Die Strand in gesprek met Wes-Kaaplandse kerkleiers

Die Strandgemeente het die moderatuur van die Wes-Kaaplandse sinode genooi vir ‘n gemeentegesprek op Sondag 11 Junie 2023.

Gemeentegesprek 11 Jun 2023

Die video kan ook HIER op Koinonia Sinode se Youtube kanaal verkry word.

Die volgende afgevaardigdes van die moderatuur van die Wes-Kaaplandse sinode het die geleentheid bygewoon:

Dit is baie interessant dat dit slegs Charl Stander is wat op die moderatuur van die Wes-Kaaplandse sinode is. Al drie die ander mense is afgevaardiges. Hier volg die name van die moderatuur soos verkies in Mei 2023: Marinus Theron (moderator), Marius Nel (ondervoorsitter), Charl Stander (aktuarius), Annelet Slazus (skriba), Jana van den Munckhof, Riana Furniss, Hendri Niehaus, Elmarie Dercksen.

Die volgende persone van Die Strand gemeente was op die paneel:

  • Stephan Geldenhuys
  • Bennie Grobler
  • Francois Deyzel
  • Louis Smith
  • Ds Frikkie van Niekerk was die voorsitter

Inhoudsopgawe

Vraag 1: Oor Skrifgesag

7:15 Stephan Geldenhuys

Artikel 7 van die Nederlandse Geloofsbelydenis sê dat die Heilige Skrif, die Bybel, die wil van God volkome bevat en dat alles wat die mens vir sy saligheid moet glo daarin voldoende geleer word.

Sekere besluite van die Algemene Sinode dui daarop dat daar verskillende interpretasies van Bybeltekste moontlik is gesien teen die agtergrond van tyd, konteks wetenskap en kultuur wat daartoe lei dat besluite en aanbevelings gedoen word wat na ons mening neerkom op dwaallering.

Wat is julle standpunt hieroor?

Besoekers se antwoord

Heerden en Marnus antwoord. In kort sê die besoekers dat die Bybel se gesag aanvaar word, maar dat die kwessie gaan oor verskillende interpretasies van die Skrif.

Kommentaar (Daniel Louw)

Dit klink na ‘n geldige argument maar dit is nie. Oor randsake, soos die doop, vrou in die amp, uitverkiesing, ens kan ‘n mens nog verskillende interpretasies hê, maar nie oor kernsake nie. Indien jy kernsake, soos seksualiteit en Jesus se opstanding anders wil interpreteer as wat die Bybel duidelik sê, dan gebruik jy die Bybel bloot as ‘n riglyn wat jy interpreteer soos dit jou pas.

Die feit is dat Julian Müller en Jurie le Roux, wat Jesus se opstanding bevraagteken, of selfs verwerp het, vrygespreek is van dwaalleer vanweë die 2002 en 2004 besluite oor Skrifgesag. Kyk

Dit maak die skrifgesagbesluite van 2002 en 2004 uiters problematies.

Vraag 2: 2015 verslag oor die geloof en wetenskap

16:50 Francois Deyzel

By die Algemene Sinode van 2015 het ‘n verslag van Leer en Aktuele Sake gedien waar wyduiteenlopende standpunte gestel is oor wetenskap en geloof, onder andere dat die eerste 11 hoofstukke van Genesis as mitologie beskou moet word en nie letterlik opgeneem moet word nie. As dit waar moet wees het God die mens nie uniek geskape nie en was daar geen sondeval en gevolglik geen verlossing nodig nie.

Vir die dokument, kyk Geloof en die wetenskap 2015.

Besoekers se antwoord

Heerden sê dat dit nie ‘n amptelike standpunt is nie, maar ‘n gespreksdokument. Daar word ook gesê dat die dokument sê dat die verskillende genres in die Bybel gelees moet word vir wat dit bedoel was om oor te dra.

Christo sê dat die Bybel nooit ‘n wetenskaplike bron wou wees nie en noem die verskille tussen Genesis 1 en 2.

25:20 Frikkie van Niekerk vra: “As teoloë en dosente uitsprake maak soos: ‘Die eerste 11 hoofstukke van Genesis is net poësie. Julle hoef julle nie daaraan te steur nie’, hoe reageer die kerk daarop?”

Marnus antwoord dat poësie ook waarhede bevat.

Kommentaar (Daniel Louw)

Dit is jammer dat die vraag so algemeen gestel was. Dit sou baie waarde toegevoeg het indien sekere dele in die dokument uitgelig kon word.

Die dokument bevat soveel on-Bybelse standpunte dat dit opsigself ‘n skande is dat die AS hierdie selfs net as ‘n gespreksdokument goedgekeur het. Die volgende is voorbeelde uit die dokument:

  • Dit is oneerlik en oneerbiedig om vandag Genesis 1 tot 3 letterlik te lees.
  • “Wat die genre van Genesis 1 betref kan ons dit die beste beskryf as gestruktureerde prosa met mitologiese en etiologiese elemente daarin.”
  • “Die Bybel is as geheel ʼn geloofsboek.”
  • Dit word bevraagteken of Markus 5:1-21 (Jesus jaag geeste in varke in) werklik gebeur het.
  • Die bestaan van die duiwel en bose geeste word bevraagteken.
  • Die Nederlandse geloofsbelydenis word afgemaak as ʼn voorwetenskaplike teks en daarom is Artikel 12, wat handel oor die skepping van alle dinge, nie meer van toepassing in ‘n moderne samelewing nie.
  • Daar word ‘n streep deur die sondeval getrek.

Die feit bly ook staan dat daar heelwat teoloë in die NG Kerk is wat hierdie sieninge handhaaf en daarmee hulle legitimasie-eed verbreek. Niks word aan hulle gedoen nie.

Die belangrike vraag is: Hoekom word skeppingsargumente (kosmologiese argument, teleologiese argument, bewyse teen evolusie en dat die aarde nie oud is nie, ens) nooit deur NG Kerk-leiers gebruik nie? Sou ‘n dokument wat skeppingsargumente bevat ooit die agenda van ‘n sinode haal?

En dan is dit ook belangrik om te noem dat ‘n soortgelyke Bybelonterende dokument, opgestel deur Louis Jonker, ook in 2013 deur die AS “as gespreksdokument” goedgekeur is. Kyk Oor geloof en die wetenskap (Louis Jonker, 2012). Wat daarin uitstaan is dat daar onderhoude gevoer word met die ateïste, Jurie van den Heever en Hendrik Geyser. Volgens hulle is intelligente ontwerp “op verskeie vlakke geweeg en te lig bevind” en dat die mens dierlike voorvaders gehad het. Nêrens in die dokument word hierdie stellings weerlê nie.

Besoekers se antwoord

28:10 Charl Stander antwoord soos volg:

  1. Wanneer uitsprake oor individue gemaak word, is dit nie die kerk se standpunt nie.
  2. Wanneer uitsprake gemaak word wat lynreg in stryd is met ons belydenisskrifte, dan is dit my en jou verantwoordelkheid om so ‘n persoon tot verantwoording te roep en daar is kerklike weë om dit te doen

Kommentaar (Daniel Louw)

Dit is misleidend om te sê dat sommige uitsprake slegs individue se opinie is. Wat is Charl Stander se opinie oor predikante in die NG Kerk wat hierdie uitsprake maak? Moet hulle getug word?

Daar is genoeg voorbeelde waar daar probeer is om hierdie mense tot verantwoording te roep, maar dit was tevergeefs. Kyk by Lys van pleitskrifte aan NG Kerk leierskap en Lys van leerdwaling aanklagtes en Skokkende geskiedenis van die NG Kerk sedert 2000. Kyk ook Reëls help niks as jy dit nie toepas.

Vraag 3: Kennis van God is voorlopig

29:10 Louis Smith

By die Weskaap Sinodesitting van 8 tot 12 Mei 2023 dien die verslag van die NG Dosenteraad. Op bl. 37 word die stelling gemaak wat daarop neerkom dat ons nie al die kennis oor God het nie, met die gevolg dat ons voortdurend ons verstaan van God en die wêreld moet herondersoek, herbelig, hersien en herinterpreteer in die lig van nuwe insigte en kennis en voortdurende veranderende kontekse.

Is dit na jul mening in lyn met die NG Kerk se siening van gereformeerde teologie? Motiveer asseblief? Is die verslag aanvaar of verwerp?

Besoekers se antwoord

Ons kan nie alles van God weet nie.

(33:10) Daar is dinge wat nie voorlopig is nie, soos byvoorbeeld die sterwe en opstanding van Christus en soenverdienste.

Kommentaar (Daniel Louw)

Indien dit dan waar is dat Jesus se sterwe en opstanding nie voorlopig is nie:

Vraag 4: Die huwelik

34:24 Francois Deyzel

Die huwelik is volgens die Bybel ‘n heilige verbintenis tussen een man en een vrou. Die AS maak egter ruimte ook vir selfdegeslag verhoudings.

a. Hoe beoordeel julle die tekste wat daarop betrekking het?

b. Verduidelik die term “vasgelooptheid” wat betrekking het op die kerk se 2019 besluit?

c. Hoe regverdig julle jul standpunte daaroor?

Besoekers se antwoord

Charl Stander antwoord soos volg:

Ek wil omonwonde sê dat die NG Kerk steeds die huwelik sien as ‘n verbintenis tussen een man en een vrou. En ek wil die besluit van die Algemene Sinode lees:

Die Algemene Sinode herbevestig die besluit van 2004 dat,

  1. Volgens ons verstaan van die Bybel, slegs die verbintenis tussen een man en een vrou as ʼn huwelik beskou kan word.
  2. Die Algemene Sinode bevestig ook die besluit van 2004 dat sowel heteroseksuele as homoseksuele promiskuïteit ten sterkste veroordeel word.
  3. Die Algemene Sinode besluit dat, in die lig wat ons tans het, homoseksuele verbintenisse en huwelike nie as ‘n alternatief vir die huwelik aanvaar kan word

Dit is dus gewoon nie waar dat die NG Kerk selfdegeslagverbintenisse as ‘n huwelik sien nie.

Kommentaar (Daniel Louw)

Eerstens, hierdie bewoording is nie deel van die 2019-besluit nie, maar dit blyk om deel te wees van ‘n verslag in 2020 van die TTR (Tydelike Taakspan Regte).

Tweedens, deur ruimte te maak vir selfdegeslagverhoudings maak hierdie besluit totaal irrelevant. Dit gaan daaroor dat seks slegs bedoel is vir ‘n huwelik (tussen een man en een vrou). Dit is misleidend om nou ewe vroom te verklaar dat die NG kerk steeds glo dat die huwelik slegs tussen ‘n man en vrou is, maar daar word ruimte gemaak vir seksuele selfdegeslagverhoudings.

Derdens, die 2019-besluit lui: “10. Die Algemene Sinode dra dit aan ATLAS op om ’n formulier te ontwikkel vir die bevestiging van burgerlike verbintenisse tussen persone van dieselfde geslag.” Dit is dus baie duidelik dat die NG Kerk ‘n selfdegeslagverhouding gelyk stel aan ‘n huwelik tussen een man en een vrou.

(37:07) Hierna sê Francois Deyzel: “Ek was in Februarie 2020 teenwoordig waar die moderator van die NG Kerk [Nelis Janse van Rensburg] voor ‘n gehoor van ateïste in Somerset-Wes op ‘n vraag van die ateïste, wat sê die NG Kerk nou oor gay huwelike bevestig het: ons gaan dit doen.” [Die geleentheid was gereël deur FORDA (Friends of Richard Dawkins) en het Nelis genooi as hoofspreker.]

Niemand reageer op hierdie stelling nie.

Vraag 5: Oor ‘n ruim huis

38:10 Bennie Grobler

Wat is julle verstaan met die ruim huis?

Besoekers se antwoord

Charl sê die volgende: Diversiteit is ‘n verrykende deel van ons geloof. Hy gebruik die volgende woorde in sy antwoord: “Verdraagsaamheid”. “Sagter met mekaar”. “Ons moenie duplikate van mekaar wees nie.” “Verskillende interpretasies”. “Dui op ‘n nederigheid”. “Ons het nie alleen die waarheid beet nie”. “Genadig met mekaar omgaan”. “Ruimte vir verskillende insigte”.

Hy sê wel dat die ruim huis grense het. Hy verwys na die vyf solas, maar gee nie spesifieke voorbeelde nie.

Kommentaar (Daniel Louw)

Nelus Niemandt het as moderator gereeld die term “ruim huis” gebruik toe daar bevoorbeeld besluit is om ruimte te maak vir die bestaan van die duiwel. Kyk byvoorbeeld:

Nelus het ook vlak voor algemene sinode van 2015 sy hoop uitgespreek dat die sinode ruimte sal maak vir homoseksualiteit. Dit is baie vanselfsprekend dat die ruimte wat daar in die NG Kerk geskep is vir selfdegeslagverhoudings ook binne hierdie gedagte val. Mens sou eintlik kon vra wat die doel van die vraag was. En ‘n mens sou ook kon vra hoekom die afgevaardigdes dit nie ruiterlik erken het nie.

Vraag 6: Missionale kerk

44:20 Louis Smith

Die NGK se AS het in 2023 ‘n beleidsdokument aanvaar oor die missionale aard van die Kerk wat ook vervat is in die Agenda van die afgelope Weskaap Sinode sitting. Dit verwys onder andere na missionale transformasie en dat dit ook ‘n uitwerking op teologiese opleiding het.

Verduidelik asseblief wat dit alles behels?

Kommentaar (Daniel Louw)

‘n Mens kan nie help om te voel dat hier weereens ‘n geleentheid verby laat gaan is om duidelik te wys wat met missionale kerk bedoel word nie. Dit het niks met sendingwerk te doen nie. Dit is onseker of die Algemene Sinode enige sendingvisie het. Volgens Nelis Janse van Rensburg is vier belangrike aspekte van missionaliteit: roeping, spiritualiteit, geregtigheid en diens. Kyk ’n Missionale Kerk? (Jan Louw, 13 Mrt 2016)

Vraag 7: Leerdwaling wat nie hanteer word nie

53:50 Bennie Grobler

Veral in die afgelope 2 dekades was daar verskeie uitsprake deur vooraanstaande teoloë in die NGK wat as dwaallering beskou kan word, onder andere die bevraagtekening van Jesus se maagdelike geboorte, Jesus se fisiese opstanding uit die dood en die fisiese bestaan van die duiwel. In die meeste gevalle het die AS gewoonwég nie standpunt ingeneem nie.
a. Is die Kerk nie verplig volgens ons belydenisskrifte om leertug toe te pas op persone wat hulle hieraan skuldig maak nie?
b. Waarom is die Kerk so stil wanneer onbybelse uitsprake gemaak word wat ons belydenisskrifte ondermyn en ons geloof aftakel?

Besoekers se antwoord

Almal in die kerk het ‘n verantwoordelikheid om wanneer hulle seker is dat iemand leerdwaal dit aan te meld sodat daar ‘n kerkordelike proses kan geskied. Charl noem die geval van Peter Nagel en sê dat dit hanteer is.

Kommentaar (Daniel Louw)

Die vraag wat aan die afgevaardigdes gevra moes word is, hoe hulle dink die geval van Peter Nagel hanteer moet word? Moet Peter Nagel permanent geskors word? Moet die NG Kerk aanvaar dat hy voort sal gaan om teologiese studente van die NG Kerk op te lei of moet die kuratorium kapsie daarteen maak?

En dan het Louis Jonker, ook ‘n gelegitimeerde by die NG Kerk, vir Peter Nagel (baie versigtig) verdedig in ‘Kreatiewe spanning’ tussen akademiese teologie en kerklike teologie is noodsaaklik, sê dosente by Maties (15 Feb 2023). Wat is hulle opinie daaroor?

Kyk ook Opsomming: Peter Nagel aangekla vir leerdwaling (2023)

Vraag 8: Inspirasie van die Skrif

58:00 Stephan Geldenhuys

In 2 Timoteus 3:16 leer ons dat die hele Skrif geïnspireer (of “theopneustos” volgens die Grieks) deur God. Die ingeasemde woorde van God en is dus die onfeilbare Woord van God.
a. Wat is die NG kerk SA se amptelike standpunt?
b. Is die Bybel God se Woord aan mense of is dit mense woorde oor God?

Kommentaar (Daniel Louw)

Christo doen baie moeite om te verduidelik dat toe Paulus hierdie vir Timoteus geskryf het, was die Nuwe Testament nog nie geskryf nie. Hy sê selfs dat die Ou Testament nog nie saamgestel nie. Dit is foutief. Die Griekse vertaling van die Ou Testament, die Septuagint, is reeds 200 vC gefinaliseer. Kyk Geskiedenis van die Bybel. Verder, is die vraag of ‘n mens 2 Tim 3:16 wel kan toepas op die hele Bybel en die antwoord is “ja”.

Vraag 9: Veelkleurige simbole

1:01:00

Die veelkleurige simbool wat diversiteit en verskeidenheid uitbeeld word deesdae by verskillende kerk gebeurtenisse waargeneem. Dit was onder andere die logo van die afgelope Weskaap Sinode sitting. Hierdie veelkleurige simbool verteénwoordig ook die LBGTQIA+ gemeenskap wêreldwyd. Is dit toevallig dat die Kerk en die “pride” gemeenskap dieselfde simbool vertoon. Wat is julle standpunt hieroor?

Kommentaar

Daar word gesê dat die veelkleurige simbole in die NG Kerk, soos byvoorbeeld die gekleurde stolas bloot toevallig is en nie die beeld wil uitstraal dat die kerk gay-vriendelik is nie. ‘n Mens twyfel egter of ‘n mens dit kan glo. Ons moet aanvaar dat die LGBTQIA+-gemeenskap die reënboog op hierdie stadium gekaap het. Daarom kan ‘n kerk nie enigiets vertoon wat naastenby soos ‘n reënboog lyk nie, want dit sál die verkeerde indruk skep.

Vrae van die vloer

Ouers my gay kinders

1:10:10 Gerrie van Niekerk

Wat sê mens vir ouers wie se kinders uit die kassie klim.

Besoekers se antwoord

Christo antwoord op die ou einde die volgende: “… maar ons sit ook met die realiteit dat daar persone is wat nie anders kan nie. Daar is nie vir hulle ‘n ander opsie nie. En dan het ons as kerk die besluit geneem dat daar ruimte gemaak kan word vir hierdie mense.”

Kommentaar (Daniel Louw)

Christo se antwoord is geen verrassing nie. Mense soos hy sal nooit oortuig word dat jy nie homoseksueel  gebore geword word nie, ten spyte van baie goeie argumente en selfs wetenskaplike bewyse daarteen. Kyk Word jy gay gebore?

Vraag

1:15:00 Gerrie sê dat daar gepoog is om voorheen homoseksuele mense geleentheid te gee om hulle getuienisse af te lê by raadsale in die NG Kerk en dat dit konsekwent geweier is.

Besoekers se antwoord

Charl antwoord en gee voor dat hy niks daarvan weet nie. Hy sê dat voorheen homoseksuele persone wel tydens debatte hulle menigs verwoord het.

Romeine 1:27

1:16:55 Anita Nel

Hoe moet ons Romeine 1:27 interpreteer?

Besoekers se antwoord

Heerden sê dat dit nie die sinode se taak is om vir gemeentes te sê hoe hulle hierdie tekste moet interpreteer nie.

Kommentaar (Daniel Louw)

Heerden se antwoord is heeltemal in lyn met die 2019-besluit wat ruimte maak vir gemeentes om self daaroor te besluit. Hy beveel sekere materiaal aan wat kan help om hierdie besluit te neem en onderneem selfs om te help om dit beskikbaar te stel. ‘n Mens neem aan hy praat van die Algemene sinode se Gids oor homoseksualiteit – kyk Selfdegeslagbesluit: Nuwe gids wil sinodes en lidmate help (Maart 2020). Heerden van Niekerk was die sameroeper van die span wat hierdie gids opgestel het.

Kommunikasie tussen sinode en gemeente

1:20:15 Iemand uit die gehoor sê dat Die Strandgemeente aangetree is nadat hulle gedoleer het en dit was die laaste kommunikasie met Die Strand. Daar word besluite geneem wat nooit by gemeentes uitkom nie. [Kyk Opsomming: Die Strand doleer]

1:21:15 Charl sê dat die gemeente nie aangetree is nie. Die sinode het nie die mandaat om ‘n gemeente tot orde te roep nie.

1:22:25 Christo sê die ring het punt vir punt op Die Strand se dokument gereageer nadat hulle gedoleer het. Dit is jammer dat dit na die koerante gelek het, want toe kon hulle dit nie net daar laat nie en daarom is daar in die publiek gereageer.

1:25:45 Frikkie regeer soos volg daarop: “Die hantering daarvan was nie goed gewees nie. As ek die boodskap vir jou vandag moes speel wat ek van die moderator af gekry het, dan gaan jy huil oor dit wat hy vir my gesê het. Dit was hardhandig gehanteer gewees.”

Sal die HG mense verskillend lei?

1:29:08 Bertus van Schalkwyk vra die besoekers of die Heilige Gees sy kinders verskillend sal oortuig oor selfdegeslagverhoudings?

Besoekers se antwoord

Heerden antwoord en sê dat dit nie ‘n eenvoudige ja-nee antwoord nie, want hoe moet ‘n mens dink daaroor dat kinders van God verskil oor dinge soos byvoorbeed die doop en kindernagmaal?

Kommentaar (Daniel Louw)

Dit is ‘n voorbeeld van aas en omskakel, ‘n foutiewe debatsmetode. Heerden gee voorbeelde van verskille oor randsake in die kerk en pas dit dan toe op kernsake. Die Heilige Gees sal nie mense verskillend lei oor kern geloofsake nie.

Klag teen Nelis Janse van Rensburg

1:37:53 Francois Deyzel verwys na Nelis Janse van Rensburg wat gesê het om gay te wees is ‘n gawe van God (kyk Nelis Janse van Rensburg erken hy is progay (17 Sep 2018)) en noem dat die nuutste wetenskaplike inligting wys dat ‘n mens nie so gebore word nie.

Dan sê Francois die volgende:

Dan wil ek dit onder u aandag bring dat die groep van die ateïste (FORDA) in Somerset-Wes vir Nelis Janse van Rensburg gevra het hoe hy die pad vorentoe met die NG Kerk sien. Sy antwoord was: “My aim is to dismantle the solid church“. Daar is getuies daarvoor. Ons is bereid om te getuig.

Charl sê dat hierdie klag by die Ring van Belville gelê moet word en dan kan dit hanteer word.

1 thought on “Die Strand in gesprek met Wes-Kaaplandse kerkleiers”

  1. Hoe ”respekvol” is GOD se woorde in Esegiël? Bitter min lyk met het RESPEK vir GOD…

    Mag hierdie skrywe aan PUTIN van Rusland gestuur word. Ek dink hy mag dalk saamstem.

    Hoogmoed (“PRIDE”) is ‘n dodelike virus.
    Selfs satan kan sy eie hoogmoed nie eien, totdat die verblindende Lig op Damaskuspad
    -of sou mens kon sê by wyse van hedendaagse konteks, álle paaie –
    skyn in eie oog van ‘n volgeling van die vyand se 🧠.

    Dit is soos die seun van ‘n 🌎🌏🌍-bekende staalmagnaat
    -of sou mens kon sê by wyse van hedendaagse konteks, álmal wat aanspraak maak op ”erfgenaam in Christus” –
    wat staan in ‘n gebou met 153 verdiepings### waarvan die buite glaspanele soos ‘n spieël weerkaats, waarvan dié daarbuite, die binnekant nie kan waarneem.

    Dit is soos dié se gedagtes en oë, wat die buite-🌎🌏🌍 waarneem en vér na benede die see sien
    -of sou mens kon sê by wyse van hedendaagse konteks, álmal wat se nekke so lank soos ‘n kameelperd is, en kyk na die klein ‘liewenheersbesie’ (”lady bird”) –
    en dink: kyk na mý ”RUIM HUIS 🖤”
    -of sou mens kon sê by wyse van hedendaagse konteks, kyk na mý vaardighede en geweldige kennis en mag en eer en status en mý interpretasie van wette en regulasies en ”my groot ruimte” vir alle moontlike uitleg van woorde en frases en ”wetsontwerp” en bedoelinge, só wýd selfs, dat GOD kom aanklop by mý deur, en vra om raad en insig.

    Dit is soos die 🧠 wat die ”liewenheersbesie❤” smalend afkeur oor dié se interpretasie van woorde: ”Jona se vis” was maar net ‘n metafoor, dus ook Christus se woorde: ”maar nes ‘n metafoor”, aldus dié 🧠. Soos ‘n vals apostelsekte waar húl ”christus” en húl ”satan” en húl ”dawid” en húl 🧠 laat ”veg” of funksioneer en ”hoop” die ”goeie een” wen…of dié of daai rugby span…

    O, wát ‘n dróóm vir ”moderne denke ontleders”! Vir hedendaagse leraar en sielkundige. Die New York Hollywood sielkundige, floréér met sulke gevalle. Mens verwerp geensins mense met diep gewortelde sielkundige probleme of wat bepaalde gedragspatrone of toestande belééf as gevolg daarvan. Christus kén die siel en gees en murg en been diepste van die mens (Hebreërs 4:12-13).

    Maar mens sou kon sê by wyse van hedendaagse konteks, sou Moses of Abraham of Esegiël of Jeremia of Jesaja of Amos of Job of Dawid of Sagaria of Christus Homself aanmeld in die NG Leraar spreekkamer of AGS ruimte of Lutheraan kerkspasie, of die ”Phd”-teoloog se ”virtuele ruimtes” of dié van ‘n Mediese Dokter of Advokaat-Prokureur of selfs Jordan Peterson, bekende Kanadese Psigiater-Akademikus, het ek géén twyfel, dat die evalueringsisteme vanuit die ”Diagnostic and Statistical Manual of Mental Disorders (‘DSM-5-TR’)”, die ”boxes 👍” op grond van die ”waarneembare en hoorbare 🧠🖊🤴”, van baie bekende persoonlikhede soos Jeremia of ‘n jonge Josef. En diégene sou in ‘n diep moderne virtuele put gegooi word van oordeel deur die 🌏🌍🌎. Christus sou na Seinheuwel (of “Sionsrand” of ”Tafelberg” of ”Vaaldriehoek”, of waar ookal) in die Kaap (of 🌏🌍🌎) geneem word, kaal uitgetrek word, en voor ‘n doodspeliton in ”Nazi-Styl” gevonnis word. Wat baie in alle geval rééds doen in woorde.

    Want wáárlik – aldus die ”Artificial Intelligence Parallelism🧠” taalmodelle so diep verweef in die 🌎🌍🌏-psige🧠- súlke woorde vanuit ”WOORD” (soos van Genesis 1 tot Openbaring 22), ”tick all the FACULTY boxes” van: ”Attention-Deficit/Hyperactivity Disorder (ADHD), Autism Spectrum Disorder, Conduct Disorder, Disruptive Mood Dysregulation Disorder, Eating Disorders, Gender Dysphoria, Intellectual Disability, Internet Gaming Disorder, Major Depressive Disorder and the Bereavement Exclusion, Mild Neurocognitive Disorder, Obsessive-Compulsive and Related Disorders, Paraphilic Disorders, Personality Disorder, Posttraumatic Stress Disorder, Schizophrenia, Sleep-Wake Disorders, Social Communication Disorder, Somatic Symptom Disorder, Specific Learning Disorder, Substance-Related and Addictive Disorders, etc.”….

    Twyfel nie daarin, dat die Heilige Gees in die ”United Supreme Court”, die ”World Economic Forum”, die ”United Nations” en in Wim De Klerk (vorige Finansiële Hoof by Kumba, daarna Besturende Hoof van ArcelorMittal Suid-Afrika, toe na Denel, ens) se 🖤, skuldig bevind sou word aan ”integriteit misdaad” van ”Prolonged Grief Disorder”, en na Livingstone Hospital geneem met die hulp van SAPS New Brighton, om die GEESWOORDE van GOD, as ”skisofrenies” of ”CRAZY”, te verklaar.

    Die bekende kliniese psigiater, Noël Hunter (”PsyD”)#, wat spesialiseer in trauma en rou, keur hierdie ”disorder classification” ten sterkste af om as abnormale gedrag in die ”Diagnostic and Statistical Manual of Mental Disorders (‘DSM-5-TR’)”, opgeneem te word.

    Maar só is dit: hedendaagse leraar en pastoor en ouderling en diaken en biskop en kardinaal en Pous, ken die Gees GééNSINS, en hul lidmate nog minder. Praat nie eens van die BIDDERS en INTERSESSORS nie. Meesste van dié vroue by dié groepe, lek die woorde af van leraars soos heuningstroop, en die oë blink méér vir leraars as hul eie mans. Ek wéét…sien dit al járe…

    As BEIDE groepe, links en regs (in die STRAND video), én die Leraar van ”Strand” gemeente
    -of sou mens kon sê by wyse van hedendaagse konteks, enige gemeente in die hele 🌎🌏🌍 –
    waarlik ondergenoemde skrywers## se woorde ter ❤ geneem het, sou hul teenoor mekaar hul 🖤 harte bely het, en NET van God die Vader en Christus gepraat het wat hul 🖤 harte verander het. Maar waarom sal hul? Hul 🖤 net so hoogmoedig soos oorlede Rudolph Torlage van ArcelorMittal, Kobus Verster, Suretha Van Wyk, Gavin Griffiths, Dirk Van Vuuren, Egbert Jansen, Emil Brincker (prokureur), Michael Katz (prokureur), Gerrie Nel (Oscar Pistorius se staatsaanklaer), Marietjie Prinsloo (KRION Skema), AGS Dinamika en Hetesh gemeentes in Vaaldriehoek, NG Sionsrandkerk, FatherHouseSA, ens.

    GOD se Gees❤🔥 is nie ‘n ”woer-woer speelding” nie. My ❤ ook nie. Die ”🖤 vir geld” is al járe gelede geopenbaar by AGS Dinamika (-Suid) en Mittal , maar nooit bely nie. Selfs ook in 2010. Gaan vra vir Eerste Minister Benjamin Netanyahu. Lyk my ”Strand se Wakis-kerk” (1Samuel 5 tot 1Samuel 7) ly aan dieselfde dodelike geestelike ”Ko-Video🖤 pandemie” van 🖤 vir geld en géén respek vir die woorde in die Bybel nie. Het Moses met ‘n spook gepraat of met GOD?

    #
    ”It is abysmal and reprehensible to attempt to justify pathologizing someone for their process of grief”.
    — NOËL HUNTER, PSYD”

    ##
    1.”Gebedslewe en die Binnekamer” – Andrew Murray, deur N.G.Kerk Uitgewers, as nabetragting van die Predikante-Konferensie op Stellenbosch in 1912.
    (Nota: nie één enkele een in die ‘Strand’ video kén God se ❤ nie. Ek spoeg jul uit my mond uit soos vrot saad; jul woorde beteken niks)
    2.”My Allerbeste vir Sy Hoogste” – Oswald Chambers, deur Christelike Uitgewersmaatskappy, Vereeniging
    (Nota: nie één enkele een in die ”Mittal-AGS Dinamika-Hetesh sfeer” kén God se ❤ nie. Ek spoeg jul plastiekhart uit my mond uit soos vrot saad; jul woorde beteken niks)
    3.”A TRANSLATOR’S HANDBOOK on THE GOSPEL OF JOHN”- Barclay M. Newman en Eugene A. Nida deur United Bible Societies, 1980
    (Nota: nie één enkele een in die ”SAPS Hawks”, en al die ánder soos bovermeld kén God se ❤ nie. Ek spoeg jul uit my mond uit soos vrot saad; jul woorde beteken niks. My woorde was (en ìs WAAR)).

    Indien Wim de Klerk en Kerke die 🌎🌍🌏 wil verander, miskien moet die 🌎🌏🌍🖤 júl oordeel, sodat jul eie 🖤 kan word soos ❤.

    Hul maak van my AS terwyl Christus rééds AS geword buite die ”laer”, maar die ”Boek van Hebreërs” is blykbaar soos ‘n ”gewone storieboek” vir selfs ”christene”: hoort op die ASHOOP?

    ###
    ”153 verdiepings”: soos moderne Titanic met 153 staalwande om die skip te beskerm. Maar GOD se vuis frommel “153 layers” op soos ‘n ”hot rolled steel plate” wat soos dun papier die ”AIR SPACE” inge-“ROCKET” word, wanneer die ”flawed steel plate” deur die vervoerband teen hoë spoed ge’WALS” word. Dié wat staalprosesse kén, weet présies waarvan ek praat.

    ROTS ”PETRA” 🧠 ook géén probleem vir GOD se Hand om op te frommel nie. Soos in 1Samuel 1 tot 3, het GOD reeds van kleinsaf ”satans🖤” droom vir my gegee. Hý laat nié met Sy Gees spot nie, Ferdie. Jou Pa en Nelson Mandela se foto spoeg ek uit my 🧠 uit. Meer woorde @ LGBTQ en TUKKIES, maar wanneergaan jy en jou pa en ma OPSTAAN met ‘n boek @ANC se verfoeilike demoonaanbidding? Fariseër🖤 soos min. ”Peter” van ANC het my ook min beïndruk. Fariseër🖤 net soos jy.

    Ek IS trots Afrikaans, en sou óók @ Zoeloes 16 Desember 1838 myself beskerm het met gewere. Lyk my jy en Cyril Ramaphosa en Zoeloe koning is groot vrinne…saam met die jellievis leraars in dié land. Jul kom jul EIE ”woordkontrakte met GOD” nie eens na nie. Net soos Laksmi Miital. Die duiwel is jou pa Ferdie, want jou 🧠 het GOD nie waarlik lief. Gaan bestudeer maar die Opsomming van die WET. Jy is partydig. En ‘n hoer. Want GOD se Seun eie aardse familie nie verhef. Maar jý doen. En hul is nie eens eerlik nie…Die Boek van HOSEA kom uit GOD se ❤ uit. Is hedendaagse ”christene” dan ”verhewe” bó die destydse Jode?

    ”SEARCH AND RESCUE IS a ONE MAN SHOW living inside ❤ of CHRIST and nót the devil 🧠 of a SAPS or an ARMY or an AIRFORCE MAN or WOMAN, even if a General or Colonel or Captain, etc.”

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui