Matteus 19:11-12 (Jesus oor mense wat nie kan trou nie)

Matteus 19:9-12 lui soos volg:

(9)Ek sê vir julle: Elkeen wat van sy vrou skei, behalwe oor owerspel, en met ’n ander een trou, pleeg egbreuk.” (10)Sy dissipels sê toe vir Hom: “As dit is hoe die saak met man en vrou staan, is dit beter om nie te trou nie.” (11)Maar Hy sê vir hulle: “Wat julle nou sê, is nie vir almal moontlik nie, net vir dié aan wie dit gegee is. (12)Daar is mense wat nie kan trou nie omdat hulle van hulle geboorte af so is, ander is deur mense so gemaak, en ander het self so gekies ter wille van die koninkryk van die hemel. Wie dit kan doen, laat hy dit doen.”

Kan ’n mens uit hierdie gedeelte aflei dat homoseksuele mense so gebore word?

Eerstens, indien hierdie na homoseksuele mense verwys, dan sê Jesus dat hulle nie moet trou nie. Inteendeel, dit wil voorkom of Jesus dit as ’n deug sien om nie te trou nie instede daarvan om dit te sien as iets waarop jy uitmis. Dit is dieselfde boodskap wat Paulus in 1 Korintiërs 7:1-24 verkondig. Dus help Matteus 19:12 hoegenaamd nie die gayargument nie.

Tweedens, Jesus praat hier spesifiek van eunugs (gekastreerde mans). Die King James Bybel gebruik dit spesifiek so:

Mat 19: (12)For there are some eunuchs, which were so born from their mother’s womb: and there are some eunuchs, which were made eunuchs of men: and there be eunuchs, which have made themselves eunuchs for the kingdom of heaven’s sake. He that is able to receive it, let him receive it.

Nou is die vraag, sê dit vir ons iets oor transgender persone?

Vir meer hieroor, kyk die artikel Does Jesus’ Reference to Eunuchs Affirm Transgender People? wat tot die volgende gevolgtrekking kom:

  1. Die term eunug word nie gebruik om transgender persone aan te dui nie.
  2. Jesus se opmerkings oor eunugs was om troubaarheid aan te spreek, nie geslagsidentiteit nie.

Kyk ook

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui