God haat die sonde maar is lief vir die sondaar

Kyk ook:

Daar is baie mense wat lief is om te sê: “God haat die sonde maar is lief vir die sondaar”

’n Mens moet egter baie versigtig wees om die toorn van God deur hierdie stelling te onderspeel.

RC Sproul het die volgende hieroor gesê:

Daar word gesê dat God die sonde haat, maar lief is vir die sondaar, maar dit is die sondaar wat God na die hel stuur, nie net die sonde nie.

En DA Carson

Die cliché, God haat die sonde maar is lief vir die sondaar, is op die oog af vals en moet verwerp word. Veertien keer in die eerste vyftig psalms alleen, word ons vertel dat God die sondaar haat, Sy toorn is op die leuenaar, ensovoorts. In die Bybel, rus die toorn van God op beide die sonde (Rom 1:18ff) en op die sondaar (Johannes 3:36).

(kyk God Hates Sin but Loves Sinners – D.A. Carson.)

Psalm 5:4-7

(4)U luister na my stem in die môre, Here, in die môre terwyl ek voor U verskyn en op U wag. (5)U is nie ’n God wat onreg verdra nie, die kwaad het by U geen plek nie. (6)Hooghartiges durf nie voor U kom nie. U haat almal wat onreg doen, (7)U roei alle leuenaars uit. Die Here verafsku moordenaars en bedrieërs.

Psalm 11:5-7

(5)Die Here onderskei tussen regverdige en goddelose. Wie geweld liefhet, haat Hy. (6)Hy laat vuur en swael reën op die goddeloses, ’n skroeiende wind: dit is die beker wat hulle sal drink. (7)Die Here is regverdig. Hy het die mense lief wat regverdig en opreg handel, en Hy sal by hulle wees.

In Is it biblical to say “God loves the sinner, but hates the sin?” sê Burk Parsons die volgende:

We need to keep in mind that the New Testament designation really is that: we are not sinners in the technical sense of the New Testament. We are sinful and we sin, but sinners are the designated ones who have not repented, who have not trusted Christ. So I would say that God loves the sinful who are repented and trust in Christ and hates our sin.

Ons moet in gedagte hou dat ons in die tegniese sin nie sondaars is in die konteks van die Nuwe Testament nie. Ons is sondig en ons sondig, maar sondaars is dié mense wat nie berou het nie en nie op Christus vertrou nie. Ek sou dus sê dat God die sondiges liefhet wat berou het en op Christus vertrou en dat God ons sonde haat.

Kyk ook:

1 thought on “God haat die sonde maar is lief vir die sondaar”

  1. Die allerbelangrikste is wat Jesus sê, wat sal kom om te oordeel oor lewendes en dode,

    Mat 7:22 “Baie sal in daardie dag vir My sê: Here, Here, het ons nie in u Naam geprofeteer en in u Naam duiwels uitgedrywe en in u Naam baie kragte gedoen nie?
    23 En dan sal Ek aan hulle sê: Ek het julle nooit geken nie. Gaan weg van My, julle wat die ongeregtigheid werk!”
    Is dit nie so oor veral dwaalleraars en verdienste godsdiens nie? Hy erken nie hul idee van verdienstelike werke nie. Die Gees skryf ook so in al Paulus se briewe. Maar ook sê Hy deur hom dat die wet goed is as maatstaf van sonde en reg:
    Rom 7:12, Rom 7:16, 1Tim 1:8, Heb 13:18.
    Kerklike status, geestelike prestasies, menslike denke, kultuur tel nie in ewigheidswaarde nie. Wat sit dan agter hul eis?

    Mat 25:41 ” Dan sal Hy ook vir dié aan sy linkerhand sê: Gaan weg van My, julle vervloektes, in die ewige vuur wat berei is vir die duiwel en sy engele.”
    Die eindoordeel se standaard is oor werke en lewenswyse wat getuig van liefde vir Hom. Kyk hieroor na Joh 14:15, 21, 23-24, 28, 15:10, 14. Hy herhaal selde ’n beginsel meer as een keer in een lering.
    Die ander herhaling is ook oor die wet in Matt 5 waar hy die belangrikheid van ware wetsonderhouding teenoor teologiese dwaalleer beklemtoon:
    Matt 5:20 “Want Ek sê vir julle dat, as julle geregtigheid nie oorvloediger is as dié van die skrifgeleerdes en Fariseërs nie, julle nooit in die koninkryk van die hemele sal ingaan nie.”
    Kyk ook na die 8 keer se “Wee julle…” teenoor die dwaalleringe van die teoloë van Israel in Matt 23, soos bv.
    Mat 23:15 “Wee julle, skrifgeleerdes en Fariseërs, geveinsdes, want julle trek rond oor see en land om een bekeerling te maak; en as hy dit geword het, maak julle hom ’n kind van die hel, twee maal erger as julle self.”

    Luk 13: 26 ” Dan sal julle begin sê: Ons het in u teenwoordigheid geëet en gedrink, en U het op ons strate geleer.
    27 En Hy sal sê: Ek sê vir julle, Ek ken julle nie waar julle vandaan is nie. Gaan weg van My, al julle werkers van die ongeregtigheid!”
    Ons was ’n Christelike land en ons was lidmate.
    “In U teenwoordigheid eet en drink” is mos die nagmaal gebruik, of hoe?
    En hoekom noem Hy hulke dan “werkers van ongeregtigheid”? Werkers?

    Om te sê dat God sonde haat, is waar. Dat Hy lief is vir sondaars, is ook waar. Joh 3-16. Maar wat van Joh 3:17-21?
    Veral Vs 21: ” Maar hy wat die waarheid doen, kom na die lig, sodat sy werke openbaar kan word, dat hulle in God gedoen is.” Let op na Sy klem op “doen”.
    Maar wat impliseer die twee waarhede? Die AS konteks is dat homoseks dade sondig is, buite ’n verhouding van “liefde en trou”. .Maar binne ’n homoseksuele “huwelik” sien God dit nie meer as sonde nie, dieselfde as tussen man en vrou. Daarom kom hulle by implikasie skotvry. Nou (2020) moet die kerk dit vestig deur ’n sakrament van homoseksuele verbintenis.
    Dis nie Bybels nie, veral as die Skrif dit baie duidelik anders stel soos hierbo. Dis inderdaad ’n ander evangelie.

    Die Here Jesus s’n is geloof en liefde in Christus, soos bewys uit werke van gehoorsaamheid aan Sy lering en opdragte. Iemand bewys immers dat hy ’n leier volg, deur sy standpunte te ondersteun en daarvolgens te lewe. Volgens Jesus sal God dan in so ’n mens bly.
    Daarvolgens val die oordeel soos in Matt 25. Is die wet nie juis heelhartige liefde tot God en die naaste nie?
    Geloof sonder werke is sonder meer dood. Dis werke van liefde en volgens die wet van God, wat natuurlik begin met dade van bekering, aflegging van die ou lewe en lewe volgens Jesus se eise,
    Die gevolge van ’n wettelose lewe is fataal soos uiteengesit in Jak 2 en 1 Joh.
    Byv 1Joh 3: 4 “Elkeen wat die sonde doen, doen ook die wetteloosheid, want die sonde is wetteloosheid.” God haat inderdaad sonde naamlik wetteloosheid.

    Amper die laaste verse van die Skrif is erg:
    Ope 22:13 “Ek is die Alfa en die Oméga, die begin en die einde, die eerste en die laaste.
    14 Salig is die wat sy gebooie doen, sodat hulle reg kan hê op die boom van die lewe en ingaan deur die poorte in die stad
    15 Maar buite is die honde en die towenaars en die hoereerders (pornoi) en die moordenaars en die afgodedienaars en elkeen wat leuens liefhet en doen. ”

    Volhardende wetsoortreders kry dus op die oordeelsdag geen genade nie en die wet is duidelik oor Wie bepaal wat wet en sondes is. Soos so mooi uiteengesit in Art 1 tot 7 van die Nederlandse Geloofsbelydenis. Daarby staan of val ons Skrifverstaan.

    Woordverklaring:
    Pornoi: (meervoud van pornos – KJV: whoremonger)
    ” Thayer Definition:
    a man who prostitutes his body to another’s lust for hire
    a male prostitute
    a man who indulges in unlawful sexual intercourse, a fornicator.”

    Strong’s Definition: From πέρνημι pernēmi (to sell ; akin to the base of G4097);
    a (male) prostitute (as venal), that is, (by analogy) a debauchee (libertine): – fornicator, whoremonger.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui