Storie van die keisermot

Storie van die keisermot

Eendag sien ‘n man ‘n kokon op die grond lê. Toe hy dit optel sien hy dat die mot besig is om homself deur ‘n baie klein gaatjie te wikkel. Die mot het baie gesukkel en daarom het die man besluit om die mot te help. Hy het ‘n sker geneem en die kokon oopgesny. Die mot het egter ‘n groot opgeswelde lyf gehad en piep klein vlerke. Die mot het na ‘n dag of wat dood gegaan.

Die man het ‘n weldaad probeer verrig, maar hy het nie geweet dat dit ‘n kritiese stap in die mot se ontwikkeling was nie. Wanneer die mot deur die klein opening in die kokon druk, forseer die mot vloeistof uit sy liggaam in sy vlerke in, wat die vlerke in staat stel om tot groot, funksionele volwasse motvlerke te ontwikkel.

*****

Op dieselfde manier leer God ons ook dikwels deur swaarkry.

Is ons bereid om deur daardie swaarkry te gaan om sterker, meer volwasse en meer gelouter uit te kom?

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui