Apostoliese Geloofsbelydenis/Twaalf artikels

Die Apostoliese Geloofsbelydenis (of Twaalf Artikels) is een van die drie ekumeniese belydenisskrifte. Dit word vervat in die Heidelbergse Kategismus, vraag 22 en 23 en lui soos volg:

  1. Ek glo in God die Vader, die Almagtige, die Skepper van die hemel en die aarde
  2. En in Jesus Christus, Sy enig-gebore Seun, ons Here;
  3. Wat ontvang is van die Heilige Gees, gebore is uit die maagd Maria:
  4. wat gely het onder Pontius Pilatus, gekruisig is, gesterf het en begrawe is en ter helle neergedaal het;
  5. wat op die derde dag weer opgestaan het uit die dode;
  6. wat opgevaar het na die hemel en sit aan die regterhand van God, die almagtige Vader,
  7. van waar Hy sal kom om te oordeel die wat nog lewe en die wat reeds gesterf het.
  8. Ek glo in die Heilige Gees.
  9. Ek glo aan ’n heilige, algemene, Christelike kerk, die gemeenskap van die heiliges;
  10. die vergewing van sondes;
  11. die opstanding van die vlees;
  12. en ’n ewige lewe.

The Symbolum Apostolicum bookmark is the Apostles’ Creed in Latin, and is overlayed onto an original stencil by Louise E Rule

Sumbolum Apostolicum

  1. Credo in Deum Patrem omnipotentem, Creatorem caeli et terrae,
  2. Et in Iesum Christum, Filium Eius unicum, Dominum nostrum,
  3. qui conceptus est de Spiritu Sancto, Natus ex Maria Virgine,
  4. Passus sub Pontio Pilato, Crucifixus, mortuus, et sepultus, Descendit ad inferos,
  5. Tertia die resurrexit a mortuis,
  6. Ascendit ad caelos, Sedet ad exteram Patris omnipotentis,
  7. Inde venturus est iudicare vivos et mortuos.
  8. Credo in Spiritum Sanctum,
  9. Sanctam Ecclesiam catholicam, Sanctorum communionem,
  10. Remissionem peccatorum,
  11. Carnis resurrectionem,
  12. Vitam aeternam.

Amen

4 thoughts on “Apostoliese Geloofsbelydenis/Twaalf artikels”

  1. Die Apostoliese Geloofsbelydenis (of Twaalf Artikels)
    Ek het ’n probleem met artikel 11. Die opstanding van die vlees klink nie reg nie. Die opstanding alleen is reg. Die Bybel sê duidelik vlees en bloed sal nie my koningkryk binne gaan nie. Jesus sê ons sal soos Engele wees. Vir die moordenaar aan die kruis sê Jesus: “jy sal vandag saam met my in die paradys wees”. Ek soek baie graag leiding. Kan julle asseblief help?

    1. Jy sal nie soos jy nou vleis en bloed is die ewige lewe ingaan nie, maar met ‘n verheerlike liggaam soos die van ‘n engel soos jyself aandui. Wat die rower aan die kruis betref wil God geen mens verlore laat raak nie en is Hy in Sy oppermag tot alles in staat, selfs vergewing van sondes na belyding en berou.

  2. Ek het probleem met die hele ding. Dit is eerstens ‘n katolieke geloofsbelydenis, geskryf deur ‘n Jesuiete pous, Konstantein, wat ons Christus hel toe stuur terwyl dit in al die Evangelies duidelik sê: in die buik, of ander vertaling, hart van die aarde.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui