“Ek bely steeds die belydenisskrifte”

Kyk ook:

Kyk ook KOMMENTAAR onderaan.

*********

“Ek bely steeds die belydenisskrifte”

Outeur: Anoniem (afgestudeerde teologiese student)

6 November 2021

Ferdie Mulder skryf in hoofstuk 3 van sy boek, Opgestaan, van ‘n radio onderhoud waar prof Julian Müller sy verwerping van die liggaamlike opstanding van Jesus verdedig deur te sê dat hy die Apostolicum (12 artikels) in die erediens saam met die gemeente opsê:

“Ek het vanoggend ’n erediens bygewoon soos wat ek elke oggend ’n erediens bywoon op ’n Sondag. En met groot vrymoedigheid sê ek met die gemeente saam die Apostolicum, want dit is wat ek glo . . . dit beteken nie dat daar nie ruimte vir herinterpretasie is nie.”

Wanneer teoloë en predikante, wat openlik dele van die geloofsbelydenis verwerp (bv die opstanding, maagdelike geboorte, ewige lewe), daarmee gekonfronteer word, verlaat hulle hul dikwels tot die argument: “Ek bely steeds ons belydenisskrifte” en voeg dikwels by “elke Sondag” of “saam met die gemeente”. Dit is natuurlik om hulle loopbaan te beskerm. Christina Landman het dit eenkeer baie eerlik erken toe sy gevra is oor redding:

Is Jesus God se enigste pad na ons toe? Nou ja, dit is ’n strikvraag en kan jou werk en jou toga kos. Ek sou maar net kon sê: Elke godsdiens se verlossingsverhaal het ’n integriteit van sy eie. (Uit God? Gesprekke oor die oorsprong en uiteinde, George Claassen en Frits Gaum, 7 Maart 2012)

Wanneer predikante gelegitimeer word, belowe hulle dat hulle die Drie Formuliere van Eenheid onderskryf en daarom moet hulle hierdie sê.

In Om publiek te bely stel Cobus van Wyngaard selfs openlik hierdie benadering voor: as iemand jou vra oor jou teologiese standpunte is dit genoeg om te sê: “Ek bely steeds ons belydenisskrifte”.

Maar hoe kry hierdie mense dit reg om dit met hulle gewete te versoen?

Marcus Borg begin hoofstuk 22 van sy boek, Speaking Christian: Why Christian Words Have Lost Their Meaning and Power – And How They Can Be Restored (2011), deur te verduidelik hoe die woorde “I believe” (maw “ek glo”) deel is van byna elke Christelike geloofsbelydenis (“creeds”) in kerke regoor die wêreld. Daarop verduidelik hy hoe die geloofsbelydenisse vir baie Christene ‘n probleem geword het, omdat hulle nie meer die afsonderlike dele glo nie, en dit tot só ‘n mate dat hulle dit nie meer kan opsê nie en selfs wil ontslae raak daarvan:

For many Christians, the creeds have become a problem. If I were to make a list of the ten questions I am most frequently asked, high on that list would be, “What are we going to do with the creeds?” The question is usually followed by, “I can’t say them anymore.” The reason is that many Christians are uncomfortable professing affirmation of a list of statements they think they are supposed to believe to be literally and absolutely true. (Speaking Christian, bl 144)

Borg meen egter dat dit nie ‘n probleem behoort te wees nie, want dit is nie nodig dat Christene hoef te glo dat die belydenis (en sy dele) letterlik en absoluut waar is (literally and absolutely true) om dit te kan opsê of bely nie. Hy gebruik ‘n metaforiese benadering om die geloofsbelydenisse te interpreteer:

I use the historical-metaphorical approach to Christian language that we have used throughout this book. (Speaking Christian, bl 144)

Borg se grootste verweer vir ’n metaforiese benadering is dat die woorde “believe” eintlik verwys na lojaliteit (“allegiance”) en dat dit nie soseer ‘n verbintenis is aan ‘n stel stellings nie. Hy meen dat die verbintenis wat gemaak word tydens die geloofsbelydenis, nie aan die individuele stellings hoef te wees nie, maar eerder slegs aan God in die algemeen. Daarom stel hy ook voor dat ons “believe” eerder as “belove” interpreteer:

Believing as beloving is not believing in the literal and absolute truth of statements. It is beloving God as known in Jesus and the Spirit. (Speaking Christian, bl 148)

Dit wil sê dat wanneer ons die geloofsbelydenis sê, hoef ons geen van die woorde te bedoel nie. Al betekenis wat ons daaraan moet gee is dat ons sê ons het God lief.

Dus, verduidelik Borg, dat as ons die belydenis opsê, verbind ons onsself aan God en is die funksie van die belydenis om ons identiteit as Christene te bevestig. Hy ondersteun sy argument deur te sê dat geloofsbelydenisse se taal poëties, mistiek en nie-letterlik is, en dat ons met sy historiese-metaforiese metode sal besef dat niks van die stellings letterlik hoef te wees. Dit is histories slegs gebruik as metafore waardeur Christene hulle identiteit bely het:

…the notion that the language of the creed is to be understood literally and absolutely is strange when you think about it. Jesus “came down from heaven” and later “ascended into heaven.” Is heaven up? “He is seated at the right hand of the Father.” Does God have hands, and is God a father, a male being? Is this language to be taken seriously? Yes. Is it to be taken literally? No.

I love the memory that Kathleen Norris shares in one of her books about the Presbyterian congregation she was part of in a small town in South Dakota. When they stood to say the creed—“God from God, Light from Light, true God from true God, begotten not made …”— she was struck by how much the language reminded her of the poetry of William Blake. The creed’s language is the language of poetry, mystical poetry, not the language of literal factuality. Does Jesus matter greatly and decisively for Christians? Yes. Is our language about him to be understood literally? No. (Speaking Christian, bl 148)

Volgens Borg beteken hierdie dus dat Christene sonder skaamte hulle geloof kan bely in ‘n erediens, selfs al verwerp hulle, afsonderlik, al 12 artikels. Daar word aanvaar dat die oorspronklike lesers/hoorders, nie die teks letterlik sou verstaan nie, maar eerder dat hulle dit simbolies of metafories sou verstaan. Hy gaan verder deur selfs te redeneer dat ’n histories-metaforiese interpretasie ’n meer verantwoordelike lees van die teks is:

Thus a historical approach makes Christian language relative and not absolute. For some Christians, this is threatening. For them, the word relative has only a negative meaning. It means “not important” or even “not true,” as when people say dismissively, “It’s all relative.” But relative also has a positive meaning—it means “related to.” In this sense, relative means, “This is how our spiritual ancestors saw things.” Their language, the language of the Bible and the postbiblical Christian tradition, is related to their time and place, their then. (bl 27)

The justification for a metaphorical approach is found in the Bible itself. Much of its language is overtly metaphorical. For example, it speaks of God as a rock. What is the literal meaning of that? Obviously, God is not a rock. The Bible speaks of the right hand of God. What is the literal meaning of that? God does not have hands. Something else, something more, is meant. This is the metaphorical meaning. (bl 28)

A metaphorical approach to biblical and Christian language emphasizes meaning, not literal factuality. In this sense, the purpose of most biblical stories is metaphorical, even if they sometimes contain historical memory. Why did ancient Israel preserve and tell the stories and traditions that they did? Because they saw them as having a more-than-literal significance that continued into their present. (bl 28)

Dit is daarom dat ’n mens soms die argument sal hoor van liberales dat ’n bloot letterlike interpretasie ’n armer verstaan van die teks is.

Hierdie benadering tot die geloofsbelydenisse is al lankal hoofstroom in die drie teologiese fakulteite waar NG Kerk studente opgelei word. Borg se boek is verpligtend vir finale jaar teologiese studente en studente word reeds van hulle eerste jaar geleer dat die belydenisskrifte historiese dokumente is wat in hulle historiese konteks gelees moet word, wat nie noodwendig meer op vandag van toepassing is nie.

As hierdie benadering reeds in Ferdie Mulder se tyd in fakulteite was, beteken dit dat 15 jaar se predikante reeds hieraan blootgestel is.

Borg maak egter drie groot foute met hierdie benadering.

  1. Eerstens, dit is ooglopend dat geen ernstige teoloog/Christen oor die afgelope 2000 jaar, die hele Bybel slegs letterlik gelees het nie. Byvoorbeeld, hoeveel Christene glo dat “vissers van mense” beteken dat ons mense met nette of visstokke moet vang? Borg maak ‘n strooipop van die afgelope 2000 jaar se Christene, omdat sy argumente nie teen die Bybelse teologie kan staan nie.
  2. Tweedens,as dít jou benadering tot die Bybel is, hoe op dees aarde onderskei mens tussen wat letterlik is en wat figuurlik is? Hierdie benadering verwerp die hele idee van verskillende genres in die Bybel. Daar is gebeure wat letterlik gebeur het wat van lesers vereis om dit letterlik te glo (byvoorbeeld 1 Korintiërs 15). Geen ernstige teoloog/Christen glo dat daar nie ’n dieper betekenis is nie. Trouens, die dieper betekenis kry sy outoriteit oor ons lewens juis omdat dit werklik gebeur het. Wanneer ons in ‘n letterlike opstanding glo, is Jesus se seggenskap oor ons lewens nie meer opsioneel nie. Natuurlik het die opstanding meer as net letterlike betekenis, waaroor ons vir eeue lank kan nadink, maar dit het definitief nie minder as ’n letterlike betekenis nie.
  3. Laastens, maak Borg nie ruimte vir die bonatuurlike (iets wat die wetenskap nie kan verduidelik nie) of Goddelike soewereiniteit (dat God heers oor alles en dus enigiets kan doen) nie. Van die staanspoor af verwerp Borg die idee dat God homself kon openbaar as manlik. Hy verwerp die idee dat God vir Jesus kon opwek uit die dood uit. Hoekom? Want dan beteken dit dat God volledige seggenskap oor ons lewens het.

Ten slotte

Om te glo, is om seker te wees van die dinge wat ons hoop, om oortuig te wees van die dinge wat ons nie sien nie (Heb 11:1). Laat ons nie soos sekulêre Christene en liberale predikante wees wat die soewereiniteit van God bevraagteken nie.

Wie is jy om te bepaal waar die hemel is? Het jy dit geskape? Of het God dit geskep? Wie is jy om te bepaal of God hande het? Het jy hom al gesien? Wie is jy om te sê God is nie manlik? Het Hy self sy ongeslagtelikheid aan jou openbaar? Het hy spesiaal vir jou kom sê dat sy eintlike geslag teenstrydig is met die manier wat hy homself in die Bybel aan ons openbaar? Of is jy besig om gedeeltes van die Bybel te verwerp, omdat jy nie hou van die implikasie wat ‘n letterlike verstaan daarvan op jou lewe het nie?

Kommentaar

Daniel Louw

2022-06-07

‘n Mens wonder hoe Borg sou gemaak het as sy werkgewer hom slegs ’n metaforiese salaris betaal het…

Pas-afgestudeerde student

Wat is die gate in hierdie benadering?

Borg se verduideliking maak slegs sin as mens nie lank genoeg daaroor dink nie. Hy skryf hier vir Christene wat nie meer saam stem met die artikels van die belydenis nie, in ‘n poging om hulle te oortuig dat hulle dit mag opsê sonder om skuldig te voel. En skuldige mense hou nie daarvan om te lank oor hulle sondes te dink nie.

Indien hierdie interpretasie waar is, wat beteken dit om ‘n belydeniskerk te wees? ‘n Kerk wat alliansie met God verklaar? Wat is ‘n kerk wat nie ‘n belydeniskerk is nie dan? ‘n Kerk waar mense vir God verwerp, waar hulle vyandskap teen hom verklaar. Hoe absurd is dit dan nie? Watter kerk sal openlik God verwerp en steeds ‘n kerk wees? Die Satanistiese kerk, miskien? Maar ons was sekerlik nooit onder die indruk dat die Satanistiese kerk ‘n kerk is soos enige ander nie…

Inteendeel, Jakobus 2:19 maak dit duidelik dat die bose geeste ook glo in God. Beteken dit nou eweskielik dat hulle “allegiance” met God het, dat hulle God lief het of dat hulle Christene is?(dit is immers dieselfde Latynse woord (crēdis/crēdō) wat gebruik word by die geloofsbelydenisse) Nee, hulle glo, soos wat ons moet, dat dit letterlik waar is en regtig gebeur het. Waar kom die verskil dan in? Ons dade moet ons geloof weerspieël (Jak 2:18; Mat 7:21; Joh 14:15) en dit kan slegs gebeur as ons onderdanig is aan God se soewereiniteit.

Die probleem kon egter in as ons nie meer van dieselfde God praat nie. Soos Paulus verduidelik in Efesiërs 4, die eenheid van die kerk word gevind waar daar slegs één geloof is. Maar let wel, één Here, één geloof, één doop, één God en Vader van almal… Is dit moontlik dat daar een geloof is, as ons predikante nie meer glo dat God die Vader is nie; of as hulle glo dat Jesus slegs ‘n mense was, wat nie maagdelik gebore is nie en ook nie opgestaan het nie?

Hierop is daar van julle wat wonder of hulle dit regtig verwerp of net anders interpreteer. As hulle Borg-aanhangers is, dan ondersteun hulle waarskynlik die volgende stelling – “Moreover, the notion that the language of the creed is to be understood literally and absolutely is strange when you think about it. Jesus “came down from heaven” and later “ascended into heaven.” Is heaven up? “He is seated at the right hand of the Father.” Does God have hands, and is God a father, a male being? Is this language to be taken seriously? Yes. Is it to be taken literally? No.”

1 thought on ““Ek bely steeds die belydenisskrifte””

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui