Wie is Ernst Mayr?

Ernst Mayr (1904–2005) was ’n baie prominente evolusionis. In skeppingskringe is hy baie bekend daarvoor dat hy baie openlik en eerlik erken het dat evolusie ’n historiese wetenskap is, anders as operasionele wetenskap. Hier is wat hy gesê het:

For example, Darwin introduced historicity into science. Evolutionary biology, in contrast with physics and chemistry, is a historical science—the evolutionist attempts to explain events and processes that have already taken place. Laws and experiments are inappropriate techniques for the explication of such events and processes. Instead one constructs a historical narrative, consisting of a tentative reconstruction of the particular scenario that led to the events one is trying to explain.

Afrikaans

Darwin het historisiteit in wetenskap bekendgestel. Evolusionêre biologie, in teenstelling met fisika en chemie, is ’n historiese wetenskap – die evolusionis poog om gebeurtenisse en prosesse wat reeds plaasgevind het te verklaar. Wette en eksperimente is onvanpaste tegnieke vir die uiteensetting van sodanige gebeurtenisse en prosesse. In plaas daarvan bou mens ’n historiese verhaal, wat bestaan uit ’n tentatiewe rekonstruksie van die spesifieke scenario wat gelei het tot die gebeure wat ’n mens probeer verduidelik.

—Mayr, Ernst (1904–2005), Darwin’s Influence on Modern Thought, based on a lecture that Mayr delivered in Stockholm on receiving the Crafoord Prize from the Royal Swedish Academy of Science, 23 September 1999; published on ScientificAmerican.com, 24 November 2009.

Hy het ook aangedui hoe die siening dat die aarde oud is krities was vir evolusie om te begin:

[The Darwinian] revolution began when it became obvious that the earth was very ancient rather than having been created only 6000 years ago. This finding was the snowball that started the whole avalanche.

Die Darwinistiese revolusie het begin toe dit duidelik geword het dat die aarde baie oud was, eerder as dat dit net 6000 jaar gelede geskep is. Hierdie bevinding was die sneeubal wat die hele sneeustorting begin het.

Verdere inligting

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui