Arsenokoites

Die Griekse woord arsenokoites verwys na ’n manlike persoon wat seksueel verkeer met ’n ander manlike persoon.

Die woord kom twee keer in die Nuwe Testament voor:

Strong se konkordansie

Volgens Strong se konkordansie beteken die woord:

[G733]: “a male engaging in same-gender sexual activity; a sodomite, pederast.”

Bronne

Bylaag A

Die volgende is ’n verkorte vertaling van Was THIS Word Added to the Bible in 1946? (Youtube, Red pen logic)

Die woord “homoseksualiteit” was nooit in die oorspronklike Bybel omdat dit ’n Engelse woord is en die Bybel is primêr in Hebreeus en Grieks geskryf. Al die Engelse woorde in die Bybel was later bygevoeg. Die werklike vraag om te vra is of die woord “homoseksueel” ’n akkurate vertaling is van ’n spesifieke Griekse woord in die Nuwe Testament. Die bepaalde Griekse woord is arsenokoites. Dit wil voorkom of Paulus die woord geskep het deur twee woorde saam te voeg:

  1. “arsenikos” = manlik
  2. “koite” = bed

Die letterlike betekenis van arsenokoites is mans wat saam met ander mans in ’n bed is (“men who bed other men”).

Hierdie twee woorde wat saamgevoeg is verskyn ook in Levitus wat homoseksualiteit veroordeel:

Levitikus 18:22

  • Jy mag nie ’n homoseksuele verhouding hê nie. Dit is ’n afstootlike sonde.
  • kai meta arsenos ou koimethese koiten gynaikos bdelygma

Levitikus 20:13

  • Twee mans wat homoseksueel verkeer, doen ’n afskuwelike sonde. Hulle moet doodgemaak word. Hulle verdien die dood.
  • kai hos an koimethe meta arsenos koiten gynaikos bdelygma…

Selfs indien die woord “homoseksualiteit” nooit in die Bybel voorgekom het nie, is dit baie duidelik dat die Bybel homoseksuele dade baie sterk veroordeel.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui