Alliance of Reformed Churches

Alliance of Reformed Churches (Ferdie Mulder, 17 Jan 2022)

Op 1 Januarie 2022 het 43 gemeentes van die Reformed Church of Amerika (RCA) geskeur om die Alliance of Reformed Churches (ARC) te vorm. Die rede vir die skeuring was onder andere oor teologiese verskille soos die aanvaarding van selfdegeslagverhoudings en die bevestiging van LGBTQIA-mense in die amp. ’n Mens aanvaar dat daar ook, net soos in die NG Kerk, ’n hele lys van teologiese verskille was wat ’n klimaks bereik het in hierdie besluit.

Voor die skeuring was daar minder as 200 000 lidmate en 1000 gemeentes in die RCA.

Volgens Steven Rodriguez, ’n RCA-kerkplanter in Brockport, New York, gaan die skeuring die RCA in ’n baie moeilike finansiële situasie plaas.

Minstens 125 kerke van verskeie denominasies is tans in gesprek met ARC-leiers oor aansluiting. Hierdie denominasies sluit die volgende in: Presbyterian Church in Kanada, Christian Reformed Church in Noord-Amerika en die Presbyterian Church in America.

Bronne

 

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui