Transgender

Transgender of transseksuele mense is mense wie se selfidentiteit nie ooreenstem met hulle geslag nie. Hulle voel dat hulle die teenoorgestelde geslag moet wees, dat hulle in die verkeerde liggaam is. Dit is byvoorbeeld mans wat voel dat hulle eintlik ’n vrou moet wees. Sulke mans sal begin om vroueklere aan te trek en mag dalk selfs ’n geslagsveranderingsoperasie ondergaan. Transgender staan teenoor cisgender:

Cisgender (soms cisseksueel genoem en as cis afgekort) is ’n term vir mense wie se genderidentiteit wel ooreenstem met die geslag wat by geboorte aan hulle toegewys is.

Geslagsdisforie: Geslagsdisforie (of genderidentiteitsteuring) behels ’n konflik tussen die persoon se fisiese geslag en die geslag waarmee hy of sy hom vereenselwig. Mense wat ly aan geslagsdistrofie is tipies transgender.

Walt Heyer is ’n man wat ’n geslagsveranderingsoperasie ondergaan het en na agt jaar as ’n vrou, ’n omkeringsoperasie laat doen het. Hy is dus nou weer ’n man. Die volgende is ’n opsomming en vertaling van wat hy in Ex-transgender supports Trump’s trans ban sê:

Medies gesproke bestaan daar nie iets soos geslagsdisforie nie. Die ‘bewys’ van die toestand is die subjektiewe ‘gevoelens’ van die pasiënt wat mettertyd verander kan word. Daar is geen manier om geslagsdisforie objektief te toets of te bewys nie.

100 persent van die tyd kan die persoon binne vier tot sewe vrae die presiese oomblik vind toe hy hierdie gevoelens begin ervaar het. Dit is gewoonlik traumatiese, stresvolle, ongewone gebeure wat diep emosionele en sielkundige wonde veroorsaak. Die angs wat deur hierdie afskuwelike gebeure veroorsaak word, moet deur professionele persone in geestesgesondheid aangespreek word, wat nie met kosmetiese chirurgie en hormone behandel word nie.

Geslagsdisforie is sedert die vroeë 1900’s bestudeer, en die selfmoordsyfer vir pasiënte was die afgelope 100 jaar relatief konstant op 40 persent. Soveel as 60-70 persent ly ook aan komorbiede siektes wat nie deur kosmetiese chirurgie aangespreek word nie.

Geslagsveranderingsoperasies misluk dikwels, nie as gevolg van mediese komplikasies nie, maar omdat die persoon nog steeds komorbiede afwykings het wat chirurgie nie behandel het nie. Ek het die afgelope 12 jaar spandeer om ander te help om die radikale behandeling van die mediese gemeenskap voort te sit, selfs in die afwesigheid van wetenskaplike bewyse dat mense op die lange duur beter daaraan toe is.

Berou oor geslagsverandering verskyn gewoonlik 5–15 jaar na die oorgang. Direk ná hulle oorgegaan het, is hulle gewoonlik verlig en gelukkig. Ten spyte daarvan, was hulle steeds ongelukkig en angsbevange. As iemand wil omkeer, dink mense dat jy mal is.

Ek het agt jaar as vrou gewoon en uiteindelik my biologiese geslag aanvaar. Geslagsoperasies is slegs kosmeties. Dit is biologies onmoontlik om ’n man in ’n vrou of ’n vrou in ’n man te verander.

Geslagsomkering is ’n openbare erkenning van ’n fout. Die omvang van die fout is afskuwelik. Die moeilikste ding wat ’n transgenderpersoon moet aanspreek, is nie die aanvanklike wonde of die erkenning van die fout nie, maar die diep spyt wat hulle ervaar as hulle besef dat hul liggaamsdele so vermink is, dat die skade so volledig is dat hulle nie nou kan leef soos hulle wou nie.

94 persent van die jongmense ontgroei hul sterk gevoelens vir oorgang. My raad is om uit te hou wanneer jy jonk is – jy sal dit ontgroei.

Kyk ook John Macarthur se opinie hieroor in John Macarthur – How to deal with “Transgenders”.

Kyk ook

1 thought on “Transgender”

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui