele kerkleiers in die media. Ons verwerp dit in die sterkste moontlike terme. Ons besef dat ons – deur dit nie te doen nie, deur nie standpunt in te neem nie – die wanindruk sou kon skep dat hierdie soort taalgebruik en diskoers aanvaarbaar is binne teologiese kringe.

Ons is nie bereid om te aanvaar dat ’n volgende generasie teoloë en predikante sou kon dink dit is in orde om so oor mense te praat nie, asof hulle die reg en vermoë het om te bepaal wie as menswaardig geag kan word, of om namens mense besluite te neem nie. Hierdie selfversekerde vertrekpunt en selfvoldane leierskapstyl het ons in ons onlangse verlede op twyfelagtige, en selfs sondige, teologiese weë gelei.

Die direkte gevolg hiervan was dat NG teoloë apartheid teologies regverdig het.

Ons is ook nie bereid om die indruk te laat vanuit teologiese geledere dat die soort omgang met die Bybel wat in hierdie selfvoldane standpuntinname tot uitdrukking kom, in orde is nie. Sulke soort selektiewe Skrifgebruik het die NG Kerk reeds in die verlede duur te staan gekom.

Ons staan individueel en kollektief weer voor dieselfde kruispad. Ons Seisoen van Menswaardigheid dring ons élkeen om die weerlose menslikheid van die ander te erken en te respekteer. Ons teologiese integriteit verg dat ons dit duidelik stel dat haatspraak onregverdigbaar is, en selfs tot geregtelike ondersoeke behoort te lei. Diesulkes wat hulle hieraan skuldig maak praat nie namens ons nie en is strydig met die waardes en strewe van die Seisoen van Menswaardigheid.

Sol iustitiae illustra nos. [Kommentaar: Dit beteken: “Son van geregtigheid, skyn op ons.”]

28 September 2018

Ondertekenaars

(alfabeties gelys, volgens van)

  1. André Bartlett (UP)
  2. Hendrik Bosman (US)
  3. Tiana Bosman (UWK)
  4. Phil Botha (UP)
  5. Julie Claassens (US)
  6. Auke Compaan (UP)
  7. Gerda de Villiers (UP)
  8. Jaap Durand (US)
  9. Ben du Toit (US)
  10. Jaco Gericke (NWU)
  11. Alphonso Groenewald (UP)
  12. Dirk Human (UP)
  13. Hanré Janse van Rensburg (UP)
  14. Louis Jonker (US)
  15. Gideon Kotzé (NWU)
  16. Manitza Kotzé (NWU)
  17. Martin Laubscher (UVS)
  18. Christo Lombaard (UNISA)
  19. Nadia Marais (US)
  20. Arno Meiring (UP)
  21. Piet Meiring (UP)
  22. Juanita Meyer (UVS)
  23. Sias Meyer (UP)
  24. Johann-Albrecht Meylahn (UP)
  25. Elna Mouton (US)
  26. Julian Müller (UP)
  27. Retief Müller (US)
  28. Nina Müller van Velden (US)
  29. Kobus Myburgh (UP)
  30. Peter Nagel (US)
  31. Malan Nel (UP)
  32. Ian Nell (US)
  33. Marius J Nel (US)
  34. Nelus Niemandt (UP)
  35. Carike Noeth (US)
  36. Lilly Nortjé-Meyer (UJ)
  37. Hennie Pieterse (UP)
  38. Henk Potgieter (UP)
  39. Helgard Pretorius (US)
  40. Gert Prinsloo (UP)
  41. Jo-Mari Schäder (UP)
  42. Coenie Scheepers (UNISA)
  43. Eben Scheffler (UNISA)
  44. Kobus Schoeman (UVS)
  45. Johannes A Smit (UKZN)
  46. Fanie Snyman (UVS)
  47. Yolande Steenekamp (UP)
  48. Lodewyk Sutton (UVS)
  49. Christo Thesnaar (US)
  50. Charlene van der Walt (UKZN)
  51. Gerhard van den Heever (UNISA)
  52. Henco van der Westhuizen (UVS)
  53. Hans van Deventer (NWU)
  54. Peet van Dyk (UNISA)
  55. Wentzel van Huyssteen (US)
  56. Danie Veldsman (UP)
  57. Rian Venter (UVS)
  58. Hennie Viviers (UJ)
  59. Robert Vosloo (US)
  60. Johannes Vorster (UNISA)
  61. Cas Wepener (UP)

**************

Kommentaar

Dit is nie die eerste keer dat teoloë van die NG Kerk so ’n brief skryf nie. Kyk:

Kyk ook NG teologiese skole progay waar die NG teologiese skole hulle steun gegee het vir homoseksualiteit.

Volgens hulle is daar ’n groot verskil tussen instemmende volwasse homoseksuele verhoudings aan die een kant en pedofilie en bestialiteit aan die ander kant, wat volgens hulle lewe-ontnemende en skadelike praktyke is. Hennie Pienaar, gay proponent en kampvegter vir gay regte, het selfs so ver gegaan en Chris van Wyk by die MRK (menseregtekommissie) aangekla hieroor.

Dit is baie interessant, want die Bybel is BAIE duideliker oor homoseksualiteit as oor pedofilie en bestialiteit. Die Bybel gebruik dieselfde beskywende woorde, onder andere “afskuwelik” en “skandelik” om na al bogenoemde te verwys.

Soos ons egter weet, gebruik hierdie NG teoloë nie meer die Bybel as maatstaf vir morele waardes nie.

Nou is die vraag: waarop baseer hulle dan hul opinie? Hoekom is pedofilie en bestialiteit lewe-ontnemende en skadelike praktyke en homoseksualiteit nie?

Volgens statistieke is die homoseksuele lewensstyl ook baie vernietigend. Kyk byvoorbeeld:

Verder is daar reeds baie mense wat nie ’n probleem met pedofilie en bestialiteit het nie (dit het veral begin posvat na die Obamaregering homoseksuele huwelike in die VSA gewettig het op 26 Junie 2015):

  • In die VSA is daar tegnies geen wet wat jou verhoed om seks met diere te hê nie. In sekere state word dit beskou as strafbaar enigiets tussen ’n boete en tronkstraf, maar in state soos Texas en Alabama is daar geen duidelik wette oor bestialiteit nie.[1]
  • In Kanada is seksuele dade met diere wettig solank daar geen penetrasie plaasvind nie.[2]
  • In die VSA het die senaat ’n wetsontwerp goedgekeur wat sodomie en bestialiteit in die VSA-weermag wettig.[3]
  • In Duitsland word dierebordele ’n nuwe tendens.[4]
  • Al meer vrouens trou met hulle troeteldiere en selfs bome.[5]
  • Dit is moeilik om agter te kom of pedofilie in die algemeen as ’n seksuele oriëntasie gesien word, maar dit word definitief deur sommiges as ’n seksuele oriëntasie beskou.[6]
  • Mirjam Heine, ’n Duitse mediese student, het op TED talk die volgende gesê: “Volgens huidige navorsing is pedofilie ’n onveranderlike seksuele oriëntasie, net soos byvoorbeeld heteroseksualiteit. Niemand kies om ’n pedofiel te wees nie, niemand kan ophou om een te wees nie.”[7]
  • Heelwat homoseksuele mans is ook pedofiele.[8]

Dus, hoekom sien hierdie teoloë dit as skadelik en lewe-ontnemend en skadelik as soveel ander mense nie so glo nie?

Daar is nog ’n paar dinge wat ek wil weet:

Wat dink hierdie teoloë van bloedskande? Kan jy met familie/gesinslede van jou trou selfs as jy sou ooreenkom om nie kinders te kry nie? Op Facebook is daar ’n blad genaamd Incest is next – if gays can do it, we can wat hierdie saak bevorder.[9]

As hierdie teoloë glo dat LGBTQI+ met die Bybel versoen kan word, die volgende vrae:

“B” staan vir biseksueel (aantrekking tot die teenoorgestelde geslag sowel as tot die dieselfde geslag):

  • Mens kry deesdae al hoe meer huwelike met drie (of meer?) partye waar al die partye seksueel met mekaar verkeer (poliamorie).[10] Aanvaar ons dit as kerk so?

“T” staan vir transgender (iemand wie se selfidentiteit nie ooreenstem met sy geslag nie). Wat sê hierdie toeloë oor die volgende:

  • Baie van hierdie mense ondergaan geslagsoperasies. Is dit aanvaarbaar of is dit ons plig om hulle te help?[11]
  • Ter wille van transgender mense word badkamers wêreldwyd oopgestel vir alle geslagte.[12]
  • Transgender mans neem deel in vrouesport omdat hulle glo dat hulle vroue is. Dit geen hulle ’n onregverdige voorsprong.[13]
  • Christy en Dean Parave beweer dat hulle die Evangelie verkondig deur “swinging” (uitruiling van seksmaats).[14] Wat sê ons as Christene hieroor? Of moet ons baie versigtig wees om hulle te oordeel?

As die Bybel nie gebruik word as maatstaf van moraliteit nie, hoe antwoord hierdie slim teoloë, “wat hulself voltyds bemoei met die akademiese teologie en opleiding van voornemende predikante en godsdiensleiers”, bogenoemde vrae?

Een moontlikheid sou kon wees om te redeneer dat mense van die LGBTQI+ gemeenskap so gebore word terwyl pedofiele en andere nie so gebore word nie. Dit is egter nie ’n geldige argument nie:

  • Wetenskaplike navorsing kon geensins bewys dat homoseksuele mense so gebore word nie. Inteendeel, die teendeel blyk eerder waar te wees.[15]
  • Die honderde getuienisse van voorheen gay mense is ’n klinklare bewys dat gay mense nie so gebore word nie.
  • Veronderstel “die wetenskaplikes” kom tot dit gevolgtrekking dat Mirjam Heine en andere reg is, dat pedofiele so gebore word en dus ’n seksuele oriëntasie is, wat dan? Gaan hierdie teoloë hulle deuntjie verander en ook pedofilie aanvaar?

Die volgende videos van Family Policy Institute of Washington wys hoe verward die samelewing geword het:

Dit is alles omdat die wêreld die Bybel as morele maatstaf verwerp het (wat hierdie teoloë ook doen).

Hierdie teoloë sit met presies dieselfde probleem as ateïste: Ateïste wil nie God se morele maatstawwe gebruik nie, maar hulle wil dit self bepaal. Die probleem is dat dit nie so eenvoudig is nie, want mense se opinies verskil. Wie se opinie is nou geldig en wie s’n nie?[16]

Dit is die kerk se rol om ’n leidende rol te speel om rigting aan die wêreld te gee vanuit ’n Bybelse perspektief. Die kerk van Christus moet die ligdraers vir die wêreld wees (Mat 5:13-16).

Die vraag is of ons hierdie leiding van hierdie NG Kerk teoloë, wat die NG Kerk se toekomstige predikante oplei, gaan kry…

Voetnotas

[1] Kyk 10 Things You Thought Were Illegal But Aren’t.

[2] Kyk Bestiality Wins In Canada.

[3] Kyk Senate Approves Bill that Legalizes Sodomy and Bestiality in U.S. Military en U.S. Military Hit With Bestiality, Sodomy Controversy After ‘Don’t Ask, Don’t Tell’ Repeal.

[4] Kyk Bestiality Brothels Are Taking Germany By Storm.

[5] Kyk Woman gives up on men and marries her dog.

[6] Kyk If pedophilia is a sexual orientation, now what? en ‘Paedophilia is natural and normal for males’.

[7] Kyk Scholar Calls Pedophilia ‘An Unchangeable Sexual Orientation’ that Should Be Accepted by Society.

[8] Kyk Chickenhawk Satanic Sodomite : Pedophile Agenda op Youtube.

[9] Kyk ook Sex between brothers and sisters should be LEGAL, says German government’s Ethics Council.

[10] Kyk Man in threesome marriage: ‘This should be the future of relationships’ en I Share My Boyfriend With His Husband | EXTREME LOVE.

[11] Kyk Sex change regret silenced.

[12] Kyk Trump Rescinds Rules on Bathrooms for Transgender Students.

[13] Kyk Female athletes crushed by ‘women who were once men’ en “Transgenders” on the Field: When Men Dominate Women’s Sports.

[14] Kyk Christian Wife Swappers Preach The Word Of God Through Swinging op Youtube en Meet The Christian Swingers Who Claim God Uses Them To Spread His Word.

[15] Kyk Nuutste wetenskaplike navorsing oor homoseksualiteit.

[16] Kyk Morality and Ethics Questions and Answers.

Epos van André Bartlett

Ondergenoemde is die epos wat André Bartlett aan predikante en afgetrede predikante gestuur het om die verklaring teen Chris van Wyk te teken.

********

Beste kollega

Daar was uit verskeie oorde aandrang dat die onlangse gesprekke op sosiale media waar homoseksualiteit en selfdegeslagverhoudings op dieselfde moreel-etiese vlak as pedofilie en bestialiteit beoordeel word, nie sonder kommentaar uit kerklike geledere gelaat kan word nie.

‘n Paar van ons het derhalwe die inisiatief geneem om ’n verklaring op te stel waarin daar aan predikante van die NG Kerk die geleentheid gebied word om hulle van hierdie sort uitsprake en die kwetsende strekking daarvan te distansieër.

Die verklaring wat hierby aangeheg is, word ter oorweging aan jou en ander kollegas gestuur met die versoek dat jy oorweeg om jou naam te voeg by diegene wat dit saam met ons te onderskryf.

Ons wil ook aanmoedig om dit aan ander kollegas te stuur wat dalk ook hulle name sou wou byvoeg.

Indien jy jou naam wil byvoeg, vra ons dat jy ons voor Dinsdagaand 2 Oktober per e-pos sal laat weet by: andre.bartlett@up.ac.za of agenbag@durbanvillegemeente.co.za.

Beste wense

André Bartlett en André Agenbag

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui