Brief pak gay-kwessie in NG Kerk weer

Kyk ook:

En weereens ’n brief/petisie deur die progays in die NG Kerk. Hier is die vorige vyf petisies:

  1. Ope brief: teoloë pleit vir gays (Junie 2007)
  2. 65 maak beswaar teen bevriesing van gay besluit (November 2015)
  3. Menigte protesteer teen Dirkie se brief (14 November 2016)
  4. NG teoloë reageer (28 September 2018)
  5. Hou by waardes van seisoen van menswaardigheid, vra predikante (2 Oktober 2018)

************

Brief pak gay-kwessie in NG Kerk weer | Netwerk24

Deur Isabel Venter

05 Oktober 2019 18:27

’n Groep mense, onder wie prominente politici, akteurs, skrywers, akademici en kunstenaars, het ’n ope brief aan die NG Kerk geskryf waarin hulle weer die kwessie van gays in dié kerk na vore bring.

Dr. Frits Gaum, voormalige redakteur van Kerkbode, het die brief geskryf en dit is medeonderteken deur meer as 100 ander mense. Hy skryf onder meer die NG Kerk se houding teenoor gays “skreeu ten hemele”.

Die brief is Vrydag aan die NGK gerig voordat die kerk se 17de vergadering van die Algemene Sinode Sondag in Benoni begin sit vir die week.

Van die bekendes buite kerklike kringe wat die brief onderteken het, is onder andere Helen Zille, voormalige Wes-Kaapse premier, die sanger Bouwer Bosch, Dana Snyman, skrywer, en Deon Lotz, akteur.

Die ondertekenaars van die brief meen dat ’n morele homoseksuele leefwyse nie sonde is nie en pleit by die sinode om nie “die hoopgewende besluit” van 2015 nou tot niet te maak nie.

Die NGK het in 2016 sy besluit oor huwelike van dieselfde geslag gewysig nadat hy die jaar tevore beslis het elke kerk kan self besluit of hy dié verhoudings wil erken, gay paartjies in die huwelik wil bevestig en gay predikante wil aanstel.

Gaum het Saterdag aan Netwerk24 gesê dit is beduidend dat predikante van ander kerke ook hul steun gegee het.

Die NGK is tans die enigste kerk wat leiding neem rondom gays se rol in die kerk.

In sy brief word gevra dat die NGK LGBTQIA-gelowiges (lesbies, gay, biseksuele, transgender, queer, interseks, a-seksuele) “sonder enige diskriminasie in al die voorregte van kerklidmaatskap” moet laat deel.

Om ’n gay-lidmaat uit die kerk te sluit kom neer op onbillike diskriminasie, sê Gaum.

“Dit is nie net teen die landswette nie, maar die Bybel sê ook diskriminasie is verkeerd.”

Hy vra ook die Kerk om versoening tussen heteroseksuele en homoseksuele mense te bewerkstellig.

“Die NG Kerk het dit, ná baie worsteling, ondubbelsinnig oor apartheid gedoen. Die kerk word nou geroep om dit in woord én daad en sonder voorbehoude ten opsigte van LGBTQIA-mense te doen.”

Die kerk se Algemene Sinode Moderamen (ASM) het in September aangekondig ’n taakspan is aangewys om die 111 beswaarskrifte wat die ASM ontvang het, te orden.

Griewe sal hanteer word ten opsigte van Skrifgesag, eksegese, hermeneutiek, etiek, dogma-histories, belydenis, ekumene, antropologie en biologiese wetenskappe.

Na verwagting sal die beswaarskrifte in die komende week onder bespreking kom en sal ’n nuwe besluit geneem word oor of daar plek in die NGK is vir gay mense.

Dr. Gustav Claassen, algemene sekretaris van die NGK, kon nie vir kommentaar bereik word nie.

Die agtergrond van die twee besluite

Die NGK se algemene sinode het in 2015 met ’n geskiedkundige besluit bepaal kerk kan self kies of hulle gay-verhoudings wil erken, gay paartjies mag trou en gay predikante wil aanstel.

Dié besluit is in 2016 op ’n spesiale sitting van die sinode vervang.

Die kerk se beleid was sedertdien dat homoseksuele mense deel mag wees van die kerk mits hulle nie onder sensuur geplaas is nie en selibaat lewe.

Verder sal ’n gay persoon net toegelaat word om ’n dominee te word as hy of sy selibaat lewe.

Die NGK het wel by sy 2015-besluit gehou dat hy alle mense van gelyke waarde ag, oneag hul seksuele oriëntasie.

Tydens die hofsaak het die NGK gesê dié besluit skend nie gays se regte nie omdat hulle vry is om by enige kerk aan te sluit of hul eie kerk te begin.

Die groep wat die saak na die hof geneem het, het dr. Frits Gaum, voormalige redakteur van Kerkbode, en sy seun Laurie Gaum ingesluit.

Hulle het aangevoer die huwelik is ’n statuêre instelling en dat die NGK hom aan die Wet op Burgerlike Verbintenisse moet onderwerp ingevolge waarvan gay paartjies mag trou.</p>

Die volledige brief aan die sinode

Liewe Susters en Broers

Die meeste van die ondergetekendes is lidmate van die NG Kerk, maar nie almal nie. Ons het egter almal verbintenisse met die NG Kerk – of deur familie, of deur vriende, of deur die geskiedenis. Ons is gelowige mense en rig hierdie Ope Brief in ons persoonlike hoedanigheid aan u omdat ons glo dat u tydens die Algemene Sinode van 2019 besluite gaan neem wat vir die kerk van Jesus Christus in Suid-Afrika en Afrika van besondere belang kan wees. Ons vra beleefd u aandag vir die volgende.

  1. Verskeie algemene sinodes het sedert 2004 deur hulle beraadslaging en besluite “tekens van hoop” oor die kwessie van homoseksualiteit opgerig. Die 2015-sinode het in hierdie verband vir ’n groot deurbraak gesorg deur ruimte te gee vir selfdegeslagverbintenisse, maar dit is ongelukkig deur die 2016-buitengewone sinode ongedaan gemaak. 2016 se besluite is daarna om prosedurele en substantiewe redes deur die Hooggeregshof ter syde gestel nadat lidmate van die NG Kerk hulle tot die hof gewend het omdat dit die enigste manier was om regsekerheid te kry.
  2. Die 2004-sinode het reeds om verskoning gevra aan gay mense en hulle families wat in die verlede deur die kerk se optrede diep seergemaak is. Daaropvolgende sinodes het dié verskoning herhaal, maar die besluite van die 2016-sinode het opnuut ou wonde oopgekrap.
  3. Die Bybel praat nêrens oor seksuele oriëntasie as sodanig nie. “Homoseksualiteit” is nie ’n Bybelse term nie, maar dateer uit die 19de eeu. Dit is ons oortuiging dat, soos ’n heteroseksuele oriëntasie in sy verskillende vorme nie sonde is nie, so is ’n homoseksuele oriëntasie in sy verskillende vorme nie sonde nie. En soos ’n morele heteroseksuele leefwyse nie sonde is nie, so is ’n morele homoseksuele leefwyse nie sonde nie.
  4. Ons aanbid ’n God van liefde en van geregtigheid. Waar daar haat en onreg is – tussen en teenoor rasse, geslagte, nasies, heteroseksuele en homoseksuele mense – is God bedroef. Alle mense is na God se beeld gemaak en ’n kerk, veral ’n kerk, moet elke vorm van onreg afwys. Die NG Kerk het dit, na baie worsteling, ondubbelsinnig oor apartheid gedoen. Die kerk word nou geroep om dit in woord én daad en sonder voorbehoude ten opsigte van LGBTQIA+-mense (lesbies, gay, biseksuele, transgender, queer, interseks, a-seksuele) te doen. En waar die kerk in die verlede in hierdie verband gefouteer het, moet doelgerigte pogings aangewend word om deur herstellende geregtigheid reg te maak wat verkeerd is. Dit beteken onder meer dat LGBTQIA+-gelowiges sonder enige diskriminasie in al die voorregte van kerklidmaatskap moet kan deel, en dat ’n gestruktureerde proses van begrip en versoening tussen heteroseksuele en homoseksuele mense in die kerk aan die gang gesit word. So kan kerkmense leer verstaan dat die bydrae van LGBTQIA+-lidmate dringend nodig is in die kerk se uitvoering van haar rol en roeping as die reformerende kerk van die Here.
  5. Laastens vra ons u om nie deur besluite wat nou geneem word, die hoopgewende inhoud van die 2015-besluite ongedaan te maak nie. Die 2015-besluite was op stuk van sake ’n verset teen onbillike diskriminasie teen LGBTQIA+-mense. Die uitspraak van die hooggeregshof wys onbillike diskriminasie ook onomwonde af. Dit is egter nie net in stryd met die Grondwet van Suid-Afrika nie, maar in elke opsig ook teenstrydig met die Christelike boodskap van naasteliefde soos uitgedruk in die Groot Gebod. Dit skreeu ten hemele!

Baie dankie vir u aandag.

  1. Dr. Kobus Anthonissen, afgetrede predikant, Bellville
  2. Ds. Nick Bezuidenhout, afgetrede predikant, Jeffreysbaai
  3. Me. Rubaix Bezuidenhout, afgetrede spraakterapeut, Jeffreysbaai
  4. Me. Elise Bishop, afgetree, Strand
  5. Me. Annemie Bosch, aktivis, Pretoria
  6. Mnr. Bouwer Bosch, sanger, akteur en entrepreneur, Randburg
  7. Prof. Hendrik Bosman, afgetrede dosent, fakulteit teologie, Stellenbosch
  8. Me. Adele Botha, onderwyser, Somerset-Wes
  9. Me. Anine Botha, ondersteuner, Bloemfontein
  10. Prof. Johan Buitendag, dosent, fakulteit teologie en religie, UP, Pretoria
  11. Me. Mary Burton, oud-kommissaris, Waarheids-en-Versoeningskommissie, Rondebosch
  12. Mnr. Frederik Calitz, ingeneur, Milnerton
  13. Dr. Andries Cilliers, predikant, Drieankerbaai, Kaapstad
  14. Prof. Juliana Claassens, dosent, fakulteit teologie, US, Stellenbosch
  15. Ds. Julian Coetzee, predikant VGKSA, Ocean View
  16. Dr. Murray Coetzee, afgetrede predikant, argivaris Beyers Naudé-sentrum, Stellenbosch
  17. Mnr. Jan Coetzer, MDiv, Fakulteit Teologie, US, Stellenbosch
  18. Ds. Johan Conradie, predikant, Sonstraal, Durbanville
  19. Mnr. Terry Crawford-Browne, afgetrede bankier en wapenskandaal-aktivis, Milnerton
  20. Me. Lavinia Crawford-Browne, bemarker: Desmond Tutu-HIV Foundation, Milnerton
  21. Prof. John de Gruchy, afgetrede teoloog, Hermanus
  22. Mnr. Stefan de Klerk, MDiv, fakulteit teologie, US, Stellenbosch
  23. Dr. Gerda de Villiers, dosent, fakulteit teologie en religie, UP, Pretoria
  24. Prop. Magriet de Villiers, akademiese ontwikkelingskoördineerder, fakulteit teologie, US, Stellenbosch
  25. Ds. Riaan de Villiers, predikant, Groote Kerk, Kaapstad
  26. Dr. Elma de Vries, konsultant, Michell’s Plain-hospitaal, Kaapstad
  27. Prof. Yolanda Dreyer, dosent, fakulteit teologie en religie, UP, Pretoria
  28. Prof. Stan du Plessis, uitvoerende bedryfshoof, US, Stellenbosch
  29. Me. Hilandi du Toit, sanger, Constantia
  30. Prof. Dion Forster, dosent en direkteur Beyers Naudé-sentrum, fakulteit teologie, US, Stellenbosch
  31. Dr. Leon Fouché, afgetrede predikant, Jeffreysbaai
  32. Me. Sara Fouché, afgetrede onderwyseres, Jeffreysbaai
  33. Mnr. Danny Fourie, uitgewer, Wellington
  34. Me. Aneleh Fourie le Roux, MIV-fasiliteerder en aktivis, Somerset-Wes
  35. Dr. Frits Gaum, afgetrede predikant, Durbanville
  36. Me. Henda Gaum, tuisteskepper en aktivis, Durbanville
  37. Prop. Laurie Gaum, fasiliteerder, Muizenberg
  38. Prof. Alphonso Groenewald, dosent, fakulteit teologie en religie, Pretoria
  39. Me. Hanli Groenewald, MDiv, fakulteit teologie, US, Stellenbosch
  40. Dr. Pierre Grigor, teoloog, Swakopmund
  41. Prof. Len Hansen, dosent, fakulteit teologie, US, Stellenbosch
  42. Mnr. Gielie Hoffmann, konsultant, Pretoria
  43. Me. Annalet Hofmeyr, afgetree, Gordonsbaai
  44. Me. Olga Human, kunstenaar, Somerset-Wes
  45. Mnr. Neels Jackson, joernalis, Pretoria
  46. Me. Louise Jackson, fisioterapeut, Pretoria
  47. Dr. Hanré Janse van Rensburg, dosent, fakulteit teologie en religie, UP, Pretoria
  48. Dr. Chris Jones, eenheid morele leierskap, fakulteit teologie, US, Stellenbosch
  49. Me. Rhoda Kadalie, afgetrede akademikus, rubriekskrywer, Menseregtekommissaris, Kalifornië, VSA
  50. Mnr. Siya Khumalo, skrywer, Durban
  51. Prop. Judith Kotzé, konsultant, Kaapstad
  52. Ds. Willie Kotzé, predikant, Gansbaai
  53. Dr. Fiona Kritzinger, pediatriese spesialis, Constantia
  54. Mnr. Wilhelm M. Kruger, ondersteuner, Stellenbosch
  55. Prof. Christina Landman, teoloog, Unisa, Pretoria
  56. Me. Janette Larney, dosent, Potchefstroom
  57. Ds. Martin Laubscher, dosent, fakulteit teologie en religie, UV, Bloemfontein
  58. Dr, Lisa le Roux, navorser EGON, fakulteit teologie, US, Stellenbosch
  59. Mnr. Charl-Johan Lingenfelder, musiekregisseur en draaiboekskrywer, Vredehoek
  60. Mnr. Deon Lotz, akteur, De Tijger
  61. Dr. Gys Loubser, videograaf, Seepunt
  62. Dr. Lionel Louw, afgetrede predikant, medeprofessor en departementshoof: Ontwikkeling, UK, Kaapstad
  63. Dr. Fanie Marais, predikant, Goodwood
  64. Dr. Nadia Marais, dosent, Fakulteit Teologie, US, Stellenbosch
  65. Prof. Johan Maree, afgetrede dosent: Sosiologie, UK, Bloubergstrand
  66. Dr. Arno Meiring, predikant, Universiteitsoord, Pretoria
  67. Dr. Jacob Meiring, narratiewe teoloog, Tamboerskloof
  68. Prof. Piet Meiring, afgetrede dosent, fakulteit teologie en religie, UP, Pretoria
  69. Dr. Juanita Meyer, dosent, fakulteit teologie en religie, UV, Bloemfontein
  70. Prof. Sias Meyer, dosent, fakulteit teologie en religie, UP, Pretoria
  71. Ds. Tilana Meyer-Morkel, predikant, Paarl-Vallei, Paarl
  72. Dr. Marthie Momberg, navorsingsgenoot, fakulteit teologie, US, Stellenbosch
  73. Prof. Julian Müller, afgetrede dosent, fakulteit teologie en religie, UP, Pretoria
  74. Dr. Peter Nagel, dosent, fakulteit teologie, US, Stellenbosch
  75. Me. Celeste Naudé, pensioenaris, Pretoria
  76. Ds. Schalk Naudé, afgetrede predikant, Pretoria
  77. Dr. Willem Nicol, afgetrede predikant en teoloog, Pretoria
  78. Ds. Pieter Oberholzer, afgetree, Vishoek
  79. Me. Di Oliver, afgetrede maatskaplike werker en anti-apartheidstryder, Muizenberg
  80. Me. Emma Pienaar, tuisteskepper en aktivis, Grootbrakrivier
  81. Mnr. Hennie Pienaar sr, afgetrede sakeman en boer, Grootbrakrivier
  82. Prop. Hennie Pienaar, sakeman, George
  83. Prof. Hennie Pieterse, afgetrede dosent: praktiese teologie, Unisa, Pretoria
  84. Dr. Mary-Anne Potts, afgetrede mediese dokter, Kommetjie
  85. Prof. Jeremy Punt, dosent, fakulteit teologie, US, Stellenbosch
  86. Dr. Eben Scheffler, afgetrede dosent, Unisa, Pretoria
  87. Mnr. Hein Smit, ondersteuner, Table View
  88. Mnr. Dana Snyman, skrywer en joernalis, Jacobsbaai
  89. Dr. Deon Snyman, direkteur: Restitution Foundation, Kaapstad
  90. Prof. Fanie Snyman, emeritus-dekaan, navorsingsgenoot, fakulteit teologie en religie, UV, Bloemfontein
  91. Mnr. Marco Spaumer, akteur, Kaapstad
  92. Dr. Robert Steiner, predikant, Verenigende Presbiteriaanse Kerk, Rondebosch
  93. Mnr. Ashwin Thyssen, MDiv, fakulteit teologie, US, Stellenbosch
  94. Eerw. Mpho Tutu van Furth, Episkopaalse priester, Amstelveen, Nederland
  95. Prof. Andries van Aarde, afgetrede dosent, fakulteit teologie, UP, Pretoria
  96. Mnr. André-Carl van der Merwe, skrywer, kunstenaar en sakeman, Seepunt
  97. Ds. Carusta van der Merwe, teoloog, UP, Pretoria
  98. Me. Dania van der Walt, tuisteskepper en aktivis, Gouritsmond
  99. Dr. Albertus van der Westhuizen, pensioenaris, Botrivier
  100. Prof. Ernest van Eck, adjunk-dekaan, fakulteit teologie en religie, UP, Pretoria
  101. Prof. LJ van Niekerk, ondersteuner, Centurion
  102. Mnr. Daan van Rooyen, ondersteuner, Potchefstroom
  103. Me. Lyn van Rooyen, konsultant, Randburg
  104. Dr. Tanya van Wyk, dosent, fakulteit teologie en religie, UP, Pretoria
  105. Me. Marieke Vermaak, ondersteuner, George
  106. Me. Lulani Vermeulen, boer, Philippolis
  107. Prof. Cas Vos, afgetrede dekaan, fakulteit teologie en religie, UP, Pretoria
  108. Prof. Robert Vosloo, dosent, fakulteit teologie, US, Stellenbosch
  109. Prof. Cas Wepener, dosent, fakulteit teologie en religie, UP, Pretoria
  110. Me. Bettina Wyngaard, skrywer, Grabouw
  111. Dr. Spiwo Xapile, predikant, Verenigende Presbiteriaanse Kerk, Vredehoek
  112. Me. Helen Zille, oud-premier van die Wes-Kaap, Bloubergstrand

 

1 thought on “Brief pak gay-kwessie in NG Kerk weer”

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui