Aanhalings – Geloofskwessies

*****************

D. Martyn Lloyd-Jones, Studies in the Sermon on the Mount
That is the only way to understand rightly this picture of the false prophets. The false prophet is a man who has no ‘strait gate’ or ‘narrow way’ in his gospel. He has nothing which is offensive to the natural man; he pleases all.

Dit is die enigste manier om hierdie prentjie van die valse profete tereg te verstaan. Die valse profeet is ’n man wat geen ‘nou poort’ in sy evangelie het nie. Hy het niks wat die natuurlike mens aanstoot gee nie; hy behaag almal.

Martyn Lloyd-Jones

Knowing the times (Charliste, PA: The banner of Truth Trust, 1989; reprint, 2001), 161-162

To regard a church, or a council of churches, as a forum in which fundamental matters can be debated and discussed, or as an opportunity for witness-bearing, is sheer confusion and muddled thinking. There is to be no discussion about “the foundation,” as we have seen. If men do not accept that, they are not brethren and we can have no dialogue with them. We are to preach to such and to evangelize them. Discussion takes place only among brethren who share the same life and subscribe to the same essential truth. It is right and good that brethren should discuss together matters which are not essential to salvation and about which there is, and always has been, and probably always will be, legitimate difference of opinion. We can do no better at that point than quote the old adage, “In things essential: unity, in things indifferent: liberty, in all things: charity.”

Om ’n kerk, of ’n raad van kerke, te beskou as ’n forum waarin fundamentele sake gedebatteer en bespreek kan word, of as ’n geleentheid vir getuienis-aflegging, is pure verwarring en deurmekaar denke. Daar moet geen bespreking wees oor “die fondament” soos ons dit sien nie. Diegene wat dit nie aanvaar nie, is nie broers nie en geen dialoog kan met hulle gevoer word nie. Ons moet vir sulkes preek en hulle evangeliseer. Gesprek vind slegs onder broeders plaas wat dieselfde lewe deel en dieselfde wesenlike waarheid onderskryf. Dit is goed dat broers sake bespreek wat nie noodsaaklik vir redding is nie en waarvoor daar geldige verskil in opinie is, nog altyd was en waarskynlik altyd sal wees. Ons kan op hierdie stadium niks beter doen as om die ou gesegde aan te haal: ‘In noodsaaklike dinge: eenheid. In onbelangrike dinge: vryheid. In alle dinge: liefde.’

Onbekend

If your god lets you do whatever you wants, then your god is really you.

As jou God jou alles toelaat, dan is jou god in werklikheid jyself.

Abraham Kuyper

Satan knows that he can undermine the structure of the church by slyly removing just one fundamental doctrine at a time. He frequently loosens a large foundation gradually, chiselling it away bit by bit. That is why tolerance for the sake of peace may be dangerous. One step by giving in will lead to a next step, and will not God visit us with blindness if we deliberately darken the truth He has graciously entrusted to us. How shall we justify ourselves if we permit even a little of the truth to be laid aside? Is that ours to do? When peace is injurious to the truth, peace must give way. Peace with God is of greater value than peace with men.

Satan weet dat hy die struktuur van die kerk kan ondermyn deur net een fundamentele lering op ’n slag skelm te verwyder. Hy maak dikwels ’n groot fondasie geleidelik los deur dit stukkie vir stukkie weg te beitel. Dit is waarom verdraagsaamheid ter wille van vrede gevaarlik kan wees. Een stap van toegewing sal lei tot ’n volgende stap. Sal God ons nie met blindheid besoek as ons die waarheid, wat Hy goedgunstiglik aan ons toevertrou het, opsetlik donkerder nie. Hoe sal ons onsself regverdig as ons toelaat dat selfs ’n bietjie van die waarheid tersyde gestel word? Is dit ons reg om dit te doen? Wanneer vrede skadelik vir die waarheid is, moet vrede plek maak. Vrede met God is van groter waarde as vrede met mense.

Charles W Colson

I know the resurrection is a fact, and Watergate proved it to me. How? Because 12 men testified they had seen Jesus raised from the dead, then they proclaimed that truth for 40 years, never once denying it. Everyone was beaten, tortured, stoned and put in prison. They would not have endured that if it weren’t true. Watergate embroiled 12 of the most powerful men in the world – and they couldn’t keep a lie for three weeks. You’re telling me 12 apostles could keep a lie for 40 years? Absolutely impossible.

“Ek weet die opstanding is ’n feit en Watergate bewys dit vir my. Hoe? Want 12 mense het getuig dat hulle Jesus gesien het wat uit die dood opgewek is, en hulle het daardie waarheid vir 40 jaar verkondig, sonder om dit een keer te ontken. Almal is geslaan, gemartel, gestenig en in tronke opgesluit. Hulle sou dit nie verduur het as dit nie waar was nie. Watergate het 12 van die magtigste mense ter wêreld betrek – en hulle kon nie vir drie weke lank ’n leuen hou nie. Jy sê vir my 12 apostels kan ’n leuen vir 40 jaar hou? Absoluut onmoontlik.”

RC Sproul

The preacher who smiles benignly from his pulpit assuring us that “God accepts you just the way you are” tells a monstrous lie. He sugarcoats the gospel of love with saccharine grace. God does not accept the arrogant; He turns His back to the impenitent. He maintains love toward His fallen creatures, inviting them back to restored fellowship, but strings are securely attached for we must come on bended knee.

Die prediker wat sagmoedig van sy preekstoel af glimlag en ons verseker dat “God ons aanvaar net soos ons is” vertel ’n reusagtige leuen. Hy beklee die evangelie van die liefde met goedkoop genade. God aanvaar egter nie arrogansie nie; Hy draai Sy rug na die onbekeerlike. Hy handhaaf liefde teenoor sy gevalle wesens en nooi hulle terug om die verhouding te herstel, maar daar is duidelike voorwaardes: ons moet met gebuigde knie kom.

RC Sproul

It is one thing to believe in God; it is quite another to believe God.

Dit is een ding om ín God te glo; dit is egter ’n ander ding óm God te glo.

AW Tozer

I fear we have become too apologetic in our apologetics. In trying to please everyone we end up destroying the truth.

Ek vrees dat ons te verskonend in ons apologetiek geword het. In ’n poging om almal tevrede te stel sal ons uiteindelik die waarheid vernietig.

Josh McDowell

Tolerance says, “You must approve of what I do.”
Love responds, “I must do something harder; I will love you, even when your behavior offends me.”

Tolerance says, “You must agree with me.”
Love responds, “I must do something harder; I will tell you the truth, because I am convinced ‘the truth will set you free.’ ”

Tolerance says, “You must allow me to have my way.”
Love responds, “I must do something harder; I will plead with you to follow the right way, because I believe you are worth the risk.”

Tolerance seeks to be inoffensive; love takes risks.

Tolerance glorifies division; love seeks unity.

Tolerance costs nothing; love costs everything.

(Uit The New Tolerance: How a cultural movement threatens to destroy you, your faith, and your children)

Jan Louw

Daar is Christene wat sê dat ons soekers van die waarheid is. Dit is nie reg nie. Ons soek nie die waarheid nie. Die Bybel is die waarheid. Ons verlustig ons in die waarheid. (Kyk ook “Soekers na die waarheid” of “verlustig in die waarheid”?)

John Stott

In every country the church is a reflection of its seminaries. All the church’s future pastors and teachers pass through a seminary. It is there that they are either made or marred. Either equipped and inspired or ruined. Therefore, we should set ourselves to capture the seminaries of the world for evangelical faith, academic excellence and personal godliness. There is no better strategy for the reform and renewal of the church.

CS Lewis

I am trying here to prevent anyone saying the really foolish thing that people often say about Him: “I’m ready to accept Jesus as a great moral teacher, but I don’t accept His claim to be God.” That is the one thing we must not say. A man who said the sort of things Jesus said would not be a great moral teacher. He would either be a lunatic — on a level with the man who says he is a poached egg — or else he would be the Devil of Hell. You must make your choice. Either this man was, and is, the Son of God: or else a madman or something worse. You can shut Him up for a fool, you can spit at Him and kill Him as a demon; or you can fall at His feet and call Him Lord and God. But let us not come with any patronizing nonsense about His being a great human teacher. He has not left that open to us. He did not intend to.

Ek probeer hier verhoed dat iemand die waarlike dom ding sê wat mense dikwels oor Jesus sê: ‘Ek is bereid om Jesus as ’n groot morele leraar te aanvaar, maar ek kan sy aanspraak dat Hy God is, nie aanvaar nie.’ Dis een ding wat ons nie moet sê nie. Iemand wat bloot ’n mens was en die soort dinge gesê het wat Jesus gesê het, sou geen morele leermeester wees nie. Hy sou óf ’n waansinnige wees – op ‘n vlak met iemand wat sê hy is ‘n geposjeerde eier – óf anders sou hy die Duiwel uit die Hel wees. Jy moet jou keuse maak: Óf hierdie man was, en is, die Seun van God, óf anders ’n malmens of iets ergers. Jy kan Hom as ’n dwaas stilmaak, of op Hom spoeg en Hom as ’n demoon doodmaak; of jy kan aan sy voete neerval en Hom God en Heer noem. Laat ons egter nie met enige vroom onsin vorendag kom dat Hy ’n groot menslike leermeester was nie. Dít het Hy nie vir ons oop gelaat nie. Dit was nooit sy bedoeling nie.

[Uit C.S. Lewis > Quotes]

CS Lewis

Christianity, if false, is of no importance, and if true, of infinite importance. The only thing it cannot be is moderately important.

As christenskap vals is, is dit van geen betekenis nie. As dit waar is, is dit oneindig belangrik. Die enigste ding wat dit nie kan wees nie, is matig belangrik.

CS Lewis

“God is the only comfort, He is also the supreme terror: the thing we most need and the thing we most want to hide from. He is our only possible ally, and we have made ourselves His enemies. Some talk as if meeting the gaze of absolute goodness would be fun. They need to think again. They are still only playing with religion. Goodness is either the great safety or the great danger–according the way you react to it. And we have reacted the wrong way.”

Gal 6:7 (Phi) Don’t be under any illusion: you can not make a fool of God! A man’s harvest in life will depend entirely on what he sows.

Canon Dyson Hague, geredigeer deur R. A. Torrey, A. C. Dixon en Ander

The Bible, as has been said, has no revelation to make to unBiblical minds. It does not even follow that because a man is a philological expert he is able to understand the integrity or credibility of a passage of Holy Scripture any more than the beauty and spirit of it.
The qualification for the perception of Biblical truth is neither philosophic nor philological knowledge, but spiritual insight.

Die Bybel het geen openbaring te maak vir die onbybelse denker nie. Selfs ’n persoon wat homself daarop beroem dat hy ’n filologiese kundige is, sal nie in staat wees om die integriteit en geloofwaardigheid van die Bybel te verstaan nie, behalwe om uit te brei oor die literêre waarde en gees van gedeeltes uit die Heilige Skrif.
Die kwalifikasie vir die verstaan van bybelse waarhede is nie filologiese of filosofiese kennis nie, maar geestelike insig.

[Uit The Fundamentals – A Testimony to the Truth, Volume 1]

1 Korintiërs 1

(10)Ek doen ’n beroep op julle almal, broers, in die Naam van ons Here Jesus Christus, om eensgesind te wees. Daar moet geen verdeeldheid onder julle wees nie. Julle moet een wees in dieselfde gesindheid en met dieselfde oortuiging… (12)Daarmee bedoel ek dat een sê: “Ek is vir Paulus;” een: “Ek is vir Apollos;” een: “Ek is vir Sefas;” en een: “Ek is vir Christus.” (13)Is Christus dan in stukke verdeel? Is Paulus miskien vir julle gekruisig, of is julle in die naam van Paulus gedoop? … (18)Die boodskap van die kruis van Christus is wel onsin vir dié wat verlore gaan, maar vir ons wat gered word, is dit die krag van God. (19)Daar staan tog geskrywe: “Die wysheid van die wyses sal Ek vernietig, en die geleerdheid van die geleerdes sal Ek tot niet maak.” (20)Waar is die wysgeer van hierdie wêreld nou? Waar die skrifgeleerde? Waar die slim woordvoerder? Het God nie die wysheid van die wêreld tot onsin gemaak nie? (21)Dit was die bedoeling van God in sy wysheid dat die wêreld nie deur geleerdheid tot kennis van God sou kom nie. Daarom het God in sy goedheid besluit om deur die prediking wat vir die wêreld onsin is, dié te red wat glo. (22)Die Jode vra wondertekens en die Grieke soek wysheid, (23)maar ons verkondig Christus wat gekruisig is. Vir die Jode is dit ’n aanstoot en vir die ander is dit onsin, (24)maar vir dié wat deur God geroep is, Jode sowel as Grieke, is Christus die krag van God en die wysheid van God. (25)Wat vir die wêreld die onsin van God is, is groter wysheid as die wysheid van mense, en wat vir die wêreld die swakheid van God is, is groter krag as die krag van mense. (26)Dink maar net, broers, aan wat julle was toe julle geroep is. Volgens die opvatting van mense was daar nie baie geleerdes of baie invloedrykes of baie mense van aansien onder julle nie. (27)En tog, wat vir die wêreld onsin is, het God uitgekies om die geleerdes te beskaam; wat vir die wêreld swak is, het God uitgekies om die sterkes te beskaam, (28)en wat vir die wêreld sonder aansien of betekenis is, ja, wat niks is nie, het God uitgekies om wat iets is, tot niet te maak. (29)Voor God het geen mens dus iets om op te roem nie. (30)Aan God is dit te danke dat julle met Christus Jesus verenig is. Hy het vir ons geword die wysheid wat van God kom: die vryspraak, die heiliging en die verlossing. (31)Daarom, soos daar geskrywe staan: “Dié wat wil roem, moet in die Here roem.”

Charles Spurgeon

Discernment isn’t about knowing right from wrong, rather it’s about knowing right from almost right.

Onderskeidingsvermoë is nie die vermoë om te onderskei tussen reg en verkeerd nie. Dit is eerder om te onderskei tussen reg en amper reg.

JC Ryle

Peace without truth is a false peace; it is the very peace of the devil. Unity without the Gospel is a worthless unity; it is the very unity of hell. Let us never be ensnared by those who speak kindly of it. Let us remember the words of our Lord Jesus Christ: ‘Think not that I came to send peace upon earth. I came not to send peace, but a sword’ (Matt. 10:34). Let us remember the praise He gives to one of the churches in the Revelation: ‘Thou canst not bear them who are evil. Thou hast tried them which say they are Apostles, and are not, and hast found them liars’ (Rev. 2:2). Let us remember the blame He casts upon another: ‘Thou sufferest that woman Jezebel to teach’ (Rev. 2:20). Never let us be guilty of sacrificing any portion of truth upon the altar of peace. Let us rather be like the Jews, who, if they found any manuscript copy of the Old Testament Scriptures incorrect in a single letter, burned the whole copy, rather than run the risk of losing one jot or tittle of the Word of God. Let us be content with nothing short of the whole Gospel of Christ.

JC Ryle

Beware of manufacturing a God of your own: a God who is all mercy, but not just; a God who is all love, but not holy; a God who has a heaven for everybody, but a hell for none; a God who can allow good and bad to be side by side in time, but will make no distinction between good and bad in eternity. Such a God is an idol of your own, as truly an idol as any snake or crocodile in an Egyptian temple. The hands of your own fancy and sentimentality have made him. He is not the God of the Bible, and beside the God of the Bible there is no God at all.

Pasop om ’n God van jou eie te vervaardig: ’n God wat net genadig is, maar nie regverdig nie; ’n God wat net liefde is, maar nie heilig nie; ’n God wat ’n hemel vir almal het, maar ’n hel vir niemand; ’n God wat kan toelaat dat goed en sleg mettertyd langs mekaar is, maar in ewigheid geen onderskeid tussen goed en sleg sal maak nie. So ’n God is ’n afgod van jou eie, ’n afgod soos enige slang of krokodil in ’n Egiptiese tempel. Die hande van jou eie voorkeure en sentimentaliteit het hom gemaak. Hy is nie die God van die Bybel nie, en behalwe die God van die Bybel is daar glad geen God nie.

Matthew Henry (Kyk ook Matthew Henry Commentary on the Whole Bible)

The church is the house of God; he dwells there. The church holds forth the Scripture and the doctrine of Christ, as a pillar holds forth a proclamation. When a church ceases to be the pillar and ground of truth, we may and ought to forsake her; for our regard to truth should be first and greatest.’

Die kerk is die huis van God; Hy woon daar. Die kerk staan die Skrif en die leer van Christus voor, soos ’n pilaar ’n proklamasie voorhou. Wanneer ’n kerk ophou om die pilaar en grondslag van die waarheid te wees, kan ons en moet ons haar verlaat, omdat ons agting vir die waarheid eerste en die grootste moet wees.

Arno van Niekerk

A church that marries the spirit of the times, becomes a widow in the next generation.

’n Kerk wat trou met die gees van die tyd, word ’n weduwee in die volgende generasie.

Rebecca Brown

Sinners may strongly wish or desire to be rid of all their sins, and may pray for it, even with agony. They may think they are willing to be perfect, but they deceive themselves. They may feel willing to renounce their sins as a whole, or as an abstract idea, but taken in detail, one by one, there are many sins they are unwilling to give up. They wrestle against sin in general but cling to it in the detail. [Uit die boek “Prepare for War”]

Sondaars kan ’n sterk wens of begeerte hê om ontslae te raak van al hulle sondes, en hulle kan selfs daarvoor bid, selfs met pyn. Hulle mag dink dat hulle bereid is om perfek te wees nie, maar hulle mislei hulself. Hulle mag dalk bereid wees om hul sondes as ’n geheel te verwerp, of as ’n abstrakte idee, maar wanneer dit in detail beskou word, een vir een, is daar baie sondes wat hulle nie bereid is om op te gee nie. Hulle stoei teen die sonde in die algemeen, maar klou aan dit in die detail.

(Kyk ook Johannes 8:34-36, Romeine 6, Heidelbergse kategismus, Sondag 33.)

John Stott

Sin and the child of God are incompatible. They may occasionally meet; they cannot live together in harmony.

Sonde en die kind van God is onversoenbaar. Hulle mag by geleentheid ontmoet, maar hulle kan nie in harmonie saamleef nie.

CH Spurgeon

Do not give fair names to foul sins. Call them what you will, they will smell no sweeter.

Moenie sondes probeer versag met oulike name nie. Watookal jy dit noem, dit sal nie lekkerder ruik nie.

xxx

Run from churches where you’re comfortable in your sins. If you come into the House of God and you’ve got sin in your Life, and you’re not convicted of it, your at a table of devils.

Vlug van kerke waar jy gemaklik in jou sondes is. As jy in die Huis van God kom en jy het sonde in jou lewe, en jy word nie daarvan beskuldig nie, dan bevind jy jou by ’n tafel van duiwels.

DA Carson

The cliché, God hates the sin but loves the sinner, is false on the face of it and should be abandoned. Fourteen times in the first fifty psalms alone, we are told that God hates the sinner, His wrath is on the liar, and so forth. In the Bible, the wrath of God rests both on the sin (Rom 1:18ff) and on the sinner (John 3:36).

Die cliché, God haat die sonde maar is lief vir die sondaar, is op die oog af vals en moet verwerp word. Veertien keer in die eerste vyftig psalms alleen, word ons vertel dat God die sondaar haat, Sy toorn is op die leuenaar, ensovoorts. In die Bybel, rus die toorn van God op beide die sonde (Rom 1:18ff) en op die sondaar (Johannes 3:36).

[Kyk God Hates Sin but Loves Sinners – D.A. Carson]

Kyk ook God haat die sonde maar is lief vir die sondaar.

Schalk Hugo

Broederlike tug moet nooit met oordeel verwar word nie. (Kyk Die Bybel oor oordeel.)

William Booth

Die vernaamste gevare wat mense van die komende eeu in die gesig staar, sal godsdiens sonder die Heilige Gees wees, Christenskap sonder Christus, vergifnis sonder bekering, verlossing sonder wedergeboorte, politiek sonder God en die Hemel sonder die hel.

Kyk ook William Booth quotes.

D James Kennedy

Tolerance is the last virtue of a depraved society. When you have an immoral society that has blatantly, proudly, violated all of the commandments of God, there is one last virtue they insist upon: tolerance for their immorality.

RC Sproul

It is the task of the pastor and of the church to feed the sheep. If someone who is not a sheep comes in, that’s fine, but we’re not going to change the menu and give the sheep goats’ food. Worship is for the sheep.

Dit is die taak van die predikant en die kerk om die skape te voer. Indien iemand wat nie ’n skaap is nie, inkom, is dit goed, maar ons gaan nie die spyskaart verander en die skape bokkos gee nie. Aanbidding is vir die skape bedoel.

Verskillende mense oor die Bybel:

William Gladstone, ’n Britse Eerste Minister:
Daar is tans eintlik maar net een vraagstuk: Hoe om die waarhede van Gods Woord in noodsaaklike kontak te bring met die hart en verstand van alle vlakke van die samelewing.

Goethe:
Ek beskou die evangelies as volkome waar; want dit is ’n doeltreffende weerspieëling van ’n verhewenheid wat uit die Christus-persoon uitgestraal het; en dit is so heilig as wat die heiligheid ooit op aarde sou verskyn.

President Ulysses S. Grant:
Hou vas aan die Bybel as die anker van jou vryheid. Skryf sy voorskrifte op jou hart en beoefen dit deur jul lewens. Vir die vooruitgang wat ons gemaak het, is ons die invloed van hierdie boek verskuldig, en ons moet dit gebruik as ons gids vir die toekoms.

President Woodrow Wilson:
’n Man het homself ontneem van die beste wat daar in die wêreld is, homself ontneem van die volgende: kennis van die Bybel. As jy die Bybel lees, sal jy weet dit is die Woord van God want jy sou vind dis die sleutel tot jou eie hart, jou eie geluk, en jou eie plig.

President Abraham Lincoln:
Ek het maar slegs te sê dit is die beste gawe wat God aan die mens gegee het.

Whittier:
Ons kom terug van ons soeke, om uit te vind wat die wyse manne gesê het, is in die boek wat ons moeders lees.

Plato:

No one is more hated than he who speak the truth

James Garfield:

The truth will set you free, but first it will make you miserable.

Billy Graham

Our society strives to avoid any possibility of offending anyone – except God.

Ons samelewing streef daarna om enige moontlikheid te vermy om iemand aanstoot te gee – behalwe vir God.

Willie Jonker, Kerkbode, Oktober 1955

’n Kerk wat leervryheid duld, speel met die heilige evangelie wat sy lewe is, en stuur daarop af om bestaansreg te verloor. ’n Kerk wat daarby die lewenstug verwaarloos en maar toesien dat sy lidmate sonder enige inperking onheilig wandel, vermeng homself met die wêreld, wis alle grense tussen Kerk en wêreld uit

J. Hudson Taylor

There are three great truths:
1st, that there is a God;
2nd, that He has spoken to us in the Bible;
3rd, that He means what He says.

Daar is drie groot waarhede:
1ste, dat daar ’n God is;
2de, dat Hy in die Bybel met ons gepraat het;
3de, dat Hy bedoel wat Hy sê.

Cornelius van Til

We were so anxious not to offend you [unbelievers] that we offended our own God. But we dare no longer present our God to you as smaller or less exacting than He really is.

Ons was so angstig om julle [ongelowiges] aanstoot te gee dat ons ons eie God aanstoot gegee het. Maar ons durf nie meer ons God aan julle voorhou as kleiner of minder streng as wat Hy werklik is nie.

Daniel

Geen stelsel op aarde is bestand teen die verdorwenheid van die mens nie.

No system on earth is resistant to the wickedness of men.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui