Opsomming van klag van haatspraak teen Chris van Wyk

Op 17 September 2018 skryf Nelis Janse van Rensburg, moderator van die NG Kerk:

Ek is oortuig dat seksuele oriëntasie ’n goeie gawe uit God se hand is wat ons met dankbaarheid mag ontvang en met sorg moet koester. Gay mense moet versoen word met die gawe van hulle seksuele oriëntasie. Hulle is net so deel van God se skepping soos heteroseksuele mense.

(Kyk Nelis Janse van Rensburg erken hy is progay.)

‘n Dag daarna, op 18 September 2018, reageer Chris van Wyk daarop in ’n Facebookplasing en sê onder andere:

Indien jy steeds oortuig is daarvan dat seksuele oriëntasie ’n gawe van God is, sal jy pedofilie – seksuele aangetrokkenheid tot kinders – ook op soortgelyke wyse moet aanvaar. Pedofilie word tans as ’n seksuele oriëntasie beskryf deur sielkundiges. ’n Mens sou pedofilie dan ook as ’n goeie gawe van God moet beskryf. Iets wat moeilik in ’n geloofsgemeenskap gedoen kan word.

(Kyk My gewete is gebind deur die Bybel en ons belydenisskrifte.)

Op 23 September 2018 verskyn die artikel ‘Eers gays, dan ook pedofiele’. (Aan die einde van 2020 lê Johann Ernst ‘n tugklag teen André Bartlett op grond van wat hy onder andere in hierdie artikel gesê het. Bartlett is in Junie 2021 skuldig bevind. Kyk Opsomming van tugklag teen André Bartlett 2020-2021.)

Op 27 September 2018 reageer Chris op hierdie artikel op Facebook: Chris van Wyk oor homoseksualiteit vs pedofilie.

Ook in September 2018, kla Hennie Pienaar vir Chris van Wyk by die MRK aan op grond van sy uitlating hierbo.

Twee petisies word opgestel wat gemik is op Chris van Wyk:

  1. NG teoloë reageer (28 September 2018)
  2. Hou by waardes van seisoen van menswaardigheid, vra predikante (2 Oktober 2018) en Teoloë teken petisie oor ‘afkrakende’ gay-debat (2 Okt 2018, Jana Marx)

Dit is nie bekend wie die petisies geïnisieer het nie, maar die volgende mense was betrokke by die koördinering: Charlene van der WaltNadia Marais, Alphonso Groenewald, André Bartlett en André Agenbag.

As ’n mens in ag neem dat pedofilie wêreldwyd sterk veld wen (kyk Homoseksualiteit en pedofilie) sou mens dink dat Chris van Wyk se stelling niks anders as die waarheid is nie en dat die MRK die saak summier sou uitgooi, maar die teendeel het gebeur:

Op 26 Maart 2020 skryf André Bekker ’n ope brief aan die NG Kerk waarin hy spesifiek hierdie saak uitlig. Dit bevestig dat hierdie hoegenaamd nie ’n prima facie-saak is nie.

Op 8 Okt 2020, ’n dag voor die hofuitspraak, rig Chris ’n waarskuwing dat die verdeeldheid in die kerk oor etiese kwessies dit baie moeilik gaan maak in die toekoms om Bybelse waardes te verdedig – kyk Verdeeldheid in kerk oor etiese kwessies bring uitdagings.

Op Vrydag 9 Oktober 2020, laat vaar die gelykheidshof die saak teen Chris en op 14 Oktober 2020 reik Chris se regspan ’n baie veelseggende en sterk bewoorde persverklaring uit – kyk Chris van Wyk – onskuldig!.

Kyk ook Haatspraakaanklag teen Dr. Chris van Wyk teruggetrek (15 Okt 2020) wat ook na die joernalis, Jon Qwelane, verwys wat in die hooggeregshof skuldig bevind is en eers op appèl vrygespreek is.

Op 15 Oktober 2020 word in Moderator sê jammer aan ‘broer’ wat sê hy’s verraai berig dat die moderator, Nelis Janse van Rensburg, jammer sê dat hy nie Chris meer ondersteun het in die saak nie, maar dit oortuig geensins.

‘n Dag later (op 16 Oktober 2020) word berig dat André Bekker, die NG Kerk by die MRK verkla oor hulle houding teenoor pedofiele (kyk ook HIER vir die volle aanklag). Die bordjies is verhang. Adv. André Gaum, broer van Laurie Gaum, het soos volg daarop reageer: “Ons is besig om dit te verwerk en te kyk of dit ’n ondersoek regverdig.”

Kyk ook NG Kerk ‘het my verraai nes vir Beyers’ (18 Oktober 2020)

‘n Mens sou kon sê dat hierdie hele saak geboemerang het: In plaas daarvan dat die aanklaers vir Chris van Wyk (en alle ander behoudendes) verneder het, is hulleself verneder en is die NG leierskap weereens ontbloot as vyande van die behoudendes.

Op 18 Julie 2021 publiseer Neels Jackson ’n artikel En balk in eie oog? wat geensins enige simpatie toon aan Chris van Wyk nie.

MRK beoog steeds stappe teen leraar oor ‘haatspraak’ (17 Okt 2023)

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui