STUDENTE Sê: ‘Beleef en bewys’

Kyk NG student bevestig gebrekkige teologiese opleiding wat kommentaar hierop gee.

*******

STUDENTE Sê: ‘Beleef en bewys’ | Kerkbode

JG de Bruin, teologiese student, Durbanville Moedergemeente

7 September 2022

Hierdie skrywe is deel van Kerkbode se nuwe gespreksforum vir teologiese studente. Hierdie afdeling is in ’n toetsfase. Bydraes word nie voor publikasie deur Kerkbode se proefleser versorg nie.

Ek word gereeld gekonfronteer met die vraag, “Hoe weet ons God bestaan?

Meeste gelowiges wat ek ken sou sê dat dit ’n dom vraag is en dat ons net moet “glo” in God, maar as jy vir my vra sou ek sê dit is ’n baie regverdige vraag. Hoe weet ons dis alles waar? Wel, dit is die ding van die waarheid, dit is iets wat ons gereeld aanmoedig om dit te bevraagteken. Ek bedoel, hoe anders gaan ons weet of dit die waarheid is of nie?

Ek dink ’n groot fout wat ons maak is dat ons dink die waarheid altyd bewys moet word. Kom ons dink bietjie oor die konsep “(be)wys”. Vir ons om iets te kan “bewys” moet ons dit eers kan “wys” op een of ander manier, of dit met behulp van wiskunde, biologie, geologie, astronomy of wat ookal mag wees, ons moet dit kan wys. As jy vir my gaan vra om te bewys dat 1+1 gelyk is aan 2 kan ek vir jou ‘n appel wys en dan nog ’n appel wys en boom! – twee appels.

So hoe kan ons vir God bewys as ons hom nie kan “wys” op een of ander manier nie? Hier is die ding… ons kan nie.

Nee, dit is glad nie die punt nie. Die punt is, ons het nie nodig om vir God te bewys as ons hom kan beleef nie. Wanneer ons vir God beleef is wanneer hy homself vir ons (be)wys. Maar dit is ook “easier said than done”. Om vir God te beleef benodig baie tyd, baie stilte, en baie self-verloëning. Kyk en soek mooi, maar nie te vêr nie, God het homself in elke hoekie van sy skepping ingeweef, veral binne ons. Ons is op die ou einde geskape tot sy beeld. ’n Goeie beginpunt is altyd die liefde. God is mos liefde? ’n Ander goeie beginpunt sal wees om te kan herken wat nie liefde is nie (dis vrees net so terloops). As dit nie liefde is nie kan dit nie God wees nie.

Aan die ander kant, ons ervarings van God is subjektief. Hoe ek vir God beleef is nie hoe jy noodwendig vir God beleef nie. En dit maak dit moeilik. Maar dit beteken nie een van ons is verkeerd nie, doen dit? Ek dink as ons begin luister na hoe ander mense om ons God beleef mag ons dalk ook vir God op dieselfde manier beleef. “Where there is love, there is God.” Die bewys is in die beleef.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui