Die woord “homoseksualiteit” is nie in die Bybel nie

Progays redeneer soms dat die woord “homoseksualiteit” nie voor 1946 in die Bybel voorkom nie en daarom sê die Bybel eintlik niks oor homoseksualiteit nie.

Ek het eintlik nog nooit hierdie argument verstaan nie, omdat dit totaal ongeldig is. Dit wil voorkom dat hulle in die Bybelse tyd nie ʼn naam vir die verskynsel gehad het nie maar dit beteken nie dat die Bybel niks daaroor sê nie. Wat jy dit ookal noem is irrelevant. Dit herinner aan Juliet se woorde aan Romeo:Nota

A rose by any other name would smell as sweet.

Vandag word hierdie woorde dikwels gebruik om te impliseer dat die name van dinge nie ’n invloed het op wat hulle regtig is nie. Dit kan ook vergelyk word met die woord “dinosourus“: Alhoewel fossiele alreeds baie jare gelede gevind is, is daar eers in die vroeë 1800’s besef dat van hierdie fossiele aan diere behoort wat nie vandag bestaan nie. In 1841 skep Richard Owen die woord “dinosourus” en in 1842 skep hy die superorde “dinosauria” (kyk Dinosourusse saam met mense).

Ek dink die progays se argument is eerder dat die homoseksualiteit wat in die Bybel veroordeel word, ʼn perverse vorm daarvan is of gedoen is as deel van okkultiese rituele of homoseksuele tempelprostitusie.

Jy kan dit egter nêrens aflei uit die dele in die Bybel nie. Nêrens in die Bybel kry jy ʼn voorbeeld waar daar enigsins goed gepraat word van homoseksualiteit nie. ʼn Mens sou verwag dat die Bybel iets oor liefdevolle homoseksuele verhoudings gesê het indien dit nie ʼn sonde was nie.

Ek glo 1 Korintiërs 5 moet as voorbeeld gebruik word: Hier word vertel van ʼn man en sy stiefma wat as man en vrou saamgeleef het. Paulus het dit ten sterkste veroordeel en gevra hoekom die gemeente nie hierdie twee persone uit hulle kring verwyder het nie. ʼn Mens kan jou indink dat hierdie man en vrou en selfs mense in die gemeente met argumente sou kom dat hulle dan lief is vir mekaar en dat hulle getrou is aan mekaar. Presies dieselfde tipe argumente wat progays vandag gebruik. Paulus sou nie dat hierdie tipe argumente sy standpunt verander het nie.

Vir ʼn meer volledige bespreking oor hierdie onderwerp, kyk Wat van liefdevolle, gay verhoudings?

Verdere bronne

Die volgende is ’n vereenvoudigde vertaling van Was THIS Word Added to the Bible in 1946? (Youtube, Red pen logic)

Die woord “homoseksualiteit” was nooit in die oorspronklike Bybel omdat dit ’n Engelse woord is en die Bybel is primêr in Hebreeus en Grieks geskryf. Al die Engelse woorde in die Bybel was later bygevoeg. Die werklike vraag om te vra is of die woord “homoseksueel” ’n akkurate vertaling is van ’n spesifieke Griekse woord in die Nuwe Testament. Die bepaalde Griekse woord is arsenokoites. Dit wil voorkom of Paulus die woord geskep het deur twee woorde saam te voeg:

  1. “arsenikos” = manlik
  2. “koite” = bed

Die letterlike betekenis van arsenokoites is mans wat saam met ander mans in ’n bed is (“men who bed other men”).

Hierdie twee woorde wat saamgevoeg is verskyn ook in Levitus wat homoseksualiteit veroordeel:

Levitikus 18:22

  • Jy mag nie ’n homoseksuele verhouding hê nie. Dit is ’n afstootlike sonde.
  • kai meta arsenos ou koimethese koiten gynaikos bdelygma

Levitikus 20:13

  • Twee mans wat homoseksueel verkeer, doen ’n afskuwelike sonde. Hulle moet doodgemaak word. Hulle verdien die dood.
  • kai hos an koimethe meta arsenos koiten gynaikos bdelygma…

Dit is dus baie duidelik dat die woord “homoseksualiteit” ’n goeie vertaling is van die sonde wat veroordeel word in Levitikus 18:22, Levitikus 20:13, Romeine 1:27, 1 Korintiërs 6:9-10 en 1 Timoteus 1:9-10.

.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui