NGK paneel bespreking rassisme

Die volgende advertensie word geplaas ter inligting.

Indien ’n mens in berekening bring dat die NG Kerk leierskap nie net teologies links is nie, maar ook polities links (kyk skakels hierbo), dan kan ’n mens net raai wat daar bespreek is.

Die woorde “I can’t breathe” sinspeel op die dood van die swart Amerikaner George Floyd. ’n Polisieman het hom gearresteer. Floyd het weerstand gebied waarop die polisieman sy knie op sy nek gesit het en waarskynlik nie die erns van sy aksies besef het nie. Hy is dood aan versmoring.

Hy het oornag in ’n swart martelaar ontaard en sy dood het daartoe gelei dat BLM protesaksies groot skade in Amerikaanse stede veroorsaak het en vir maande feitlik die hele wêreld op hol gehad het oor swart regte en wit-op-swart rassisme. Kyk egter: Bodycam Footage Of George Floyd Arrest Leaked; Shapiro Breaks It Down

‘n Hele aantal Suid-Afrikaanse sportsterre het hulle steun aan BLM gegee. Dit sluit onder andere die volgende spelers in:

  • Siya Kolisi
  • Makhaya Ntini
  • Vernon Philander
  • Ashwell Prince
  • Paul Adams
  • JP Duminy
  • Charl Langeveldt
  • Robin Peterson
  • Herschelle Gibbs
  • Wayne Parnell
  • Alviro Petersen

Mark Fish is hewig gekritiseer omdat hy nie BLM ondersteun het nie, maar op Twitter gesê het: “All lives matter.”

BLM is ’n uiters onchristelike organisasie. Hier is ’n paar voorbeelde:

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui