Frits Gaum: Dolerende Tafelberg wys op wye kloof

Kyk ook KOMMENTAAR onderaan.

*******

Frits Gaum: Dolerende Tafelberg wys op wye kloof | Netwerk24

Frits Gaum

01 Julie 2023

Die besluit van ’n dolerende gemeente van die NG Kerk om homself van die kerk “vry te maak”, het Frits Gaum laat dink aan ’n opspraakwekkende hofsaak van 1931.

Dr. Chris Saayman, predikant van die Tafelberg-gemeente in Kaapstad, het onlangs op sy Facebook-blad geskryf: “Tafelberg-gemeente (Vrygemaak): Sedert 22 Junie 2023 vrygemaak van die NG Kerkverband.”

Dié drastiese stap is geneem nadat Tafelberg vier jaar lank gedoleer (getreur) het oor die stand van sake in die NG Kerk. In ’n verklaring het die kerkraad gesê dat die gemeente “onwrikbaar staan by die Bybel as die heilige en onfeilbare Woord van God” en dat die NG Kerk se Wes-Kaapse en algemene sinode op ’n “relatiewe en subjektiewe wyse met die Bybel omgaan” en “eie inhoud” aan Bybelse waarhede oor die huwelik, seksualiteit, die saamwoon van ongetroudes, die bestaan van die bose en ander teologies-dogmatiese en teologies-etiese sake gee.

So word die Tafelberg-gemeente die eerste van die dolerende gemeentes van die NG Kerk (daar is glo sowat 80) wat die NG Kerkverband formeel verlaat. [Kommentaar: Daar is 95. Kyk Lys van NG gemeentes wat doleer.]

Dit is waarskynlik nie die einde van Tafelberg se storie nie – daar sal nog kerklike ondersoeke en dalk hofsake volg. Dié gemeente is 80 jaar gelede in 1943 gestig en in 1944 het die bekende dr. Koot Vorster predikant van die gemeente geword. Hy was ook as kerkregkenner ’n groot stukrag om die algemene sinode in 1962 tot stand te laat kom. Hy het as moderator van dié sinode gedien in dieselfde tyd toe sy broer, John, eerste minister van Suid-Afrika was. Dis die einste sinodale verband waaraan sy destydse gemeente hulle nou onttrek het. En, soos meermale in die geskiedenis van die kerk, by name die NG Kerk, gaan dit hier oor die verstaan van die Bybel as “Woord van God”.

Swaargewigte in die hof

Een van die bekendste kerkstryde in die NG Kerk was juis dié een 92 jaar gelede wat in die hooggeregshof in Kaapstad afgespeel het. Dit het onder meer gegaan oor die Bybel as Woord van God, die outeurskap van die eerste vyf boeke van die Bybel (was dit Moses?), en die vraag of Jesus as mens alwetend was.

Prof. Johannes du Plessis, Stellenbosse teoloog, het ’n meer “liberale” siening voorgestaan en is deur die NG Kerk op verskillende forums – ringe, sinodes en uiteindelik die hooggeregshof – voor stok gekry.

Die hofsaak in November en Desember 1931 het soveel opslae gemaak dat Nasionale Pers ’n woordelikse verslag daarvan gepubliseer het. Die boek se lywige titel is: Die Kerksaak tussen prof J du Plessis en die Ned Geref Kerk in Suid-Afrika. ’n Woordelikse Verslag van die Verrigtinge, met die Uitspraak, in die Hooggeregshof, Kaapstad, November – Desember 1931.

Die uitgewer skryf in die voorwoord: “Van soveel belang is dit, en met soveel intense belangstelling is die verrigtinge, ook buite die NG Kerk en buite ons landsgrense, gevolg, dat die Nasionale Pers besluit het om die verslag daarvan in boekvom uit te gee, oortuig dat hy daarmee ’n diens sal bewys aan ons teenswoordige sowel as aan die toekomstige geslag.”

Die boek bied boeiende leesstof – woord vir woord, hou vir hou. Die saak het voor regter-president F.G. Gardiner en twee assessore gedien. Adv. T.E. Dönges (wat baie later aangewys is as staatspresident, maar kort voor sy inhuldiging oorlede is), en adv. H.A. Fagan (bekende politikus, Afrikaanse dramaturg en skrywer) was van die advokate, terwyl ds. G.J. Hugo as moderator namens die NG Kerk getuig het. Prof. J.D. du Toit (Totius), digter en Bybelvertaler van die Gereformeerde (Dopper-) Kerke en bekend vir sy konserwatiewe beskouings, was een van die getuies vir die NG Kerk.

Woordewisseling

Tydens die verhoor het die advokate die getuies met kruisverhoor swaar laat leef en sommige onkerklike praktyke – soos geheime vergaderings waar voorbrand gemaak is vir bepaalde sienings – het aan die lig gekom.

Adv. A. van der Sandt Centlivres het vir Du Plessis onder kruisondervraging geneem – ook oor die “Woord van God”. Dié gesprek het só verloop:

Centlivers: U het beswaar teen die woorde: “Dat Gods Woord in die Bybel is en nie die Bybel Gods Woord is nie”?

Du Plessis: Nee, ek sê dit is verkeerd om te sê die beskouing dat Gods Woord in die Bybel is, en nie dat die Bybel Gods Woord is nie, moet verwerp word as dwaalleer (kursief in boek). Dit, sê ek, is verkeerd.

Centlivers: Waarom is dit verkeerd?

Du Plessis: Moet ons op die punt ingaan?

Centlivers: Ja.

Du Plessis: As ’n mens sê Gods Woord is in die Bybel, is dit reg, maar die sinode van 1928 sê dit is verkeerd om dit te leer.

Centlivers: Die Bybel is Gods Woord, maar Gods Woord is ook in die natuur?

Du Plessis: Ja.

Centlivers: U het hierteen geen beswaar nie?

Du Plessis: Dit is reg.

Centlivers: Is die hele inhoud van die Bybel Gods Woord?

Du Plessis: Ja, maar die Bybel is nie in elke letter Gods Woord nie. Baie dinge in die Bybel het nie van God uitgegaan nie. Daar is woorde van Satan in die Bybel, en daar is leuens in die Bybel … Die hele Bybel kan nie beskryf word as Gods Woord nie.

Centlivers: Kan ’n mens sê die Bybel is in al haar dele onfeilbaar en absoluut gesaghebbend?

Du Plessis: Nie volkome nie. In alles wat ons saligheid betref is dit onfeilbaar en gesaghebbend. Ja, religieus-etiese waarhede in Gods Woord is deur God geïnspireer.

Centlivers: Na al die diskussies lyk dit of daar tog geen meningsverskil bestaan nie! (Gelag in die hof.)

Gardiner: Tot dusver is daar tog ’n wye kloof.

Gardiner se uitspraak

Vandag is dit nog so. Soos die besluit van dr. Koot se ou gemeente bewys, meer as 90 jaar ná die Du Plessis-saak.

• In sy uitspraak op 15 Januarie 1932 het Gardiner ten gunste van Du Plessis beslis. Hy het die leerbesluite van die sinode van 1928, wat in werklikheid teen Du Plessis se sieninge gemik was, nietig verklaar. “Die sinode van 1930 was nie bevoeg om as onpartydige hof te sit nie, aangesien die groot meerderheid van sy lede met ope oë die saak in die sinode van 1928 geprejudisieer het.”

  • Dr. Gaum is die hoofredakteur van die elektroniese Christelike Kernensiklopedie. Die menings van skrywers is hul eie en weerspieël nie noodwendig dié van Netwerk24 nie.

Kommentaar

Daniel Louw

Frits Gaum wil hiermee insinueer dat daar “geen meningsverskil bestaan” tussen dolerende gemeentes en die res van die NG Kerk nie, of dat die meningsverskil onbenullig is, maar tog “is daar ’n wye kloof” tussen dolerendes en die res van die NG Kerk.

Hoe hy daarby uitkom weet geen mens nie. Kyk Opsomming van skokkende NG Kerk-besluite.

2 thoughts on “Frits Gaum: Dolerende Tafelberg wys op wye kloof”

  1. ”Woord van God”

    Sélf het mens al diep geworstel oor ”Woord van God” vanuit God se oogpunt.

    Hoe het die gelowige antieke Israeliet, profeet, hoëpriester, koning en priester, of Moses of Esegiël of Jeremia of Hosea of Jesaja, hieroor gedink en ‘’Woord van God’’ beleef?

    Dan óók verder, veral vanuit die ‘’ervaringskonteks’’ van Esegiël 1 tot 3, en Jesaja 6 en Eksodus 24:10-11, bv. ’’En hulle het die God van Israel gesien, en onder Sy voete net soos ‘n vloerwerk van saffierstene en so helder soos die hemel self. Maar Hy het Sy hand nie na die uitgesoektes van die kinders van Israel uitgestrek nie, en hulle het God aanskou; daarop het hulle geëet en gedrink’’?

    En ‘’Woord van God’’ beleef vanuit Númeri 12:6-10 “Toe sê Hy: Hoor tog My woorde. As julle profeet van die HERE is, sal Ek deur ‘n gesig My aan hom bekend maak, deur ‘n droom sal Ek met hom spreek. So is dit nie met My kneg Moses nie: in My hele huis is hy getrou. Mond tot mond spreek Ek met hom, en deur aanskouing en nie deur duister woorde nie; en hy sien die verskyning van die HERE. Waarom het julle dan nie gevrees om teen My kneg, teen Moses, te spreek nie? “En die toorn van die HERE het teen hulle ontvlam, en Hy het weggegaan.En toe die wolk van die tent af weggetrek het, kyk, toe was Mirjam melaats, soos sneeu. En Aäron het Mirjam aangekyk en—sy was melaats!”?

    Die Moderne Beleefsveld

    Inderdaad sit mens met die volgende moderne ‘scenario’:

    Hartsmotiewe, bestuur deur die Bedoelinge van die GEES, vanuit

    Hebreërs 8:1 ‘’Die hoofsaak nou van wat ons gesê het, is dít: Ons het so ‘n Hoëpriester wat gaan sit het aan die regterhand van die troon van die Majesteit in die hemele, 2 ‘n Bedienaar van die heilige dinge en van die ware tabernakel wat die Here opgerig het en nie ‘n mens nie.3 Want elke hoëpriester word aangestel om gawes en offers te bring. Daarom moes Hy ook iets hê om te offer. 4(a)Want as Hy op aarde was, sou Hy selfs geen priester wees nie,…8:6 Maar nou het Hy ‘n voortrefliker bediening verkry vir sover Hy ook Middelaar is van ‘n beter verbond wat op beter beloftes wettelik gegrond is.’’

    VERSUS

    Alfanumeriese Motiewe, bestuur deur letters en syfers in ink en digitale ruimtes, met geen in die Gees se Lig, vanuit

    Hebreërs 8:4(b)’’…omdat daar priesters is wat volgens die wet die gawes offer,…5 hulle wat ‘n afbeeldsel en skaduwee van die hemelse dinge bedien, soos Moses ‘n goddelike bevel ontvang het toe hy die tabernakel sou voltooi; want Hy het gesê: Kyk dat jy alles maak volgens die voorbeeld wat jou op die berg getoon is.’’

    Die waarde en krag en lig van woorde

    Watter woorde in ink op papier of in digitale ruimtes, of deur klank frekwensies, of in onbesproke gedagtegange, is die ‘Woord van God’?

    Kan gewone woorde dieselfde ‘Lig’ dra, as ‘woorde uit die Bybel’?

    Hebreërs 4:12 ‘’Want die woord van God is lewend en kragtig en skerper as enige tweesnydende swaard, en dring deur tot die skeiding van siel en gees en van gewrigte en murg, en is ‘n beoordelaar van die oorlegginge en gedagtes van die hart.13 En daar is geen skepsel onsigbaar voor Hom nie, maar alles is oop en bloot voor die oë van Hom met wie ons te doen het.’’

    ‘ n Lofpsalm

    Psalm 147:1’’ Loof die HERE, want dit is goed om onse God te besing, ja lieflik; ‘n loflied is gepas! 2 Die HERE bou Jerusalem op; Hy versamel van Israel die wat verdryf is. 3 Hy genees die wat gebroke is van hart, en Hy verbind hulle wonde. 4 Hy bepaal die getal van die sterre; Hy gee hulle almal name. 5 Onse Here is groot en ryk aan krag; Sy verstand is oneindig. 6 Die HERE rig die ootmoediges weer op; die goddelose mense verneder Hy tot die grond toe. 7 Sing ‘n danklied tot eer van die HERE, Psalmlmsing tot eer van onse God met die siter; 8 wat die hemel met wolke oordek, wat vir die aarde reën berei, wat op die berge gras laat uitspruit, 9 wat aan die vee hulle voedsel gee, aan die jong rawe as hulle roep. 10 Hy het geen welbehae in die krag van die perd, geen welgevalle in die bene van die man nie. 11 Die HERE het ‘n welgevalle in die wat Hom vrees, wat op Sy goedertierenheid hoop. 12 o Jerusalem, prys die HERE! o Sion, loof jou God! 13 Want Hy het die grendels van jou poorte sterk gemaak; Hy het jou kinders binne-in jou geseën. 14 Hy wat aan jou grondgebied vrede verskaf, wat jou versadig met die beste van die koring,15 wat Sy bevel na die aarde stuur—Sy woord loop baie vinnig. 16 Hy gee sneeu soos wol; Hy strooi ryp soos as. 17 Hy werp Sy ys heen soos stukke—wie kan bestaan voor Sy koue? 18 Hy stuur Sy woord en laat hulle smelt; Hy laat Sy wind waai—die waters loop. 19 Hy maak aan Jakob Sy woorde bekend, aan Israel Sy insettinge en sy verordeninge. 20 So het Hy aan geen enkele nasie gedoen nie; en Sy verordeninge, dié ken hulle nie. Halleluja!’’

    Openbaring19:11 ‘’Toe het ek die hemel geopend gesien; en daar was ‘n wit perd, en Hy wat daarop sit, word genoem Getrou en Waaragtig, en Hy oordeel en voer oorlog in geregtigheid. 12 En Sy oë was soos ‘n vuurvlam, en op Sy hoof was baie krone; en Hy het ‘n Naam wat geskrywe is, wat niemand ken nie, behalwe Hy Self 13 En Hy was bekleed met ‘n kleed wat in bloed gedoop was, en Sy Naam is: Die Woord van God. 14 En die leërs in die hemel het Hom gevolg op wit perde, bekleed met wit en rein fyn linne. 15 En uit Sy mond gaan daar ‘n skerp swaard om die nasies daarmee te slaan; en Hy sal hulle met ‘n ysterstaf regeer, en Hy trap die parskuip van die wyn van die grimmigheid en van die toorn van God, die Almagtige.’’

    Vooroordele

    Watter ‘woorde’ is bekleed met die Opstandingskleed Van Christus se Gees?

    Slegs ‘woorde’ vanuit die verskeie Bybels in 🌎🌍🌏tale?

    Sou ‘sekulère woorde’ deur mense✍geskrywe of deur mond gesproke, ‘onbekleed’ of ‘Reddingsbaadjie-Gekleed’ wees?

    ’Mittal Steel’ Plaaslik en Oorsee, en ook 🌏🌍🌎 kerkleiers vanuit verskeie vlakke, wat ‘spreek’ vanuit Titanic se verskillende dekke – van heellaagste dek tot by die skoorstene daarbo: sou hul woorde ‘onbekleed’ vaar, of ‘Reddingsbaadjie Gekleed’ vaar, waar hul ‘’fluit-fluit’’ die ysberg bereik?

    Ons leef inderdaad in ‘n Titanic Virtuele Ruimte, waar ‘Reddingdbaadjie-Gekleed’ -woorde, eggo vanuit die ‘ENJIN Kamer’, na die ‘onbeklede-vooroordeel(“bias’’)-woord-eggo’ in die onderskeie Dinee Areas en Eetlokale.

    ‘Reddingsbaadjie-Gekleed’ Woorde

    Handelinge 13:27 ‘’Want die inwoners van Jerusalem en hulle owerstes het Hom nie geken nie, en deur Hom te veroordeel, het hulle die woorde van die profete vervul wat elke sabbat gelees word. 28 En al het hulle niks gevind wat die dood verdien nie, tog het hulle van Pilatus gevra dat Hy omgebring moes word. 29 En toe hulle alles volbring het wat oor Hom geskrywe is, het hulle Hom van die kruishout afgehaal en in ‘n graf neergelê. 30 Maar God het Hom uit die dode opgewek.’’

    ‘Onbeklede eggo vooroordeel (“bias’’)woorde’

    ‘Vooroordeel’ (“Bias”), wat so slu en listig in mense 🖤woon, bestuur die 🧠 van die mens, waar die ‘Gees se Lig’ by die 🖤 se deur, dié bordjie opmerk : ‘’Dis mý 🧠 wat hier woon. Lig vanuit die Hemelse Troon, is nie welkom by 🧠 se troon.’’

    Wikipedia (in Engels), gee ‘n voorsmakie van dié vooroordele. Die Bybel, het nog heelwat meer voorbeelde, maar is slegs vir dié wat dit omhels soos Dawid van ouds wat vir altyd in die Lig van die Hemelse Troon wou woon. En sy ❤wens is toe vervul.

    https://en.wikipedia.org/wiki/Cognitive_bias#cite_note-Ariely.2008-4 (an extract -refer wikipedia for detail list)

    Cognitive bias

    A cognitive bias is a systematic pattern of deviation from norm or rationality in judgment.[1] Individuals create their own “subjective reality” from their perception of the input. An individual’s construction of reality, not the objective input, may dictate their behavior in the world. Thus, cognitive biases may sometimes lead to perceptual distortion, inaccurate judgment, illogical interpretation, and irrationality.[2][3][4]

    While cognitive biases may initially appear to be negative, some are adaptive. They may lead to more effective actions in a given context.[5] Furthermore, allowing cognitive biases enables faster decisions which can be desirable when timeliness is more valuable than accuracy, as illustrated in heuristics.[6] Other cognitive biases are a “by-product” of human processing limitations,[1] resulting from a lack of appropriate mental mechanisms (bounded rationality), the impact of an individual’s constitution and biological state (see embodied cognition), or simply from a limited capacity for information processing.[7][8]

    A continually evolving list of cognitive biases has been identified over the last six decades of research on human judgment and decision-making in cognitive science, social psychology, and behavioral economics. The study of cognitive biases has practical implications for areas including clinical judgment, entrepreneurship, finance, and management.[9][10]………

    https://en.wikipedia.org/wiki/List_of_cognitive_biases (an extract -refer wikipedia for detail list)

    List of cognitive biases (more than 1OO’bias’ types)

    For common errors in logic, see List of fallacies.

    Cognitive biases are systematic patterns of deviation from norm and/or rationality in judgment. They are often studied in psychology, sociology and behavioral economics.[1]

    Although the reality of most of these biases is confirmed by reproducible research,[2][3] there are often controversies about how to classify these biases or how to explain them.[4] Several theoretical causes are known for some cognitive biases, which provides a classification of biases by their common generative mechanism (such as noisy information-processing[5]). Gerd Gigerenzer has criticized the framing of cognitive biases as errors in judgment, and favors interpreting them as arising from rational deviations from logical thought.[6]

    Explanations include information-processing rules (i.e., mental shortcuts), called heuristics, that the brain uses to produce decisions or judgments. Biases have a variety of forms and appear as cognitive (“cold”) bias, such as mental noise,[5] or motivational (“hot”) bias, such as when beliefs are distorted by wishful thinking. Both effects can be present at the same time.[7][8]

    There are also controversies over some of these biases as to whether they count as useless or irrational, or whether they result in useful attitudes or behavior. For example, when getting to know others, people tend to ask leading questions which seem biased towards confirming their assumptions about the person. However, this kind of confirmation bias has also been argued to be an example of social skill; a way to establish a connection with the other person.[9]

    Although this research overwhelmingly involves human subjects, some findings that demonstrate bias have been found in non-human animals as well. For example, loss aversion has been shown in monkeys and hyperbolic discounting has been observed in rats, pigeons, and monkeys.[10]

    Belief, decision-making and behavioral[edit]

    These biases affect belief formation, reasoning processes, business and economic decisions, and human behavior in general.

    Anchoring bias[edit]

    Main article: Anchoring (cognitive bias)

    The anchoring bias, or focalism, is the tendency to rely too heavily—to “anchor”—on one trait or piece of information when making decisions (usually the first piece of information acquired on that subject).[11][12] Anchoring bias includes or involves the following:

    Common source bias, the tendency to combine or compare research studies from the same source, or from sources that use the same methodologies or data.[13]

    Conservatism bias, the tendency to insufficiently revise one’s belief when presented with new evidence.[5][14][15]

    Functional fixedness, a tendency limiting a person to using an object only in the way it is traditionally used.[16]

    Law of the instrument, an over-reliance on a familiar tool or methods, ignoring or under-valuing alternative approaches. “If all you have is a hammer, everything looks like a nail.”…….

  2. Fritz , jy was en is nog altyd n hoennerr . Van dat jy betrokke was by Belofte Bos . met jou vile attitude en al jou dark world promotions …take a hike , gaan tree af erens inni woestyn .

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui