Vrye Gereformeerde Kerk

Die Vrye Gereformeerde Kerk van Suid-Afrika (VGKSA) is ’n groep gereformeerde kerke.

Webblad: www.vgk.org.za

Die VGKSA moenie verwar word met die Verenigende Gereformeerde Kerk (VGK of UCRSA) nie.

Die Vrye Gereformeerde Kerk aanvaar beide die ekumeniese belydenisskrifte:

en die Drie Formuliere van Eenheid:

Die VGKSA verskil soos volg van die NG Kerk:

  1. Histories: Die VGKSA het in die 1950’s ontstaan vanuit Nederlandse immigrante wat in Suid-Afrika ’n nuwe bestaan gevind het. Dit het aan die VGKSA altyd ’n bietjie van ’n immigrante-mentaliteit gegee, waar jy laer trek en vashou waarmee jy bekend is en wat jy vanaf die land van oorsprong saamgebring het.
  2. Dogmaties en eties: Die VGKSA is deurgaans meer behoudend as die NG Kerk. Alhoewel die NGK en die VGKSA die Drie Formuliere van Eenheid onderskryf, is dit in die VGKSA baie meer prakties funksioneer. Sondagaande sal jy meestal nog leerprediking in die 2de erediens vind (prediking vanuit die HK of die NGB), en in die kategeseklasse werk die katkisante in 6 jaar twee maal deur die HK, een maal deur die NGB en een maal deur die DL. Ook in terme van die vrou in die amp en die kerklied is die VGKSA meer behoudend – net die Psalms en die Skrifberymings word gesing.
  3. Kerkregtelik: Die kerkregeringstelsel is minder “hiërargies”. Die VGKSA kom in klassisse bymekaar (wat die NGK “ringe” noem), en een keer elke drie jaar in ’n sinode. Maar sodra die klassis of die sinode klaar vergader het, bestaan dit nie meer nie. Dit ontbind. Daar is dus nie so iets soos ’n permanente moderatuur nie. Let egter daarop dat dit in ’n klein kerkverband soos die VGKSA baie eenvoudiger is as in ’n groot kerkverband soos die NGK.

Hulle is dus baie naby nader aan die Gereformeerde Kerk as aan die NG Kerk.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui