Sinode van Wes-Kaapland: Marinus Theron neem oor by Nelis Janse van Rensburg

Kyk ook:

Kyk ook KOMMENTAAR onderaan.

*******

Sinode van Wes-Kaapland: Marinus Theron neem oor by Nelis Janse van Rensburg – Kerkbode

08 Mei 2023

Ds Marinus Theron is Maandagmiddag verkies as nuwe voorsitter (moderator) van die sinode van Wes-Kaapland op die eerste dag van die NG Kerk se grootste streeksinode se vierjaarlikse saamtrek.

Theron neem oor by ds Nelis Janse van Rensburg wat na twee termyne as voorsitter moet uittree. Theron is predikant by Stellenbosch-Wes en was dienende skriba van die sinode.

Nog stemme: ‘Ek is geroep en ek hoort hier’

Besprekings by die sinode sal in sewe temas val, waaronder sosio-maatskaplike werklikheid en diversiteit. Tydens die verwelkoming op Dag Een was daar ’n “ritueel” wat “eeheid in verskeidenheid vier,” het ds Elmariè Dercksen aan Kerkbode verduidelik. Sy is verantwoordelik vir die spiritualiteit van die sinode. Elf afgevaardigdes is gevra om iets van hulleself te sê, wat hulle verteenwoordig.

Die sinode vind van 8-12 Mei by Goudini Spa in die Boland plaas.

Hou Kerkbode dop vir meer beriggewing.

Kommentaar

xxx

1 thought on “Sinode van Wes-Kaapland: Marinus Theron neem oor by Nelis Janse van Rensburg”

  1. Dit is jammer om te sien hoe mense gemanipuleer word om ‘n voorafbepaalde uitkoms te bereik. So onskuldig, maar dodelik.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui