Presbiteriale stelsel

‘n Presbiteriaanse of presbiterale stelsel is ’n metode van kerkbestuur. In so ’n stelsel word die plaaslike kerk/gemeente bestuur deur ’n liggaam van verkose presbiters, of ouderlinge, wat ’n sitting, konsistorie of kerkraad genoem word.

“Die plaaslike gemeente is volledig kerk”

Groepe plaaslike kerke/gemeentes word deur ’n hoër vergadering van ouderlinge, bekend as die ring of klassis regeer. Ringe kan in ’n sinode gegroepeer word, en ringe en sinodes landwyd kom dikwels saam in ’n algemene sinode of algemene vergadering.

Kerkdienste word gelei deur ’n geordende predikant of leraar wat bekend staan as ’n leerouderling, of ’n bedienaar van die Woord en Sakrament. Hierdie predikant of leraar se status binne die gemeente is ouderling. Gewoonlik is die predikant (of een van die predikante) die voorsitter van die kerkraad, maar enige ander ouderling kan ook gekies word as voorsitter.

Kyk ook

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui