Dagbreekonderhoud met Nelus Niemandt

*******

Die volgende is ‘n transkripsie van ‘n gedeelte van ‘n onderhoud met die moderator van die NG Kerk, Nelus Niemandt, op KykNET se program, Dagbreek:

25 April 2013

Vraag: Dr Ben du Toit is vrygespreek, is jy gelukkig daarmee.

Nelus sê dat hy baie bly daaroor is dat Ben vrygespreek is.

Hy sê dat die kerk ’n groot instelling is en daar is altyd twee groot kragte in so ’n instelling.

  1. Hekwagte, mense wat wil hê dinge moet nooit verander nie.
  2. Handelaars, mense wat in nuwe omstandighede ingaan en probeer om die nuwe omstandighede in die kerk tuis te bring. Hulle beland in die moeilikheid, want daar is mense wat ontevrede is as hulle waag om nuwe dinge te doen. Ben du Toit was so ’n handelaar en daarvoor het hy persoonlik baie skade gelei. Ondersoek het behoorlik plaasgevind.

Vraag: Is daar swartsmeerdery?

Dis die tye waarin ons leef met die sosiale media en blogs. Mense is nogal vry in die houe wat hulle uitdeel. Ben du Toit is onlangs in ’n groot tydskrif beskuldig van dinge waarvan hy sê hy staan nie daarvoor nie. Hy is baie diep oortuig van die Christelike waarhede van die belydenisskrifte. Mense maak opmerkings wat hom persoonlik swartsmeer.

Vraag: Die aanklagte teen hom – dit pas nog in, in die NG Kerk se raamwerk?

Die ringsondersoek was baie deeglik. Hermeneutiek. Die wyse waarop hy tekste hanteer is deel van die hoofstroom van denke. Daar is mense wat hulle eie beperkte siening wil afdwing. Sy manier van hantering van die Bybel en sy verstaan van die die belydenisskrifte inpas in die hoofstroom van die NG Kerk.

Vraag: Hoekom moet die kerk vernuwe en bybly by die mense. As die kerk moet vernuwe, gaan dit mos nie meer oor die kerk nie?

Dingemans het ’n mooi beeld. Die lewe is soos ’n groot stroom met twee walle aan weerskante van die stroom. Aan die een wal is dit die Bybel, die belydenisskrifte en die tradisies van die kerk, die hele storie. Die evangelie, die ding wat die kerk wil verkondig. Aan die ander wal is mense wat sin probeer maak van die lewe, in die moderne lewe in tye wat verander. Die kerk is soos ’n brug wat die twee walle probeer bymekaar bring. As die twee walle ver uitmekaar uit is, bring dit die kerk onder spanning. Daar kom intense verskille. Daar moet ’n balans kom. Ons moet nie die kernwaarhede van die evangelie vergeet nie. Ons moet ons vasbind aan die oewer.

Aan die ander kant is die uitdaging ook om te verstaan dat tye verander, dat wetenskap ontwikkel, dat mense se insigte verander dat mense se se lewensbeskouing verander. Dit is ’n geweldige uitdaging vir die kerk om hierdie brugfunksie te vervul, om hierdie twee wêrelde bymekaar te hou. As ons dit nie sou regkry nie, maak dit nie vir jou sin nie, dan maak die evangelie nie ook nie in jou alledaagse lewe sin nie.

Vraag: Wat van die objektiewe waarheid wat die kerk veronderstel is om vir die mense te gee?

Die kerk het ’n boodskap van lewe van hoop, die boodskap van Christus en sy versoening. Dit hoef nie te verander nie. Dit is mos nou wat vasstaan. Die kleed waarin dit kom, die manier waarin dit verwoord word.

Voorbeeld: Wetenskaplike insigte wysig. Die Bybel was op ’n spesifieke tyd geskryf. Die Bybel is nie ’n wetenskaplike handboek nie. As jy daardie insigte konteksloos wil gaan toepas op nuwe omstandighede, sonder om in aanmerking te neem dat daar ’n gaping is, dan beland jy in diep moeilikheid.

Dit is wat ons met hermeneutiek bedoel, op watter manier, respekteer jy die ontstaansgeskiedenis, die manier waarop die tekste ontstaan het en hoe bring ons dit tuis in ons moderne en postmoderne wêreld.

*******

Op 24 Januarie 2014 is daar weer ‘n onderhoud met Nelus gevoer. Kyk Dagbreek: Onderhoud – Prof. Nelus Niemandt

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui