Aas en omskakel

Aas en omskakel (Engels=”Bait-and-switch“) is ’n skelm debatsmetode waar ’n persoon voorbeelde gee van iets en dit dan wil toepas op iets heeltemal anders.

Die volgende is voorbeelde daarvan:

  • Die feit dat daar vandag verskillende spesies honde is, bewys dat evolusie waar en dat ‘n dinosourus oor tyd ‘n voël kon word (kyk Hoe evolusie werk en hoekom dit nie werk nie). (They tempt you with a Cadillac but give you a bicycle.)
  • Daar is verskillende interpretasies in die Bybel oor die doop, uitverkiesing en eskatologie, en daarom kan ‘n mens ook oor homoseksualiteit verskillende interpretasies hê.
  • Abraham was nie ’n Christen nie, maar tog verwag ons dat hy in die hemel sal wees. Daarmee impliseer jy dat God vandag ook nie-Christene sal red. Hierdie is nie geldig nie omdat Abraham wel ’n Christen sou wees indien hy ná Jesus geleef het (kyk RSG: Kan Moslems en Christene saam bid?).
  • Dit word ook soms in die besigheidswêreld gebruik: ’n handelaar adverteer ’n baie goedkoop produk. Indien die kliënt by die winkel opdaag moet hy hoor dat die produk nie beskikbaar is nie en dan hoop die handelaar dat die kliënt tog iets sal koop omdat hy reeds in die winkel is.

Kyk ook

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui