Ope brief aan 2019 AS NGK van progays

Kyk ook:

Nog ’n petisie (sesde) deur die progays.

Kyk ook ’n lys van petisies deur progays: Lys van petisies deur progays

Dit word geplaas ter inligting.

********

OPE BRIEF AAN DIE ALGEMENE SINODE VAN DIE NG KERK

6 Oktober 2019, Kerkbode, Briewe

Hierdie is ’n lesersbrief.

Die opinies van briefskrywers weerspieël nie noodwendig die standpunte of oortuigings van die Kerkbode-redaksie of die NG Kerk nie.

Liewe Susters en Broers

Die meeste van die ondergetekendes is lidmate van die NG Kerk, maar nie almal nie. Ons het egter almal verbintenisse met die NG Kerk – of deur familie, of deur vriende, of deur die geskiedenis. Ons is gelowige mense en rig hierdie Ope Brief in ons persoonlike hoedanigheid aan u omdat ons glo dat u tydens die Algemene Sinode van 2019 besluite gaan neem wat vir die  kerk van Jesus Christus in Suid-Afrika en Afrika van besondere belang kan wees. Ons vra beleefd u aandag vir die volgende.

Verskeie algemene sinodes het sedert 2004 deur hulle beraadslaging en besluite “tekens van hoop” oor die kwessie van homoseksualiteit opgerig. Die 2015-sinode het in hierdie verband vir ’n groot deurbraak gesorg deur ruimte te gee vir selfdegeslagverbintenisse, maar dit is ongelukkig deur die 2016-buitengewone sinode ongedaan gemaak. 2016 se besluite is daarna om prosedurele en substantiewe redes deur die Hooggeregshof ter syde gestel nadat lidmate van die NG Kerk hulle tot die hof gewend het omdat dit die enigste manier was om regsekerheid te kry.

Die 2004-sinode het reeds om verskoning gevra aan gay mense en hulle families wat  in die verlede deur die kerk se optrede diep seergemaak is. Daaropvolgende sinodes het dié verskoning herhaal, maar die besluite van die 2016-sinode het opnuut ou wonde oopgekrap.

Die Bybel praat nêrens oor seksuele oriëntasie as sodanig nie. “Homoseksualiteit” is nie ’n Bybelse term nie, maar dateer uit die 19de eeu. Dit is ons oortuiging dat, soos ’n heteroseksuele oriëntasie in sy verskillende vorme nie sonde is nie, so is ’n homoseksuele oriëntasie in sy verskillende vorme nie sonde nie. En soos ’n morele heteroseksuele leefwyse nie sonde is nie, so is ’n morele homoseksuele leefwyse nie sonde nie.

Ons aanbid ’n God van liefde en van geregtigheid. Waar daar haat en onreg is – tussen en teenoor rasse, geslagte, nasies, heteroseksuele en homoseksuele mense – is God bedroef. Alle mense is na God se beeld gemaak en ’n kerk, veral ’n kerk, moet elke vorm van onreg afwys. Die NG Kerk het dit, na baie worsteling, ondubbelsinnig oor apartheid gedoen. Die kerk word nou geroep om dit in woord én daad en sonder voorbehoude ten opsigte van LGBTQIA+-mense (lesbies, gay, biseksuele, transgender, queer, interseks, a-seksuele) te doen. En waar die kerk in die verlede in hierdie verband gefouteer het, moet doelgerigte pogings aangewend word om deur herstellende geregtigheid reg te maak wat verkeerd is. Dit beteken onder meer dat LGBTQIA+-gelowiges sonder enige diskriminasie  in al die voorregte van kerklidmaatskap moet kan deel, en dat ’n gestruktureerde proses van begrip en versoening tussen heteroseksuele en homoseksuele mense in die kerk aan die gang gesit word. So kan kerkmense leer verstaan dat die bydrae van LGBTQIA+-lidmate dringend nodig is in die kerk se uitvoering van haar rol en roeping as die reformerende kerk van die Here.

Laastens vra ons u om nie deur besluite wat nou geneem word, die hoopgewende inhoud van die 2015-besluite ongedaan te maak nie. Die 2015-besluite was op stuk van sake ’n verset teen onbillike diskriminasie teen LGBTQIA+-mense. Die uitspraak van die Hooggeregshof wys onbillike diskriminasie ook onomwonde af. Dit is egter nie net in stryd met die Grondwet van Suid-Afrika nie, maar in elke opsig ook teenstrydig met die Christelike boodskap van naasteliefde soos uitgedruk in die Groot Gebod. Dit skreeu ten hemele!

Baie dankie vir u aandag.

  1. Dr Kobus Anthonissen, afgetrede predikant, Bellville
  2. Ds Nick Bezuidenhout, afgetrede predikant, Jeffreysbaai
  3. Me Rubaix Bezuidenhout, afgetrede spraakterapeut, Jeffreysbaai
  4. Me Elise Bishop, afgetree, Strand
  5. Me Annemie Bosch, aktivis, Pretoria
  6. Mnr Bouwer Bosch, sanger, akteur en entrepreneur, Randburg
  7. Prof Hendrik Bosman, afgetrede dosent, Fakulteit Teologie, Stellenbosch
  8. Me Adele Botha, onderwyser, Somerset-Wes
  9. Me Anine Botha, ondersteuner, Bloemfontein
  10. Prof Johan Buitendag, dosent, Fakulteit Teologie en Religie, UP, Pretoria
  11. Me Mary Burton, oud-kommissaris, Waarheids-en-Versoeningskommissie, Rondebosch
  12. Mnr Frederik Calitz, ingeneur, Milnerton
  13. Dr Andries Cilliers, predikant, Drieankerbaai, Kaapstad
  14. Prof Juliana Claassens, dosent, Fakulteit Teologie, US, Stellenbosch
  15. Ds Julian Coetzee, predikant VGKSA, Ocean View
  16. Dr Murray Coetzee, afgetrede predikant, argivaris Beyers Naudé-sentrum, Stellenbosch
  17. Mnr Jan Coetzer, MDiv, Fakulteit Teologie, US, Stellenbosch
  18. Ds Johan Conradie, predikant, Sonstraal, Durbanville
  19. Mnr Terry Crawford-Browne, afgetrede bankier en wapenskandaal-aktivis, Milnerton
  20. Me Lavinia Crawford-Browne, bemarker: Desmond Tutu-HIV Foundation, Milnerton
  21. Prof John de Gruchy, afgetrede teoloog, Hermanus
  22. Mnr Stefan de Klerk, MDiv, Fakulteit Teologie, US, Stellenbosch
  23. Dr Gerda de Villiers, dosent, Fakulteit Teologie en Religie, UP, Pretoria
  24. Prop Magriet de Villiers, akademiese ontwikkelingskoordineerder, Fakulteit Teologie, US, Stellenbosch
  25. Ds Riaan de Villiers, Predikant, Groote Kerk, Kaapstad
  26. Dr Elma de Vries, konsultant, Michell’s Plain-hospitaal, Kaapstad
  27. Prof Yolanda Dreyer, dosent, Fakulteit Teologie en Religie, UP, Pretoria
  28. Prof Stan du Plessis, uitvoerende bedryfshoof, US, Stellenbosch
  29. Me Hilandi du Toit, sanger, Constantia
  30. Prof Dion Forster, dosent en direkteur Beyers Naudé-sentrum, Fakulteit Teologie, US, Stellenbosch
  31. Dr Leon Fouché, afgetrede predikant, Jeffreysbaai
  32. Me Sara Fouché, afgetrede onderwyseres, Jeffreysbaai
  33. Mnr Danny Fourie, uitgewer, Wellington
  34. Me Aneleh Fourie le Roux, MIV-fasiliteerder en aktivis, Somerset-Wes
  35. Dr Frits Gaum, afgetrede predikant, Durbanville
  36. Me Henda Gaum, tuisteskepper en aktivis, Durbanville
  37. Prop Laurie Gaum, fasiliteerder, Muizenberg
  38. Prof Alphonso Groenewald, dosent, Fakulteit Teologie en Religie, Pretoria
  39. Me Hanli Groenewald, MDiv, Fakulteit Teologie, US, Stellenbosch
  40. Dr Pierre Grigor, teoloog, Swakopmunt
  41. Prof Len Hansen, dosent, Fakulteit Teologie, US, Stellenbosch
  42. Mnr Gielie Hoffmann, konsultant, Pretoria
  43. Me Annalet Hofmeyr, afgetree, Gordonsbaai
  44. Me Olga Human, kunstenaar, Somerset-Wes
  45. Mnr Neels Jackson, joernalis, Pretoria
  46. Me Louise Jackson, fisioterapeut, Pretoria
  47. Dr Hanré Janse van Rensburg, dosent, Fakulteit Teologie en Religie, UP, Pretoria
  48. Dr Chris Jones, Eenheid Morele Leierskap, Fakulteit Teologie, US, Stellenbosch
  49. Me Rhoda Kadalie, afgetrede akademikus, rubriekskrywer, Menseregtekommissaris, California, VSA
  50. Mnr Siya Khumalo, skrywer, Durban
  51. Prop Judith Kotzé, konsultant, Kaapstad
  52. Ds Willie Kotzé, predikant, Gansbaai
  53. Dr Fiona Kritzinger, pediatriese spesialis, Constantia
  54. Mnr Wilhelm M Kruger, ondersteuner, Stellenbosch
  55. Prof Christina Landman, teoloog, Unisa, Pretoria
  56. Me Janette Larney, dosent, Potchefstroom
  57. Ds Martin Laubscher, dosent, Fakulteit Teologie en Religie, UV, Bloemfontein
  58. Dr Lisa le Roux, navorser EGON, Fakulteit Teologie, US, Stellenbosch
  59. Mnr Charl-Johan Lingenfelder, musiekregisseur en draaiboekskrywer, Vredehoek
  60. Mnr Deon Lotz, akteur, De Tijger
  61. Dr Gys Loubser, videograaf, Seepunt
  62. Dr Lionel Louw, afgetrede predikant, medeprofessor en departementshoof: Ontwikkeling, UK, Kaapstad
  63. Dr Fanie Marais, predikant, Goodwood
  64. Dr Nadia Marais, dosent, Fakulteit Teologie, US, Stellenbosch
  65. Prof Johan Maree, afgetrede dosent: Sosiologie, UK, Bloubergstrand
  66. Dr Arno Meiring, predikant, Universiteitsoord, Pretoria
  67. Dr Jacob Meiring, narratiewe teoloog, Tamboerskloof
  68. Prof Piet Meiring, afgetrede dosent, Fakulteit Teologie en Religie, UP, Pretoria
  69. Dr Juanita Meyer, dosent, Fakulteit Teologie en Religie, UV, Bloemfontein
  70. Prof Sias Meyer, dosent, Fakulteit Teologie en Religie, UP, Pretoria
  71. Ds Tilana Meyer-Morkel, predikant, Paarl-Vallei, Paarl
  72. Dr Marthie Momberg, navorsingsgenoot, Fakulteit Teologie, US, Stellenbosch
  73. Prof Julian Müller,  afgetrede dosent, Fakulteit Teologie en Religie, UP, Pretoria
  74. Dr Peter Nagel, dosent, Fakulteit Teologie, US, Stellenbosch
  75. Me Celeste Naudé, pensioenaris, Pretoria
  76. Ds Schalk Naudé, afgetrede predikant, Pretoria
  77. Dr Willem Nicol, afgetrede predikant en teoloog, Pretoria
  78. Ds Pieter Oberholzer, afgetree, Vishoek
  79. Me Di Oliver, afgetrede maatskaplike werker en anti-apartheidstryder, Muizenberg
  80. Me Emma Pienaar, tuisteskepper en aktivis, Grootbrakrivier
  81. Mnr Hennie Pienaar sr, afgetrede sakeman en boer, Grootbrakrivier
  82. Prop Hennie Pienaar, sakeman, George
  83. Prof Hennie Pieterse, afgetrede dosent: Praktiese Teologie, Unisa, Pretoria
  84. Dr Mary-Anne Potts, afgetrede mediese dokter, Kommetjie
  85. Prof Jeremy Punt, dosent, Fakulteit Teologie, US, Stellenbosch
  86. Dr Eben Scheffler, afgetrede dosent, Unisa, Pretoria
  87. Mnr Hein Smit, ondersteuner, Table View
  88. Mnr Dana Snyman, skrywer en joernalis, Jacobsbaai
  89. Dr Deon Snyman, direkteur: Restitution Foundation, Kaapstad
  90. Prof Fanie Snyman, emeritus-dekaan, navorsingsgenoot, Fakulteit Teologie en Religie, UV, Bloemfontein
  91. Mnr Marco Spaumer, akteur, Kaapstad
  92. Dr Robert Steiner, predikant, Verenigende Presbiteriaanse Kerk, Rondebosch
  93. Mnr Ashwin Thyssen, MDiv, Fakulteit Teologie, US, Stellenbosch
  94. Eerw Mpho Tutu Van Furth, Episkopaalse priester, Amstelveen, Nederland
  95. Prof Andries van Aarde, afgetrede dosent, Fakulteit Teologie, UP, Pretoria
  96. Mnr André-Carl van der Merwe, skrywer, kunstenaar en besigheidsman, Seepunt
  97. Ds Carusta van der Merwe, teoloog, UP, Pretoria
  98. Me Dania van der Walt, tuisteskepper en aktivis, Gouritsmond
  99. Dr Albertus van der Westhuizen, pensioenaris, Botrivier
  100. Prof Ernest van Eck, adjunk-dekaan, Fakulteit Teologie en Religie, UP, Pretoria
  101. Prof LJ van Niekerk, ondersteuner, Centurion
  102. Mnr Daan van Rooyen, ondersteuner, Potchefstroom
  103. Me Lyn van Rooyen, konsultant, Randburg
  104. Dr Tanya van Wyk, dosent, Fakulteit Teologie en Religie, UP, Pretoria
  105. Me Marieke Vermaak, ondersteuner, George
  106. Me Lulani Vermeulen, boer, Philippolis
  107. Prof Cas Vos, afgetrede dekaan, Fakulteit Teologie en Religie, UP, Pretoria
  108. Prof Robert Vosloo, dosent, Fakulteit Teologie, US, Stellenbosch
  109. Prof Cas Wepener, dosent, Fakulteit Teologie en Religie, UP, Pretoria
  110. Me Bettina Wyngaard, skrywer, Grabouw
  111. Dr Spiwo Xapile, predikant, Verenigende Presbiteriaanse Kerk, Vredehoek
  112. Me Helen Zille, oud-premier van die Wes-Kaap, Bloubergstrand

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui