Kyk ook:
Dr Marnus Havenga is ‘n predikant verbonde aan NG gemeente Stellenbosch.
Hy is getroud met dr Angelique Havenga, ook verbonde aan NG gemeente Stellenbosch.
Beide Marnus en Angelique het die brief teen Dirkie van der Spuy in November 2016 onderteken.
- Menigte protesteer teen Dirkie se brief (Nov 2016)
Marnus was een van die deelnemers tydens die gemeentegesprek by Die Strand op 11 Junie 2023.
Tydens hierdie gesprek sê hy:
“… ek’s die afgelope vier, vyf [jaar], eintlik langer by die fakulteit betrokke, aktief ook by die dosering by verskillende modules, werk saam met mense. En ek kan regtig uit die diepte van my hart getuig van die kollegas wat ek mee werk, die oorgrote meerderheid, rêrig ‘n passie het vir God, ‘n passie het vir die vir die woord van God en ‘n passie het om mense op te lei, so goed moontlik. En die proof is in the pudding, sê ek altyd, en ek bedoel as mens wil weet dat dit so is, kan ek julle absoluut uitnooi om met teologie studente wat onlangs afgestudeer het, beide by Hugenote maar ook by Stellenbosch, te sien. Hierdie is mense wat aan die brand is vir die Here wat uitgaan en incredible goed doen en gemeentes ingaan wat Christo nou net gesien [gesê] het in terme van die maatskaplike krisisse aanspreek, maar ten diepste hulle identiteit en hulle roeping in Christus vind, en dis mense wat hier van die kweekskool af kom.”
Dus voel hy homself baie tuis by die teologiese skool by die Universiteit van Stellenbosch.
Zoomgesprek: Swart teologie
In September 2020 neem hy deel aan ‘n zoomgesprek oor die pad vorentoe vir swart teologie. Op 23 September 2020 plaas Ashwin Thyssen ‘n foto van die deelnemers van die zoomgesprek met die volgende woorde:
Earlier the reading group of SU’s Department of Systematic Theology and Ecclesiology met virtually to discuss the late Prof MA Plaatjies van Huffel’s article ‘Blackness as an ontological symbol: The way forward’ (2020). The article suggests a way forward for black theology, informed by a poststructuralist analysis.
Die deelnemers is:
- Ashwin Thyssen
- Marnus Havenga
- Dion Forster
- Calvin Ullrich
- Heinrich Niehaus
- Karola Radler
- Khegan Delport
- Hanzline R Davids
- Sipho Mahokoto
- Kefas Kure