NGK Diversiteitsforum 2011 (12) (2011-09-01 tot 2011-10-31) Nuwe begin

Vir meer agtergrond oor hierdie debat, kyk hier.

Die teks gemerk in grys is deur die Webmeester van die diversiteitsforum, Gerhard Bothma, verwyder. Ons kon natuurlik ook nie alles gevang kry voor sy verwydering daarvan nie.


…vervolg van hier.

NUWE BEGIN
2011-09-01

Jan Botha

DIVERSITEIT EN DIE NG KERK – ’n FORUM EN ARGIEF

In die lig van voortdurende en selfs toenemende spanning op terreine soos ras, geslag, seksuele oriëntasie en interkerklike verhoudings is dit duidelik dat die kerk ’n groot verantwoordelikheid het om oor diversiteit leiding te help gee.

Die negatiewe uitlewing van diversiteit saai onmin, verwydering en selfs haat teenoor groeperings wat as “die ander” beleef word. Die positiewe dinamiek van diversiteit hou egter soveel voordele in dat daar wêreldwyd programme vir diversiteitsbestuur is.

Vir die NG Kerk is daadwerklike aandag aan diversiteit noodsaaklik. Die grootste enkele uitdaging bly steeds om die ander as my naaste te begin sien en volgens Christus se voorbeeld oor grense heen uit te reik. Talle probleemterreine het voortdurende aandag nodig, bv. afstand en spanning tussen rasse, die gebrek aan kerkeenheid, die posisie van vrouens as slagoffers en in kerklike ampte, die houding teenoor gays, die optrede teenoor die ellendigstes, armstes en stemloses.

Die Taakspan vir Diversiteit het na raadpleging van streeksinodes ’n visie en missie vir die groter diversiteitsgroepering saamgestel. Die ideaal en basiese visie is om binne die NG Kerk positiewe diversiteit ter wille van Christelike naasteliefde te bevorder sodat die kerk ’n model vir die gemeenskap kan wees.

Die Taakspan wil as missie doelgerig bepaalde kernaspekte van diversiteit bevorder, veral ten opsigte van geslag, ras, kerkverband, kultuur, seksuele oriëntasie, materiële verskille, gestremdheid en kommunikasie

’n Belangrike doelwit is om met kerklike strukture van gemeente- tot sinodevlak te skakel en medewerking op al die vlakke op te bou. Hierdie forum is dus die plek om ook ondervindings van gemeentes uit te ruil. Inligting soos kort verslae, artikels en referate sal in die argief of by dokumente bewaar word. Daar is geen kopiereg nie, behalwe as kommersiële belange ter sprake is.

Die forum wil graag ’n oop gesprek stimuleer. Daar is geen sprake van sensuur nie en alle boodskappe word aanvanklik geplaas, maar vanselfsprekend moet die gesprek op ’n hoë vlak gevoer word.

Slegs boodskappe oor diversiteit soos in die lys hierbo en dus nie oor ander irrelevante en geloofsake nie, moet hier geplaas word. ’n Kort opskrif oor die tema sal lesers help. ’n Geldige webadres moet selfs vir ’n skuilnaam verstrek word. Die kommunikasie is informeel op voornaamvlak, maar dit sal goed wees as bydraers hulself met van en voornaam identifiseer om verwarring te vermy.

Skakelpersoon: Dr. Charles Malan, tel. 012 546 4195, sel 076 563 9469, charlesmalan@absamail.co.za


Jan Botha
2011-08-19

Ek wil net namens Charles en sy familie baie dankie sê vir die e-posse, sms’e en die gebede die afgelope paar dae. Ek het hom weer vanmiddag besoek en hy het met die suurstofmasker en al gesels oor die forum en al die wonderlike ondersteuning van julle kant af.

Ons het ook besluit om die gesprek rondom die evolusie/skepping op die agtergrond te plaas want dit hou nie direk verband met die gesprek rondom diversiteit nie.

Soos almal bewus is, is Augustus wêreldwyd die maand waar die aandag op die vrou geplaas word. Geweld teen vroue, die roeping en rol van die vrou in die samelewing, vroueregte, die vrou in die professionele wêreld ens.

Ons het dit goed gedink na ons gesprek vanmiddag en my gesprek vanoggend met Elize Morkel dat ons die volgende twee weke die klem op die vrou laat val. Ek het ’n kort sinopsis uit haar voordrag by die Wes-en Oos-Kaapse sinodesitting as stimulus vir ons gesprek ingesluit vir verdere bespreking. Die volledige teks kan ook op aanvraag beskikbaar gestel word.

GOUDINI 11 MEI 2011 (DIE WES-EN SUID-KAAPSE SINODE SE GESPREK OOR DIVERSITEIT EN GESLAGSGELYKHEID)
Die unieke gesprek en bespreking het tydens die derde dag van die sinodesitting op die 11de Mei 2011 by Goudini plaas gevind. Me Elize Morkel, ’n lid van die taakspan vir Diversiteit het die gesprek ingelei met stawende statistiek en die nodige agtergrond. ’n Baie insiggewende video-opname van ’n sielkundige wat haar jarelange praktykondervinding met die sinode gangers gedeel het, het die saak verder toegelig. Daarna het genl Sharon Jephta, sedert April 2011 die nuwe Adjunk-Provinsiale Kommissaris SAPD van die Wes-Kaap, die sinode op uitnodiging besoek. Sy het haar stem gevoeg teen die geweld teen vroue, kinders en ook alle ander geweld veroordeel.

Me Elize Morkel het die volgende statistiek uitgelig in haar aanbieding:
* Suid-Afrika het van die hoogste voorkoms van geweld op vroue in die wêreld.
* Suid-Afrika het van die hoogste voorkoms van verkragting in die wêreld.
* Seksuele geweld impakteer op meer as ’n derde van SA-meisies voor die ouderdom van 18 jaar.
* Die geweld van armoede raak vroue in SA direk omdat vroue in die algemeen minder verdien as mans en werkloosheid meer onder vroue as mans voorkom. Ons vind ’n konsentrasie van armoede in gesinne waar vroue die hoof is.
* Suid-Afrika is ’n dominante patriargale gemeenskap, is oorwegend Christelik (nagenoeg 79% van die bevolking sien hulleself as Christene), maar bogenoemde is van ons land waar. Wat sê dit vir ons oor die verband tussen hierdie feite?

Die volgende twee mosies is hieroor deur die sinode aanvaar:
1. As sinode van die NG Kerk spreek ons ons ten sterkste uit teen alle vorme van pornografie en materiaal in die media wat vroue en kinders degradeer of seksueel uitbuit – ook die ongekontroleerde vertoning daarvan oor die openbare TV-senders soos tans deur E.TV. Daar heers ernstige kommer oor die geweldige hoë voorkoms van geweld en seksuele geweld teen vroue en kinders in die Suid-Afrikaanse samelewing. Pornografie en seksuele stereotipering van vroue lewer ’n groot bydrae tot die probleem.

2. Na aanleiding van die gesprek oor Geslag en Diversiteit verklaar die Sinode: Jesus is die Heer en Hoof van die huis, kerk en samelewing. Onder Hom staan vrou, man en kind op gelyke vlak. Elkeen is profeet, priester en koning. Ons word geroep om uit eerbied vir Christus aan mekaar onderdanig te wees en mekaar te dien in liefde. Ons verset ons teen elke vorm van magsmisbruik en geweld, in die huis, kerk of samelewing, hetsy ekonomies, fisies, emosioneel of seksueel. Ons verset ons ook teen enige ideologie wat dit regverdig en onderhou. (Dat die bespreking en besluite rondom die saak van diversiteit en die verhouding tussen man en vrou in die gesin, nooit gegaan het oor rolle en verantwoordelikhede nie, maar oor die waarde van mense voor God), (Goedgekeur op Wes en Suid Kaapse sinodesitting, 12 Mei 2011).

Kom ons lewer ons insette en gebruik die forum as ’n sinvolle medium vir dialoog en gesprekvoering.

Jan Botha: Voorsitter van die Taakspan vir Diversiteit.

Jan van Staden

2011-09-01

Og, daar sneuwel nog ’n forum lyk dit my. Die kerk weet maar net nie hoe om ’n foum te bedryf nie want as hulle nie kan voorskryf nie is hulle totaal uit hulle leage uit. Ag ja! Facebook en Kletskerk is al wat oorbly.

Jean Oosthuizen
2011-09-01

CHARLES MALAN STERF

Die webmeester van die NG Kerk se diversiteitsforum, Charles Malan, is vroeër vandag oorlede nadat hy onlangs ernstig siek geword het. Innige simpatie aan Charles se familie, vriende en geliefdes.

Henrietta Klaasing
2011-09-01

Opregte meelewing met familie en vriende. Sterkte toegebid.

Ben
2011-09-01

Dit is regtig vir ons ’n groot hartseer en ’n yslike verlies, dat Charles Malan oorlede is. Ons beste wense vir Marietjie en sy familie. Ons salueer hom as iemand wat regtig ’n enorme rol gespeel het in die vestiging van die diversiteits-gesprek in die NG Kerk. Ek sal hom graag wil eer vir sy passie deur saam met ander toe te sien dat hierdie forum voortgaan om in terme van sy doelstellings (sien weer hierbo) die oop en vrye gesprek oor diversiteit te dien. Goeie rus vir jou, dapper man!

Ds. Gideon Aggenbag
2011-09-01

Innig simpatie. Ek bid die gesin en familie die Here se sterkte en heling toe.

Jan Botha
2011-09-01

Charles Malan, die webmeester van die NG Kerk se Diversiteitsforum, sterf in vrede!

Die Moderamen van die NG Kerk het vir die taakspan vir diversiteit ’n unieke ruimte geskep op die NG Kerk se webblad. Dr Charles Malan was ons amptelike webmeester van die Diversiteitsforum. As letterkundige, skrywer en gewese professor aan die universiteite van die Vrystaat en Pretoria en navorsingspesialis by die RGN het hy daagliks ’n reuse taak verrig. Gesprekke is sedert 25 Februarie 2010 gevoer oor die moontlike stigting van ’n diversiteitsforum. Die Diversiteitsforum is op 14 Mei 2010 gestig om juis ’n ruimte te skep waar oop en eerlike gesprekke oor toepaslike perspektiewe en sake van die dag wat die diversiteitsgesprek raak, beredeneer en van kennis geneem word. Die ideaal was om soveel moontlike stemme en perspektiewe, asook soveel uiteenlopende sienings te akkommodeer.

As webmeester was dit sy passie en roeping om die gesprekkerondom diversiteit te bevorder en selfs te verfyn om sodoende ’n luister en waarderende kultuur binne die forum te vestig.

Dit was vir my as sy vriend en Retha Kruidenier my hospitaalkollega en taakspanlid, ’n wonderlike voorreg en hemelse belewenis om vanmiddag, Woensdag die 24ste Augustus, om 15h30 saam met Marietjie sy geliefde vrou, sy sterwingsoomblikke te deel. In ons broosheid en sterflikheid het ons momente van die ewigheid beleef!

Die begrafnisreëlings is nog nie getref nie maar sal dadelik bekend gemaak word sodra dit beskikbaar is.

Ons eer ons Vader vir die duik, verskil wat Charles in die emmer van my eie /ons lewens, die “ander” s’n, die kerk in die breë en alle ander mense se lewens gemaak het. Hy rus in vrede! Mag al die kiekies van hom in ons koppe bewyse bly vir ons, dat ons ook daar was, dat sy en my/ons pad iewers gekruis het!

Ons bid as Taakspan vir Marietjie, die familie en vriende, ons Vader se vrede en seën toe.

Ons sal môre as die Taakspan vir Diversiteit begin om aansoeke in te wag vir die vakante pos van die webmeester van die Diversiteitsforum van die NG Kerk. Skakel my gerus vir enige navrae.

Dr Jan Botha
(Voorsitter van die Taakspan vir Diversiteit)
012-5463545
jan@pastoralepraktyk.co.za

Daniel
2011-09-01

Charles se afsterwe was ’n groot skok vir almal. Ek ervaar net weer hoe broos en tydelik ons lewe op aarde is.
Ek bid dat Charles se familie en vriende vertroosting by God sal vind in hierdie tyd.

Philip du Toit
2011-09-01

Seën en sterkte vir Charles se familie!

Marieta
2011-09-01

INSTANDHOUDING VAN WEBBLAD

Besoekers se aandag word daarop gevestig dat die bediener (server) van hierdie webblad vanaf 26 tot 28 Augustus roetine instandhouding ondergaan. Die webblad sal steeds aktief wees, maar geen opdatering of plasing van nuwe bydraes kan gedurende hierdie tyd plaasvind nie.

Dankie vir begrip hiervoor. Ons vertrou dat die normale funksies van die webblad weer op Maandag 29 Augustus kan voortgaan.

Henrietta Klaasing
2011-09-01

“Diverse spiritualiteite”? – Nee, daar is maar Een Gees…

Verlede week is ’n plasing op die Tuisblad gemaak onder die opskrif: “Spirituele uitdaging aan die kerk” en is prof. Wilhelm Jordaan se bydrae “Bring dit voort en dit sal jou red” in Beeld van 23 Augustus daar geplaas.

’n Mens wonder op watter wetenskaplike navorsing rus Jordaan se stellings soos “die herontwaking van mistiek is egter onstuitbaar”; “dat die herontwaking van spiritualiteitsbehoeftes ’n enorme uitdaging (vir die kerk is)” en die slotsin: “Gebeur dit nie, sal dié behoefte elders en buitekerklik ’n tuiste vind. Of sielsverlammend stagneer.”

In vorige plasings op hierdie forum was spiritualiteit ook onder bespreking en het onder andere Dr. Ben du Toit dinge gesê soos dat ons “vanuit ’n inklusiewe (en nie ’n eksklusiewe nie) styl van denke sal moet ontwikkel”; dat ons ons sal “oopstel vir alternatiewe geloofservarings en behoeftes”…. “noodsaaklik is vir die voortbestaan van die Christelike leer/kerk, sodat verskillende behoeftes vervul en verskillende doelstellings bereik sal word met die kerk in sy geheel in die wêreld….”

Ek weet nie wie die persoon is wat die plasings op die Tuisblad doen nie, maar die inleidende deel toon dat dié persoon waarskynlik saamstem met Jordaan. Jordaan se verwysing na onder andere die gnostiese evangelie van Thomas en ander insette toon duidelik dat sy sentimente by groepe soos die NHN en SES lê – moet hy en ander wat soos hy voel, dan liewer by sulke groepe aansluit nie?

Moet die NG Kerk nie liewer sy lidmate waarsku teen die gevare van kontemplatiewe spiritualiteit en mistisisme nie, as om “goedkeuring” te verleen en dit te bevorder deur hierdie stuk van Willem Jordaan hier te plaas nie?

Liza-Nel
2011-09-02

Hiermee my diepste meegevoel met die Malan familie.

En vir ene Jan van Staden wil ek net sê – jy’s reg daar sal altyd ’n miskoek of twee wees vir die brommers.

gerhard bothma
2011-09-05

Dankie aan die Malans wat Charles vir ons “geleen” het. Seën en vrede vir julle

Jan Botha

2011-09-13

Jan Botha – Voorsitter van die Taakspan vir Diversiteit

Dagsê al ons deelnemers op die Diversiteitsforum, hoop dit gaan nog voor die wind en baie dankie vir julle geduld met ons na die onverwagte afsterwe van Charles Malan, ons webmeester! Die vakante pos van webmeester is op verskillende plekke en wyses geadverteer.

Ons het ses aansoeke gekry vir die pos van webmeester en verskeie gesprekke gevoer met ander moontlike kandidate. Na vele gesprekke en ’n vergadering van ons Forum bestuur het ons gesamentlik besluit dat Dr Gerhard Bothma van Bendorpark NG Gemeente in Pietersburg, die mees geskikte persoon sal wees vir ons behoeftes.

Die bestuur het hom Vrydag middag die 9de September in Pretoria ontmoet en hom na ’n baie sinvolle gesprek tydelik aangestel as webmeester vir ’n proeftydperk tot aan die einde van Desember 2011. Hy is ook baie goed bekend en gemaklik met netwerke op Facebook en Twitter. Dit sou ook in die toekoms meer sinvol deur die Forum gebruik kon word om verdere kommunikasie te bewerkstellig en veral die jonger garde ook by die gesprekvoering te betrek en hulle stemme te hoor.

Baie dankie vir julle ondersteuning en begrip na die onverwagse afsterwe van Charles. Ons betree nou ’n nuwe fase met die Forum wat soveel uitdagings en moontlikhede vir ons kan moontlik maak.

Hê ’n heerlike lente aand.

Mooiloop

Jan Botha

DR. J.A. BOTHA

Pastorale Krisis- en Verryking Spreekkamer en

Deeltydse Predikant NG Gemeente Eloffsdal

Vryskut Joernalis

Tel: 012 546 3545

Fax: 0865201177

’n KORT SKETS : GERHARD BOTHMA

Gerhard is ’n gebore Pretorianer en matrikuleer ook daar. Ná verpligte nasionale diensplig werk hy as ingeskrewe leerklerk by ’n Johannesburgse prokureursfirma en studeer hy deeltyds in die regte aan die destydse RAU. Op 3 Maart 1985 kom hy tydens ’n erediens tot die oortuiging dat die Here hom vir voltydse bediening roep en begin hy in 1986 aan die Universiteit Pretoria in die teologie studeer. Hy behaal die grade BA (Teologie) en BD albei met lof en ontvang ook in 2004 ’n doktorsgraad. Sy BD verhandeling en sy proefskrif was albei prakties-teologiese studies. Dit handel oor die bediening van die NG Kerk in veranderende omstandighede en oor die kerklike jaar in die prediking van die NG Kerk. Hy is in 1992 in die NG Gemeente Pietersburg-Oos georden en is sedert 1994 predikant van Bendorpark in Polokwane.

Naas sy bediening in die gemeente leef hy sy liefde en passie vir God en mense ook in die breër kerk en in die gemeenskap uit. Sedert 1995 skryf hy weekliks ’n bemoedigende boodskap vir die Polokwane Observer (’n nasionaal bekroonde gemeenskapskoerant) en die ekerk wat onder leiding van Stephan Joubert bedryf word (onder ‘Pitkos’). Twee boeke, ‘Landskap van God se genade’ en ‘Kies die lewe’, waarin van hierdie stukkies opgeneem is, het reeds onder sy naam verskyn en van sy pennevrug is ook in Oos Transvaal Sinode se Bybelleesprogram, Woordwyser, te vind. Hy is die stigter en voorsitter van die gemeenskapsforum, Harte met Hande, wat onder andere poog om openbare weldaadsorganisasies by te staan en opheffings¬werk te doen.

Henrietta Klaasing

2011-09-14

“Nee vir rassisme en haatspraak” (Die Burger)

(Wysheid en sterkte toegebid, Gerhard , vir die nuwe taak!)

Uiteenlopende reaksies op die Malema-haatspraaksaak bring ons weer by die kompleksiteit van die unieke Suid-Afrikaanse samelewing waarin ons ons daagliks bevind.

Dit is jammer dat die blote uitslag (“wie-wen-wie-verloor”) in die saak ander belangrike sake wat die agbare regter aangespreek het, oorskadu. Ander dinge wat hy gesê het, was vir my werklik sinvol. Ek noem net ’n paar:

Die Malema-kamp het gesê dat ’n verbod teen vryheidsliedere moeilik sal wees om uit te voer want mense is passievol oor hul reg om sodanige liedere te sing en sal die bevel ignoreer. Hierop het die agbare regter geantwoord dat sodanige mense nuwe ideale moet nastreef en ’n nuwe moraliteit vind. Nuwe gewoontes moet ontwikkel word en hulle moet hul verheug in die ontwikkeling van ’n nuwe gemeenskap deur ou praktyke wat nadelig is vir lede wat saam met hulle in ’n bepaalde gemeenskap bly, uit te gooi. Die Wet op Gelykheid wil nie slegs sekere gedrag verbied nie, maar dit wil die weg tot versoening bevorder; wil waardigheid tot die lewens van alle inwoners toevoeg deur hulle te help om bou-blokke te vind wat nodig is wat nodig is om hulle te help keuses te maak wat hul toekomstige gedrag in toom sal hou.

Verder poog die Wet op Gelykheid hierdie proses vorentoe dryf deur morele standaarde neer te lê waarby die lede van ’n gemeenskap hulle moet hou. Die wye magte van hierdie Wet stel ’n hof in staat om sulke probleem aan te spreek.

Dit is dus vir my tragies dat die Jeugliga-ondersteuners onmiddellik na die uitspraak al hierdie mooi ideale gemis het, en ewe uitdagend weer die gewraakte lied gesing het.

Die Engelse idiom sê: “It takes two to tango” . As die oorgrote meerderheid nie wil saamdans nie, hoe gaan ons ooit harmonie in ons samelewing kry?

Die volledige uitspraak is hier te lees:

http://www.saflii.org/za/cases/ZAEQC/2011/2.pdfþ

Anna Louw

2011-09-14

Is ons vrouens regtig so goedkoop ?

Baie dankie aan Ds Jan Botha vir die bydrae oor Vroue-sake in Vrouemaand. Ek verwys spesifiek na die volgende:

” Me Elize Morkel het die volgende statistiek uitgelig in haar aanbieding:

* Suid-Afrika het van die hoogste voorkoms van geweld op vroue in die wêreld.

* Suid-Afrika het van die hoogste voorkoms van verkragting in die wêreld.

* Seksuele geweld impakteer op meer as ’n derde van SA-meisies voor die ouderdom van 18 jaar.

EN

Suid-Afrika is ’n dominante patriargale gemeenskap, is oorwegend Christelik (nagenoeg 79% van die bevolking sien hulleself as Christene), maar bogenoemde is (waar van ons land).

Wat sê dit vir ons oor die verband tussen hierdie feite? “

Inderdaad! “Wat sê dit vir ons oor die verband tussen hierdie feite? “

Bg. uitsprake rym baie goed met Multi-media in Beeld Argief op Kerkbode-Aanlyn se akkommodering van pornografie (Porno-diversiteit – heteroseksueel, homoseksueel & lesbies )!!!

Gaan klik gerus op Lig op Waardes of Raad vir Enkellopendes esm., as u eerstehands wil weet.

Dis nie ’n geheim nie – dit kan wêreldwyd gelees word!

Oor hierdie saak is vertoë gerig na ons plaaslike Kerkraad, Ring en Streeksinode (maar sonder enige reaksie of bevredigende terugvoer – probleme hoër op ?)

Wil of kan die kerkleierskap dit nie hanteer nie ?

Hoe kan oor o.a.pornografie op D-Forum gesprek gevoer word en die WesKaap Sinode ’n mosie aanvaar, terwyl pornografie onbeskaamd op KBA se Multimedia- Argief in Beeld gehuisves word?

Besef u hoe vernederend dit vir ons as vroue is om briewe soos hierdie aan die leiers van ons Kerk te rig? En dit oor ’n saak wat ons vrouwees gedegradeer tot die van seks objekte.

Wat sê dit vir ons getuienis as CHRISTENVROUE vertoë moet rig aan die CHRISTENLEIERS van ’n CHRISTENKERK om pornografie te verwyder van die CHRISTENKERK se CHRISTENMONDSTUK!

Dit is moeilik om te begryp waarom daar gesloer word om daadwerklik op te tree om sodoende nie net die integriteit van alle vroue te herstel nie, maar ook om te verseker dat KBA weer die boodskap van Verlossing deur Jesus Christus onbeskaamd kan uitdra.

U verwag tog nie dat ons as vroue net handegevou moet sit en toesien hoe ons gesinne se lewens verwoes en verbrokkel word nie?

Belangrikste nog wat van die eer van ’n Heilige God, wat ons liggame beskou as Sy Tempel!

Die volgende mosie is deur die Sinode van Wes – Kaap aanvaar.

” 1. As sinode van die NG Kerk spreek ons ons ten sterkste uit teen alle vorme van pornografie en materiaal in die media wat vroue en kinders degradeer of seksueel uitbuit

– ook die ongekontroleerde vertoning daarvan oor die openbare TV-senders soos tans deur E.TV. Daar heers ernstige kommer oor die geweldige hoë voorkoms van geweld en seksuele geweld teen vroue en kinders in die Suid-Afrikaanse samelewing. Pornografie en seksuele stereotipering van vroue lewer ’n groot bydrae tot die probleem.”

Wat van die “ongekontroleerde” aanbieding van pornografie op ’n kerk se webwerf wat wêreldwyd gelees kan word?

Waar is die “kontrole” oor Kerkbode-Aanlyn se Multimedia in Beeld-Argief ?

Hoe kan die sekulêre media aangespreek word, terwyl die NGK direk of indirek medepligtig is aan iets soortgelyks ?

Ek vertrou die Wes-Kaapse Sinode is opreg met die mosie, maar vind dit nogtans amusant dat hul skynbaar nie hiervan bewus is nie ?

As die Wes-Kaap Sinode werklik geloofwaardig wil wees , sal spoedige,daadwerklike,dringende optrede moet volg.

Hoe lank gaan ons wag, terwyl my vrou of dogter of kind intussen mishandel of aangerand word ?

Mag die Here ingryp en ons help.

Anna Louw

Henrietta Klaasing

2011-09-14

Regte skakel vir Colin Lamont uitspraak

Jammer, daar het ’n ekstra “lettertjie” by die skakel by my vorige plasing ingeglip – hier is die regte:

gerhard bothma

2011-09-14

Alhoewel ek eers Maandag 19 September amptelik hier ‘begin werk’ (en ek ook dan ’n ‘intree-speech’ sal plaas), wou ek net solank vir Jan Botha baie dankie sê vir die aankondiging en bekendstelling wat hy hier geplaas het. So ook aan Henriëtta Klaasing vir die goeie wense. Ek waardeer dit opreg.

Baie dankie aan Henriëtta en Anna Louw vir die plasings hieronder. Ek gaan nie voor Maandag op die inhoudelike van enige plasings reageer nie. Jy sal seker verstaan dat ek wel plasings wat bloot neerhalend, onvanpas of vulgêr is – veral wanneer dit nie met die inhoudelike van ’n vroeëre pos of met ons doelwit hier verband hou nie – sal verwyder. Trouens, ek hoop dat julle dit van my – of enigiemand anders aan wie hierdie opdrag toevertrou is – sal verwag.

Laat ons gesels.

Hennie

2011-09-15

Ja Gerhard, ons verwag beslis van jou om plasings wat neerhalend, onvanpas of vulgêr is, te verwyder. Betreffende Anna Louw se opmerkings oor vroue wat misbruik word, is een van die geldige vrae waarom Kerkbode-aanlyn verwysings na swak en skadelike materiaal bevat. Dit is te siene op

www.kerkbode.co.za onder “Multimedia-argief” onder “In Beeld” onder byvoorbeeld “Lig op enkellopers”, “Hoop en hulp vir jou huwelik” en “Lig op waardes”. Kerkbode is immers die NG Kerk se amptelike koerant. Ja ons is in hierdie wêreld maar behoort nie van hierdie wêreld te wees nie — daarom behoort die NG Kerk se Kerkbode-aanlyn tog sekerlik Bybelse waardes te bevorder en nie ’n platform te wees vir swak waardes nie.

Jean Oosthuizen

2011-09-15

KERKBODE GEENSINS BETROKKE BY PORNOGRAFIE

Die bewering dat Kerkbode pornografiese materiaal OF skakels op sy webwerf plaas spruit ’n anonieme smeerveldtog wat verlede jaar begin is en skynbaar nou weer herhaal word. Kerkbode en LIG se redakteur, Adri-Louise van Renen, het reeds verlede jaar in November ’n mediaverklaring uitgereik waarin sy dit duidelik stel dat die NG Kerk se publikasies geensins betrokke is by enige vorm van pornografie nie. Dit is kwaadwillig en onwaar om te beweer Kerkbode publiseer pornografie of keur dit goed.

Hier is die verklaring wat reeds verlede jaar oor die onderwerp uitgereik is weer:

Ek het kennis geneem van ’n e-pos-veldtog waarin Kerkbode daarvan beskuldig word dat hy “die pad byster is en dat die leierskap niks daaraan doen nie”. Lesers word aangemoedig om die ’n uitdruk van die e-pos in kollektebordjies te plaas en om oor die saak te bid, want “God se eer is op die spel”.

Die anonieme outeur van die oorspronklike e-pos skryf Kerkbode keur pornografie goed en verneder vroue deur die inhoud wat hy op sy webwerf (

www.kerkbode.co.za) plaas en duld. Twee bewyse word vir hierdie bewering aangebied:

Daar is ’n deurklik op die Kerkbode-webwerf na Griffel-Media, uitgewer van die “pornografiese” joernaal-publikasie, Pomp.

Kerkbode se “Multimedia in beeld”-argief (www.kerkbode.co.za/InBeeld.asp) bied ’n deurgang na pornografiese video’s.

Ek bied graag perspektief op die bewerings:

Pomp is maar een van Griffel Media se publikasies en is nie ’n pornografiese publikasie nie (http://www.pomp.co.za/content/staan-opsy-hier-kom-nog-n-pomp-verby-0). Die deurklik na die Griffel-Media-webwerf is ’n betaalde advertensie.

Indien die internet-gebruiker op LIG op tienerseksualiteit in die “Multimedia in beeld”-argief op die Kerkbode-webwerf klik, word hy na ’n You Tube-skakel geneem waar daar ’n promosie-video van dié DVD geplaas is. LIG op tienerseksualiteit is vervaardig deur Bybel-Media met die doel om met tieners oor seksualiteit en verstandige keuses te praat. Omdat die video oor seksvoorligting gaan, en “seks” een van die sleutelwoorde in die titel is, verskyn daar gevolglik outomaties skakels na ander seksgerigte video’s langs die Bybel-Media-video. Dit is ’n You Tube-funksie wat vir alle materiaal geld wat hierop geplaas word. Nóg Kerkbode nóg Bybel-Media het enige beheer oor hierdie video’s of skakels. (’n Mens sou dit kon vergelyk met die tydskrifrak in ’n boekwinkel waar dit kan gebeur dat ’n pornografiese tydskrif langs ’n Christelike tydskrif op die rak staan. Die uitgewer van die Christelike tydskrif het geen beheer daaroor nie.)

Kerkbode keur dus op geen manier pornografie goed nie.

Indien jy deelgeneem het aan die e-pos-veldtog waarin Kerkbode van die ondersteuning van pornografie beskuldig is, sal ek dit waardeer as jy sal help om hierdie onjuiste perspektief reg te stel deur ook hierdie e-pos na jou e-pos-adreslys te stuur. Baie dankie!

Groete

Adri-Louise van Renen

Redakteur Kerkbode

Anna Louw

2011-09-15

Die reaksie op my brief vind ek steeds interessant,insiggewend & amusant.

Dink jul nou regtig ’n mens sal oor niks so ernstig raak? Of ken jul nie jul eie webwerf nie?

Begrip en opregte aanbieding van hulp en gesamentlike ondersoek ontbreek.Dit verklaar tot ’n groot mate steeds die geweld teen vroue in ons land.Ek rig dus op hirdie Forum ’n versoek aan dr Braam Hanekom in die lig van die mosie wat WesKaap Sinode aangeneem het in hierdie verband, om self te gaan kyk, want ek glo hul was opreg en ernstig daarmee.

Burger

2011-09-16

‘n Skakel vanaf kerkbode-aanlyn (Media-Argief > In Beeld) na ’n Christelike videotjie op YouTube, word vertoon op YouTube se algemene kannaal waar die YouTube stelsel sekere voorgestelde videotjies op regterkant vertoon wat nie strook met die Christelike aard van die videotjie nie.

Deur die skakel op kerkbode.co.za te wysig om eerder te verwys na die ooreenstemmende videotjie op die oorspronklike publiseerder se YouTube kannaal kan daar weggedoen word met die gemors op regterkant wat dan vervang word met ander, meer sinvolle bydraes op die publiseerder se kannaal.

Volg: Tieners en seksualiteit

Hennie

2011-09-16

Burger, as ek jou dus reg verstaan is daar geen rede waarom Kerkbode-aanlyn nog enigsins verwysings na ongewenste media behoort te bevat nie. Veral nie nou dat jy hulle gewys het hoe dit moontlik is nie.

JG Le Roux

2011-09-16

Ek het Anna se raad gevolg en na ’n yslike gesukkel kon ek die goed kry wat haar so grief. Wat ek nie verstaan nie waarom gaan delf sy so diep in argiewe om pornografiese skakels op te soek? Die pornografie verskyn mos nie op die kerk se webwerf nie? Dink so daaraan Anna, as daardie skakels langs die opbouende video op You Tube verskyn is die kans net so goed dat LIG se opbouende video langs sulke pornografiese goed versky. En dis mos ‘mn goeie ding of hoe?

Al wat Anna egter rekgky is om self pornografie te adverteer en vir mense te sê waar hulle daarna kan kyk. Waarom doen mens dit?

Dirk Kasselman

2011-09-17

Anna het sekerlik die ongewenste en swak materiaal uitgewys in die hoop dat die skakels daarheen verwyder word. Burger het gewys hoe dit gedoen kan word. Soos destyds met die skakel na kletskerk wat uiteindelik van Kerkbode-aanlyn verwyder is, kan eerlike Christene maar net hoop dat Anna se inisiatief ook nou die gewenste uitwerking sal hê. Die bal is nou in Kerkbode-redaksie se hande.

Anna Louw

2011-09-17

Baie dankie vir die insiggewende insette van Dirk Kasselman,Hennie & Burger tov Multi- Media Argief in Beeld op KBA.Ek wil net ’n misverstand opklaar oor “die opsoek van pornografiese skakels ” – aldus JG Le Roux & Jean Oosthuizen ( die oorsprong van die saak.)

Dr Jan Botha het in Vrouemaand ( Augustus) die belangrike inset geplaas van Me Elize Morkel oor die geweld teen vroue,pornografie & die mosie wat die Wes Kaapse Sinode in die verband geneem het. Vroue is uitgenooi om deel te neem aan die gesprek.

Ek maak dus gebruik van sy tydige uitnodiging tot die gesprek ten spyte van ’n mate van verbale geweld wat beleef word.

Dis my goeie reg as lidmaat van die NGK en lid van die Liggaam van Jesus Christus om my hieroor uit te spreek.

Dit raak in die eerste plek die getuienis van die Kerk van Jesus Christus ( NGK ) na buite.

Dis nie asof pornografiese skakels “opgesoek word nie”. Bybelmedia se videos word op KBA aangebied.

As mens Bybelmedia videos wil kyk, dan verskyn die ongevraagde, ongewenste,blatante pornovideos op regterhand reglangs die Bybelmedia video.

Volgens die verklaring van Jean Oosthuizen dat Kerkbode “geensins betrokke is by pornovideos ” nie wil dit voorkom asof hul geen beheer / kontrole daaroor het nie, want dis op You Tube.

Burger het ’n baie goeie alternatief voorgestel. Op die skakel wat hy voorstel, lyk die prentjie baie beter.

Tereg soos Kasselman sê, het Kerkbode – redaksie ’n alternatief en is die bal in hul hande.

Die WesKaapse Sinode meld in hul mosie juis besorgdheid oor die “ongekontroleerde vertoning van pornografie” op ETV en die hoe vorm van geweld teen vroue en kinders.

Wat dan van die “ongekontroleerde beskikbaarheid van pornografie” VIA KBA ? Waarom is die Bybelmedia videos dan daar?

As die Wes Kaapse Sinode in die besonder en die NGK in die algemeen ernstig is oor “ongekontroleerde vertoning van pornografie hoë vorm van geweld teen vroue & kinders ” dan behoort hul by hul eie mondstuk Kerkbode Aanlyn te begin.

Ek glo en vertrou dat ons NGK se leiers die morele wil sal hê om op te tree en sodoende inhoud te gee aan die mosie wat geneem is.

Danie Strydom

2011-09-19

Die Redakteur Kerkbode Aanlyn,

Dis nou vir my baie amusant dog hartverskeurend!

Ek gaan kyk waaroor die bohaai gaan rondom Kerkbode Aanlyn en die beskuldigings rondom verskeie sake wat aan hul toegedig word.

Boeke wat aanbeveel word sê gewoonlik baie van jou vertrekpunte en sentimente!

Kan jy nou meer, Abel Pienaar se “Saam op soek na God, soeke na ’n eietydse spiritualiteit” pryk sommer heel eerste op die webtuiste as aanbevole boeke.

Dit as aanbevole leesstof vir die gewone gelowige mense wat nog hoop het vir die NG Kerk!

Dit is ’n klap in die gesig, ligtelik gestel.

Kom ons kyk bietjie waar hierdie boek nou bestel kan word. O ja, Griffel / Die Boekblik natuurlik waar jy ’n keuse het tussen

“Saam op soek na God, soeke na ’n eietydse spiritualiteit deur Abel Pienaar”, “Hier staan ek deur wie weet almal”

“Afrikamasutra”, “Dieper as Satan deur Evard Huisamen”, “Die God van Genesis deur Willie Esterhuyse”, “Moffie” of “Pomp”.

Dit alles op Kerkbode Aanlyn se boekverskaffer se hoofbladsy!!

Hier is ’n groot probleem wat julle beter hanteer . Hou tog op om die heeltyd die boodskappers met klippe te gooi!

As jy webtuiste bestuur moet jy verantwoordelikheid daarvoor vat.

Kry eerder jul eie boekverspreiding aan die gang en kry jul eie video’s op julle webtuiste gepubliseer dan sal julle dalk minder aangevat word.

Al sou julle dit doen wonder ek nog ernstig wat sou jul rede wees om Abel Pienaar se “Saam op soek na God, soeke na ’n eietydse spiritualiteit” op jul hoofblad te adverteer!

Het Kerkbode Aanlyn dan ’n sekulêre medium geword?

Dit is ’n retoriese vraag!

Ek verwag nie ’n antwoord nie, julle is ’n antwoord skuldig aan die Here en die mense wat julle webtuiste hoopvol besoek.

Jan van Staden

2011-09-19

WAT MAAK TANTe ANNA DAAR?

Die geween oor pornografie wat mens sowaar as wraggies met ’n vergrootglas moet gaan soek as jy dit via die kerk se webwerwe wil vind laat my dink aan die volgende storie:

Tant Anna woon daar in Seepunt oorkant die bekende Graaf se poel in die dae toe mans nog kaal daar kon sonbaai agter die muur. Wettiglik.

Tant Anna bel toe die polisie om te kom kyk na die onbetaamlike kaal mans wat sy vanuit haar balkonvenster vanaf die sesde verdieping gade slaan.

Toe die polisie by tant Anna se woonstel opdaag kon hulle g’n niks van die kaal mans sien nie en vra haar nou wáár is die kaal mans waaroor sy so kla?

Nee, konstabel sê tant Anna. “Dit help nie jy staan daar nie. Kom hier, klim op die stoel, neem my verkyker en dán sal jy hulle daar onder agter die muur sien.”

Nou ja die armes, die tant Annas en die pornosoekers sal seker maar altyd met ons wees.

Henrietta Klaasing

2011-09-19

In aansluiting by Danie Strydom:

Baie dankie vir jou plasing Danie. Op 1 September het ek hier ’n stukkie geplaas met die tema: diverse spiritualiteite, en met min of meer dieselfde strekking.

Na aanleiding van die baie boeke van postmoderne skrywers wat op Kerkbode Aanlyn geadverteer word vra jy: “Het Kerkbode Aanlyn dan ’n sekulêre medium geword?” ’n Mens kan dieselfde vraag oor die NG Kerk se tuisblad en Diversiteitsforum vra. Verder sou ek wou weet waarom mense wie se sentimente lynreg teenoor die gereformeerde leer is, nie liewer by groepe soos die NHN, SES en Izak du Plessis se Kompasgemeente aansluit nie?

gerhard bothma

2011-09-20

Jy ken seker die kinderliedjie se woorde wat lui: “Ons is elke een anders, ons is almal uniek en tog is ons boeties en sussies … een familie van mekaar.” Dit is waaroor hierdie forum vir my gaan: dat ons mekaar se uniekheid en andersheid, asook ons eenheid en familie-wees sal ontdek, bevorder en vier.

Charles Malan was ’n besonderse mens en dis vir my ’n groot voorreg om tydens my termyn in sy voetspore te mag stap tot daar waar ons nuwe paadjies en weë gaan betree. Saam met Jan Botha (ons voorsitter), ons taakspan en Ben du Toit en die mense wat saam met hom werk – glo ek – gaan ons ’n mooi ent en heerlik saam reis. Vir hulle hulp en insette tot dusver is ek baie dankbaar.

Een van die uitgangspunte waarvanuit ek werk, is dat dit nie oor my gaan nie. Hierdie is ons forum. Ons gaan baie hier sê en alles wat ons gaan sê, sal net soveel oor onsself sê. Kom ons gesels.

Om langs hierdie weg ’n bediening wat jou, die kerk en die gemeenskap tot diens en tot Gods eer, sal strek te ontwikkel, is ’n uitdaging wat ek graag aanvaar. Kom ons dien mekaar in liefde.

Kom ons voel waaraan ander nie wil raak nie. Kom ons kyk waar ander versigtig is om te loer. Kom ons stap in en verken die ongekarteerde gebied waarheen God ons as ‘t ware aan die hand lei. Kom ons streef daarna om diversiteit te verstaan, te bevorder en te vier.

Peet Le Roux

2011-09-20

Henrietta Klaasing vra hier onder waarom sekere mense in die NG Kerk nie liewer die kerk verlaat en by ander groepies aansluit nie. Dit opsigself sê maar net hoe min sy van diversiteit begryp.

As sy begryp het waaroor diversiteit gaan sou sy geweet het diversiteit beteken juis om ook diegene in die buitekring toe te laat om deel te wees van die groter groep sonder dat die een of die ander sy of haar oortuigings hoef prys te gee.

Mens sou natuurlik dieselfde vraag vir Henrietta kon vra. As sy so ongemaklik is tussen hierdie mense waarom sluit sy nie liewer aan by Steeds Hervormers of Slabbert Le Cornu se groepies nie. Beide groepe verteenwoordig die godsdienstig regse standpunte en beide groepe maak, nes sy, dit hulle erns om hulle eie kerke af te kraak.

In teenstelling met met die mense wat sy en haar meelopers so dikwels in hulle skrywes verguis, verketter en beswadder weet ek nie van een van daardie mense wat al so uitgevaar het teen die NG Kerk soos juis Hetta en haar groepie van vyf of ses nie.

Lank lewe diversiteit!

Mart Bloem

2011-09-20

Nee Peet jy gaan ook nie weet nie, want daardie arme verguisde, verketterde en beswadderde mense rysmier stilweg van binne af.

Henrietta Klaasing

2011-09-21

SKEEFGETREKTE DIVERSITEIT?

Ja Peet, lank lewe diversiteit

– maar . . . moet dit sommer enige diversiteit wees?

Kerkbode het my verlede maand gevra om in 500 woorde iets oor diversiteit te sê

– ’n uitnodiging wat ek met dankbaarheid aanvaar het. Hier is dele daarvan:

“Daar kan dus geen geloofseenheid buite Christus wees nie, en daarom kan daar nie gesamentlike aanbidding met byvoorbeeld Hindoes en Boeddhiste wees nie. Die kerk het dalk ten opsigte van diversiteit foute gemaak en tot ’n mate sy doel gemis, soos om nie sensitief en respekvol (dr Jan Botha se woorde) te leef binne ’n diverse samelewing nie en wetties en liefdeloos te raak. Maar die toppunt van liefde was, is en sal bly om Christus uit te dra na andersdenkendes.

Wanneer hou diversiteit “gevaar” in?

*wanneer diversiteit nie meer in lyn is met Bybels verantwoorde verskeidenheid wat ooreenstem met kernwaarhede van die evangelie nie;

*wanneer daar sprake is van politieke korrektheid;

*wan¬neer daar sprake is van Spong se “wiggle-room” (die ruimtes in die kerk waar uiteenlopende beskouings en menings geakkommodeer kan word oor sake wat duidelik verkeerd is volgens die Bybel);

*wanneer ’n humanistiese “naasteliefde” en “inklusiwiteit eerder as eksklusiwiteit” en “verhoudingsbou” uitloop op iets soos ’n intergeloofs- en ekumeniese rekonsiliasie tussen die Christendom en Islam (die sogenaamde “Chrislam”).

Ses van die sewe gemeentes in Klein-Asië word gewaarsku (Openbaring 2 en 3) en die fokus is telkens op toleransie, akkommodering van en onverskilligheid teenoor die kwade.”(tot sover die aanhaling)

Die hele gesprek met onder andere ook Dr Jan Botha se bydrae, kan hier gelees word:

Peet Le Roux

2011-09-21

WARE DIVERSITEIT

Henrietta ek het jou stuk gelees maar met respek daar is nie juis eits nuut in nie. Dit is maar die ou gesange wat op dieselfde wysie gesing word.

Die enigste stuk sinvolheid in die skakel wat jy gestuur het kom van ds Almero Cloete:

“Ja, botsels van diversiteit is reeds sigbaar aan die kerkboom, maar wanneer dit by veelkleurige teologiese perspektiewe kom, kan dié botsels nie in die kerkruim bloei nie. Tewens dit kan met die snoeiskêr van leertug afgesny word. Is die begrip “diversiteit in die kerk” dan nie ’n onmoontlikheid wanneer ons oor geloofsperspektiewe praat nie

– soos uiteenlopende perspektiewe oor ons verstaan van die Bybel, of ons verstaan van God self?

Die realiteite in die strukture van die NG Kerk is sodanig dat dit nie haalbaar is dat lidmate formeel met die kerk gesprek kan voer oor iets soos ’n minder strak Skrifbeskouing nie. Ek en enkele ander persone het ’n persoonlike ontmoeting met die moderatuur van die Sinode van Wes-en-Suid-Kaapland gehad oor die hermeneutiese koers wat die kerk ná die Du Plessissaak van 1930 ingeslaan het en die smorende effek daarvan op diversiteit. Ons is vriendelik ontvang, maar daar het alles geëindig. Of dalk nie?

Ek begin verstaan dat ons ’n ander roete moet volg as dié van amptelike konsultasie met kerklike-strukture-in-sitting. Ook is ons Westers Afrikaanse psige se benadering om dinge fyn deur te trap en netjies te reël nie hier die aangewese manier van doen nie. Dit lyk asof ’n vriendelike verhouding, waarin verskillende geloofsperspektiewe erken en vir mekaar gegun word, ons veel verder kan bring in die dinamiese voortstuwing en vernuwing van ons tradisie. Dit sal vra dat die kerk die kleingroepe wat reeds buite die kerk gevorm het, nie vyandig gesind sal wees nie, maar eerder sal benut as bondgenote vir die saak van God in die wêreld.”

Mart

2011-09-21

Liewe Peet ek het gedink jy gaan in antwoord op Henrietta se raak pos, met ’n vars en nuwe voorstel vorendag kom, maar helaas toe blyk dit slegs ’n herhaling van ’n gesang op die post modernistiese wysie van die ‘emergent’- kerk te wees.

Henrietta Klaasing

2011-09-21

HOE ERNSTIG IS MENSE MET HUL LEGITIMASIE-VERKLARING?

Volgens die deel wat jy aahgehaal het, Peet, lyk dit my Ds. Almero Cloete is ten gunste van ’n “minder strak Skrifbeskouing”. Die NG Kerk is ’n gereformeerde kerk, deel van ’n baie groot kerke-familie wat wêreldwyd strek, met ’n gereformeerde belydenis soos vervat in die Belydenisskrifte. Daarin is onder andere ’n bepaalde Skrifbeskouing vervat.

Ek neem aan jy is nie ’n predikant nie, Peet, anders sou jy weet: ALLE predikante en dosente van die NGK lê ’n legitimasie-verklaring of -eed af. Volgens hierdie eed sal hul bly by die leer van die NG Kerk. Hier is dele daaruit: “Ek, … (naam)… verklaar hiermee in alle opregtheid voor die Here dat ek van harte glo dat al die artikels en stukke van die leer vervat in die Belydenisskrifte en Formuliere van Eenheid …. ooreenkom met die Woord van God. Ek belowe om die voornoemde leer ywerig en volhardend te leer en in my wandel getrou te handhaaf, sonder om iets teen die leer, hetsy regstreeks en onregstreeks, te leer of te skrywe . . . so verwerp ek alle dwalinge wat teen hierdie leer stry, en beloof ek om dit te weerlê, teë te spreek en alles in my vermoeë te doen om dit uit die Kerk te weer …”

As ek my skool-Afrikaans reg onthou, praat mens van ’n belofte teenoor mense, maar ’n gelofte teenoor God. Soos ek dit sien, is hierdie legitimasie-verklaring soos ’n gelofte, aangesien dit teenoor God afgelê word. Wanneer ’n eed in die sekulêre lewe verbreek word, word dit meineed genoem

– nogal ’n ernstige klagte in die gewone lewe, so ek wil nie eers praat van hoe mens dit van kerklike kant sou sien nie, om nie eers te praat van die gewetenswroeging van diegene wat dit wel doen nie . . .

So terloops, ek lei af Ds. Cloete voel hom heel tuis onder mense wat soek na “nuwe gespreksgenote en gemeenskappe waarin hulle hul nuwe spiritualiteit kan uitdruk”, aangesien hy saam met ’n hele klompie, onder andere Sakkie Spangenberg en Izak du Plessis mede-skrywer is van ’n boek wat blykbaar nog gaan verskyn.

Ek vra weer: waarom sluit mense wie se sentimente lynreg teenoor die gereformeerde leer is, nie liewer ter wille van hul gewete by groepe soos die Sakkie Spangenberg se NHN, Abel Pienaar se SES en Izak du Plessis se Kompasgemeente aan nie?

gerhard bothma

2011-09-22

Hier by die Lentekonferensie in Pretoria is dit ’n verrykende ervaring om die diversiteit onder gereformeerde christene te beleef. Om jouself deur die oe van ’n ander te probeer bekyk en te luister – let wel: te luister, nie net te hoor nie – is openbarend.

God het duidelik nie in die 16e eeu agtergebly of tred verloor nie. Hoe uit pas ek en jy is, sal net onsself weet wanneer ons dit besef. Om in pas met God te wil wees is (ook) bekering.

Dankie vir julle posts hier. Deur aan te hou om met mekaar te gesels help ons om mekaar te hoor.

Peet Le Roux

2011-09-22

Mens kan seker lang debatte voer oor die legitimasie eed. So ook oor die kolletjies op die i en die strepies deur die t van alles in die belydenisskrifte. Dit is egter sinneloos om vandag nog te argumenteer oor die vraag hoeveel engele op ’n naald se punt kan dans.

Henrietta se benoudheid waarom krities denkendes nie liewer ’n ander heenkome soek nie is seker verstaanbaar. Die bekrompenes en fundfamentaliste se stemme is tog niks meer as klinkende simbale nie. Soms luid en hard maar so skel dat die oordromme wil bars by die aanhoor daarvan. Mense steur hulle egter nie meer veel daaraan nie. Dit is niks anders as ’n steurende agtergrondgeraas nie.

Namate al hoe meer mense tot nuwe insigte kom en nuut begin dink raak die kommer by mense soos Henrietta al hoe groter dat hulle manier van dink besig om uit te sterf. Nou probeer hulle maar om die mense wat nie soos hulle dink nie uit te dryf. Dit gaan nie werk nie.

Die Doppers, die Hervomers, die APK, die NG Kerk is almal sprekende voorbeelde daarvan. As jy nie bereid is om nuut te dink nie gaan die tyd jou inhaal. Selfs godsdiens is nie staties nie.

Dit was lekker om hier in te loer en te sien hoe waai die wind maar ek weet nie of dit enige doel dien om in 2011 nog asem te mors op mense wat soos mense mense van die Middel eeue dink oor geloof nie.

Seën voorspoed vir almal hier!

Henrietta Klaasing

2011-09-22

DIE BELANGRIKHEID VAN DINGETJIES SOOS JOTAS EN TITELS

Hallo Peet, ek weet hierdie is ou nuus vir jou, maar net om weer aan te dink:

Hier lê my vrou Griet. In die hemel is sy, nie in die hel, dit weet ek wel.

Hier lê my vrou Griet. In die hemel is nie, in die hel dit, weet ek wel.

(Lees gerus ook Mat. 5 vers 18 en so ’n paar versies daarvoor en daarna).

Peet Le Roux

2011-09-22

Hetta as jy so besorg is oor die kommas, die jotas en die titels moet darem seker maak dat jy dit ook nakom en nie woorde uitlaat nie. Jou tweede sin maak nie sin nie want die woord “sy” is weggelaat. Dis veel erger as ’n komma.

Met verwysing na jou teksversie sou ek graag wou weet van watter gebooie daar gepraat word. Is dit die tien gebooie of die hele wet?

So vertel vir ons Hetta, weatter dele van die wet is gering en watter dele nie. Jy verbreek darem seker ook nie een van die geringste van die Sabbatswette nie of hoe?

gerhard bothma

2011-09-25

Baie dankie dat jy asem in ons gesprek probeer inblaas, Peet. En vir die geduld wat jy met Henriëtta het.

Dit is in julle gesprek duidelik waarom die blote aanhaal van ’n teksvers of -verse nie ’n argument konstateer nie. En waarom dit belangrik is om te hoor wat ’n ander vir jou skryf. Die “ingooi” van ’n teksvers” dien allermins behoorlike gesprek. Om oop vrae te vra, wel.

Die manier waarop ons die tekste wat in die Bybel gebundel is hanteer kan ons help om die diversiteit wat God aan ons geskenk het te vier.

gerhard bothma

2011-09-26

Hoe voel jy oor Erfenisdag?

Erfenisdag (24 September) is gerig op die viering van die groot verskeidenheid van kulture, kreatiewe uitdrukking, geskiedkundige erfgoedere en so meer wat ons uit die verlede oorgeërf het. Hierdie verskeidenheid is ’n nasionale bate en moet as sodanig beskou word eerder as dat dit konflik ontketen. Die regering bepaal elke jaar ’n tema vir die viering op hierdie dag.

Mense verskil van mekaar: ons kom uit verskillende agtergronde, ons beoefen verskillende godsdienste, ons het verskillende opinies oor belangrike sake, ons praat verskillende tale ensovoorts. Dit is daarom baie belangrik dat ons meer sensitief sal raak teenoor ander en om na gemeenskaplikhede te soek eerder as om te baklei oor ons verskille. Daar is baie meer wat ons in gemeen het as wat ons dink. In die Suid-Afrikaanse gemeenskap word te dikwels ’n groter klem gelê op indiwidualiteit as op dié dinge waaroor ons saamstem en kan saamwerk. Verskille en verskeidenheid kan families en die land sterker maak, mits dit in ’n spanpoging aangewend word. Die nuwe leuse van ons land beklemtoon juis hierdie feit: !KE E: /XARA //KE (= Eenheid in verskeidenheid). In die lig hiervan moet veral jongmense en onderwysers geleer word om met verskille saam te leef. Ons moet hiervoor toegerus word. Ons moet leer om respek en waardering vir en sensitiwiteit ten opsigte van ander kulture en geloofsisteme as ons eie te ontwikkel.

In die Bybel is verskeidenheid altyd ’n verskeidenheid binne die eenheid (vgl NG Kerk 1991:572-573). Verskeidenheid en eenheid word teruggevind in die drie-eenheid van God en die kerk is een liggaam, wat bestaan uit baie lede (1 Kor 12:14-30). Jesus se dissipels het uit verskillende agtergronde gekom en hulle het almal verskillende persoonlikhede en verwagtinge gehad, hulle het elkeen ’n unieke bydrae in die vestiging van God se koninkryk gelewer (Matt 4:18-23; 9:9-13). Daar word ’n verskeidenheid van gawes aan die gelowiges gegee (1 Kor 12:4-13). Verskeidenheid word ook in die evangelies aangetref, omdat die skrywers daarvan elkeen ’n eie weergawe oor Jesus se verhaal saamgestel het uit die stof tot hulle beskikking (Joh 21:25). Eenheid en eensgesindheid was egter nog altyd belangrik binne die Christelike tradisie (vgl Joh 17:11; Rom 12:16; Ef 4:4-5; 1 Pet 3:8).

Op hierdie dag kan ook gefokus word op God as Gewer en die verskeidenheid van dinge wat Hy aan ons geskenk het. Wat die prediking oor verskeidenheid, eenheid en God se gawes aan ons aanbetref, kan die ten minste die volgende perikope as uitgangspunte dien:

Psalm 133:1

Matteus 4:18-23; 7:11; 9:9-13

Johannes 3:16; 10:10; 17:11, 21; 19:26-27; 21:25

Handelinge 1:14; 2:1-4; 2:44

Romeine 3:29-30; 5:17; 12:4-16; 15:5-6

1 Korintiërs 1:10; 4:7; 12:4-13; 14-30

2 Korintiërs 5:21; 13:11

Galasiërs 6:2

Efesiërs 2:15-16; 3:6; 4:3-6,13; 5:21-33

Kolossense 1:20; 2:2; 3:14

1 Petrus 3:8

Attie

2011-09-27

Dankie vir die Bybeltekse Gerhard.

Laat ons tog tot die Skrif terugkeer.

Mag iemand soos Hetta nie skrif gebruik nie?

Ek verstaan nou nie mooi nie.

Liza-Nel

2011-09-27

Dankie Gerhard. Daar’s baie in jou boodskap waarmee ek kan saamstem, ’n Mens is mos uit nature geneig om dit waarvoor jy nie gewerk het nie, nie so mooi op te pas nie. Daarom kon ek nie anders as om tot die besef te kom dat dit wat ek baie keer as ’n gegewe beskou baie duur voor betaal is aan die kruis

– alles uit louter genade ‘om my ’n erfenaam te maak! Dus kan ek maar net vra kom ons pas dit wat ons verniet gekry het met die nodige respek op.

gerhard bothma

2011-09-27

Dankie vir julle poste, Attie en Liza-Nel.

Attie, help my asseblief om jou laaste twee sinne te verstaan.

gerhard bothma

2011-09-27

Jean Oosthuizen skryf die volgende op facebook:

“Ook net die duiwel weet wie en wat hy is en of hy bestaan. Die aanbeveling wat volgende maand voor die NG Kerk se Algemene Sinode dien lui onder meer: “Daar is ruimte vir lidmate wat aan die werklike en persoonlike aard van die duiwel en demone glo, en daar is ruimte vir lidmate wat die Bybelse spreke oor die bose en duiwels anders interpreteer.”

Lyk my dis so half tussen die duiwel en die diepblou see.”

Wat dink jy? Is dit ’n goeie voorbeeld van die diversiteit wat binne ons kerk bestaan – of hoe?

Henrietta Klaasing

2011-09-27

RE: ERFENISDAG

Ons dominee het Sondag skitterend oor ons erfenis gepreek onder die opskrif: “Waarvoor sloof jy jou af?” Hy het Ps. 16 as basis gebruik, en ook vir ons aangemoedig om dieper te delf uit Prediker 2:18-22; Mat. 6:19-21; 13:44-46; Joh 6:25- 34 en Ps. 78. Na die vol en leersame preek wat verwys het na ’n geestelike erfenis wat oneindig ryker is en ewig is, is ek huis toe om verder te lees en meer te leer. Soos Liza-Nel in haar plasing aangedui het, is daar soveel meer as dit wat in die populêre media die laaste paar dae aan ons opgedis is.

*In plaas van dinge wat deur mot en roes verniel word, kan ek aan my nageslag ’n geestelike erfenis nalaat wat geslagte lank kan voortleef (Eks 20 vers 5 en 6).

*Die verlore seun het in wese sy pa doodverklaar deur vooruit te gryp na ’n klatergoud erfenis, totdat hy teruggekeer het na die groter skat van sy vader se vergewende liefde (Lukas 15 van vers 11 af).

*Maar die mooiste van alles: Deur die evangelie word gelowiges mede-erfgename van die onnaspeurlike rykdom van Christus. (Ef. 3 vers 6 tot 8). Prys die Here vir hierdie onkoopbare hemelse erfenis!

Kosie Kramer

2011-09-27

Dis so gaaf om te sien dat alle besware darem nie op dowe ore val nie. Anna Louw, Dirk Kasselman en ander se besware oor die ongewenste skakels na swak materiaal op Kerkbode-aanlyn, en hul voorstelle oor hoe om dit reg te maak, is darem nou na 2 weke deur Adri-Louise van Renen ter harte geneem. Die meeste van die skakels is nou verwyder, ondanks pogings deur Jean Oosthuizen om dit as onmoontlik om te verander as verskoning aan te bied, of as belaglik af te maak deur ’n paar skrywes op hierdie forum.

Liza-Nel

2011-09-27

Ek voel sit die duiwel op sy plek

– hy bestaan of hy bestaan nie, want as hy eers ’n hoef in die deur gekry het gaan daar in die toekoms ook ruimte vir diegene gemaak moet word wat bv die fisiese Opstanding en Christus se Middellaarskap ens betwyfel of anders vertolk…en op die ou end sit ons met ’n mengelmoes van uiteenlopende sieninge wat ewe min gewig dra.

En dink net aan die arme predikant wat die diverse spul op ’n Sondagoggend gelukkig moet hou!

Kramer Kosie

2011-09-27

Ag nee. Is die porn nou weg op die kerk se saait? Waaroor sal Kosie dan nou kraam en waar sal ta Anna die kale jonkers kan gaan bekyk?

Anna Louw

2011-09-28

Kramer Kosie jou reaksie bevestig waarom dit verwyder moet word.Dit pla jou nie eens dat daar “porno op die kerk se saait” is nie. Met die eer van die Here het jy nie eers ’n saak nie.Wie sou nou almal spyt wees oor die heerlike “onskuldige toegang” by “kerkbode” wat gesluit word ????? Dit laat mens dink nê! Jou gebrek aan sensitiwiteit en begrip is so ooglopend.Jy weet duidelik nie wat dit is om saam met ’n ma te huil wie se onskuldige dogtertjie verkrag is deur ’n vark nie. Jou beledigings seën my. Baie dankie hoor.

Baie dankie aan Kosie Kramer, Dirk Kasselman en ene Burger vir jul ondersteuning. Mag die daad by die woord gevoeg word.

gerhard bothma

2011-09-28

Dat daar diverse standpunte oor pornografie bestaan, is duidelik so. Ons uitdaging bly steeds om mekaar te hoor en op beredenering te fokus eerder as om persoonlik te raak.

Wat die “skakel” op die Kerkbode se webblad aanbetref, het Jean Oosthuizen goed geantwoord en enige verdere gesprek daaroor kan gerus op Kerkbode se blad, eerder as hier gevoer word.

Oom Boer

2011-09-29

Ja, dit is maar n duiwelse ding. Hierdie diversiteit ding. byna soos n vrieskas turksvy. Laat die besigheid eerder eers koud word voor jy hom in jou mond druk, en dan moet jy matigheid voor oog hou, anders is daar weer anderkantse probleme. Hier van my stoep af lyk dit asof die wysemanne oor DIE VERSKEIDENHEID praat asof dit iets nuuts en vreemds is. As ek dit nou met iets aards moet vergelyk – soos my ou kuddetjie deurmekaar koeie – sou ek dit sommer maar net groei noem. Die spul groei maar so saam aan deur die sewe vet jare en die sewe maer jare. Vat nou maar my wederdoper buurman, ons groei ook maar so saam, al het die duiwel in hom gevaar oor hierdie doop ding – was mos Israel toe na sy laaste groot oes, maar wie is ek om te oordeel. Ou dominee weet van hierdie ding van hom, maar ons dien nog saam op die kerkraad. Ek stem vir diversiteit, dit is die sout op die braaivleis. Dit is die werklikheid van kerkwees en menswees. Hoe sal ons dan nou kan stry as ons oor alles sou saamstem.

Kosie Kramer

2011-09-29

Gerhard, jy mis klaarblyklik die punt dat Jean Oosthuizen se skrywe die kat aan die stert beetgehad het deur te beweer dat die ongewenste skakels nie verwyder kan word nie. Meeste daarvan is nou verwyder nadat aan Adri-Louise gewys is hoe. Sy “goeie antwoord” was dus duidelik nie so goed nie. ’n Mens hoop dit was maar net uit onkunde.

Mart Bloem

2011-09-29

Eerder uit moedswilligheid sou ek sê.

Jean Oosthuizen

2011-09-29

Kosie Kramer ek het niks van die aard geskryf nie. Gaan lees weer. Ek het ’n verklaring geplaas wat deur Adri-Louise self geskryf is en my heelhartig daarmee vereenselwig. Ek vertrou jy voel dieselfde.

Rina du Plessis

2011-09-29

Ek sit weer dele van Ms Morkel se stuk hier want dis oorduidelik dat van die mans hier nie ’n koekingkloe het van hoe vrouens oor sulke dinge voel nie:

Me Elize Morkel het die volgende statistiek uitgelig in haar aanbieding:

* Suid-Afrika het van die hoogste voorkoms van geweld op vroue in die wêreld.

* Suid-Afrika het van die hoogste voorkoms van verkragting in die wêreld.

* Seksuele geweld impakteer op meer as ’n derde van SA-meisies voor die ouderdom van 18 jaar.

* Die geweld van armoede raak vroue in SA direk omdat vroue in die algemeen minder verdien as mans en werkloosheid meer onder vroue as mans voorkom. Ons vind ’n konsentrasie van armoede in gesinne waar vroue die hoof is.

* Suid-Afrika is ’n dominante patriargale gemeenskap, is oorwegend Christelik (nagenoeg 79% van die bevolking sien hulleself as Christene), maar bogenoemde is van ons land waar. Wat sê dit vir ons oor die verband tussen hierdie feite?

Kosie Kramer

2011-09-30

Jean Oosthuizen, onderstaande is wat jy namens Adri-Louise geplaas het, en wat jy nou weer verklaar jy jou heelhartig mee vereenselwig: “Nóg Kerkbode nóg Bybel-Media het enige beheer oor hierdie video’s of skakels.” Die punt is dat laasgenoemde so pas verkeerd bewys is deurdat Kerkbode in staat was om soortgelyke ongewenste skakels te verwyder met raad van buite af. As jy dus destyds uit onkunde saamgestem het, behoort jy ten minste nou nie meer saam te stem dat sulke skakels nie verwyder kan word nie.

Peet Le Roux

2011-10-01

Genugtig wie is die Kosie Kramer karakter en wat is sy beheptheid met Jean Oosthuizen? Waarom skryf hy onder ’n skuilnaam en wat is nou eintlik sy punt?

Dit is regtig steurend om kort kort ’n forumtrol soos Kosie Kramer te moet raaklees.

Die getjommel oor pornografie waarmee Kerkbode baie duidelik niks mee te doen het nie raak werklik afgesaag.

Ek het die doelstellings van die forum weer gelees en kan nie wat is nou eintlik Kramer se bydrae tot die gesprek waar oor dit gaan nie.

Kramer Kosie

2011-10-01

Haai Kosie het jy die hots vir ou Oosie of wat is jou case my ou? Lyk my jy het porn in jou kop. Ek dink jy het ’n probleen boet. Gaan sien iemand.

Liza-Nel

2011-10-01

Nee kyk mens kan seker onnoselheid vergewe, maar as daarmee blatant gespog word…

Is julle tweetjies aan die heup vas of wat?

gerhard bothma

2011-10-02

Dankie vir jou verwysing na die doelstellings van hierdie forum, Peet.

Ek wonder hoeveel mense wil graag aan n gesprek hier deelneem, maar dit nie doen nie omdat hulle nie persoonlik aangeval of verkleineer wil word nie.

Nog iets waaroor ek gewonder het, is oor wat n goeie manier is om persone wat nie regtig oor diversiteit wil gesels of bevorder nie te hanteer.

Hoe voel jy / julle?

gerhard bothma

2011-10-02

Sewentien jaar na die begrafnis van die ou apartheidsbeleid sukkel baie mense nog steeds om deur n rouproses hieroor te werk.

Prof Theuns Dreyer, teoloog en oud-voorsitter van die Hervormde Kerk se algemene kerkvergadering,

het aan die vooraand van dié kerkverband se jaarvergadering gesê dat dit nou tyd vir Afrikaners en lidmate van die Hervormde Kerk is om hul rouproses daaroor af te handel en ’n nuwe werklikheid in die oë te kyk. Hy het ook die hoop uitgespreek dat hulle kerkverband daarin sal slaag om dit nou te doen.

Wat sou jy / julle sê is hierin die parameters vir diversiteit?

gerhard bothma

2011-10-05

Dis nou al algemeen bekend dat die regering geweier het om ’n visum aan die Tibetse geestelike en Nobelpryswenner, Dalai Lama, toe te staan. Hy sou emeritus Aartsbiskop Desmond Tutu se 80ste verjaardag bywoon en ’n gedenklesing lewer.

Biskop Tutu is met reg ontsteld hieroor en het selfs gesê dat die ANC erger as die apartheidsregering van weleer is. Nou maan die ANC hom om kalm te word.

Hierdie gebeure raak ons wesenlik. Dui dit volgens jou daarop dat die regering die Chinese regering nie wil ontstel nie? Is die ANC intollerant jeens diversiteit?

Wat dink jy / julle is die parameters hierin mbt diversiteitsbestuur?

Hennie

2011-10-05

Diversiteit kan net suksesvol bestuur word as die uitvoering en begrensing daarvan op die regte beginsels gegrond is.

Die ANC hou nie by hul veronderstelde beginsels ten opsigte van mense wat mekaar nie mag onderdruk nie (Sjina onderdruk Tibet), maar laat ekonomiese redes hoogty vier (SA het goeie ekonomiese bande met Sjina). Sou dit waar wees dat die ANC wel nog regtig besig was om die Dalai Lama se visum se aanvaarding te ondersoek met die moontlikheid van goedkeuring, wys dit maar net weer hoe pateties hul dienslewering is (hoeveel maande is nodig om ’n visum goed te keur?).

Biskop Tutu staan klaarblyklik godsdienstige diversiteit ver bo Christelike beginsels voor, want daar was nog nooit enige sprake dat hy ’n poging sou aanwend om die Dalai Lama van sy valse geloof te laat bekeer nie.

Hierdie diversiteitsforum behoort nie diversiteit te probeer bevorder ter wille van getalle nie (dit sou soos die ANC wees wat hul besluit baseer op ekonomiese redes ten koste van hul beginsels), maar op beginsels wat op die Bybel en daarom op die uitbreiding van die enigste ware evangelie gebou is (anders as biskop Tutu).

Beide die ANC en Tutu demonstreer dus hoe diversiteit nie bestuur moet word nie.

Hennie
2011-10-05

Gerhard, die stelsel beweer heeltyd dat die sekuriteitsnommers verkeerd is, maar lyk my registreer dan tog wel die inset. Ek het later gedink ek moet maar my naam verander om te sien of dit gaan werk. Vee dus maar die laaste 2 herhalings uit.

Attie
2011-10-05

Wed jul die ANC is goed betaal deur die Chinese om besigheid te doen & stil te bly. Hul is meesters in die kuns. Werknemers word gruwelik uitgebuit,maar geen arbeidsinspekteur sal daaroor kla nie.Die betalings is betyds gedoen!!

Tutu moes seker baie guns gewen het met hierdie tirade van hom. vir die “wit boetebelasting”!!

Stefan Nel
2011-10-05

Gerhard jy is 100 persent reg. Die ANC het met sy besluit gewys diversiteit is nie vir hulle belangrik nie. Net soos wat Hennie/Koos bewys hoe intollerant en voorbarig party Christene kan wees.

Stel jou voor biskop Tutu moet die Dalai Lama van sy “valse godsdiens” prober bekeer! Dit is duidelik dat Hennie geen idee het wat godsiensvryheid beteken nie.

As daar dus EEN persoon is wat vir ons wys hoe diversiteit NIE bestuur moet word nie dan is dit Hennie self.

Genadiglik is die dae van sulke bekrompe denke vir goed verby en selfs die Hervormde kerk het vandag bewys die gematigde meerderheid se stem tel nog.

Attie
2011-10-05

Stephan – so jy sê by implikasie dat Jesus se Groot Opdrag is nie meer ter sake nie? Wie het dit besluit en wanneer? Hennie is heeltemal reg volgens die Bybel.

So terloops waarmee ons hier te doen het is godsdiensgelykheid maw die Christendom is gelyk met ander godsdienste. Die regte ding is godsdiensvryheid – elkeen is vry om sy godsdiens te beoefen,maar die Christendom is verhewe en enig.Daar is maar net een God Drieënig.

Liza-Nel
2011-10-05

Lyk my almal verstaan nie die term ‘godsdiensvryheid’ eenders nie.

Is Christus se dood en opstanding nie die vertrekpunt waaruit ’n Christen godsdiensvryheid behoort te beoefen nie? Het dit diegene wat in Hom glo nie vrygemaak om Hom te dien en te volg in gehoorsaamheid nie? Hierdie oortuiging behoort mos die fundamentele rede te wees hoekom ’n Christen hom/haar op godsdiensvryheid beroep…dus beteken dit ook dat ek gehoor moet gee aan Sy opdrag

– om die evangelie aan alle nasies uit te dra. Let wel nie afdwing nie, maar wel uitdra/vertel…

Maar lyk my sommiges misgun ander hierdie reg deur voorskriftelik te wil wees oor hoe hulle dit moet bestuur – dis nou as jy nie maak en voel en dink soos die gematigde meerderheid nie?

Dirk Kasselman
2011-10-06

Dankie Liza-Nel. Ek dink selfs “Stefan Nel” (dit sal gaaf wees om uit te vind wie hy nou eintlik is), kan dit verstaan. Of hy dit wil verstaan is natuurlik ’n ander vraag.

gerhard bothma
2011-10-06

Dankie vir julle bydraes hieroor.

Hennie, ek het die ‘ekstra’ poste verwyder.

Ek dink ons almal stem saam dat diversiteit ooreenkomstig “beginsels wat op die Bybel en daarom op die uitbreiding van die enigste ware evangelie gebou is” (Hennie 2011-10-05) bestuur behoort te word. Dis egter een ding om dit te sê en ’n ander om dit prakties uit te voer. Byvoorbeeld: hoe sou oud-Biskop Tutu op Hennie se “(anders as biskop Tutu)” reageer? Op grond waarvan is sy evangelie anders as die “ware evangelie” (aldus Hennie)?

Stephan, myns insiens het Attie jou nie gehoor nie. Wil jy dalk verder uitbrei asseblief?

Ek wou nou amper stout wees en vra hoe julle dink Jesus teenoor iemand, soos die Dalai Lama – wat liefde, tolleransie en ander koninkrykswaardes uitleef, al bely anders as ons oor God en Jesus – sou opgetree het?

Stefan Nel
2011-10-06

Jy is reg rk dink nie Attie hoormy nie. Hy skryf die Christendom is verhewe. Ek glo nie enige geloof is verhewe bo ’n ander nie.

Ek is gebore vanuit ’n Christen agtergrond en daarom is ek een. As ek of Attie in Tibet gebore was sou dit baie onwaarskynlik wees dat ons Christene sou wees.

Ek weier om te glo dat my geloof verhewe is net omdat ek toevallig in ’n ander land as die Dalai Lama gebore is.

Ek hoor ook graag wat bedoel julle as julle van die Bybel praat as die enigste ware evangelie? Waar kom julle daaraan? Dit staan nie eers in die Bybel nie!

Henrietta Klaasing
2011-10-07

“Dit staan nie eers in die Bybel nie!”

Jy sê jy is gebore vanuit ’n Christelike agtergrond maar ek wil vra: hoe goed ken jy jou Bybel Stefan?

Jy bevraagteken dat die Bybel die enigste ware evangelie bevat. “Evangelie” (Engels: gospel) beteken die goeie nuus aangaande Jesus Christus as Verlosser . Om net twee plekke in die Bybel te noem:

In Johannes 14 vers 6 sê Jesus dat niemand na die Vader kom nie, behalwe deur Hom nie.

In Handelinge 4 vers 10 tot 12 staan daar dat die saligheid (verlossing) in niemand anders as in Jesus is nie.

Stefan Nel
2011-10-07

Henrietta jy moet asseblief leer om eers mooi te lees voordat jy so vinnige reageer. My vraag is waar in die BYBEL staan die BYBEL is die enigste ware evanglie. Hier is vir jou ’n tip: Lees eers en kommentaar dan. Teks asseblief.

Henrietta Klaasing
2011-10-07

Oor die “ware evangelie”

Ek haal Hennie se woorde rakende die “ware evangelie” aan:

“Hierdie diversiteitsforum behoort nie diversiteit te probeer bevorder ter wille van getalle nie (dit sou soos die ANC wees wat hul besluit baseer op ekonomiese redes ten koste van hul beginsels), maar op beginsels wat op die Bybel en daarom op die uitbreiding van die enigste ware evangelie gebou is (anders as biskop Tutu).”

Ek kan nie sien dat Hennie (of Liza) hier iets sê “van die Bybel praat as die enigste ware evangelie” (Stefan aangehaal) nie.

Susan Lotter
2011-10-07

Kerk moet gerat wees vir diversiteit

POLOKWANE.

– Die nuwe webmeester van die NG Kerk se diversiteitsforum, dr Gerhard Bothma, sê hy wil deur oop gesprekke na die misterie en grootsheid van God soek.

Dr Bothma, wat die leisels oorgeneem het by dr Charles Malan wat onlangs oorlede is, sê enigeen en almal is welkom om aan die gesprekke op die diversiteitsforum (

www.ngkerk.org.za) deel te neem.

Dr Bothma meen diversiteit het te make met álles waarmee ons elke dag te doen kry. Hy sê totdat die kerk amptelik en sy lidmate individueel nie diversiteit verstaan en kan bestuur nie, het die Taakspan Diversiteit en die NG Kerk se diversiteitsforum ’n belangrike rol om te speel.

Dr Bothma is leraar van die NG Gemeente Bendorpark in Polokwane. Hy het aan Kerkbode gesê hy glo die Algemene Sinode sal die belangrikheid van diversiteit insien en dit moontlik maak om nóg meer pro-aktief te kan werk as wat tot nou toe gedoen is. “Ons sal ons gesprekke op die web, in ons gemeentes, by kerklike vergaderings en wyer as effektiewe mediums vir dialoog en gesprekvoering nog meer gerat moet kry.”

Dr Bothma het groot planne met die forum en sê die sake wat by die Algemene Sinode bespreek gaan word, sal eersdaags daar onder die loep geneem word. “Buiten die geleentheid wat persone wat diverse standpunte handhaaf, kry om hulle standpunte aan ander s’n te toets, wil ek ook graag ’n bydrae lewer deur mense van die diversiteit in benaderings tot en interpretasies van die tekste (en kontekste) waarmee ons werk, bewus te maak.”

Te veel plasings op die forum lewer volgens dr Bothma nie werklik ’n bydrae tot die verstaan of bevordering van diversiteit nie. “Dit en die gegewe dat ons kerk reeds by verskeie geleenthede bely het dat ons nie liefdevol saamgeleef het met ‘die ander’ nie, maak die gesprek dringend noodsaaklik.”

jean@tydskrifte.co.za


Kommentaar:

Dr Bothma aanstelling

2011/10/06

Dr Bothma se jarelange ondersteuning van prof Julian Muller, selfs na die verskyning van sy nuwe boek Om Te Mag Twyfel – waarin God nie meer as ’n Persoon bely word nie, maak mens baie hartseer en bekommerd oor sy aanstelling. Het radikale diversiteit (selfs die ontkenning van ’n Persoonlike God en die aanvaarding van Panenteisme)- die nuwe dogma in die NG Kerk geword?

Derduisende Christene verlaat die NG Kerk, terwyl die liberales “diversiteit” en “Seisoen van Luister” skreeu. Hierdie agenda dien klaarblyklik nou al ’n klomp jaar as dekmantel om die Nuwe Hervormers met ope arms in ons kerke te verwelkom. Onbillike afleidings? Prof Sakkie Spangenberg verwys soms na sy jarelange Polokwane vriend … inderdaad dr Gerhard Bothma… en prof Julian Muller het onlangs in Bothma se gemeente opgetree en sy boeke verkoop.

Die NG Kerk het en moes gewis baie grense oorsteek. Prys die Here daarvoor. Maar het die NG Kerk dalk die Nuwe Hervorming en Panenteisme grense moes oorsteek?

Dalk goeie sake vir die NG Kerk se diversiteitsform om oor te gesels? – Susan Lotter

Liza-Nel
2011-10-07

Behoede die Tibetane!!

Christus is universiëel. As jy Hom as jou Verlosser en Saligmaker erken en volg kan jy jouself met die grootste vrymoedigheid ’n Christen noem ongeag waar jy woon of van watter etnisiteit jy is – anders is ‘Stefan Nel’ slegs maar net ’n verwarde Tibetaan…

Of wou jy hê ek moes sê ‘alle godsdienste lei tog maar na God ongeag of jy Jood, Moor of Mohammedaan is’?

Janel van Niekerk
2011-10-07

Beste Susan,

Dr Gustav Gouws het vroeer die jaar ’n paar belangrike dinge gese oor die Nuwe Hervorming in Beeld. Dit sal baie jammer wees as Dr Bothma deel is van ’n groep liberale teoloe wat Panenteisme en die Nuwe Hervorming se radikale standpunte wil propageer. Kyk hoe sterf die Europese kerke waar hierdie standpunte aanvaarbaar geword het. Dr Gouws se onder andere:

“Kerke speel oop kaarte. Spangenberg gebruik die sameswering-tegniek (conspiracy theory). Hy beweer dat kerke (lees: ongenoemde magsgroepe) mense gevange hou en onwaarhede verkondig. Hy noem dan sy eie standpunte (dat Jesus eintlik Joods en staatsterroris was) as die betroubare standpunt. Die sameswering is dan dat alle dominees hierdie “feite” eintlik weet, maar verkies om ’n verdraaide, legendariese Jesus te verkondig.

Hierteenoor: Ek het elke standpunt wat Spangenberg neerskryf, gehoor tydens my teologiese studies, dit deurdink, maar tot ’n ander gevolgtrekking gekom as hy. Predikante is mense wat uit eie oortuiging glo dat Jesus Seun van God is en dat die Bybel betroubaar is, en dat die Bybel nie legendariese uitbouings oor ’n mensie Jesus van Nasaret is nie.

Maar kom ons speel dan almal oop kaarte. As iemand die kerk verlaat het omdat hy nie glo dat Jesus Christus Seun van God is nie, dan moet hy dit as die ware rede noem. Dan is sy egskeiding as gevolg van sy nuwe liefde, nie sy eksvrou se plooie nie. As iemand die Bybel as antieke boek vol legendes beskou, dan moet so iemand dalk skuif na die departement letterkunde eerder as om teologie te doseer.”

As die NG Kerk se Diversiteitsvorm ten doel het om ongedaan te maak wat dr Gouws se, dan wonder mens of die NG Kerk gaan oorleef.

Jannie Venter
2011-10-07

Gerhard,

Janel en Susan se kommentaar verdien jou kommentaar asseblief. Dink jy die Nuwe Hervorming se standpunte oor Jesus is versoenbaar met die hart van ons belydenis in die NG Kerk of nie? Moet diversiteit so ver gaan om ook hulle te akkommodeer of nie? As ek Dr Gouws reg verstaan HET hy en baie predikante tydens hulle opleiding geworstel met al die relevante vrae maar tot ander oortuigings gekom as die Nuwe Hervorming. Wat dink jy hieroor Gerhard?

Attie

2011-10-07

Die Christendom is` verhewe bo enige ander godsdiens.Niemand is so blind as hy wat nie wil sien nie. Wat maak jy dan van Paulus se woorde in Gal 1:7 ” daar is geen ander evangelie nie.Tog is daar mense wat die evangelie van Christus probeer verdraai en vir julle in verwarring bring.” Ek is ook gebore in ’n Christenhuis & het selfs my Bybel gelees,maar was nog ongered.Na my bekering tot Jesus Christus en verlos deur sy Bloed was ek Sy Kind en het Hom eers toe werklik leer ken. Jesus het selfs vir die godsdienstige Nikodemus gesê hy moet eers weergebore word.Hoe verstaan jy` dit? Wat word na jou mening van Jesus se Groot Opdrag ?

Plesierige Afrikaner

2011-10-07

My matras en jou kôbers en daar lê die ding, o allah, daar lê die ding, o allah, daar lê die ding We are marching to Pretôria, Pretôria, Pretôria, We are marching to Pretôria, Pretôria, Pretôria, PRETôRIA HERE WE COME!

Aan al die ringkoppe, grootkoppe en blinkkoppe onthou naasteliefde is die buzzzz woord so gun mekaar ma so ’n stukkie van jou kôbers en matras.

Vrede.

Stefan Nel

2011-10-07

Janneman ek stel nie belang om my lewe op die altaar te plaas oor enige kerk se belydenisse nie. Dis meer as 400 jaar gelede in ’n totaal ander konteks as vandag geskryf Ek stel belang in hoe ons hier en nou leef.

Dirk

2011-10-07

Stefan, jy verwerp ongelukkig nie net die belydenisse nie, jy verwerp ook die boodskappe van die Bybel. En nou bly die vraag Gerhard, waar staan jy?

Stefan Nel

2011-10-07

Slaan my met ’n teks Dirk. Moenie net gorrel nie. Sit jy of staan jy? Lyk my die beswaarde Hervormers soek nou hier plek om nes te skrop.

Henrietta Klaasing

2011-10-07

Stefan, waarom antwoord JY ’n vraag oor die belydenisskrifte wat Jannie Venter direk aan Gerhard rig asof dit aan JOU gerig is? Of is dit ’n geval van Stefan = Gerhard?

Stefan/Gerhard/…..:)

2011-10-07

My maggies en daar vang ant Hetta my uit. Ja ek moet bely. Ek is Gerhard die Trojaanse perd. Hies pêrre mense! Ai tog. Wat sou oorle Charles nie oor die gedoente te sê gehad het nie.

Janus le Roux

2011-10-08

Dis absoluut pateties hoe onvolwasse mense op hierdie forum optree. Twee dames (Janel en Susan)lewer bydraes en vra billike vrae aan Gerhard oor Sakkie Spangenberg en Julian Muller in die konteks van Panenteisme en die Nuwe Hervorming. Hoekom kan Gerhard, die nuutverkose webmeester nie daarop reageer nie? En dan ook eerlike reaksie op dr Henk (nie Gustav) Gouws se kritiek ook asseblief.

Thom

2011-10-08

In Mat 24:24 sê Jesus daar sal valse Christusse wees; met ander woorde valse Middelaars tussen God en die mens.

Vandag sien ons hierdie voorspelling bewaarheid word. Die Middelaar se doel is om ons met God te versoen.

Met die koms van Modernisme en post modernisme het Leraars met al hoe groter vrymoedigheid begin skaaf en verander aan dit wat baie pertinent in die Skrif opgeteken is.

Die één wat daarop aanspraak gemaak het om die Christus te wees, Jesus van Nasaret, se gesag word daagliks al meer van Hom gestroop. Die ontkenning van Sy Maagdelike Geboorte, Sy Fisiese Opstanding uit die Dood, Sy Bloed as enigste ware soenoffer vir ons sonde voor God, dui daarop dat diesulkes wat van die kansels af hierdie tipe boodskap of Evangelie verkondig, deel van die groep valse Christusse is want hulle is besig om die hart van die Evangelie soos dit in die Skrif vir ons gegee word, uit te ruk en te vervang met die leë boodskap van “vrede vrede”. Hulle stel hulleself as’tware in die plek van Jesus en skryf ’n ander evangelie voor.

My vraag aan een en elk wat hul stemme so helder en duidelik, selfs oorverdowend laat hoor ten gunste van die sogenaamde eietydse kulturele uniekheid, wat hoër gestel word as die eeue oue Boodskap van die Woord, is: vir wie baklei julle? Sou jy vir God baklei, sal jy in meeste gevalle met mense moet verskil en hulle aanmoedig om ’n lewe tot eer van God te lei. Baklei jy vir mense, het jy teen God gekies want mense se begeertes en lewens neig na alles wat sleg en verkeerd is; na alles wat God met ander woorde nie behaag nie.

Veg jy vir die mens se saak (met ander woorde om hulle sondige begeertes te erken en aanvaarbaar te maak vir die Kerk en die gemeenskap soos in die geval van homoseksualisme), of veg jy vir God se saak (‘n Heilige lewenswandel deur almal)?

Kom ons kyk na die beoogde gesprek oor die bestaan van Satan as persoon. Enige persoon wat Satan uit die scenario van ons bestaan uithaal en wat ten minste nog in God glo, het vir himself ’n scenario geskep waarin God die volle blaam moet dra vir al die ellende, pyn, lyding en hartseer van hierdie wêreld.

As Satan werklik nie bestaan het nie, sou daar geen sondeval plaasgevind het wat gelei het tot God se oordeel oor die Skepping nie; die oordeel oor die sonde wat God se uitspraak “en dit was baie goed” verander het in “vervloek is die aarde, dorings en distels sal dit voortbring en jy sal met pyn kinders in die wêreld bring”.

In die media klink die stemme van verskeie Teoloë en Leiers soos Julian Muller, James Kirkpatrick, Chris Jones, Kobus Gerber, Jan Botha, Gerhard Bothma ens op waar hulle die saak van die mens in die NG Kerk wil bevorder. Diversiteit se grense moet afgebreek word en die strome vreemde en sondige gebruike en praktyke moet met teerheid hanteer en verstaan word so asof die mens die totaal onskuldige party is in die bose wêreld wat God vir ons gegee het en waarvoor Hy alleen verantwoordelik is. Die mens word as die prooi van sy omstandighede geskets terwyl Satan se bestaan ontken en God in die beskuldigde bank geplaas word as die hoof oorsaak van ons ellende.

In Sy groot Liefde het God Sy Seun gegee om die werk van Satan en die gevolge van sy impak op die mens, nietig te maak, vir hulle wat in Sy Naam glo. Ironies genoeg betoog die liberales in die naam van liefde, vir ’n opstand teen God en word God se voorskrifte afgemaak as liefdeloos; word Sy Woord afgemaak as die produk van primitiewe idiote wat geleef het in ’n tyd waarin hulle nie van beter geweet het nie.

Diversiteite waarvoor daar veral baklei word, is oor die algemeen sienings wat lynreg teen die Woord van God indruis waarvan homoseksualisme en aborsie seker op hierdie stadium die meeste konflik veroorsaak.

Die probleem is egter dat diegene wat pro-homo of pro-aborsie is, nie tevrede is met die algemene beskerming wat menseregte vir alle mense bied nie; nee hulle baklei vir spesiale bekerming asook spesiale bevoordeling deur wette op die wetboeke te laat plaas waarin alle gemeenskappe en groeperinge, by wet verplig word om hul eens veragtelike gedrag en dade, nie net te aanvaar of te verdra nie, maar ook by wet verbied word om selfs binne hul Godsdienstige morele siening, sodanige praktyke as sonde te ettiketteer. Daar is alreeds lande waar daar wette in plek is wat homoseksuele persone so beskerm dat Kerke wat steeds homoseksualisme as sonde sien krimineel vervolg kan word as hulle sou predik dat homoseksualisme sonde is.

Waarheen wil ons Leierskap die NG Kerk stuur met hierdie komende Sinode sitting? Verder die ellende in waar die Kerke leegloop en die oorsaak deur die media en liberales sonder enige grondige redes aangevoer word as dat dit die fundamentalistiese aard van sommige NG Kerk lidmate is wat ander verdryf? En dit in ’n tyd waar byeenkomste bloei waar die Bybel steeds as die onfeilbare Woord van God geag word soos in gemeentes waar Leraars nog onbeskaamd kan sê die hele Woord is deur God geïnspireer.

Wys my een enkele byeenkoms aangebied deur liberale Teoloë wat die bywoningsyfer van ’n Angus Buchan Mighty Men konferensie het; of die groei van ’n gemeente soos Pietersburg Noord waar talle lidmate vanaf buurgemeentes oorloop omdat die predikante van hulle plaaslike gemeentes nie leef as kinders van God nie en die liberale sienings verkondig waarin selfs Jesus as die Enigste Weg na die Vader, betwyfel word.

Wys my ’n suksesvolle Kerkgenootskap wat van bogemiddelde goeie bywoning van eredienste kan getuig terwyl hul Teologiese Opleidingsinstansies se dosente die Bybel so minag dat hulle hul studente selfs leer dat daar geen bewyse bestaan dat Abraham bestaan het nie of dat Jesus nie werklik fisies opgestaan het nie en vir seker nie weer gaan terugkeer soos dit in die Bybel opgeteken staan nie.

Al hierdie gevalle en tendense hierbo genoem, kom in die NG Kerk voor sonder dat ’n enkele Teoloog, Dosent, Predikant of lidmaat in die proses voor ’n Raad gebring word om verantwoording te doen vir sy dwalinge.

Jesus sê in Mat 12:30 “Hy wat nie met My is nie, is teen My; en hy wat nie saam met My versamel nie, verstrooi.” My opinie – die leë Kerke getuig van die teenwoordigheid van ’n wolf wat besig is om te verstrooi en van die afwesigheid van ’n herder wat saam met Jesus besig is om bymekaar te maak.

Is die afgevaardigdes na die Sinode geestelik toegerus en sterk genoeg om die aanslag van die liberales te weerstaan en om die aanslag om te keer? Hulle wat nie alleen net die Woord nie, maar ook Jesus persoonlik aftakel om Hom uiteindelik aan die wêreld voor te hou as ’n suiwer historiese figuur.

In die proses is die liberales besig om Jesus weer opnuut te kruisig; nakend aan ’n skandpaal op te hang voor die wêreld met die spotnaam bokant Sy kop:”Die Koning van die Verlostes”.

‘n Ondersteunende stem vir die Liberalisme, konstateer deelname aan die haatkreet wat deur al die eeue steeds ge-eggo word: “Kruisig Hom!!!”

Waarheen is ons oppad, NG Kerk???

Henrietta Klaasing

2011-10-08

Dr Henk Gous se artikel

Gerhard, miskien sal hierdie skakel jou help om te antwoord:

http://www.beeld.com/In-Diepte/Nuus/Om-beter-kerk-te-wees-20110613

gerhard bothma

2011-10-08

Dankie vir al die plasings. Dat ons hier met diverse persoonlikhede, uitgangspunte en beskouinge te make het, is baie duidelik. Dit geld ooglopend ons bedoelings ook. Baie dankie vir die skakel, Henrietta. Ek het sy betoog destyds gelees. So terloops, ek en Stefan is beslis nie dieselfde persoon nie.

Hier is nou soveel vrae wat aan my gerig is dat ek wonder waar om te begin. Miskien hier: die forum gaan nie oor my nie; dis óns forum. Dit sal wonderlik wees as hierdie ’n ruimte kan wees waar al hoe meer persone ’n veilige ruimte kan vind om te kom gesels en weer te kom gesels. En as ons na die diverse getuienisse kan luister en daardeur verryk kan word. Dis tog ’n diversiteitsforum, nie ’n probeer-ander-na-my-opinie-toe-oortuig-forum nie.

Wat die persoonlike vrae aanbetref, die volgende. Daar is niks nuut in die ‘planne’ wat ek het nie. Ek werk as deel van en saam met die Taakspan vir Diversiteit en dit wat ek in die berig waarna Susan Lotter verwys gesê het, kom uit die verslag wat by die Alg Sinode gaan dien (die verslag is as deel van die agenda op ons kerk se webwerf beskikbaar). Omdat ek my betrokkenheid by die forum as deel van my roeping en bediening beleef en beskou, hoop ek dat my bydrae hiertoe goeie vrug sal dra. Jesus het immers gesê: “Julle het My nie uitgekies nie, maar Ek het julle uitgekies en julle aangestel om uit te gaan en vrugte te dra, vrugte wat sal hou” (Joh 15:16). As iemand wat baie bewus is daarvan dat God my as kind aangeneem het (Gal 4:5) en as bedienaar van die versoening, beywer ek my graag vir die boodskap van versoening en vir God en sy koninkryk (2 Kor 5:11-20). My eerste doelwit in hierdie verband is dus om in die tydperk wat ek aangestel is (tot einde Desember) soveel moontlik tot God se eer en vir die uitbreiding van sy koninkryk – ook op hierdie forum – te doen.

Oor Janel en Susan se kommentaar en Jannie se vraag: my verhouding met Julian het sedert my studentejare gegroei en ek het met Sakkie vriende begin word terwyl hy nog ’n beroepbare proponent van ons kerk was. Soos enige ander twee mense is daar dinge waaroor ons saamstem en dinge waaroor ons van mekaar verskil. Julian het my nog nooit probeer oortuig om ‘soos hy’ te glo nie en Sakkie het my nog nooit na die NHN toe probeer bekeer nie. Ek is nie ’n Nuwe Hervormer nie, alhoewel die etiket my al aangeplak is. Terloops, Susan, Julian het nie onlangs in ons gemeente gepraat nie en hy het ook nie hier boeke verkoop nie. Waarom sou dit in elk geval ’n probleem wees?

Ons liefde vir mekaar, het Christus gesê, is dit waaraan ons as sy dissipels geken sal word, nie aan fyn uitgewerkte geloofskemas, ywerige afwysing van alles wat vir jou vreemd of verkeerd is, verwerping van andersdenkendes of iets dergliks nie (Joh 13:35). Jesus is o.a. ” ’n vraat en ’n wynsuiper, ’n vriend van tollenaars en sondaars” (Luk 7:34) genoem. Hoe hanteer ons – as mense wat opgeroep word om liefde te leef – mense wat anders as ons is? Bestuur van diversiteit gaan myns insiens oor die uitleef van Christus se liefde in ons alledaagse lewens. Hoe sal ons ons verhoudings en vriendskappe bestuur in die lig daarvan dat Christus vir ons gesterf het toe ons “nog sondaars was” en God sy liefde só vir ons bewys het (Rom 5:8)? En hoe bepaal dít wie ons gespreksgenote is / moet / mag wees (Luk 10:25-37, veral :36-37) en die styl waarin ons mekaar op die forum benader en hanteer?

Janus en Henrietta, ek het nie vroeër geantwoord nie omdat ek nie heeltyd aanlyn is nie. Waarom so venynig?

Janus le Roux

2011-10-09

Beste Gerhard,

Ek dink een van die sake wat jy nie beantwoord het nie en wat die eintlike saak is waaroor baie mense op hierdie forum duidelikheid oor wil kry is die volgende: Glo jy werklik dat daar binne ons belydenis in die NG Kerk spesiaal ekstra ruimte geskep moet word vir die radikale standpunte van professor Sakkie Spangenberg of nie? En dalk dieselfde wat betref die Panenteisme wat professor Julian Muller propageer?

Deel asseblief met ons hoe jy as webmeester van die NG Kerk se diversiteitsforum dink hieroor.

Baie dankie

Fanie van Emmenes
2011-10-10
Stefan Nel se: “Ek is gebore uit ’n Christelike agtergrond en daarom is ek een (‘n Christen ).”
Stefan ’n mens is nie ’n Christen omdat jy uit ’n Christelike agtergrond gebore is nie, maar omdat jy weergebore is. Dit gebeur alleenlik deur die werking van die Heilige Gees, wat op sy beurt lei tot ’n hartgrondige bekering en ’n heilige lewe.
Ek wil graag glo dat Stefan hom verkeerd uitgedruk het en dat dit nie is soos hy glo nie.
Ek het so pas Thom se brief gelees en wil net beaam wat hy skryf. Indien dit die grondslag vorm van ons gesprekke, kan ons begin om mekaar te probeer verstaan.
Wat Gerhard betref, ek bemerk ’n sekere agterdog en twyfel oor sy geloofsoortuigings. Gerhard ek glo nie jy het nodig om eers ’n persoonlike geloofsbelydenis af te le voordat jy die leisels van hierdie forum opneem nie. Jou bona fides spreek vanself en is wyd bekend.
Groete

Gerhard Bothma
2011-10-10
Janus, hierdie is n forum wat ten doel het om n veilige ruimte te skep waar mense oor diverse aangeleenthede kan gesels. Dis nie n propaganda-instrument nie. Jy kan jou standpunte hier kom deel en jou vrae kom vra. Net so kan proff Spangenberg en Müller dit ook doen indien hulle sou wou. Enigeen en almal is welkom. Wanneer n gespreksgenoot by die forum se doelstellings – wat die algemene reëls van ordentlikheid insluit – hou, dra dit daartoe by dat so n persoon gehoor word.

My uitdaging is dus om so neutraal as moontlik te probeer wees en te help dat persone gehoor word. Wat ek oor hulle oortuigings dink is dus eintlik irrelevant. Wat ek oor joune of enige ander gespreksgenoot s’n dink, ook. Nie prof Spangenberg of Müller het hier n inset gelewer sedert ek hierdie funksie vervul nie. Daarom sou ek heeltemal buite orde wees indien ek oor hulle en nie mét hulle nie, praat.

Of hoe dink jy? Moet ek meer doen as om te probeer verseker dat gespreksgenote mekaar hoor en ons doelstellings hier bevorder word?

gerhard bothma

2011-10-11
Hoe word diversiteit in ons gemeentes beleef? Is mense in julle gemeente ‘voëls van dieselfde dam’ of kan enigeen wat hulleself aan Christus en die NG Kerk gebonde beskou by julle tuiskom?

gerhard bothma
2011-10-11
Verskeie besluite is by die Algemene Sinode oor predikante en hulle bediening /(beroep) geneem. Dink jy dit is n tree vorentoe of hoe dink jy gaan dit die kerk en gemeentes raak? (lees die volledige berigte soos deur Kerkbode se bekwame span geskryf)

gerhard bothma

2011-10-12
Vandag word oor die sake waaroor baie diversiteit bestaan gesels; die doop en so meer. Dr James Kirkpatrick het in sy inleiding op n baie treffende wyse die sinode herinner dat dit hierin oor ons identiteit gaan.

Dit gaan in die eerste plek nie oor ons nie, maar oor ons Here, nie oor die kerk nie, maar oor die koninkryk. Deel van ons identiteit is dat ons glo dat God God van genade is. Daarom is ons mense wat sag met mekaar en met ander mense omgaan.

Gesels gerus vandag saam. (kyk op die NG Kerk en Kerkbode se webruimtes vir volledige inligting en nuusberigte)

Jan Maritz
2011-10-12
Gerhard,
Mooi man, ek sien jy sit langs Jean Oosthuizen en Johannes de Villiers daar by die sinode. Jou jarelange vriendskap met Sakkie en Julian is die regte inspuiting om diversiteit hier vir die NG Kerk te beman. My enigste probleem is dit: as Jesus nie opgestaan het nie en as ou nick die duiwel sommer ’n metafoor is, hoekom dan nog kerk toe gaan? Ek sit lekker by die huis en braai vleisie.

Sua Maritz
2011-10-12
Jan, en vra sommer vir Gerhard om te reel by die ALgemene Sinode dat ek my 10de van 36 jaar met rente kan terugkry asseblief. Al die jare se koeksusters bak, basaar hou vir ’n Jesus wat ’n metafoor duiwel metafories oorwin het. Bollie. Braaivleis en rugby is veel beter dankie – al verloor die Bokke ook.

Bruce
2011-10-12
Die NG Kerk is seker potensieel een van die magtigste wapens wat tot eer van God en tot uitbreiding van Sy koninkryk gebruik kan word. Die infrastruktuur en diepte van opleiding is fantasties in vergelyking met wat baie ander kerkgenootskappe het en bied en die duiwel besef dit. Dis nou dieselfde duiwel wat so baie mense so hard probeer afmaak as ’n foefie.
Sanet, dis jammer dat mense, vir watter rede ookal, nie konsekwent kan optree in hulle besluitneming nie. Vyf en twintig jaar gelede was ek en my familie aangese om ons oortuiging oor die doop af te se en ons “verkeerde wee” voor die gemeente te belei, want dit was teenstrydig met die oortuigings (Kerkorde?) van die Kerk en “hier maak ons wat die Kerkorde se”. Asseblief, ek is nie besig om te kla nie, inteendeel.

Gerhard, dis eienaardig dat wanneer gelowiges, en hier bedoel ek wedergebore, bloedgewasde gelowiges, van verskillende denominasies bymekaar kom, een van die eerste vrae altyd is: “Is jy gedoop?” Ons stem oor 98% van wat ons belei saam, maar moet altyd daardie onderwerp aanraak. Weereens die ou duiwel wat nie bestaan nie ??

Ek het geen probleem met wat ouers met hulle kinders doen wanneer hulle hul sg. “ten doop bring” nie. Vir my het dit net ‘n
ander naam

My vraag aan die forum is: Wat maak ek o.a. met Kol 2, vanaf vers 9 ?? Ek kan tog sekerlik nie hierdie besluite as baba neem of dat mense, wie ook al, dit namens my doen nie ??

gerhard bothma
2011-10-12
Dis n goeie beginsel om eers jou inligting te kontrolleer voordat n mens stellings soos hierdie te maak.

Hendrik Meier
2011-10-12
Ai Gerhard, Ben is dan beroemd daarvoor deur te gese het dat die naaste eat jy Ann due Duiwel kan Kim is om in die spieel te kyk. James het op www.teo.co.za gese dat die Duiwel nie bestaan nie. Julian se in Ferdie Mulder se boek verbatim dat dit eerder as kultuurverskynsel verstaan moet word.
Maar jy sit mos langs Jean en Johannes.

Klem Maree
2011-10-12
Gerhard
Vra bietjie vir Jean Oosthuisen (en Ben du Toit?) waarom hy happy is met sy kleindoop waarvoor hy nie een histories letterlike teks kan aanbied nie maar as dit by Jesus se maagdike geboorte kom wat letterlik in Lukas en Matteus genoem word moet ons dit mitologies lees?

gerhard bothma
2011-10-12
Die Algemene Sinode se besluite rondom die doop skep ruimte vir diversiteit rondom die beskouing van die doop en in die praktyk van die uitvoering daarvan.

Is dit n bewys daarvan dat die eenheid binne die kerk sterk is?

Liza-Nel
2011-10-12
Lyk my die duiwel hou daarvan as mense dink hy bestaan nie –
C.S Lewis stel dit treffend in sy Screw Tape letters:

“There are two equal and opposite errors into which our race can fall about the devils. One is to disbelieve in their existence. The other is to believe, and to feel an excessive and unhealthy interest in them. They themselves are equally pleased by both errors and hail a materialist or a magician with the same delight.”

Jesus Christus self het omtrent sewe maal meer oor die hel gepraat as oor die hemel. Om die waarheid te sê daar is in die Nuwe Testament alleen meer as 162 verwysings na God se hel. Hiervan was meer as 70 deur Christus self!

gerhard bothma
2011-10-12
@Klem: Jean het dit nie hier gese nie, so vra hom gerus by Kerkbode, Kletskerk of op n ander forum, verkieslik waar hy dit gese het.

gerhard bothma
2011-10-12
@Hendrik Meyer: Kontak gerus vir Ben self hieroor. Hoe is dit vir jou n probleem dat ek by Jean en Johannes sit? Is jy hier by die sinode? Kom chat dan btjie hier by ons (ons sit hier, want dis al waar ons internetkontakpunte het)

gerhard bothma
2011-10-12
@Jan Maritz: Ek en Jean en Johannes sit saam hier, want dis waar die internetpunte beskikbaar is en ons dit vir ons werk hier nodig het.

Dit was vir my sover n onverwoordbaar verrykende belewenis om saam met hulle hier te werk. En om hulle n btjie te kon leer ken. Ek is seker dat jy anders oor hulle sou begin voel indien jy met hulle sou gaan sit en gesels. Dieselfde geld Ben du Toit. Wat n besondere, nederige en hardwerkende mens!

Een van die dinge wat ek uit my “jarelange vriendskap met Sakkie en Julian” (jou woorde) geleer het, is dat persone met rede en nav verskeie faktore by dit wat en die manier waarop hulle glo, uitkom. Dit ontdek n mens eers wanneer n mens na n ander luister. Hulle is albei mense met integriteit en het my en die verskille wat ons van mekaar het nog nooit geminag of onder verdenking gelaat nie. Die verdieping en verryking wat in my eie geloofslewe, my verhouding met God en my verbintenis aan Jesus Christus plaasgevind het deur my kontak met hulle is vir my kosbaar. Ek kan met eerstehandse ervaring daarvan getuig dat diversiteit verrykend en verdiepend op n mens, jou geloof en verhouding met God inwerk.

Ek het ook vriende wat hulleself as ‘aartsfundamentaliste’ beskou en ek kan soortgelyk oor hulle getuig. Dit is vir mense moontlik om met mekaar in gesprek te gaan, verhoudinge te sluit en wedersyds verrykend met mekaar om te gaan. En God is tog groter as ons, ons standpunte en ons woorde oor Hom, dan nie?

gerhard bothma
2011-10-12
Jan Maritz skryf: “My enigste probleem is dit: as Jesus nie opgestaan het nie en as ou nick die duiwel sommer ’n metafoor is, hoekom dan nog kerk toe gaan?”

Die kerk gaan tog mos nie slegs oor die opstanding en ‘die duiwel’ nie? As dit die enigste beskouing oor die kerk was, was die kerk waarskynlik daarmee heen. Gelukkig is daar diversiteit in beskouing oor die kerk. Dis in hulle eie beskouinge van die kerk wat mense betekenis daarin vind of nie.

Jan Maree
2011-10-12
Dankie Gerhard,
Maar my vleisie is nog meer lekkerder noudat jy antwoord. Flip Schutte (Andries van Aarde se student) was heeltemal reg en ek het sy boek baie geniet: The Resurrection of Jesus in Joseph’s Garden. Ons kan maar sosiale werk mee help maar kerk toe gaan om te glo in ’n Jesus wat maar nes ander mitologiese figure “opgestaan” het? Nee dankie ou maat – genoeg van daai rubbish.
Lyk my jy dink nie Jesus se opstanding is so belangrik nie. Jy sal moet beter bemarking doen ou vriend om jou diversiteits Jesus aanloklik vir my te maak.

Klem Maree
2011-10-12
Jan Maritz,
Nou hoekom gebruik jy my van? Tikfout? Jy is ten minste eerlik om nie na die NG Kerk te gaan nie, wat Julian Muller en ander ouens huisves wat amper soos jy dink.
Ek sien Gerhard reageer net op ouens soos jy maar nie op my nie. Hoekom?

Dr J.G. Blom
2011-10-12
Van vandag af mag enige predikant in die NG Kerk van die kanself af verkondig dat die Duiwel nie regtig bestaan nie. Die Duiwel het die NG Kerk oorwin en Christus se finale eskatologiese oorwinning oor die Duiwel bespotlik gemaak. DIt was net ’n kwessie van tyd om te gebeur want as ek die stemme op hierdie blad reg hoor het Ben du Toit, James Kirkpatrick en Julian Muller al lank terug hulle planne met die Duiwel gehad. Nou sit julle met die probleem dat die Duiwel nie bestaan nie, en dat Jesus ook nie letterlik opgestaan het nie. Hou dop – die driemanskap se planne was al lank gelede beraam.
NG Kerk = dwaalkerk. Punt.
Hulle lidmate stroom na ander kerke, maar dokter die statistieke sodat die wereld moet dink dis alles te danke aan immegrasie. By ’n 60% van julle kerke groei nie meer nie.

Jannie Liebenberg
2011-10-12
Prof Johan Heyns en Willie Jonker draai in hulle grafte om as hulle moes weet wat AKLAS onder Ben du Toit en James Kirkpatrick gedoen het. Verbondsdoop manne wat nie in die Duiwel glo nie – en ook op rekord om te heul met Jesus se opstanding…
Het niemand dan hulle Op Weg met die Teologie gelees nie? Kan nie wees nie.
Jannie Liebenberg groet sy kerk. Sy raklewe is verby.

H.W. Cruywagen
2011-10-12
Dankie NG Kerk!
Jippie, die Duiwel is dood. Nou kan ons al die mites van sterwe en opstandings ook uitgooi en die Bergrede van Jesus as etiese model volg. Dis al wat ons nodig het, is dit nie? Julian, James, Ben – my heroes

Henrietta Klaasing
2011-10-12
Hoop-lose boodskap van die AS- leiers (soos H.W.Cruywagen en vriende) aan sy getroue NG-lidmate

Mense wat die Bybel sien as “woorde oor God en nie “die Woord van God” nie, gebruik graag woorde soos “mities” en “metafories” vir dit waarin hulle nie glo nie of nie WIL glo nie (want dan hoef hulle mos nie verantwoording te doen nie?).

Die leer oor die duiwel het te doen met die sondeval soos ons daarvan lees in Genesis 3. Paulus verduidelik dit so in Rom 2 vers 23: dat ons almal gesondig het en dat dit ons ontbreek aan die heiligheid van God. Die sondeval het ’n breuk tussen God en mens veroorsaak wat net herstel kan word deur die reddende genade van Jesus Christus deur sy dood in ons plek, vir ons sondes, aan die kruis.

Geen bose, geen sondeval. Geen sondeval, geen mensdom wat verlossing nodig het nie. Eeue en eeue se sendingwerk en Christen-marteling dwarsoor die wêreld tevergeefs. Jesus het verniet gely en vir niks aan die kruis gesterf. Jammer mense, geen “evangelie” )goeie nuus) als net sleg. . .

“Maar al sou een van ons of selfs ’n engel uit die hemel aan julle ’n ander evangelie verkondig wat in stryd is met met die evangelie wat ons aan julle verkondig het – die vloek van God sal hom tref!”(Gal 1:8)

Anna Louw
2011-10-12
Die Bestaan van die Duiwel al dan nie in die gees van Diversiteit – die nuwe gonswoord en afgod?
Dan was God al die tyd ’n leuenaar & die Christendom ’n blufspel? Besef jul nie wat jul doen nie? God laat nie met Hom spot nie.

Henk Bosman
2011-10-12
‘n Hoeveld sinode dominee vertel my noudie dag dat sy bespreekte plek by die Alg Sinode opgeraap was deur ’n liberale dominee en toe hy wou vra wat aangaan, word daar net ges dat hulle kon hom nie in die hande kry nie. Bog. Lank lewe die AB in nuwe gewaad. Kerkpolitiek stink – maar dit maak nou nie meer saak nie – alle dominees kan nou verkondig die duiwel bestaan nie.

Josie Verreyne
2011-10-12
Dankie vir Gerhard, Jan Botha en die Taakspan vir Diversiteit. Die Duiwel bestaan nie meer in my denke nie. Daarom het Jesus ook nie vir my hoef te betaal het aan ’n kruis of opgestaan het nie. Jesus se woorde is vir my genoeg. Alle godsdienste is paaie na die een wat ons God noem en ons kan elkeen op sy eie manier daardie berg klim.

Antonie Cruywagen
2011-10-12
Dankie Josie,
Jy gee my hoop vir die NG kerk. Lank lewe diversiteit in my kerk.

Henrietta Klaasing
2011-10-12
Antonie en Josie en ouens wat soos julle “glo”, as ek mag vra, waar is julle “historiese Jesus” se graf?

Sanrie le Roux
2011-10-12
Beste Gerhard,
Mens wil nou nie betrokke raak by ’n debat oor die Duiwel en so nie, maar ek het regtig gaan sit en wonder hoekom dit nodig was dat Jesus die aan die kruis moes sterf as die Duiwel sommer net ’n metafoor vandag kan wees. Gee asseblief jou perspektioef want ons gewone lidmate wonder hieroor.
Baie dankie

Nadia van Schalkwyk
2011-10-12
Net ’n klip in die bos. Hoekom lyk dit of die NG Kerk na wille keer nou enige iets wil akkommodeer?
Analogie: as ek in ’n Boeing 747 inklim om te vlieg hoop ek werklik dat die lugdiens nie na willekeer enige ou akkommodeer wat se hy of sy is ’n vleenier nie.
Nou hoe kan die NG kerk dan soos dit nou lyk diversiteit oor absoluut alles wil toelaat?
Om alles vir almal te wil wees kan ’n vliegtuig met honderde mense se lewens kos…0

Henk Fourie
2011-10-13
Met Piet Strauss uit die Moderatuur het die NG Kerk nie net aan die einde van ’n era gekom nie, maar het die aanbreek van ongekende diversiteit realiteit geword. Nelus Niemandt ondersteun Julian Muller en sy god wat “gebeur” heelhartig (sien sy Facebook inskrywings); Braam Hanekom is Ben du Toit wat die duiwel in die spieel sien se skoothondjie; Kobus strikdas Gerber was die kuratoriumbaas wat Tukkies se Teologie uitverkoop het; Johann Toktokkie Ernst spreek Laurie Gaum op tegniese punte vry.
Noudat Strauss uit is meot ek dalk ook uit, maar sommer uit die NG Kerk ook. Wie sal my kwalik neem?

Jannie Venter
2011-10-13
Henk,
Ek ken nou nei die ouens so goed soos jy nie, maar ek het net die hoogste agting vir prof Piet Strauss vir alles wat hy in die NG Kerk vir die Here gedoen het. Laat die mense maar se wat hulle wil oor hom, HY het integriteit gehad en kon onwrikbaar en in liefde standpunt inneem.
Die nuwe moderator ken ek nie regtig nie, maar ’n vriend het vir my gese hy het ’n boek oor nuwe werklikhede geskryf waarmee prof. Strauss nie saamstem nie. Ons saleur u prof Piet en wens u ’n voorspoedige nuwe fase in u bediening toe!

Jan Maritz
2011-10-13
Slaan my dood met ’n veer Venter. Die beste nuus by DIE sinode was dat die Piet Strauss era goddank verby is. Nelus Niemandt se ontluikende kerk benadering is die antwoord vir die NG Kerk. Hy is goeie vriende met groot manne soos Rob Bell, Ron Martioa wat voor loop met die kerk in die VSA. Die ou dogmas van Jesus wat bose geeste uitgedryf het en wonders kon doen is verby. Ons moet nuut oor hierdie goed dink.

Henrietta Klaasing
2011-10-13
VERWYDER ASSEBLIEF DADELIK DIE BELYDENISSKRIFTE!

Ek het vinnig gaan kyk of die belydenisskrifte iets oor die duiwel/satan/bose sê.

Heidelbergse kategismus: Vraag en antwoord: 1, 9, 32, 34, 112, 123, 127.

Nederlandse Geloofsbelydenis: Artikels 12, 13, 14 en 37.

Dortse leerreëls: moeiliker om aan te dui, maar daar is heelparty plekke, onder andere onder die volgende opskrifte:

*Oor die verdorwenheid van die mens;
*Volharding van die gelowiges;
*Verwerping van die dwalings; en in die
*Besluit

Dis die toppunt van oneerlikheid om die belydenisskrifte op die Tuisblad te sit en dan besluite te neem wat dit weerspreek. En dan praat mens nie eers van die legitimasie-EED wat dominees aflê nie . . .

Henrietta Klaasing
2011-10-13
LEGITIMASIE-EED

Hier is dele uit die legitimasie-eed wat predikante aflê:

“Ek, … (naam)… verklaar hiermee in alle opregtheid voor die Here dat ek van harte glo dat al die artikels en stukke van die leer vervat in die Belydenisskrifte en Formuliere van Eenheid …. ooreenkom met die Woord van God. Ek belowe om die voornoemde leer ywerig en volhardend te leer en in my wandel getrou te handhaaf, sonder om iets teen die leer, hetsy regstreeks en onregstreeks, te leer of te skrywe . . . so verwerp ek alle dwalinge wat teen hierdie leer stry, en beloof ek om dit te weerlê, teë te spreek en alles in my vermoeë te doen om dit uit die Kerk te weer …”

André Pienaar
2011-10-13
Kom ons latt die kwessie oor wie in die bestaan van die duiwel glo en wie nie, vir ’n oomblik eenkant.

Waarop ek graag ’n antwoord wil hê, is die volgende:
Hoe gaan so ’n “dubbele” beleid in die praktyk werk?
VOORBEELD: Ds A glo aan die persoonlike bestaan van die duiwel en leef en leer dit so in sy gemeentebediening. Ds A vertrek en word opgevolg deur Ds B. Ds B glo nie in die persoonlike bestaan van die duiwel nie en leef en leer dit so in sy gemeentebediening.

Waar laat hierdie verwarring die lidmate?

Ek vra maar net, want met al die “omarming” wat plaasvind, is ek so bang ek omarm dalk die verkeerde ou.

Henrietta Klaasing
2011-10-13
@ Henk:

Jy dink daaraan om uit die kerk te gaan, lei ek af? Waarom moet mense soos ek en jy, wat met ons hele hart staan by die “leer van die kerk” , uitgaan maar hulle wat oneerlik is, bly?

Kerkleiers bly in elk geval net vir “P ’n P ” (Pensioen en Pastorie) – beslis nie uit oortuiging nie!

Liza-Nel
2011-10-13
André, ek het vroeër ’n soortgelyke pos op DF geplaas waar ek min of meer oor dieselfde ding wonder. En wat my nog meer bekommer is, is dat hierdie toegeeflikheid dalk net die deur kan oopmaak vir besware oor ander twispunte soos bv. die Opstanding, Jesus se Goddelikheid ens.

Philip du Toit
2011-10-13

Hoe grensloos is “diversiteit” regtig?

Nou dat daar ruimte gemaak is in die NG Kerk vir diverse sieninge oor die duiwel, m.a.w. dat mens nie in die bestaan van die duiwel as persoon hoef te glo nie, wat verhinder die Kerk om ook ruimte te maak oor diverse sienings oor die Persoon van God? M.a.w. gaan ons oor ’n paar jaar by die sinodes hoor dat sienings van mense en predikante wat nie meer vir God as Persoon of werklike, metafisiese Wese sien nie, ook welkom is? – Dat sienings soos panteïsme of panenteïsme ook welkom is? Dat Boeddhistiese en ander oosterse sienings ook welkom is? Is daar enige iets in die klem op “diversiteit” ingebou wat sodanige sienings verhinder?

Die akkommodering van die siening dat die duiwel nie as ’n werklike metafisiese persoon bestaan nie is ’n “slippery slope” wat op ’n glyskaal lê met die dekonstruksie van alles wat bonatuurlik is, ook God self.

Hierdie is myns insiens net die begin van ’n projek om ’n totaal naturalistiese godsdiens binne die NG Kerk in te bring waar die klem bloot lê op die horisontale dimensie van die evangelie en die vertikale dimensie daarvan, wat die hart daarvan verteenwoordig, totaal en al prysgegee word.

gerhard bothma
2011-10-13
Ek hoop dit bly vir julle verrykend – en dalk ook selfondersoekend – om hier na verskillende posisies te luister. Wanneer dit binne die doelstellings van ons forum gedoen word, glo ek werklik, help dit ons. (Dalk kan ons ons doelstellings vir onsself omskep as ’n oorkonde wat ons vir onsself voorhou en n ooreenkoms met gespreksgenote?)

Henrietta, wil jy nie dalk jou opinie, “Kerkleiers bly in elk geval net vir “P ’n P ” (Pensioen en Pastorie) – beslis nie uit oortuiging nie!”, heroorweeg nie?

Hier is predikante en kerklike ampsdraers van wie dit bloot eenvoudig gestel net nie waar is nie. Die passie vir ons Here en die mense rondom ons wat hier vloei – glo ek – sal n kanaal waardeur die helder en vars lewegewende water van ons Vader bly.

My persoonlike belewenis hier – en ook elders in die kerk – is dat hierdie kinders van die Here nie hierdie tipe opmerking verdien nie.

T.C.Breitenbach
2011-10-13
Mag ons, as kinders van die Lewende God, in hierdie donker krisisuur van die NG Kerk se bestaansgeskiedenis,mekaar herinner aan die apokaliptiese boodskappe aan die sewe gemeentes in Asië soos in Openbaring 2 en 3 vir ons opgeteken, en enkele van dié teregwysings as kriteria aanwend ter beoordeling (nié veroordeling nie, want dit is nie ons taak nie, maar wel dié van God) van die huidige situasie in die NG Kerk:

Aan Efese(begeerlik) Open.2:4 “Maar Ek het dit teen julle: julle het My nie meer so lief soos in die begin nie. 5. Dink daaraan hoe ver julle al agteruit gegaan het.”

Aan Pergamum(selfverheffing)
Open. 2:14 “Maar Ek het ’n paar dinge teen julle. Julle het mense daar wat die leer van Bileam (kompromiemaak)aanhang. Hy het vir Balak geleer om die volk Israel van My afvallig te maak…”

Aan Tiatira(aangename geur van arbeid)
Open. 2:20 “Maar Ek het dit teen julle dat julle die vrou Isebel laat begaan. Sy doen haar as profetes voor en leer en verlei my dienaars…”

Laodisea(nasie van oordeel)
Open.3:15-16 “Ek weet alles wat julle doen. Ek weet dat julle nie koud is nie, en ook nie warm nie. As julle tog maar koud of warm was. 16. Maar nou, omdat julle lou is, nie warm nie en ook nie koud nie, gaan Ek julle uit My mond uitspoeg.”

Hoeveel van dié teregwysings aan dié gemeentes, is nie vandag net so van toepassing op die NG Kerk in sy geheel nie? En dan sê die Algemene Sinode dit sit “met die geopende Bybel voor hulle”? Waar het hulle die Bybel voor hulle oopgeslaan? Vanuit watter Skrifgedeelte motiveer hulle hul besluit dat ons as lidmate maar self kan besluit oor die bestaan van Satan, al dan nie? Ek daag hulle daartoe uit. Die antwoord is natuurlik dat hulle die Bybel, soos wat dit deur die eeue aan ons oorgelewer is, vandag verwerp as mensewoorde oor God en nié God se Woorde oor en vir die mens nie. Ja, hulle wil selfs slimmer wees as die Outeur van die Bybel self. Van sulkes sê die Woord hulle plek is reeds voorberei in die hel.

Josie Verreyne
2011-10-13
Diversiteit is net wat dit se. Geen meer heilige koeie nie. Natuurlik is die duiwel ding die begin van veel meer diversiteit. Ek sien met verwagting uit dat ons Julian Muller en Ben du Toit se sieninge van die opstanding OOK amptelik sal goedkeur. Die hoop beskaam nie. Kom ons se dit vir mekaar hard en duidelik – ’n dooie liggaam KAN nie uit die dood opstaan nie. PUNT.

Josie Verreyne
2011-10-13
En tussen hakkies vir julle belydenis mense: Die Belhar belydenis wat ek HOOP en BID ons vandag gaan aanvaar het GEEN verwysing na Jesus se opstanding nie. Net “Here”.

Josie Verreyne
2011-10-13
Laaste vir nou: Julian is absoluut reg dat ons nerens in die Heidelbergse Kategismus bely dat Jesus liggaamlik opgestaan het nie.

Henrietta Klaasing
2011-10-13
Josie ek weet ouens spot dat ek heeldag “Klaa-” en “-sing” maar ek vra weer vir jou en ouens wat soos jy “glo”, waar is julle “historiese Jesus” se graf?

Liza-Nel
2011-10-13
Ek stem saam met jou Josie – ‘N’ dooie liggaam kan nie uit die graf opstaan nie. MAAR Christus was nie net ’n sommerse dooie liggaam nie – Hy IS God daarom kon en HET Hy uit die graf opgestaan…

xxxx
2011-10-13
Gerhard hoe kan ek wat ek gesê het heroorweeg as ek met my eie oë op Kerkbode se Facebook en die kommentare daar en in vandag se Beeld lees hoe God se Woord geminag word? Tot watter ander konklusie moet ek kom?

Henk Fourie
2011-10-13
Josie,
Verstaan jy nou waarom ons hier in die Vrystaat NIE Belhar wil aanvaar nie?
Jy en jou vriend Julian het die HK net gelees tot by Vraag/Antwoord 45 dink ek.
Later word SPESIFIEK bely dat ons liggaamlik gaan opstaan.
Belhar is ’n rookskerm om ’n Liberation Theology SONDER Jesus se opstanding op ons af te vorseer.
Dr Strikdas pie die sinode om oor die opstanding te sing en dan ’n opstanding lose Jesus in die Belhar belydenis in te smokkel.
Ons sien wat aangaan! Ons help in die township en bou bande met die armes – ons het nie Belhar nodig daarvoor nie!

Gerrie Minnaar
2011-10-13
NEELS JACKSON IN BEELD, 2 September 2005:
“In elk geval skeur ’n kerk nie so maklik nie – al is dit net omdat dominees se salarisse en pensioene en die besit van kerkgeboue ’n taamlike sterk gom is. Diegene wat wil loop, kan baie verloor.”

Jou “P” “p” is in die kol Henrietta. Gerhard – julle diknekke leef op die geld van gelowiges “maar ondergrawe die geloof van dieselfde gelowiges” het ’n Tukkie teoloog glo ’n klompie jare gelede gese.

André Pienaar
2011-10-13
Liza-Nel
Ek deel jou kommer dat hierdie siening die deur kan oop maak vir allerlei ander “diversiteite”.

Ek kan nie sien hoe ’n Kerk sy lidmate kan begelei as hyself nie seker is van wat hy nou eintlik glo nie. Dit gaan nie net oor die predikant wat ’n diverse spul lidmate tevrede moet hou nie – dit gaan ook oor diversiteit onder predikante. ’n Situasie wat tot niks anders as verwarring onder lidmate kan lei nie.
Ek hoop daar word bietjie rigting gegee oor hoe hierdie diverse sienings in die praktyk geakkommodeer moet word.

André Pienaar
2011-10-13
Liza-Nel
Ek deel jou kommer dat hierdie siening die deur kan oop maak vir allerlei ander “diversiteite”.

Ek kan nie sien hoe ’n Kerk sy lidmate kan begelei as hyself nie seker is van wat hy nou eintlik glo nie. Dit gaan nie net oor die predikant wat ’n diverse spul lidmate tevrede moet hou nie – dit gaan ook oor diversiteit onder predikante. ’n Situasie wat tot niks anders as verwarring onder lidmate kan lei nie.
Ek hoop daar word bietjie rigting gegee oor hoe hierdie diverse sienings in die praktyk geakkommodeer moet word.

Janus le Roux
2011-10-13
AANVAAR BELHAR – AS JY NIE WIL NIE KAN JY JOU SALARIS EN PENSIOEN VERLOOR (NEELS JACKSON IN BEELD, 2 September 2005:
“In elk geval skeur ’n kerk nie so maklik nie – al is dit net omdat dominees se salarisse en pensioene en die besit van kerkgeboue ’n taamlike sterk gom is. Diegene wat wil loop, kan baie verloor.”)

H.W. Cruywagen
2011-10-13
Stop hierdie nonsens. Stop hierdie dogmas. Belhar kan wat my betref die ander belydenisse vervang.

Sanrie le Roux
2011-10-13
Hoekom MOET ons Belhar aanvaar wat met soveel politieke bagasie kom? Ons het lankal apartheid bely en werk al jare saammet swart en bruin Christene.

Heno Mentz
2011-10-13
B.4 LEERDWALING (VRYSTAAT)
In die lig van langdurige en herhaalde uitsprake van leraars en leiers wat afwyk van die gereformeerde verstaan
van die Skrif, soos dit in die Belydenisskrifte saamgevat en verduidelik is, en die onnoembare skade wat dit aan die
geloofservaring van lidmate en die beeld van die NG Kerk veroorsaak, versoek die Moderamen van die NG Kerk in
die Vrystaat die Algemene Sinode om dringend aan hierdie saak aandag te gee en na weë te soek om die
leerstellige vrysinnigheid te bekamp.

Petrie van Zyl
2011-10-13
Heno, daar is by mens geen twyfel nie dat die leerstellige vrysinnigheid waarna B.4 verwys Julian Muller en Ben du Toit se uitlatings oor Jesus se opstanding bedoel. As die kerk nie HIEROOR kan saamstem nie dan het die klokke gelui. Maar dalk is daar hoop want oor diversiteit se die Sinode OOK:
6.2.5 Die akkommodering van diversiteit het nie op die ongekwalifiseerde aanvaarding van alle standpunte en
handelswyses deur die eerste geslag van Christelike leiers neergekom nie. Die vroeë kerk het naamlik duidelike
etiese en leerstellinge grense gehad. Só is tafelgemeenskap met dwaalleraars (2 Joh 10) en kontak met sedelose
verbied (Ef 5:7). Terwyl diversiteit in al sy skakerings ongetwyfeld die vroeë kerk verryk het, het dit ook die gevaar
ingehou dat dit die kerk kon verdeel. Om die rede was die nadenke oor die akkommodering van diversiteit een van
die belangrikste sake waaroor die vroeë kerk duidelikheid moes verkry. Daar sou selfs geargumenteer kon word
dat die Nuwe-Testamentiese briewe almal geskryf is ten einde die vroeë kerk se praktiese hantering van diversiteit
ten opsigte van samestelling, leer, etiek en bediening uit te klaar. Dit behoort om die rede geen verrassing te wees
dat die hantering van diversiteit steeds een van die belangrikste sake is waaroor die kerk moet nadink nie.

A.N. Gouws
2011-10-13
Oor Belhar: ek dink ons kan hom aanvaar. Maar ek is bekommerd oor Julian en Ben as dit by Jesus se opstanding kom.
Ons sit egter met ’n nagmerrie van ’n situasie want albei is vrygespreek deur kerklike kommissies.

Hannetjie Louw
2011-10-13
Kan ons nie genuanseerd en liefdevol op grond van 6.2.5 aan die Nuwe Hervorming se dat ons met integriteit die sake wat hulle oor nadink ernstig neem, maar dat ons tog ook op grond van ons belydenis van hulle kan en mag verskil. Ons kan tog nie tegelyk se dat Jesus ’n mitologiese opstanding gehad het en steeds bely dat ons in die opstanding van die liggaam glo nie.
Het diversiteit grense in die NG Kerk of nie?

H.W. Cruywagen

2011-10-13

Dis die Nuwe Hervorming wat my hoop gee vir die NG Kerk.

Fanie van Emmenes

2011-10-13

Heno Mentz praat jy nou namens die moderamen van die NG kerk in die Vrystaat ? Ek wonder maar net, is hulle nie veronderstel om by die sinode te wees nie ?

Henrietta Klaasing

2011-10-13

@ Heno Mentz:

Haak Vrystaat! Ai, al my skoonseuns is Blou Bulle en terwille van familie-vrede skree ek vir hulle, anders was ek nou ’n Cheetah!

A.N. Gouws

2011-10-13

HW Cruywagen,

Ons kerk is ’n ruim kerk met baie verskeidenheid. Ons moet ook met deernis luister na al die interpretasies. Maar as dit by die essensie van ons geloof kom, dinge soos Jesus se opstanding kan ons in liefde en deernis verskil van die Nuwe Hervorming. Hieroor moet ons duidelikheid kry dink ek. My kommer is dat Julian, Ben en James ook hier te veel diversiteit wil akkommodeer.

gerhard bothma

2011-10-13

Die vraag wat al hoe meer duidelik raak is nie “hoe ver” diversiteit geakkommodeer moet word nie, maar of hoe ver ons in staat is om iemand wat anders as onsself is (of dink) te kan hoor.

Luister jy wanneer iemand met jou in gesprek is, of wag jy bloot om weer te kan praat en jou se te se – is waarop dit neerkom.

Hoe kry jy dit reg / sukkel jy daarmee?

Heno Mentz

2011-10-13

Gerhard,

Maar ons hoor en luister al vanaf 2002 wat die Nuwe Hervormers, Julian Muller en Ben du Toit se. Ons het ook jou NET POSITIEWE resensie van Julian se boek in 2006 gelees.

Die vraag is nie hoe ver ek en jy diversiteit wil neem nie, maar wat die Skrif daaroor vir ons leer.

Waarmee is JY besig Gerhard? Lees asseblief weer hier: 6.2.5 Die akkommodering van diversiteit het nie op die ongekwalifiseerde aanvaarding van alle standpunte en handelswyses deur die eerste geslag van Christelike leiers neergekom nie. Die vroeë kerk het naamlik duidelike

etiese en leerstellinge grense gehad. Só is tafelgemeenskap met dwaalleraars (2 Joh 10) en kontak met sedelose

verbied (Ef 5:7). Terwyl diversiteit in al sy skakerings ongetwyfeld die vroeë kerk verryk het, het dit ook die gevaar

ingehou dat dit die kerk kon verdeel. Om die rede was die nadenke oor die akkommodering van diversiteit een van

die belangrikste sake waaroor die vroeë kerk duidelikheid moes verkry. Daar sou selfs geargumenteer kon word

dat die Nuwe-Testamentiese briewe almal geskryf is ten einde die vroeë kerk se praktiese hantering van diversiteit

ten opsigte van samestelling, leer, etiek en bediening uit te klaar. Dit behoort om die rede geen verrassing te wees

dat die hantering van diversiteit steeds een van die belangrikste sake is waaroor die kerk moet nadink nie.

A.N. Gouws

2011-10-13

Gerhard,

In alle billikheid, ons hoor en luister al lank na al die verskille. Ons saag die tak waarop ons as kerk van Jesus Christus rus af as ons ook wat die persoon en werk van Jesus Christus alles vir almal gaan word. Ons kan mos met respek, integriteit en genuanseerdheid verskil met die ouens wat nie meer Jesus se opstanding en uniekheid met ons deel nie.

Braam het onlangs in die Kaap genoem dat ook hy bekommerd is oor die Evangelie as ek reg onthou.

Jean Oosthuizen weet ons wil die Nuwe Hervormers in die kerk bring. Met respek en liefde mag ons met hom daaroor verskil.

Bruce

2011-10-13

As ons al die dinge bloot net as diversiteit sien, wat word van die hiernamaals ?

Ons kan net sowel Rick Warren se chrislam omarm en sien hoe ons toegee en toegee en toegee en niks kom van die anderkant af nie

Verloor ons nie toetentaal ons identiteit nie ???

Petrie van Zyl

2011-10-13

Heno en Gouws,

Ons stem saam, maar kom ons probeer beskrif WAARMEE ons verskil met Julian en Ben.

Ben skryf in God? Geloof in ’n Postmoderne tyd dat ons Jesus se sterwe en opstanding kan verstaan as “energie wat nie vernietig kan word nie”; terwyl Julian verbatim gese het dat die Nuwe Hervorming se ontkenning van Jesus se liggaamlike opstanding akkommodeer moet word in die NG Kerk. Ek dink dit gee hulle uitsprake relatief geloofwaardig weer.

Met hierdie soort akkommodering dink ek eerlikwaar dat die Vrystaatse Moderamen geregverdig is met hulle aanbevelings oor dwaalleer. Die vraag is nie of ons kan luister en hoor wat hulle te se het nie. DIt het ons nou al lank gedoen. Die vraag wat Gerhard nie mee saamstem nie is of ons na al hierdie jare, ook die soort diversiteit in ons belydenis kan akkommodeer.

Sanrie le Roux

2011-10-13

Gerhard,

Wat van reaksie op ons vrouens se vrae? Jy antwoord nie my vrae nie. Iemand se hier onder jy het oor professor Muller sie boek geskryf. Kan ons dit te lees kry?

Wil prof Muller regtig die Nuwe Hervorming insluit in ons kerk?

Henko van As

2011-10-13

Gerhard,

In Junie het dr Henk Gous ’n belangrike saak goed beskryf: “Ek het elke standpunt wat Spangenberg neerskryf, gehoor tydens my teologiese studies, dit deurdink, maar tot ’n ander gevolgtrekking gekom as hy. Predikante is mense wat uit eie oortuiging glo dat Jesus Seun van God is en dat die Bybel betroubaar is, en dat die Bybel nie legendariese uitbouings oor ’n mensie Jesus van Nasaret is nie.

Maar kom ons speel dan almal oop kaarte. As iemand die kerk verlaat het omdat hy nie glo dat Jesus Christus Seun van God is nie, dan moet hy dit as die ware rede noem. Dan is sy egskeiding as gevolg van sy nuwe liefde, nie sy eksvrou se plooie nie. As iemand die Bybel as antieke boek vol legendes beskou, dan moet so iemand dalk skuif na die departement letterkunde eerder as om teologie te doseer.”

Ek het die hoogste agting vir dr Gous en sal verras wees as die Algemene Sinode ’n “ja” vir diversiteit skep wat die Nuwe Hervormers ook insluit.

S.J. Greyling

2011-10-13

Kom ek eerlik wees,

Ek gaan nie saammet Henrietta hulle nie, maar ek is tog bekommerd dat ons Luister Seisoen nou begin uitravel as on nie net met liefde luister nie, maar ook die radikale standpunte van Julian Muller oor Panenteisme moet akkommodeer. Dit sny lynreg teen ons gereformeerde identiteit om God in alles en alls in God te sien.

As my Ou Testament studies, wat ek by prof Fanie Snyman geleer het enigsins van waarde was, kan ons tog nie die Panenteisme as gereformeerdes aanvaar nie.

Santie Smit

2011-10-13

My hart is seer oor die NG Kerk. Hoekom kinders met sorg en liefde grootmaak in ’n kerk waar die leiers nie eens weet of die duiwel bestaan of nie. Hoe waarsku mens jou kind teen die bose planne van die duiwel as jou dominee nie eens glo hy bestaan nie?

Waantoe is ons oppad? Op die Duiwel se pad?

Jan Nortier

2011-10-13

Julle wil Belhar aanvaar terwyl die dominees nie eens weet wat in die ander Belydenisskrifte staan nie.

Dit gaan nie oor apartheid nie vriende, dit gaan oor die social gospel wat ook uiteindelik die Nuwe Hervorming wil inbring. Hou dop.

Attie

2011-10-13

@ Eddie – as jy praat van Gerhard Bothma, dis Bendorgemeente in Polokwane. Daars ’n baie goeie verwysing van die sukses van die Nuwe Hervormers & verskuiwing van lidmate.

@ Janus “AANVAAR BELHAR – AS JY NIE WIL NIE KAN JY JOU SALARIS EN PENSIOEN VERLOOR (NEELS JACKSON IN BEELD, 2 September 2005:”

“Jer17:5 So sê die Here,daar rus ’n vloek op die mens wat sy vertroue in mense stel,wat sy krag soek by sterflike mense en van My af wegdraai.7) Dit gaan goed met die mens wat sy vertroue in die Here stel, die mens vir wie die Here ’n veilige vesting is.” Ons moet terugkom na die Here en Sy Woord. Hoe lank gaan daar nog gehink word op twee gedagtes?

Jan Hendrik Fourie

2011-10-13

Jull dominees jubel oor Belhar wat natuurlik reg is, maar julle doen niks oor julle teoloe wat die Nuwe Hervorming in ons belydenis wil insleep nie.

Belhar absoluut, maar sonder die Nuwe Hervorming asseblief.

Anna Louw

2011-10-13

Attie wat bedoel jy met sukses van die Nuwe Hervormers in Polokwane – die breë weg ?

W.C. Klut

2011-10-13

Gerhard,

Dink jy Belhar gaan ons help ruimte te skep vir die Nuwe Hervorming?

gerhard bothma

2011-10-13

Sanrie, jammer dat ek nie op al die vrae kan antwoord nie. Ons is by die sinodesitting en deel twee internetkonneksies tussen meer as vyf persone. Ek sal probeer om teen die einde van die naweek te antwoord.

Jy sal sekerlik verstaan dat ek net op vrae wat met diversiteit verband hou kan antwoord. Ek kan nie eens hier op persoonlike vrae beantwoord nie – en ek is seker dat jy sal weet hoe graag ek op van die persoonlike en ander stellings wat met my as persoon verband hou wil antwoord. Ek kan egter nie, aangesien dit buite my opdrag le en aangesien ek niks hieroor sal kan se sonder om iemand bloot te stel of te inkrimmineer nie. En dit strook in elk geval nie met die skep van n veilige ruimte waarin mense veilig hulle opinie kan deel en met respek mee in gesprek gegaan word nie.

Die bestuur van diversiteit het met ons hele lewe en elkedagse sake te doen. Dit het met veel meer as leerstellige en verstaan-van-die-Bybel te make. Die beperking van diversiteit tot hierdie sake verskraal myns insiens ons gesprek.

Die Algemene Sinode het so pas Menswaardigheid as n kernwaarde aanvaar. En dis in wese waaroor dit gaan: God is so ernstig oor ons, lees ons in die Bybel – en bely ons in die voetspoor hiervan – dat Hy in Jesus mens geword het. Meer nog, lees ons in Fillipense, het Hy n slaaf geword.

Om ander met waardigehid te hanteer is n besondere uitdaging.

Moet ek dit weereens se? Die Nuwe Hervorming of enige ander beweging word nie hier voorgestaan of bevorder nie. Deur te hoor wat iemand se, beteken nie dat jy die persoon se opinie onderskryf of bevorder nie. Oor myself gaan ek ter wille van hierdie gesprek net dit weer se: ek is nie n Nuwe Hervormer nie en ek bevorder nie hulle beskouinge nie. Ek het hierdie bediening met huiwering aanvaar, maar dank ons Here vir die geleentheid en sal aanhou poog om dit na die beste van my vermoe tot sy eer en in sy diens uit te voer.

Heno Mentz

2011-10-13

Menswaardigheid beteken ook dat ons met integriteit al ons kaarte op die tafel sit.

H.W. Cruywagen

2011-10-13

Gerhard,

Wat de josie beteken DIT: B.4 LEERDWALING (VRYSTAAT)

In die lig van langdurige en herhaalde uitsprake van leraars en leiers wat afwyk van die gereformeerde verstaan

van die Skrif, soos dit in die Belydenisskrifte saamgevat en verduidelik is, en die onnoembare skade wat dit aan die

geloofservaring van lidmate en die beeld van die NG Kerk veroorsaak, versoek die Moderamen van die NG Kerk in

die Vrystaat die Algemene Sinode om dringend aan hierdie saak aandag te gee en na weë te soek om die

leerstellige vrysinnigheid te bekamp.

Hannetjie Louw

2011-10-13

Gerhard,

Selfs ons dames verstaan nie wat jy bedoel nie. Gister of eergister vertel jy onomwonder hoeveel integriteit prof Spangenberg en prof Muller vir jou het en hoe baie jy by hulle geleer het.

Julle dominees maak dit nie juis moontlik vir ons gewone Christene om julle bona fides te aanvaar nie. Is die soort dubbelspraak hoe diversiteit in die NG Kerk werk?

A.P. Truter

2011-10-13

[slegs inkriminerende opmerkings en geen bydrae tot die gesprek]

Jan Nortier

2011-10-13

Mnr Truter,

Moet nou nie moedswillig wees nie. Kom mens wees saaklik met Gerhard.

Die soort luister en grense oorsteek wat jy vir ten minste ’n groep gelowiges versinnebeeld sedert jy hier baas is, is die soort diversiteit wat die kerke in Wes Europa vernietig het.

Kan jy vir ons een kerk noem wat die rigting van die Nuwe Hervorming geneem het wat groei?

60% gemeentes groei nie meer in die NG Kerk nie. [inkriminerende opmerking verwyder]

Attie

2011-10-14

Heno, jul sal hieraan hopelik ernstig aandag moet gee anders gaan dit in die kerk se gesig ontplof. Hierdie woorde van julle is baie bemoedigend. Die mense besef nog nie watter malperd hul opgesaal het nie.

Ons maak God tot leuenaar mbt die uitsprake oor die duiwel.

B.4 LEERDWALING (VRYSTAAT)

In die lig van langdurige en herhaalde uitsprake van leraars en leiers wat afwyk van die gereformeerde verstaan

van die Skrif, soos dit in die Belydenisskrifte saamgevat en verduidelik is, en die onnoembare skade wat dit aan die

geloofservaring van lidmate en die beeld van die NG Kerk veroorsaak, versoek die Moderamen van die NG Kerk in

die Vrystaat die Algemene Sinode om dringend aan hierdie saak aandag te gee en na weë te soek om die

leerstellige vrysinnigheid te bekamp.

Doen dit en doen dit gou asb!

Thom

2011-10-14

Dr Ben du Toit (en al sy sielsgenote) sê : “Die Bybel is nie die Woord van God nie maar is mensewoorde oor God”; Jesus Christus sê “…en die Skrifte nie gebreek kan word nie” (Joh 10:35) en weer “Ek het hulle beskerm, en nie een van hulle het verlore gegaan nie, BEHALWE DIE EEN WAT VERLORE MOET GAAN SODAT DIE SKRIF VERVUL KAN WORD” (Joh 17:12).

As Jesus so sterk oor die Skrif gevoel het, moes daar iets anders aan die Skrif gewees het as die dwaalleer dat die Bybel nie die Woord van God is nie.

Ons het dus die situasie van Dr Ben du Toit en sielsgenote versus Jesus Christus.

Wie glo jy? Hulle staan duidelik nie aan dieselfde kant nie en hoe kan hulle wat in die teenoorgestelde hoek staan as waar Jesus staan, geag word as “kinders van die Here” soos Gerhard sommer so mildelik arbitrêr die term uitdeel in sy plasing.

Miskien het dit tyd geword dat ons sommer hier op die diversiteitsforum die verskeidenheid van omskrywings gee van wat ’n Christen is; ’n vraag wat vir baie jare vermy is in die stryd tussen vernuwende denkers en behoudendes.

Stefan Nel

2011-10-14

Thom praat van die Bybel asof Jesus die Bybel geken het. Weet Thom dat Jesus nooit in sy lewe ’n Bybel vasgehou het nie?

Dr J.G. Blom

2011-10-14

‘n Relevante vraag aan Gerhard en Jan Botha is of die Nuwe Testament ’n beperking plaas op sommige vorme van diversiteit. Daarom is die gepaardgaande vraag of hulle die model vir hulle forum vanuit die Skrif kry, en of hulle dit elders kry. Calvyn en ander reformatore het natuurlik ook pragtig erkenning gegee aan die algemene openbaring, soos om iets van God se handewerk ook in die skapping raak te sien, maar ook met baie groot oortuiging erken dat God hom primer in en deur Jesus Christus in die Skrif aan ons openbaar.

Dus, plaas die Nuwe Testament beperkinge op sommige vorme van diversiteit? Konkreet gestel: Kan ’n NG predikant byvoorbeeld rasistiese uitsprake van ’n kansel maak? Kan ’n predikant van die kansel se ons moet die Nuwe Hervorming se ontkenning van Jesus se opstanding aanvaar?

Twee goeie voorbeelde wat gerus saaklik en met respek bespreek kan word.

Fanie van Emmenes

2011-10-14

WC Klut vra die vraag aan Gerhard, ek wil egter daarop kommentaar lewer.

WC, watter artikel in die belydenis van Belhar kan sogenaamd ruimte skep vir die NHN? Die belydenis is ’n kerklike dokument wat niemand uit of insluit nie. My vraag is egter of jy al die volledige belydenis van Belhar biddend gelees het? Indien nie, doen dit onverwyld en vergewis jouself van die inhoud.

Vrede!

Anton Meier

2011-10-14

Fanie,

Stem saam. Uit Belhar: “true faith in Jesus Christ is the only condition for membership of this church.”

Daar is geen manier dat Belhar ruimte laat vir die Nuwe Hervorming se Jesus nie. Die versoening van Christus in Belhar sal belaglik gemaak word as Jesus nie gekruisig, gesterf en weer opgestaan het uit die graf nie.

Dis juis op grond van die wat Christus vir ons gedoen het, wat versoening moontlik is.

Gerrie Minnaar

2011-10-14

As Jesus nie letterlik uit die dood opgestaan het nie kan ons Belhar en die ander belydenisse in die snippermantjie gooi. Want dan het daar toe nie versoening gekom nie.

W.C. Klut

2011-10-14

Jesus is “Here” en “versoening” in Belhar HOEF nie te beteken dat Jesus regtig opgestaan het nie.

Help asseblief Gerhard

Hanelie Myburg

2011-10-14

[Verwyder. Slegs vernederende kommentaar en geen relevansie vir gesprek]

Janus le Roux

2011-10-14

Ek is bevrees, dit gaan baie meer as ’n Belhar belydenis neem om die astronomiese gaping tussen NG dominees se salaris pakette en die VGK dominees te oorbrug.

Dominees teken maklik ’n twee bladsye papiertjie, maar wie van hulle sal berreid wees om ’n pay cut te neem om VGK dominees se salarisse aan te vul? DIS die toes vir Belhar.

Kobus Kriel

2011-10-14

Janus,

Om Belhar te teken is nodig maar tog ook maklik. Dis wat NOU daarna gebeur

Johan Verster

2011-10-14

Vriende,

Dr Francois Wessels sou nooit gestem het vir Belhar as dit ruimte maak vir die Nuwe Hervorming nie. Hy is ’n goeie ou wat Jesus se fisiese opstanding onderskryf.

Hoe kan Jesus versoening tussen mense bring as hy nie opgestaan het nie? DAN sal versoening nooit werk nie.

[gewysig]

Annette Malan

2011-10-14

Ons jubel oor Belhar! Maar voor ons te lank bly is moet ons ook huil dat mense dood probeer maak het by die Sinode.

Watse soort teenstrydigheid is dit nie?

Ons bely en anvaar Belhar wat praat van die versoening wat Jesus bring tussen mense, maar ontken dan die die Duiwel selfs bestaan.

[gewysig]

Bazil Januarie

2011-10-14

Jis, ons verkrag Belhar as ons die bose beperek tot die binne boosheid van die mens.

Was daar nie ’n regtige Duiwel wat met sy bose planne die Afrikaners mislei het met apartheid nie??

Ben du Toit, jig jou verstaan van Belhar maakie sin nie dink eke – my boetie se jy sien die duiwel in die spieel. Hy wasie in die spieel met apartheid nie.

Hy was regtig. Ons bruinmense sien wat julle maak.

Onse Jesus het vir ons kom sterf oor’n regtige Duiwel. Nie sommer net ’n tokoloshie nie.

Udo Wasserman

2011-10-14

Kobus Kriel,

Ek verkies diversiteit bo fundamentalisme

Kobus Kriel

2011-10-14

Udo en Gerhard,

Jy trek snaakse verbande wat ek nie gemaak het nie.

Maar onthou net, ’n groot maag is soms die gevolg van te veel grense oorsteek. Ongesonde diversiteit wat nie net ongesond kan wees nie, maar mens ook maklik vatbaar maak vir suikersiekte, hardaanvalle ensomeer.

‘n Geballanseerde diversieit met ’n paar beperkings hou mens fiks en gesond, wat baie goed by Belhar kan pas om ons moue op te rol vir ware versoening.

Fanie van Emmenes

2011-10-14

WC Klut, hierdie is ’n Christelike webblad en hier praat ons met mekaar in die liefde van Jesus Christus. Ek merk dit nie by jou nie! Ek praat graag met enige mens al dink en glo hulle anders as ek. Dit is tog waaroor deversiteit gaan. As jy en ander wat soos jy ’n byltjie te slyp het met Gerhard of die NG Kerk, doen dit om liefdeswille op ’n ander forum.

Hierdie forum se doelwit is om te gesels oor diversiteit in die NG Kerk. Die laaste twee dae het daar weinig daarvan tereg gekom. Kom ons bepaal ons by ons andersheid binne die kerk en vind redes om mekaar te aanvaar.

Hier praat ons nie van sake wat buite die norm van die Evangelie val nie.

Vrede!

J.P. Wessels

2011-10-14

‘n Diversiteit sonder enige grense kan ook ongesond wees kan dit nie?

Om alles vir almal te wees is die issue

[gewysig]

Henrietta Klaasing

2011-10-14

JA, WAAR TREK MENS DIE DIVERSE STREEP?

Op hierdie forum, ’n tyd gelede toe Dr. Charles Malan nog Webmeester hier was, het Dr. Ben du Toit ’n stuk geskryf om die oogmerke van hierdie forum te beskryf (en ek glo Gerhard probeer hierdie oogmerke voortsit). Dr. Ben gebruik frases soos : “nie meer homogeen nie”, “nie inklusief wees nie”; dat ons “vanuit ’n inklusiewe (en nie ’n eksklusiewe nie) styl van denke sal moet ontwikkel”; dat ons ons sal “oopstel vir alternatiewe geloofservarings en behoeftes”…. “noodsaaklik is vir die voortbestaan van die Christelike leer/kerk, sodat verskillende behoeftes vervul en verskillende doelstellings bereik sal word met die kerk in sy geheel in die wêreld….”

Mens wil graag waarsku: ’n “Alles-Vir-Almal” – kerk kan baie maklik uitloop op “Niks-Vir-Niemand” – kerk . . .

Henri Nortje

2011-10-14

Ek dink NIE Belhar wil “Alles-Vir-Almal” wees nie want die versoening in Belhar kom van ’n Jesus wat die dood en graf regtig oorwing het. As Gerhard, Ben en ander dit nie so wil verstaan nie moet hulle vir ons se.

Belhar maak, soos ek dit ten minste sien NIE die soort diversiteit moontlik wat Julian Muller en Sakkie Spangenberg oor Jesus se opstanding wil maak nie.

As Christus se oorwinnig en versoening nie letterlik gebeur het nie, dan is Belhar nie die papier werd waarop dit geskryf is nie.

Fanie van Emmenes

2011-10-14

Annette ek wil jou regtig aanraai om die volledige verslag van die sinode oor die duiwel,die bose en die bevryding, self te bestudeer. Dalk kom jy tot ander insigte oor die besluit.

Shawn Louw

2011-10-14

Fanie,

Dat die verslag bevrydingsbediening goed gaan reguleer is puik. Die probleem is dat Ben nie in die Duiwel glo nie en dat DIT as aanvaarbaar on die verslag opgeneem is. Julle besef moe watter gebeurtenis eintlik een van die mees historiese momente in die NGKerk was nie.

Flip Jooste

2011-10-14

DIE BURGER PYLING OOR BELHAR VANDAG

Wat dink jy van die feit dat die NG Kerk ja vir Belhar gesê het?

Hoog tyd.

Dis die doodsklok vir die NG Kerk.

Ek weet nie waaroor Belhar gaan nie, dit raak my nie.

Hoog tyd. 20% 201 stemme

Dis die doodsklok vir die NG Kerk. 27% 275 stemme

Ek weet nie waaroor Belhar gaan nie, dit raak my nie. 53% 541 stemme

DIe NG Kerk het min of meer irrelevant geword. Sinode belsuite beteken niks meer nie

Jan Lubbe

2011-10-14

BEELD PYLING 13 October 2011

Heg jy waarde aan besluite wat die NG Kerk se sinode neem?

Baie beslis 9% 690 stemme

Glad nie 63% 4879 stemme

Ek neem kennis daarvan 29% 2230 stemme

Kobus Gerber, Ben du Toit, James Kirkpatrick, en hoog eerwaarde Nelus Niemandt, julle kan miskien met kerslig en liedjies afkondig wat die waarheid vir 4 jaar gaan wees maar hou die syfers dop manne.

Ek het in 1988 belydenis van geloof afgele. Ons het in 2008 skoolruinie gehou. Ek was toe al wat oor was in die NG Kerk. Ek het vanoggend bedank.

Susan Lotter

2011-10-14

BEELD PYLING: Heg jy waarde aan die besluite wat die NG Kerk se sinode neem? 63% se glad nie.

Maar dan is dit ook maar hulle eie skuld. Om te se die duiwel bestaan of bestaan nie is die fondament vir totale chaos en wantroue. Volgende aan die beurt sal seker Jesus se opstanding wees. Jesus se graf is leeg en nie leeg nie.

Ek het lankal my kinders uit die kerk gevat.

W.C. Klut

2011-10-14

Stop die bus julle fundamentaliste. DIe beste dinge op die sinode was nie die afsterwe van die Duiwel of die moiie Belhar nie, maar die feit dat (onvanpaste opmerking).

gerhard bothma

2011-10-14

Baie dankie vir die inskrywings wat betekenisvolle bydraes hier maak.

n Kommissie van die Taakspan het my getaak om n verslag oor die tydperk vanaf my aanstelling tot tans op te stel. Hierin sal ek ook probeer om op die vrae wat gevra is en nog nie beantwoord is nie te reageer.

Lees gerus net die inligting wat reeds hierbo gegee is voordat jy ’n inskrywing maak.

Indien jy dit doen, sal jy sien dat hier geen geheime agendas, bevordering van enige individue of instansies se ‘saak’ van my, die Taakspan of die NG Kerk is nie.

Jy hoef regtig nie jou saak hier te probeer verdedig of te bepleit nie, ’n verduideliking is voldoende. Ons luister graag, want jou mening is vir jou belangrik en ons waardeer dit dat jy dit met ons deel. Ons ore is figuurlik oop vir dit wat die Here dalk vir ons deur gespreksgenote wil sê. Dink hoe wonderlik sal dit wees indien net een persoon wie ‘doof’ vir die Here se stem deur ander is uit sy/haar gemaksone tree en ontdek dat daar baie kamers in ons Vader – die Vader van Jesus Christus – se woning is.

Dis hiervoor wat ons onself tog wil beywer, of hoe? Dit gaan tog vir ons oor God en sy koninkryk en nie oor óns nie.

(oor die opmerkings oor prof Nelus Niemand, drr Ben du Toit, James Kirkpatrick en ander, wil ek ’n laaste maal vra dat ons onsself van persoonlike aanvalle sal weerhou)

Susan Lotter

2011-10-14

Beste Gerhard,

Ek het die deel hierbo gelees. Maar ek voel julle hoor nie wat die werklike issues insake diversiteit vir baie lidmate is nie. DIe wyse waarop die kerk die afgelope jare ons vroue bemagtig het is wonderlik. Doen so voort. Maar dit voel ten minste vir sommige mense hier lyk dit my of julle moedswillig en aspris julle dom hou wanneer ons oor ons kommer oor die Nuwe Hervorming dinge plaas. Mense voel dan magteloos en noem dan name soos James Kirkpatrik en Ben du Toit omdat hulle op rekord in die openbaar kontroversiele uitlatings maak oor Jesus se maagdelike geboorte en fiesiese opstanding. Ek self het Ben se boek gelees en volg ook James se uitsprake in Pretoria.

Shawn Louw

2011-10-14

Susan,

Ek stem saam met jou. Jy skryf so stussen die lyne Gerhard oor die verskillende kamers wat God het dat dit klink of jy dink die Nuwe Hervormers is ook in die NG KErk welkom. Ek veroordeel hulle nie. Die HEre sal ons almal oordeel, maar as ek my Bybel reg verstaan is die uitnodiging deur Jesus aan ons om ’n keuse te maak oor of ons Sy offer vir ons sondes gaan aanvaar of nie.

Daan Minnaar

2011-10-14

Wie maak persoonlike aanvalle?

Ekskuus my. ’n Tukkies prof se Jesus het fantasiee van ’n pa gehad en was nooit maagdelik gebore nie en ’n NG profie loof die man se werk as die beste boek in bybelwetenskap?

EN Ben du Toit het al in 2000 die duiwel en maagdelike geboorte van Jesus ontken.

En ONS doen persoonlike aanvalle? Is dit nie HULLE wat persoonlike aanvalle op Jesus maak nie?

Ek is klaar met hierdie diversiteitsform.

W.G. Kleinhans

2011-10-15

Vriende,

Sommigevan julle moet dit bietjie rustiger vat. Kom ons wees saaklik.

Gerhard, as ek die mense reg hoor is die vraag of die soort diversiteit waarmee ons kerk tans besig en en oor droom ook vir die Nuwe Hervorming ruimte maak. Bedoelende: Kan ek of jy of ander dominees van die kansel af preek dat Jesus ’n wyse goeie mens was, maar nie regtig van God kom en fisies opgestaan het nie?

Is dit nie mooi saaklik gestel en ’n sinvolle punt om te bespreek nie?

Sonja De La Harpe

2011-10-15

Ek verneem daar het baie mooi dinge by die sinode gebeur. Ek deel geregverdig egter die kommer oor veral Jean Oosthuizen oor ’n paar jaar. Hy is dalk ’n goeie joernalis, maar (onwelvoeglikheid en onjuiste inligting verwyder)pas nie by ons kerk nie. Dis ook nie dan ons nie moet hoor wat al die stemme in ons gemeenskap is nie, dit is reg so. Dis net dat Oosthuizen soos ek dit verstaan basiese waardes van ons identiteit nie respekteer nie.

As ek reg hoor dat Ben du Toit ook by sy aanstelling betrokke was sal dit jammer wees.

Gerrie Minnaar

2011-10-15

Die NGK eksperiment in diversiteit toon krake (nie by sinode nie, maar waar dit werklik saakmaak?):

http://www.beeld.com/MyBeeld/Briewe/Alles-relatief-vir-NGK-en-kudde-is-verward-20111014

http://www.beeld.com/MyBeeld/Briewe/Lyk-asof-kerk-verlore-lidmate-wil-terugwen-20111014

http://www.beeld.com/MyBeeld/Briewe/NG-sienings-oor-duiwel-Jesus-het-dan-verniet-gesterf-aan-kruis-20111013

Fanie Cronje

2011-10-15

Dit is vir my verstommend hoe kru sommige Christene – ook op hierdie forum – met mekaar en oor mekaar praat. Ek sou graag by die sulks wou vra op grond van watter boodskap in die Bybel hulle voel dit hulle reg is om so met en van ander te praat? Watter beeld van Christus dra die sulks se manier van praat uit? Wil hulle wat so links en regs neerhalend na mense verwys en persoonlike opmerkings oor ander maak nie bietjie selfondersoek oor hulle manier van praat doen nie?

Ek is verbaas oor sommige Christene se vrees vir gesprek. Waarvoor is ons bang, wonder ek? Indien God in Christus die oorwinning behaal het, vanwaar hierdie vrees vir ander stemme? Na my beste wete is hierdie ’n ruimte waarin die NG Kerk verskillende mense binne en buite kerke se stemme wil hoor, sodat dié kerk ook haar konteks beter kan verstaan. Geloof gaan immers ondermeer daaroor om vanuit die teks in ons konteks as God se getuies te leef. Om dit te doen, behoort ons die teks en die konteks te hoor. Om die konteks te hoor beteken tog nie noodwendig dat ek daarmee met alles wat ek hoor saamstem nie.

Deel van hierdie forum se bydrae tot ons as kerk en gelowiges se uitleef van ons geloof is myns insiens dat ons mekaar help om juis tussen ’n verskeidenheid van stemme heen (ja, selfs ook mense wat ons meen ongelowiges is), ons getuienis uit te leef. Ons lewe immers nie in ’n polities, kultureel of godsdienstig homogene gemeenskap nie. Deur hier ’n verskeidenheid van stemme te hoor, kan veral predikante, wat hulle self oor die algemeen in ’n meer homogene werkplek bevind, verdere blootstelling kry aan die diverse Suid-Afrikaanse konteks.

Dit spreek tog vanself dat die Taakspan of NG Kerk haar nie noodwendig vereenselwig met al die standpunte wat hier gestel word nie. Hierdie forum is egter een van vele manier waarop dié kerk uitdrukking gee aan haar Seisoen van Luister. Wat my van hierdie forum bang maak is sommige Christene se naakte aggressie en persoonlike aanvalle op hulle naaste.

Johnny Wessels

2011-10-15

Ek het sopas die Beeld briewe gelees. http://www.beeld.com/MyBeeld/Briewe/Alles-relatief-vir-NGK-en-kudde-is-verward-20111014

http://www.beeld.com/MyBeeld/Briewe/Lyk-asof-kerk-verlore-lidmate-wil-terugwen-20111014

http://www.beeld.com/MyBeeld/Briewe/NG-sienings-oor-duiwel-Jesus-het-dan-verniet-gesterf-aan-kruis-20111013

As buitestaander by hierdie debatte was my oorweldigende indruk dat die NG Kerk op die rand beweeg van om alles vir almal te probeer wees.

DIe ontkenning van die bestaan van die Duiwel deur vooraanstaande NG teoloe soos dr du Toit, Kirkpatrick herhinner aan die vervloee Verligtingsdenke wat nie kan aanvaar dat daar ’n bonatuurlike werklikheid naas hierdie werklikheid kan bestaan nie.

As soekende lidmate oor die goed worstel en met liefde versorg en begelei word is dit een ding, maar wanneer die teoloee in die kerk die duiwel ontken het die tydsgees bepalend geword as kriterium vir die Kerk.

W.C. Klut

2011-10-15

Dankie Fanie.

Maar se vir my wat beteken “God in Christus die oorwinning behaal het”? Oorwinning oor die Duiwel? Maar ou Nick is mos bollie. Hierdie fundamentaliste in jou kerk maak mens moeg.

A.N. Gouws

2011-10-15

Hi Gerhard,

Ek dink ons sal beter doen as ons oor die tekste begin praat wat relevant is vir die gesprek oordie duiwel. Die AKLAS verslag bespreek dit breedvoerig.

Gegewe die ruimte wat ons nou wil skep ook vir die ontkenning van die duiwel moet ons vra wat dan gebeur het toe Jesus bose geeste byvoorbeeld in die varke gestuur het.

Dat ons die uitwasse in bevrydingsbedienings nou goed gaan reguleer is baie goed en nodig. Ons skuld dit aan gelowiges. Maar gooi ons nie die kind met die badwater uit as dit kom by Jesus en bose geeste nie? Was dit net sielkunde? Wat dink ander hieroor?

Kom ons praat oor die sake en hou dit saaklik.

Ds. Gideon Aggenbag

2011-10-15

Gerhard,

Ek moet erken dat ek ’n probleem het met die visie en missie wat die Taakspan gestel het en sou graag meer duidelikheid daaroor van jou wil hê. Ek besef dat hierdie ’n glibberige terrein is, maar ek probeer.

Die bespreking van geloofsake word in hierdie konteks (diversiteit) spesiaal afgewys. Eerstens is dit vreemd dat ’n kerk wat al sy waardes en oorwegings op God se Woord en die evangelie daarin, behoort te begrond, so ’n vereiste stel. Tweedens wil die Taakspan “…doelgerig bepaalde kernaspekte van diversiteit bevorder, veral ten opsigte van… kerkverband…” Hoe doen mens dít sonder om “geloofsake” te berde te bring? Ek sou graag ook die betekenis van “kerkverband” wou uitklaar. Watter kerkverbande word bedoel? In hierdie tyd waarin gans nuwe betekenisse in welbekende uitdrukkings verskuil word, moet mens dit vra. Word godsdienste soos Islam, Chrislam (google gerus laasgenoemde!), Boedhisme, Hinduïsme, ens., as ’n “kerkverband”beskou? Ek vra dit huiwerig maar opreg, aangesien die vorige webbestuurder, oorlede Charles, op ’n stadium gesamentlike aanbidding (saam met ander godsdienste) bepleit het. Word slegs gereformeerde kerkverbande bedoel en, indien nie, hoe wyd strek hierdie uitdrukking?

Dit hinder my verder dat daar geen sprake van die diversiteit van christelike, geestelike waardes en beginsels in die Taakspan se visie en missie is nie. Ek wil dit nie graag in die sin van ’n etiket of skelwoord gebruik nie, maar ek sien slegs humanistiese doelstellings in die Taakspan se visie en missie. Dít is verontrustend. As voorbeeld noem ek die volgende: Die afgelope Algemene Sinode het besluit dat lidmate wat nie glo dat die duiwel/satan bestaan nie, geakkommodeer word. (Sover ek weet word hierdie twee name presies 101 maal in die Bybel genoem.) Dit beteken effektief dat lidmate mag maar glo dat die Bybel leuens verkondig. Dit is natuurlik in lyn met die vorige Sinode se besluit dat die Bybel histories onbetroubaar is.

Jy sal dus verstaan as ek vertroude woorde en stellings (wat allerweë in mooi-klinkende woorde toegedraai en gepakketteer word) met agterdog bejeën. Ek waardeer die feit dat jy o.a. praat van “die Here se stem hoor” en sê dat “Dit gaan tog vir ons oor God en sy koninkryk en nie oor óns nie”. (Dít bots alreeds met die versoek dat geloofsake nie ter sprake moet kom nie.) Maar dan verstaan ek nie hoe jy jou stellings in verband bring met “dat daar baie kamers in ons Vader – die Vader van Jesus Christus – se woning is” nie. Bedoel jy dat daardie “baie kamers” ander gelowe óók kan akkommodeer? Of straks teen-Bybelse sienings van lidmate? Wat verteenwoordig hierdie “baie kamers”?

Bogemelde dinge is wat my onrustig stem, en ek sou jou duidelike antwoorde (namens die Taakspan) waardeer.

Vriendelike groetnis.

Fanie van Emmenes

2011-10-15

Kritiek

Kritiek is ’n beoordeling van ’n saak of van die optrede van mense. Om te kritiseer, het vir baie mense ’n lewenspatroon geword . . . ’n lewensinstelling of ’n lewensgesindheid. Oor niks en niemand kan so ’n persoon praat sonder om kritiek te lewer nie. So iemand kyk in ’n negatiewe, kritiese gesindheid na mense en wat hulle doen.

Iemand met so ’n gesindheid en ingesteldheid kan nie op ’n ander wyse reageer op die doen en late van ander mense nie. Jy kan met hulle gesels oor enigiets onder die son, maar oor alles en almal het hulle ’n onuitputlike bron van stuiwers om in die armbeurs te gooi.

So eensydig kan ’n mens nie lewe nie. Die Christen is nie geroep om alles vir soetkoek op te eet nie, maar om alles net afbrekend te kritiseer, gaan te ver.

Om krities te wees is nodig. Paulus skryf immers: “Beproef alle dinge; behou die goeie” ( 1 Thess. 5:21 ). Aan die Romeine skryf Paulus ook: “Onderskei die dinge waarop dit aankom” ( Rom. 2:18 ), en die Fillipense word beveel om die dinge waar dit op aankom te onderskei ( Fil. 1:10 ). Alles in die lewe moet beoordeel, geweeg, getoets word.

Die Griekse woord vir “oordeel” is dieselfde woord waar “kritiseer” vandaan kom. Die baie bekende woorde van Jesus in Matteus 7:1-2 kan dus só vertaal word: “Moenie kritiseer nie, sodat julle nie gekritiseer word nie. Met dieselfde kritiek waarmee julle kritiseer, word julle gekritiseer”. Jesus sê: “Huigelaar ( hipokriet )! Haal eers die balk uit jou eie oog uit, dan sal jy goed kan sien om die splinter uit jou broer se oog uit te haal” ( Matt. 7:5 ).

In jou kritiek teenoor ’n saak of ’n persoon moet jy egter sorg dat daar balans, liefde en waarheid is. In die kritiek wat jy lewer, waaroor dit ook al gaan, mag die gebod van liefde en waarheid nie oortree word nie. Word hierdie gebod oortree . . .dan is jou kritiek sonde, dan is jou kritiek opgeblase en giftig, dan is jou kritiek beterweterig en dit wond, dan word jou kritiek oor ander ligvaardige oordele en onbarmhartige verwonding.

Jou ongetemde kritiek beklemtoon jou diepgaande liefdeloosheid, jou oorwegende negatiwiteit en jou afbrekende taal. Kritiek wat eg is, wat nie wil wond nie, maar ophef, word gedra deur:

– volwasse verantwoordelikheid,

– teer aanvoeling en nugtere begrip

– suiwere oorweging en liefdevolle teerheid,

– opbouende motiewe en ware belangstelling,

– oorwoë benadering en afgemete sinne,

– deurgronding en kennis van jou eie gebreke en leemtes.

Dit is nodig om te kritiseer. So alleen word daar gebou. Maar dan moet die kritiek suiwer en opreg wees. Toets jou kritiek van nou af aan die eise van God se Woord. Maak jou kritiek ’n liefdesdaad, ’n daad van vergewing. Laat jou kritiek so indring in die lewe van hulle vir wie jy kritiseer dat dit nie verwond en laat doodbloei nie, maar salf tot genesing van die wonde bring.

Moenie oordeel of veroordeel nie want voordat jy jou oë uitvee, is jy nie meer ’n kritikus nie, maar ’n kritikaster.

– ’n Kritikaster boer met onbillike kritiek.

– Kritikasters oordeel blindelings en kritiseer sonder insig.

– Die optrede van ’n kritikaster is veel makliker as die werk van ’n kritikus.

– ’n Kritikaster is iemand wat blindelings veroordeel . . . ’n vitter . . . ’n foutvinder.

-’n Kritikaster lewer kritiek in die mees oordrewe vorm.

Henri van Jaarsveld

2011-10-15

Fanie,

‘n Paar baie goeie punte wat jy maak. Ek stem saam daar is ouens hier wat net kritiseer en niks opbouend kan se nie.

Maar ek dink jy haal die Nuwe Testament selektief aan.

Jesus het die kerkleiers van sy dag waarskynlik erger aangevat as wat enige iemand op hierdie forum ’n ander persoon aangevat het. Daai insidente kan nie uit die Bybel gehaal word nie.

En wat van Paulus? Hy is natuurlik baie duidelik dat God oor hulle buite die kerk sal oordeel, maar se dan tog dat hy en die gemeente moet oordeel oor hulle binne die kerk.

Daar is nog ander voorbeelde ook, soos 2 Johannes wat selfs deurdie AKLAS verslag oor diversiteit aangehaal word.

Ek stem saam dat kritiek geballanseerd moet wees. Maar as ek van die mense se briewe hier onder lees, lyk dit of van die ekstreme reaksies in sommige gevalle mag verband hou oordie onvermoe of onwilligheid van die Taakspan om te verstaan wat top teoloe in eie geledere verkondig.

Klem Maree

2011-10-15

Verbeel jou Jesus het ’n Seisoen van Luister aangekondig om die godsdienstige leiers van sy tyd (soos die Saduseers wat die opstanding ontken het) se standpunte te akkommodeer…

Sanrie le Roux

2011-10-15

Beste Gerhard,

Ons was ’n paar dames dink ek wat vrae vir jou gevra het. Dis nie ’n geheim nie, ek is van die Vrystaat en wil graag hoor wat gebeur het by die sinode oor hierdie deel: B.4 LEERDWALING (VRYSTAAT)

In die lig van langdurige en herhaalde uitsprake van leraars en leiers wat afwyk van die gereformeerde verstaan

van die Skrif, soos dit in die Belydenisskrifte saamgevat en verduidelik is, en die onnoembare skade wat dit aan die

geloofservaring van lidmate en die beeld van die NG Kerk veroorsaak, versoek die Moderamen van die NG Kerk in

die Vrystaat die Algemene Sinode om dringend aan hierdie saak aandag te gee en na weë te soek om die

leerstellige vrysinnigheid te bekamp.

Kan jy vir ons meer vertel? Dit val tog duidelik in die kategoriee wat ons hier oor praat?

Ds. Gideon Aggenbag

2011-10-16

Ek hou van Fanie Emmenes se baie geldige opmerkings – wat baie goed en nugter uitgebalanseer word deur Henri van Jaarsveld se kritiek daarop. Ek sou ook graag hierby wou bybring Gerhard se beroep op skrywers om nie persoonlike aanvalle te loods nie. Voorwaar fyn nuanse: beoordeel, veroordeel, krities wees, kritiseer, aanval, feite stel. Daarby kom die elemente van waaruit hierdie dinge gedoen word: Ons weet teen hierdie tyd dat daar by almal (soos Fanie dit stel) ’n sekere “gesindheid en ingesteldheid” is waarmee mense skryf, debat voer en met mekaar redeneer. In die negatiewe sin word hierdie gesindheid en ingesteldheid soms veroorsaak of word gedryf deur frustrasie of selfs woede oor die “status quo” – die bestaande feite of omstandighede wat teen die skrywer se oortuigings indruis en waarmee hy nie kan vrede maak nie.

Die vraag kom dikwels op: wanneer word die stel van feite ’n persoonlike aanval? Dit is op hierdie kritieke punt – wanneer ’n skrywer “skop” teen ’n sekere toedrag van sake wat hy nie kan aanvaar nie – homself moet dophou en by die feite hou terwyl hy sy oortuigings stel. Indien hy dan sulke oortuigings stel teenoor wat geskryf, besluit of beweer is, moet hy hulle natuurlik noem. Die vraag is dan: wie het dan sulke bewerings gemaak of geskryf? Hier word die “skuldige” dan maklik geëtiketteer, gekatagoriseer of sommer domweg “name genoem” en beledig. En as die skrywer nog boonop gefrustreerd is met die situasie waaroor hy skryf, verg dit verantwoordelikheid om by die blote feite te hou.

Dit klaar gesê, laat my dan asb. toe om sekere sake te stel wat my frustreer en selfs tot woede dryf (wat natuurlik nie gewoonlik my “lewensingesteldheid” verteenwoordig nie):

Sommige teoloë en predikante wat op ’n keer belydenis van geloof afgelê het, die legitimasie-eed geneem het en “ja” gesê het op die vrae wat vervat is in die bevestiging van predikante, verkondig dinge wat direk in stryd is dáármee en met die Bybel as Geesgeïnspireerde Woord van God. En tog word sommige van hulle nog toegelaat om jong mense aan die Fakulteit Teologie op te lei as predikante. Voorbeelde hiervan is prof. Julian Müller wat homself ’n post-teïs noem – wat beteken dat hy nie meer in ’n persoonlike God glo nie en, soos hy self skryf, dat vir hom “’n era met denkwyses en taal oor God verbygegaan het” en dat hy “onherroeplik aanbeweeg het”, “verby teïsme”. Hy het homself vantevore al ten gunste van panenteïsme (“God is in alles en alles is in God” = God is nie ’n Persoon nie) uitgespreek en aangedui dat hy van niks meer kan seker wees nie – per implikasie ook nie van God en Sy Woord nie. Prof. Jurie le Roux gee te kenne dat die Bybelse verhale oor Abraham, Isak en Jakob maar net sages was – wat blykbaar hulle ontstaan te danke het aan “om die vuur storievertellers” (my bewoording). Omtrent die ou Oosterse godsdienste en dié van Israel: “Israel het net hierby aangesluit.” en “…die ganse godsdiens van Israel is in die Ou Nabye Oosterse godsdienswêreld gedrenk.”

My frustrasie oor hierdie sienings (en daar is baie meer!) en dat dosente dit aan voornemende preikante oordra, is nie al nie: My eintlike probleem is dat die kerk dit stilswyend goedkeur en dat jong predikante met hierdie soort opleiding die wêreld ingestuur word. Geen wonder dan dat een van prof. le Roux se gewese studente, proponent Willem Bakkes van die NG Gemeente Aasvoëlkop, geskryf het dat daar geen God is nie – dat “dit” net “iets” is wat in mense se koppe gebeur – soos ’n kind wat bang is vir spoke en later ontdek dat hulle nie bestaan nie.

Die laaste Algemene Sinode het besluit om “ruimte” te laat vir lidmate wat nie glo aan die bestaan van die duiwel nie. Dit beteken dat hulle maar kan glo dat die Bybel daaroor lieg, maar kan maar nog lidmate van die kerk bly.

Dit is hierdie dwaalleringe wat die gesag en waarheid van die God-geïnspireerde Woord afbreek en God so onteer, wat my frustreer en selfs tot woede dryf en dit moeilik maak om dit nog kalm en objektief te noem, sonder om persoonlike aanvalle te loods. Ek het net blote feite genoem. Dit is nie omdat ek ’n “kritikaster” is of wil wees nie, maar omdat ek nie daaroor kan stilbly en maar net “Gods water oor Gods akker” laat loop nie. Ek bid dat die Here mense se oë sal oopmaak en sal laat besef dat ons met ’n lewende God te doen het wat nie sluimer of slaap nie, wat gesteld is op Sy eer en waarheid, en nie met Hom laat spot nie.

Hannelie Viljoen

2011-10-17

Hi Gerhard,

Ek wil aansluit by Sanrie hiebo. Ons hoor net oor Belhar en die ander mooi goed in die Media. Maar kan ons nie ook hoor hoe dit gegaan het wat betref die Vrystaat se skrywe oor leerdwaling van teoloe in die NG Kerk nie? Dit voel vir my julle ignoreer ons aspris as ons hieroor navraag doen.

Dirk Venter

2011-10-17

Moenie teenstand in NGK onderskat

deur Attie Schepers

VOLKSBLAD

2011-10-16

In die lig van die Algemene Sinode se besluit dat daar ruimte gemaak moet word vir lidmate wat glo dat die duiwel nie bestaan nie, en die stilswyende kondonering van ander filosofiese dwaalleer in eie geledere, wonder ’n mens of daar nie nou ’n sterk moontlikheid kan bestaan dat etlike gemeentes hulle van die verband kan losmaak nie.

Die leierskap van die kerk sal ’n massiewe fout maak om die vlak van ontevredenheid onder lidmate oor die huidige stand van sake in die kerk, te onderskat.

Die ander moontlikheid is natuurlik dat lidmate wat ontevrede is oor die akkommodering van dwaalgeeste in die kerk, hul geldelike bydraes kan opskort. Moenie verbaas wees as die leiers dan skielik kan besluit op die hou van ’n buitengewone sinodesitting, om spesifiek aan die kwessie van dwaalleer aandag te gee nie.

gerhard bothma

2011-10-17

Dit is lekker om mooi dinge van ander mense te hoor. Soveel te meer is dit goed om mooi, goeie of opbouende dinge te hoor.

Kom ons probeer om mekaar te help om mekaar te verstaan en vir mekaar ruimte te gun. In enige proses sal daar ten minste die volgende as n ideaal gestel word om na te streef: 1) Probeer om n groter prentjie as jou eie raak te sien; 2) Neem verantwoordelikheid om positiewe uitkomste te (help) skep en 3) Probeer om te verstaan en dan om verstaan te word.

Waarom is dit vir julle nodig om ongelukkig en krities te wees, Kobus en Dirk? Moet die kerk haarself deur ongelukkigheid onder lidmate of deur die Heilige Gees laat lei? Ons is tog hier om saam ons Here se wil te soek en getrou – al kos dit ons iets – aan Hom te wees, of hoe?

Hannelie (en Sanri), gaan kyk gerus presies wat die Algemene Sinode hieroor besluit het en sê dan vir ons presies wat julle fout vind in die Sinode se besluit. Sê ook asseblief hoe julle dit eerder geformuleer sou wou hê en hoe dit ’n bydrae tot die bestuur van die diversiteit binne ons geledere sou lewer. Julle word nie aspris geignoreer nie.

In die verslag wat ons besig is om op te stel sal aan die saak van sogenaamde leerdwaling geskenk word.

Heno Mentz

2011-10-17

Kobus, Dirk en die dames,

Julle mors julle tyd om na Gerhard te luister. Hy en die Taakmag het een agenda – en dit is om alles vir almal te wees. Hy is dit glo al sedert 2002 vir Sakkie Spangenberg en toe Julian Muller. [onwaarhede en verdagmaking verwyder]

Hulle jubel en juig omdat die duiwel dood is [onvanpaste opmerkings verwyder], maar weier tot nou toe om enigsins selfs te noem wat by die sinode gebeur het oor leerdwaling wat die Vrystaat op die tafel wou plaas.

Die grootste deug hier lyk my is diversiteit en nie meer om mense by Christus uit te bring nie. Al die mooi versies word bymekaar gehark, maar waar Jesus met sweep in die tempel instorm, die godsdienstiges skerp aanspreek – daarvan hoor ons net mooi niks meer op hierdie forum nie. Maar hoekom moet ons as die duiwel volgend Gerhard, Ben en James nie meer bestaan nie? DAN is alles net liefde, maanskyn en rose.

Uiters uiters tragies hartverskeurend.

Henri van Jaarsveld

2011-10-17

Beste Gerhard,

Eerstens, ek dink Heno kan meer saaklik wees.

Maar tog, met alle respek, jou kommentaar is baie teleurstellend. Dit is jammer dat jy gladnie wil reageer op belangrike dele in die Nuwe Testament waarna ek vroeer verwys het nie. Mens begin met reg die aanvoeling ontwikkel dat julle ’n eensydige agenda het om byna op fundamentalistiese wyse, ’n diversiteitsbril opsit wat daartoe kan lei om al die tekste wat nie daarby inpas nie of daarby in te druk, of te ignoreer. As ek verkeerd is, help my reg. Hoe lees jy Paulus waar hy se dat God sal oordeel oor hulle buite die gemeente maar dat hy en die kerk moet oordeel oor hulle binne die kerk? En ook 2 Johannes wat wel na verwys word in die AS verslag oor diversiteit? In laasgenoemde was die dwaling van so ’n aard dat die deur selfs toegemaak moet word? Hoe verstaan jy dit Gerhard?

Annette Malan

2011-10-18

Nadat ek na die MP3 onderhoud op RSG geluister het wat Johann Symington met Nelus Niemandt en Kobus Gerber gehad het, het ek tot die traumatiese ontdekking gekom dat die NG Kerk ’n kerk vir almal geword het. My kinders mag maar saamwoon, die duiwel bestaan nie meer nie.

Is dit net ek wat dit raaksien, maar my kerk was nog ALTYD ’n spreukbuis vir die politieke agendas van die dag?

Toe apartheid nodig was het die NG Kerk kom help

Toe dobbel nodig was het die NG Kerk kom help

Toe gay verhoudings nodig was het die NG Kerk kom help

Toe ’n morele Jesus sonder uniekheid nodig was het die NG Kerk kom help

Ons tiek maar net weer die volgende boksies om in die politieke magsposisie te bly wat die NG Kerk nog altyd was.

Ek en my gesinnetjie se papiere le nog iewers in die stof by ’n NG Kerk, maar ons het lankal die ware Jesus gaan vind buite die NG Kerk.

Maar ons huil vir so baie wat mislei word.

Heno Mentz

2011-10-18

Annette,

Ek noem dit ’n GELD kerk. Die dominees wil so veel as moontlik dinge vir almal wees om so veel as moontlik lidmate te behou om so veel as moontlik pensioen, medies en salaris te kry.

Jy hoor mos van Neels Jackson se berig toentertyd toe baie dominees nog reg geglo het dat baie geld kan verloor as jy uitgaan.

My oom het altyd gese: geld is die bron van alle kwaad.

Gerrie Minnaar

2011-10-18

Die briewe in die dagpers trek aandag. Is die kerkleiding uit voeling?

VOLKSBLAD

Moenie teenstand in NGK onderskat

deur Attie Schepers

2011-10-16 22:35

In die lig van die Algemene Sinode se besluit dat daar ruimte gemaak moet word vir lidmate wat glo dat die duiwel nie bestaan nie, en die stilswyende kondonering van ander filosofiese dwaalleer in eie geledere, wonder ’n mens of daar nie nou ’n sterk moontlikheid kan bestaan dat etlike gemeentes hulle van die verband kan losmaak nie.

Die leierskap van die kerk sal ’n massiewe fout maak om die vlak van ontevredenheid onder lidmate oor die huidige stand van sake in die kerk, te onderskat.

Die ander moontlikheid is natuurlik dat lidmate wat ontevrede is oor die akkommodering van dwaalgeeste in die kerk, hul geldelike bydraes kan opskort. Moenie verbaas wees as die leiers dan skielik kan besluit op die hou van ’n buitengewone sinodesitting, om spesifiek aan die kwessie van dwaalleer aandag te gee nie.

Attie Schepers

NGK Sinode stel teleur met Belhar

deur Ds. S.M. Kue Kue

2011-10-17 22:33

As leraar van die NG Kerk in Afrika se gemeente op Parys en as moderator van die kerk vir 12 jaar, spreek ek my teleurstelling oor die besluit van die algemene sinode oor kerkeenheid uit.

Die NG Kerk in Afrika se besluit om ’n pad met die NG Kerk te loop om op algemene sinodale vlak met die NG Kerk een te word is nou deur die Algemene Sinode een kant toe gestoot.

Dit is duidelik dat die NG Kerk nie nou ’n besluit oor hierdie vorm van kerkeenheid wil neem nie.

* Die aanvaarding van die Belhar-belydenis word nou as ’n duidelike voorwaarde vir kerkhereniging gestel.

* Die NG Kerk in Afrika het reeds ’n besluit geneem om nie die Belhar-belydenis as ’n vierde belydenis te aanvaar nie.

* Ons het in 1995 besluit om as NG Kerk in Afrika te bly voortbestaan en nie deel te wees van die nuwe VGK SA nie.

Dit het gelei tot ’n bitter hofstryd met die VGK SA wat die eiendomme van die NG Kerk in Afrika wou afneem.

Die besluit van die algemene sinode van die NG Kerk beteken dat die NG Kerk in Afrika ook die pad moet loop van die algemene sinode om Belhar as belydenisgrondslag vir kerkhereniging te verkry.

Ons meen hierdie pad is ’n doodloopstraat. Dit is ’n belydenis wat teen apartheid geskryf is en volgens ons oordeel nie gaan oor die grondwaarhede van ons geloof soos dit in die Woord van God vir ons gestel word nie.

Die NG Kerk in Afrika wil nou onttrek uit verdere gesprekke oor kerkeenheid totdat die NG Kerk die proses met die Belhar-belydenis afgehandel het.

Ds. S.M. Kue Kue

NG Kerk in Afrika, Parys

Ween oor sinode se besluite

deur JvN Lambrechts

2011-10-17 22:33

Die berig “NG Sinode aanvaar Belhar” (VB, 14/10) verwys. Volgens dié berig het die NG Kerk se algemene sinode met ’n oorweldigende meerderheid gevra dat die belydenis van Belhar deel van die kerk se “belydenisgrondslag” moet word.

Die sinode is hopelik daarvan bewus dat hy geen besluitnemingsmagte het nie en slegs aanbevelings kan maak. Hoekom voel dit nou asof die sinode van bo af druk op die demokratiese wil van gemeentes, kerkrade en streeksinodes wil plaas?

Daar is tevore al gepoog om die twee sienings oor Belhar te versoen: Die een groep wat die positiewe aspekte in Belhar, wat versoenbaar is met die drie huidige belydenisskrifte, wou erken, teenoor die ander groep wat Belhar eenvoudig in geheel as ’n vierde belydenisskrif wou aanvaar hê.

Dit het uitgeloop op ’n moratorium wat die VGK op gesprekke oor kerkeenheid geplaas het.

Aan die inhoudelike van Belhar is niks verander nie, maar nou het verskeie sinodegangers skielik oortuig geraak van die inhoud van die belydenis. Een predikant het nou skielik Belhar nodig om sy werk onder “armes en gemarginaliseerdes” te doen! Een professor voel dat die NG Kerk se lidmate nog sal dankie sê, want Belhar het ’n boodskap oor mense wat verstoot voel en arm is!

Hierdie sienings sny aan by vroeëre gesprekke in die NG Kerk wat die aanvaarding van Belhar as die “werklike afskeid van apartheid” wou beskou.

Nou toe nou, waar eindig godsdiens en waar begin politiek?

Die suggestie, dat nie van almal verwag sal word om Belhar te aanvaar nie, is onhoudbaar. ’n Lidmaat moet tog die volle belydenisgrondslag van sy kerk onderskryf.

Hopelik sal die NG Sendingkerk (sommige gemeentes), NGKA (swart) en RCT (Indiërs), wat nie Belhar wil aanvaar nie, ook toegelaat word om hul demokratiese wil uit te oefen.

Lidmate wat teenoor bekommerdes gereed is met beskuldigings, soos dwarstrekkers, verkramptes, en so meer, moet liewer Belhar bestudeer en dan ’n sinvole besluit neem.

Ten slotte, dat die sinode kon besluit dat mense mag saamwoon om seker te maak dat hulle in alle opsigte, ook seksueel, by mekaar pas voordat hulle trou, gaan my verstand te bowe.

Die heiligheid van die huwelik word nou ondergeskik gestel aan die mens se aanpasbaarheid! Dis om van te ween!

JvN Lambrechts

Woodland Hills, Bloemfontein

BEELD is glo ook oorval met briewe…

Herman Toerien

2011-10-18

NG Kerk in Afrika

Vandag bloei my hart vir die NG Kerk in Afrika, met wie ek ’n dekadeslange sentimentele verbintenis het.

‘n Klomp gemeenskaplikhede duik vir my in die beswaardheid van die drie susterkerke op (ek is NHK). As groot aanhanger van teokrasie in kerkverband, verstaan ek dat dit demokrasie tersyde moet stel as die afgevaardigdes die Here se stem duidelik hoor – ook ten opsigte van “opdragte” van laer sinodes of kerkrade. Dan kan mi geen eksterne faktore soos druk van buite (bv van kerkverbande met ekumeniese bande, wêreldliggame ens)teen dit wat die Here op die afgevaardigdes se harte lê ’n bepalende invloed uitoefen nie. Ek begin al meer wonder of dit nie die Here se wil is dat ’n vorm van kerkherskikking nou plaasvind nie – dat beswaardes by (suster)-kerke aansluit waar hulle tuis en gelukkig sal wees, eerder as om hulself en ander ongelukkig te maak oor die bedieningswyse van die kerkverband waarin hulle gebore is.

Omdat gereeformeerdheid per definisie ’n onvoltooide proses impiseer sal daar altyd ’n dimika wees waarmee sommiges nie kan saamleef nie, en groter interkerklike mobiliteit is beter as om heeltemal kerkafvallig te wees, of in ’n basiese permanente staat van dolering vas te skop.

Philip du Toit

2011-10-18

Die grootste is die liefde

Ek self kyk meer behoudend na dinge, en dit is vir my ook moeilik om my te vereenselwig met tendense in die NG Kerk. Ek dink ook dit is gevaarlik om te akkommoderend te wees vir diverse sienings oor die Satan en ander sake, want dit kan ’n president skep om enige lering te akkommodeer.

Maar hier is vir my ’n ander belangrike saak op die spel. Dit is die “hoe.” Ek kan my ongelukkig ook nie vereenselwig met ’n styl van teenstand, weerstand en opstand nie. Verseker is die liefde bly saam met die waarheid, maar die liefde stig en breek nie af nie. Dit bedek, glo, hoop en verdra alles. Presies hoe, weet ek nie. Maar ek weet net die liefde moet!

Hendrik Basson

2011-10-18

Philip,

Stem saam. ’n Paar mense hier raak te persoonlik. Maar wat die meriete van die sake gaan is daar werklik rede tot kommer. Ek dink Anette Malan het dit goed saamgevat deur te se dat die NG Kerk dalk nou alles vir almal geword het.

Jesus het oor Jerusalem gehuil. Vandag huil ek ook oor my kerk. Maar ek glo in die God wat wonders kan doen. Hy kan die gery laat draai.

Bruce

2011-10-18

Ek probeer hard om tussen al die woorde en aantygings deur enigiets konsekwents te sien. Ons wil stukkies verander / aanpas, maar dit lyk nie of enige van die probleem areas behoorlik deurdink (-bid ??)word / was nie !

Daar word, met respek, met die Drie-eenheid gepeuter en dan die vermetelheid om die “leiding van die Heilige Gees” te verwag en om die wat dit propageer gelate in leiersposisies te behou

Ja Philip, die liefde bedek alles, maar wanneer die stemme van die “beswaardes” uitroep is dit miskien tyd vir iets meer drasties

Is die “beswaardes” altyd verkeerd ??

Corrie

2011-10-18

Watter deel van die NGK kan deur die HG gelei word as hul nie glo in die fisiese bestaan van die duiwel nie? Gerhard glo jy in die fisiese bestaan van die duiwel?

Ek dink nie dis meer nodig vir ’n kerk nie. Kom ons maak sommer die deure toe wat. Die NGK het mos nou sy bestaansreg as ‘t ware opgesê?

Hensie van Schalkwyk

2011-10-18

Net die feit dat die NG Kerk erkenning wil gee aan seksuele verhoudinge buite die huwelik is ’n totale vernedering en misbruik van vrouens. Hoeveel jong meisies in sogenaamde stabiele verhoudigs van “liefde en trou” se lewens is vandag verwoes omdat die mans maklik uitkom kans kry omdat hy nie voor God ’n belofte gemaak het in ’n Bybelse huwelik nie.

Maar ons moes dit verwag het.

Die NG Kerk het in my en ek weet baie ander vroue se boekies alle geloofwaardigheid verloor.

Sanrie le Roux

2011-10-18

Hensie,

Al die mooi woorde in die Sinode verslag oor die huwelik word wat my betref ook bespotlik gemaak omdat die normatiwiteit daarvan gerelativeer is.

Vir my voel dit of die wereld in die kerk gekom het.

Andre Brink

2011-10-18

Dames,

Ek wonder nogal wat Dirkie van der Spuy en Moreleta NG Kerk oor hierdie goed se. As hulle al hierdie dinge wat nou in die NG Kerk goedgekeur is aanvaar gaan hulle van die heel grootste skynheiliges wees wat my betref.

Daai groot kerk van hulle sal uiteindelik verkoop moet word aan ’n shopping mall want gewone Christene gaan hulle nie meer glo as hulle se die duiwel bestaan, dat saambly sonde is en someer nie.

Corrie

2011-10-18

Liewe Vriendinne,

Gaan kyk na die saamwoonverklaring van die Algemene Sinode en die kommentare daarop: http://www.facebook.com/NGKerk/posts/10151027555115001

Is die pornografie ens hierbo genoem ook op die Sinode bespreek of was daar nie meer tyd oor nie?

Gerhard en ja, wie is die,vietse,effe geklede Shakira – meisie op jou facebook?

Ben

2011-10-19

Dit is vir my ’n groot voorreg om deel te wees van die NG Kerkfamilie. Was ook vir my ’n voorreg om die Algemene Sinode van die NG Kerk verlede week dag na dag te beleef. Ek is veral bly daaroor dat ons oor ons gereformeerde identiteit goeie besluite geneem het – soos veral in die doopbesluite na vore kom. Dat in die bespreking daaroor daar ’n konstruktiewe teologiese debat gevoer is. Juis daarom kon daar met soveel groter deernis gepraat word oor en met diegene in die kerk wat met ons gereformeerde verstaan van die Christelike geloof verskil.

Ek het gisteraand gaan sit en die draad van hierdie gesprek op die Diversiteitsforum van ’n kant af gelees en besef dat daar soveel misverstand en skewe perspektiewe is, selfs bitterheid en woede wat somtyds deurslaan in die woordkeuses van deelnemers. Een voordiehandliggende misverstand by heelwat deelnemers is die feit dat daar nie rekening gehou word met die geweldige breuk in denkraamwerke wat gekom het met die aanbreek van die wetenskaplike tyd (laat 15de/16de eeu) nie. Net soos die Bybel en alle refleksie in ons geloofstradisie daarna, tot en met die formulering van die Drie Formuliere van Eenheid (1618/19), was al die nadenke oor ons geloofsartikel gevoer sonder die skouspelagtige ontdekkings van die ontwikkelende moderne wetenskap sedertdien. Ook die literêre subdissiplines wat vir ons vandag help met die vertolking van tekste, die historiografie, die sielkunde en psigiatrie, die mediese wetenskap en astronomie – die hele spektrum – laat ons vandag die realiteite om ons anders verstaan as voor dit. Dieselfde hermeutiese reels wat toegepas moet word vir verantwoordelike vertolking van die Bybel, is ook van toepassing op die vertolking van ons belydenisskrifte – van die Apostolicum, tot die Nederlandse Geloofsbelydenis.

Vergewe my as ek sê dat dit vir my lyk asof die meeste deelnemers aan hierdie huidige gesprek op die forum dit nie in berekening bring in hulle velle oordeel oor medegelowiges nie. Ek vind dit uitermate jammer en hartseer, dat ons bereid is om so argeloos vere in die wind te strooi wat die integriteit van mede-gelowiges so op die spel plaas. Om dan nog heel dikwels die dreigende argumente te gebruik van die onttrekking aan die kerk, finansiele verlies, die leegloop van gemeentes, ens, vind ek totaal en al onvanpas. Ons speel mos nie vir getalle nie. Nooit was dit ’n kerklike oorweging nie. Ook duidelik nie by Jesus nie. Dit gaan oor die waarheid waarvan mens oortuig is.

Die Taakspan vir Diversiteit het ook tydens die sinode tot die gevolgtrekking gekom dat die benaming van hierdie sturktuur tot misleiding lei. Dit moet dalk eerder die Taakspan vir Menswaardigheid genoem word. Daar sal hieroor nog ’n aankondiging gedoen word – ook vanselfsprekend wat die benaming en bestuur van hierdie forum aan betref. Die bedoeling van die Diversiteitsforum (en die Taakspan) was juis om die miskenning van die menswaardigheid wat deur apartheid en die patriagale sosiale strukture aan mense veroorsaak het, in die oopte te bring en daaroor ernstig te praat. Bedoeling hiermee is die erkenning van die menswaardigheid van alle mense, ongeag hulle ras, klas, kultuur, sekuele orientasie, ens. Die begrip “diversiteit” is hiervoor dalk heeltemal te wyd en daarom misleidend.

Ontnugter

2011-10-19

AL die belydenisskrifte,voorskrifte,tugmaatreëls, vertolking van tekse ens. is dan in die verlede gedoen omdat dit is wat die Here/Heilige Gees die NG gelei het.Nou skielik as die wetenskap,sielkunde ens. bykom lei die Here/Heilige Gees die NG skielik anders? Saambly,vrouens in ampte, Sondagsport en en en! Dit is mos ’n absolute klug – dit is duidelik mensgemaakte reëls wat gerieflikheidhalwe aangepas word om die situsie(sak) te pas!

Philip du Toit

2011-10-19

@Ben.

Is dit nie eerder ’n geval dat die naam “diversiteitsforum” (DF) doelbewus gebruik is om die indruk te skep dat dit daaroor gaan om alle mense, ook met verskillende oortuigings te akkommodeer nie?

Jy het dan vroeër hier op die DF ’n hele relaas geplaas oor die verskillende “spiritualiteite.” As “spiritualiteite” deel is van diversiteit kan dit mos nie net gaan oor sosiale geregtigheid of menswaardigheid nie. Julle het dus na my mening self die deur help oopmaak vir gesprekke oor diverse sake, en dit inderdaad vir ’n lang tyd oopgehou. Dink jy regtig dit sal ’n wyse ding wees om daardie deur te probeer toemaak? Is dit nie ’n geval daarvan dat nou dat al meer behoudendes hulle stemme laat hoor, julle probeer om skadebeheer toe te pas nie?

Ek dink dat gesprekke oor ander kernsake oor “spiritualiteit” inderdaad broodnodig is, en dat mense ’n geweldige behoefte daaraan het. Ek stem saam dat sommige mense te persoonlik raak of die man speel ipv die bal, maar ek verstaan dit teen die agtergrond van groter frustrasie. As julle as’t ware die DF wil afpen tot gesprekke oor sosiale geregtigheid, gaan die frustrasie net toeneem, en dan sal julle ten minste ’n ander forum moet skep waar daar werklik onbevange, openhartige gesprek kan wees oor diverse sake.

Ben

2011-10-19

Jy’t ’n baie geldige punt beet, Philip, oor die skepping van ’n ruimte vir hierdie soort gesprek. Ons sal ernstig daaraan oorweging moet gee. Maar, dis natuurlik weereens ’n volgende uitdaging aan bestaande kapasiteit (mense!).

Ek is wel jammer oor jou ons/julle kategorisering van behoudendes teenoor wie ? Ek dink byvoorbeeld ek onbeskaamd behoudend vir die Evangelie en ons Gereformeerde verstaan daarvan. Waar is ek dan? En, wie besluit dit?

Oor die keuse vir die begrip “diversiteit” net: daar was absoluut gee doelbewuste, berekende, duistere motief daaragter nie. Dis onnodig om daaroor agterdog te saai. Sjoe, daar’s darem min vertroue tussen Christene!

Philip du Toit

2011-10-19

@Ben

Dankie vir die reaksie. Ek dink jy wil dalk te veel lees in my opmerkings. Nee, dit is nie dat ek wil kategoriseer deur die term “behoudendes” nie. Miskien kan jy my help met ’n beter woord vir diegene wat nie gemaklik is nie met van die nuwer rigtings wat kerklike denke inslaan. Ook mbt die keuse van “diversiteit” is my bedoeling nie dat die taakspan noodwendig “duistere motiewe” gehad het nie. Dit op sigself kategoriseer ook in die sin dat dit woorde in my mond lê. Ek dink bloot dat die opening van “diversiteit” het nie die rigtings wat gesprekke ingeslaan het heeltemal geantisipeer nie, of dit het waarskynlik (dalk?) aanvanklik ’n breër begrip van diversiteit voorgestaan sonder om die moontlike implikasies daarvan ten volle te verreken (?).

Hoe dit ook al sy, ek dink dat openlike gesprek oor enige kerklike- / geloofsaak ’n hoë prioriteit moet geniet. Dit sal jammer wees as daar nie (meer) so ’n ruimte is nie.

Groetnis

gerhard bothma

2011-10-19

Ben,

Baie dankie vir jou plasings hieronder. Ek glo dat dit – saam met wat boontoe op ons blad geskryf is – die gesprek hier dien en bevorder.

Baie dankie ook vir almal wat deelneem. Dit help ons om soveel stemme moontlik te hoor. Die frustrasie, ongemak en nog ander emosies wat deurkom wórd van kennis geneem en gerespekteer.

Weereens: ons wil op die webblad veskillende stemme hóór. Ons akkommodeer of kondoneer nie alles wat ons hoor nie. Ons stem nie in met alles wat iemand sê indien ons dit nie “aanspreek” nie. Skryf hier wat jy in jou hart leef, deel jou opinie. Probeer wel asseblief om nie persoonlik, onwelvoeglik en geniepsig te raak nie. Dit bevorder nie enige saak nie en kan selfs daartoe lei dat ander hulle ore vir jou toedruk en respek vir jou verloor.

In teologiese opleiding (oor evangelisasie) is ons geleer dat ons ’n reg om gehoor te word verdien (‘earn the right to be heard’). Ons het nie per se so ’n reg nie. Ons is ook geleer om te onderskei tussen wat (inhoudelike) en waarom (redes daarvoor) mense glo. Dat ons persoonlike geloof en ons die manier waarop ons dit inrig en uitleef ten nouste met ons persoonlikhid en lewensverloop en -omstandighede te make het, blyk ook al hoe duideliker in ons eie tyd en konteks.

Ons kerk se Seisoen van Luister is juis deel van die uitvloeisel daarvan dat ons wil lúíster en nie altyd net praat nie. Dis makliker om dit te hanteer wanneer jy oortuig is dat ander die Here ‘verkeerd’ hoor as wanneer jy self besef dat jy die klok hoor lui, maar nie weet waar die bel hang nie. Ons kerk het besluit dat ons fyner wil luister en dieper wil hoor. Dáárom wil ons ook ander stemme as ons eie hoor. Oor die formulerings en besluite wat verder aan in ’n proses van luister gemaak en geneem word, sal ook gelowiges van mekaar verskil. Hoe ons mekaar hanteer wanneer ons van mekaar verskil is belangrik. Ons wil dit op ’n waardige wyse doen wat van leerbaarheid, vertroue, deernis en openheid getuig.

Stel jou saak, beredeneer dit en ‘engage’ met ander gespreksgenote. En lúíster na ander. Probeer hoor wat hulle sê. Probeer verstaan waaroor en waarom mense op sekere punte van mekaar verskil. Ons is almal mense. En wanneer mense menswaardig behandel word, gee hulle makliker van hulleself en neem hulle ander makliker ernstig op.

My persoonlike oortuigings en opinies is vir my funksie hier nie ter sake nie. Ek stel dit gerus op die agtergrond om persone wat hier gehoor moet word te dien. Waar kwetsende stellings of iets wat oop en gemaklike gesprek verhinder, vra ek om verskoning en dat julle my asseblief daarop sal wys, dan redigeer ek dit sodra ek aanlyn en by my sleutelbord is.

gerhard bothma

2011-10-19

Iets waaroor ek nou-net gewonder het toe ek weer plasings deurlees om myself te kontrolleer of ek regtig hóór wat hier gesê word, is: is ons só blind vir ons eie foute en donker kante dat ons Jesus met ’n sweep inroep om hulle wat anders as ons dink en sê by te kom, maar nie besef dat onsself ook ’n klompie houe sou gekry het as dít God se styl was nie?

Is hierdie ruimte al veilig genoeg dat ons ons swaar en ons sukkel in ons stryd om “andersdenkendes en -doenendes” te hoor hier met mekaar kan deel?

Liza-Nel

2011-10-19

Dr B. Du Toit, vir diegene wat reken die Bybel is slegs mensewoorde oor God en nie die Onfeilbare Woord van die Lewende God nie sal die moderne wetenskap altyd die maatstaf wees waaraan hulle hulle realiteite en normes meet…

Het Jesus nie in Matt 24:35 gesê “Die hemel en die aarde sal verbygaan, maar my woorde sal nooit verbygaan nie”. Dit bly altyd van krag, raak nooit irrelevant nie en sal selfs ná die huidige hemel en aarde nog steeds voortbestaan. Alles daarvan sal vervul word.

Dus is Sy woord vandag nog net so relevant soos wat dit vir die mens was voor al die wetenskaplike ontdekkings. Die blaam vir al die misverstande en verwarring kan eerder voor die deur van die skrifgeleerdes gelê word wat ’n ieder en ’n elk ’n eie opinie en vertolking van die Bybel het.

gerhard bothma

2011-10-19

@Corrie,

Help my asseblief. Waar op my facebookprofiel sien jy ’n “vietse,effe geklede Shakira – meisie”?

Ek sien haar nêrens nie?

@Heno Mentz,

As die dominees – soos jy sê – “so veel as moontlik dinge vir almal” wil “wees om so veel as moontlik lidmate te behou om so veel as moontlik pensioen, medies en salaris te kry”, waarom sal die Algemene Sinode dan hierdie “onpopulêre” besluite waarteen so uitgevaar word gemaak het? Wys die feit dat dominees bereid is om sulke besluite – wat hulle weet tot verwerping, weerstand en weglopery kan lei – te neem nie vir ons eerder iets van hulle karakter en verbintenis aan Christus en God se Woord nie?

@Annette Malan,

Jy “huil vir so baie wat mislei word.” Die kerk huil saam met so baie wat deur kerkmense en vanweë besluite wat vroeër deur die kerk gemaak is, seergekry het. Dáárom is seker besluite soekende en biddend geformuleer, voorgestel en geneem. Húlle stemme wil ook gehoor word.

Stefan Nel

2011-10-19

Maggies is dit nie lekker om vir ’n slag na afloop van ’n NG Sinode nie skaam hoef te voel vir die kerk se part nie. Vorige kere wou mens soms jou kop in die sand steek van pure skaamte oor van die besluite wat daar geneem is.

Die slag is dit anders. Dit is of daar ’n vars nuwe bries deur die NG Kerk begin waai. Ek hoop die ou beswaarde en murmurerendes soos dier afgetrede Gideon Aggenbag besef dit is nou vir hom en sy span ook tyd om te gaan rus. En mag mense soos Hennie Sesdag Mouton en Hetta Klaagster ook die boodskap kry dat hulle ware tuiste eintlik by die APK, die dolerende Doppers en die verkrampte Steeds Hervormers is. En dit is nou nie juis of een daai groepies uit hulle nate bars van belangstelling nie! Die tyd het hulle ingehaal. Mag hulle in vrede rus wanneer hulle uitgeleefde ideologie finaal finaal die laaste asempie uitblaas. Niemand gaan hulle mis nie.

Schalk Wessels

2011-10-19

Dis goed dat Ben du Toit ook deelneem. Ek is juis besig om Adrio Konig se boek waarin hy in gesprek gaan met Ben te lees.

Ek haal ’n stukkie aan:

“Ben du Toit het ’n boek geskryf waarin die postmoderne wereldbeskouing volkome oorneem as die maatstaf vir wat Christene “nog kan” glo. Hy is ’n klassieke voorbeeld van iemand wat die postmodernisme as sif gebruik – en net wat deurval, kan ons nog glo.”

Wat die duiwel betref se Adrio verder:

“Dit blyk byvoorbeeld dat hy oortuig is dat “die wetenskap” ons leer dat daar nie bose magte is nie. Maar watter eksperimente is deur watter wetenskappe gedoen om die bevinding te kon maak? … En watter eksperimente oor bose magte is gedoen wat die eenvormige resultaat in “die wetenskap” opgelewer het?

Wat is “die wetenskap” meer as ’n denkkonstruksie wat Du Toit uitgedink het om sy verwerping van wesenlike dele van die Bybel boodskap te regverdig?

‘n Hele aantal basiese geloofsoortuigings bly immers een vir een in die slag in die naam van “die wetenskap”:

* die maagdelike geboorte

* die wonderwerke

* die bose magte

* die twee nature van Christus

* die drie-eenheidsleer

Hulle word ook nie sagkens of met begrip behandel nie. Hulle word eenvoudig afgeskryf sonder enige omhaal van woorde.” (p185).

Of Adrio te skerp skryf of nie is nie hier ter sake nie. Wat krities belangrik is is of Ben met integriteit en saaklik kan reageer op Adrio. En kom ons se dit tog ook hier, Adrio se werk word op hierdie oomblik by Calvin College in die VSA voorgeskryf het ’n dominee nou die dag vir my gese.

Mart Bloem

2011-10-19

Kyk onder Arts and Entertainment :))))

H.W. Cruywagen

2011-10-19

Hierdie klipfundamentaliste het lank genoeg diversiteit in my kerk beduiwel. Hulle kan nou maar hulle tasies pak en loop as hulle ongelukkig is met die uitstekende besluite oor die duiwel en saamwoon by die Algemene Sinode.

As dit nie was vir Ben, Gerhard, Nelus en Kobus nie, het ek ook my tassies gepak.

Goddank dat die era van sekerehede soos Piet Strauss versinnebeeld het is vir altyd verby in die NG Kerk.

Sunette Louw

2011-10-19

Meneer Cruywagen,

Ek en my gesinnetjie het reeds gedoen wat jy vra en ek kan net noem dat ons van daai dag weer kan glo soos kinders.

Ons jare in die NG Kerk was aaklig oor een van julle dominees wat nie meer geglo het dat Jesus regtig vir ons sondes betaal en fisies uit die dood opgestaan het nie. My kinders was later so verward dat hulle nie meer wou kerk toe gaan nie.

Waar ons nou is kry ons die lewende Evangelie. Ons kyk nie meer terug nie.

Corrie

2011-10-19

Gerhard – sy ( Shakira ) was verlede week met die Sinode daar! Ek kon ook nie my oë glo hoe sy nou inpas by kuns & vermaak nie !

Nou is dit Kristen Wiig by Kerkbode Om nie te praat van die “privaateiendom” wat adverteer word in die argiewe nie.

Baie diverse smaak moet ek sê.

Fanie van Emmenes

2011-10-19

Corrie vra in een van haar/sy skrywes of Gerhard aan die fisiese bestaan van die duiwel glo. Corrie glo jy aan die fisiese bestaan van die duiwel?

Indien wel is dit simptomaties van die gesprekke op hierdie forum. Soos Gerhard se, mense hoor die klok maar weet nie waar die bel hang nie.

Corrie vir die duiwel of die bose om fisies te bestaan beteken dat hy ( of dalk eerder ’n sy? ), ’n liggaam soos ek en jy moet he. ’n Liggaam wat gesien kan word en waaraan ’n mens kan vat. Dit het die duiwel beslis nie. Nee, ek glo NIE aan die FISIESE bestaan van die duiwel of die bose nie en ek verstoud my om te se dat ek glo ook nie Gerhard nie.

Hanno

2011-10-19

Fanie, was dit n metafoor wat Jesus in die varke gejaag het?

Corrie

2011-10-19

Jammer ek het myself verkeerd uitgedruk – het eintlik bedoel dat die satan ’n persoon is al is hy ’n geestelike wese soos Paulus gesê het ‘bose geeste in die lug.

Fanie van Emmenes

2011-10-20

Dankie Corrie, ek aanvaar jou verskoning en verstaan dat jy jou verkeerd uitgedruk het.

Hanno ek weet nie waar val jy uit nie. Al wat ek wou tuis bring was dat die bose nie FISIES bestaan soos Corrie in sy brief beweer het nie.

Nee ek glo nie dat die bose geeste wat Jesus in die varke laat invaar het metafories was nie. Ek glo egter ook nie dat hulle FISIES was nie.

Ben

2011-10-20

Aan Schalk: ek het myself nog altyd daarvan weerhou (en dis wel by sommige bekend) om in die openbaar te reageer op die aantygings (strooipoppe wat opgestel en afgeskiet word) en styl van argumentasie wat in die openbaar teen my gevoer was/word. Tot vandag verstaan ek byvoorbeeld nie Adrio se aggressiewe en felle openbare reaksie op my nie. Ons was vriende, so het ek vir lank geglo, en ek het groot respek en agting vir sy vroeere teologiese werke. Maar hy’t verkies om, na die verskyning van “God? Geloof in ’n Postmoderne Tyd”, nooit met my persoonlik te praat nie, maar wel in die openbaar teen my te skryf – op ’n manier wat enige teenskryf van my kant af, ter wille van my respek vir hom, nie goed sou wees nie. Dis een van die hartseerverhale van my lewe. Ek sal ook daarom nou hierop nie verder reageer nie.

Ek sal verkies dat mense liewer my skrywes self lees en beoordeel as ander se interpretasies daarvan.

Tans werk ’n paar van ons aan ’n teks (nie ’n boek nie) om die hele saak van die vertolking van tekste sistematies aan te bied. Die probleem met die huidige gesprek is dat die verkeerde vrae gevra word. Aanmekaar. Spekulatiewe vrae. Vasvra vrae. Wen-en-verloor vrae. Die sake waaroo die vrae gevra word, lê ook nie op dieselfde vlak nie. Vir sommige mag hulle vrae dalk vir hulle heel logies klink. Hulle antwoorde voor die handliggend. Dis egter nie so nie Dis daarom ’n verwarrende gesprek.

gerhard bothma

2011-10-20

Baie dankie vir jou pos, Ben.

Wat ek by iemand – van wie ek oor baie dinge verskil – geleer het, is dat ’n mens eers mooi moet luister en moet probeer seker maak wat iemand vir jou wil sê. Dán eers kan jy besluit of jy daarvan hou, aldan nie. Ek stem daarom saam met jou: om op grond van iemand anders se kritiek teenoor iemand ook uit die staanspoor self ’n kritiese posisie jeens daardie persoon in te neem, is mos nie billik – of verantwoordelik – nie?

Henrietta Klaasing

2011-10-20

WYNAND LOUW VAT SINODE AAN

In vandag se VOLKSBLAD is ’n lesenswaardige berig oor Wynand Louw wat ontsteld is oor die rigting wat die NG kerk inslaan na die AS. (Lees hier: http://www.volksblad.com/Suid-Afrika/Nuus/Lidmaat-duiwel-in-oor-gesprekke-op-sinode-20111019 )

Dr Ben, ek neem aan u is besonder besig deesdae, met al die koffie-drinkery met weerbarstige NG-lidmate wat u persoonlik onder vier oe wil spreek, soos ons lees in die berig. [onvanpaste opmerkings]

Die berig meld dat Louw het ook ’n webtuiste, www.hierstaanek.com begin het – ek het gaan lees, en WAT ’n getuienis!

Ben

2011-10-20

Ek het geen benul waarvan jy praat nie, ds Klaasing, hoekom probeer jy nie self ’n koffie-sessie nie?

Maar, wat dit nou met diverstiteit te doen het, weet nugter alleen 🙂

Henrietta Klaasing

2011-10-20

KOFFIE-SESSIE

Dankie vir die antwoord Dr Ben . Eers net ’n regstelling: ek is nie “ds” nie. Oor die koffie-sessie: Baie dankie vir die uitnodiging maar …. op die oomblik is ek hier in Londen – so u sal effens ver moet reis ;))

Wat dit alles met diversiteit te doen het? Myns insiens alles. Die inhoud van Wynand se mededelings se dit vir my (u kan gerus sy ope brief op sy blog gaan lees). Wynand gebruik die internet, u drink koffie met mense, dus gaan dit ook oor diverse metodes van kommunikeer, dan nie?

Johann Basson

2011-10-20

OP ‘N OORWIG VAN WAARSKYNLIKHEID

O’ alwetende hooggeagte soogdier Homo sapiens sapiens, bely jy dat jy ’n Skepper het? Met alle eerbied, waar is jou Skepper? Kan jy Hom sien? Kan jy Hom hoor? Kan jy my Sy voetspoor wys? Wat is Sy eposadres?

Wat is jou fondasie waarop jy enige geloofsbelydenis grondves? Is dit tradisie en oorleweringe? Is dit persepsies? Is dit jou eie interpretasie van die Groot Belydenisboek? Is dit “wetenskaplik gebaseerde” bevindinge?

Is die individu se geloofsbelydenis gebaseer op ’n “oorwig van waarskynlikheid” afgelei uit sy waarneming- en belewenismilieu?

O’ alwetende hooggeagte soogdier Homo sapiens sapiens, hou jy daarmee rekening dat enige geskrewe stuk hom leen tot verskillende interpretasies?

In alle beskeidenheid: ek dink die hedendaagse mens het ’n groot probleem deurdat hy sy Skepper nie direk kan sien nie.

‘n Brit het jare gelede in London die volgende stelling teenoor my gemaak wat my seker altyd sal bybly: “It takes a mature society to accommodate all diversities, as long as they stay within the law”.

Na my mening is die siening dat alle lede van die NG Kerk-familie presies met alles oor die interpretasie van die Bybel en belydenisskrifte moet kan saamstem, ’n drogbeeld.

Is my aanpasbare geloofsbelydenis gebaseer op die beginsel van oorwig van waarskynlikhede? Ja. En my drie Yorkshire terriers stem saam met my.

Koos

2011-10-21

Ek sien die skrywes hier word nou weer verwyder — so Gerhard volg maar Charles se voorbeeld. Het die oorwegende menings van die afgelope paar weke nou bietjie kwaai geraak om te hanteer?

Corrie

2011-10-21

Johann:

Spr 26:4 Antwoord ’n dwaas nie na sy sotheid nie……

Hamerkop

2011-10-21

Seker nie meer lus vir die eierdans nie.

gerhard bothma

2011-10-22

Dankie vir jou goeie advies, Corrie – ek sal dit ter harte neem.

Koos / Dirk / Hennie. Die taakspan het my versoek om enige en alle poste wat nie ons gesprek bevorder nie – en veral bloot iemand slegsê of op leuens berus – te verwyder.

Gesels gerus ooreenkomstig die doelstellings van ons forum saam, maar probeer asseblief om jouself binne die grense van ordentlikheid te hou.

Corrie

2011-10-23

@ Johann Basson

Kan jy die wind sien ?

Kan jy ’n baba sien in ’n swanger vrou se maag?

Kan jy saadjies in die grond sien voor dit opkom?

Het jy nie ’n hart nie omdat jy dit nie kan sien nie ?

Liza-Nel

2011-10-23

“Sondae staan hulle op die kansel en preek die Bybel as onfeilbare Woord van God.

Maar in hul harte glo hulle nie meer die dinge wat hulle aan hul gemeentelede verkondig nie.

So bieg vyf predikante “van die hoofstroom-kerke” in ’n potensieel opspraakwekkende boek wat pas gepubliseer is.”

– Rapport

Is dit nou nie ’n opperste belydenis van lafhartigheid nie…? Hoekom sê julle vyf nie wie julle is nie. Al wat julle nou veroorsaak is dat geen predikant wat Sondae op die kansel klim meer vertrou kan word nie…Gerhard is jy een van die mede-skrywers?

James

2011-10-23

Die Humpty Dumpties in die NG Kerk

Diversiteit en Diversiteitsbevordering word op hierdie forum as die hoof fokus in die vooruitsig gestel.

Daarmee saam neem ek aan moet diverse semantiese betekenisse van woorde ook aan die beurt en in die ope kom; en dan bedoel ek nie die verskillende sinonieme wat dieselfde woord mag hê nie.

Socrates het gesê om woorde foutiewelik en onbepaald te gebruik, is nie alleen maar net ’n fout nie, maar veroorsaak bedorwenheid van die gees. (sien http://creation.com/loving-god-with-all-your-mind-logic-and-creation)

So het ons Vaders van die Reformasie ’n sekere semantiek aan bepaalde woorde gekoppel wat deur die eeue heen deur almal op een basiese manier verstaan en geïnterpreteer was.

Met die koms van modernisme en postmodernisme wat diverse betekenisse aan eens bekende terme toeskryf, word die Kerk binnegedring op die rug van die leuen; want met die toepassing van vernuftige bewegings wat dié van ’n bekwame gimnas ewenaar, word bekende terme gebruik om ’n vreemde, diverse idée tuis te bring wat in ons moderne tyd met sy inligtingstsunami, ons so oorspoel dat selfs die vreemde betekenisse vir ons begin aanvaarbaar klink en ons dit moeilik vind om die waarheid en die leuen van mekaar te onderskei.

Semantiese gimnastiek het die strategie geword van diegene wat op ons kansels staan en nie meer die Gereformeerde dogmas ondersteun nie maar steeds hul geld moet verdien in die vorm van bydraes van elke stilswyende, vredeliewende lidmaat. Met hul vernuftige woordkeuses en reëlmatige herhaling van vreemde idees, word ons lidmate so gekondisioneer dat Jesus Christus as die enigste Weg na die Vader, uit ons midde gesteel en met ’n mengelmoes van moontlike tussengangers tussen God/god en mens, verruil en vermeng word en word die hart van die Evangelie en daarmee saam ook die hart van die Gereformeerde Christelike Kerke uitgeruk sonder slag of stoot. (Sien: Loving God with all your mind: logic and creation by Jonathan Sarfati op www.creation.com) Die nuwe boek deur onder andere Lina Spies getiteld “Hier Staan Ek” wil vir my lyk, gaan die selferkende bewys wees van die stelling wat hierbo gemaak word.

Hulle mag die Gereformeerde dogmas nie openlik en op ’n eerlike wyse verwerp nie, want dit sou te ooglopend wees en tot hul skorsing en moontlike ontslag lei; dus is die alternatief om die dogmas te herdefinieer. Sodoende is dit bitter moeilik om te identifiseer dat hulle eintlik hul Legitimasie Eed verbreek het. Vir hulle is God nie meer die “Skepper van die Hemel en die aarde” nie maar eerder die algehele besorgdheid oor die kosmos; Jesus se fisiese opstanding het die semantiese inhoud gekry van Sy voortgesette invloed na Sy dood; die tweede gebod dat jy jou naaste moet liefhê soos jouself, word hoër geag as die eerste gebod naamlik dat jy die Here jou God moet liefhê met jou hele hart, met jou hele siel en met al jou krag ens.

As ons nie vooraf oor die betekenis van ’n woord ooreenkom nie, is die noodwendige uitkoms van ons kommunikasie met mekaar, een van misverstande, konflik en onsekerhede; begrippe wat vir die liberalis aanvaarbaar is want in die proses kan hy die hele institusionele Kerk kaap en sit die Christene met ’n leë dop.

So ’n proses is daarop afgestem om alle Christelike Dogmas en Etiek te vervang met Pseudo-Christelike retoriek.

En as in Rapport gerapporteer word dat Dr Kobus Gerber sou gesê het : ““As kerkvergadering vergader ons met ons oop Bybels in die teenwoordigheid van die Hoof van die Kerk, Jesus Christus ons Here. Ons moet sy stem hoor. Ons moet onderskei wat sy wil is met betrekking tot die sake op die agenda,”, wil ek weet of ek en hy nog dieselfde Jesus Christus bedoel veral gesien in die lig van sy betrokkenheid by die positiewe, sagte hantering van die homoseksuele kwessie na die vorige Sinode sitting. Dit wat hulle op die tafel geplaas het, sny lynreg oor dit wat die einste “oop Bybel” oor die onderwerp sê.

Of wat bedoel hy met “oop Bybel”; is dit die fisiese oop Bybel waarin ons na teksverse gaan soek om die waarheid betreffende ’n bepaalde saak te probeer ontdek, of is dit weer ’n semantiese gimnastiek vertoning waarin “oop Bybel” verwys na ’n Bybel wat oop is vir diverse interpretasies soos dit ons begeertes en verdorwe harte se wense pas?

Want kyk ons na die aanloop tot die Sinode sitting, was alle aanduidings daar dat byvoorbeeld met “eenheid” nie bedoel word “eenheid in Geloof” nie maar eenheid van denominasies soos byvoorbeeld ’n nader kruip aan die Rooms Katolieke Kerk; groter druk op die Kerk om die Belharbelydenis as volwaardige en moontlik uiteindelik as vervangende belydenis te aanvaar sodat versoening daardeur met die VGK bewerkstellig mag word; ’n meer tolererende houding teenoor saamblyers ten spyte van die Bybel se uitdruklike voorskrifte; ’n beweging na die groter inperking van die uitoefening van die outoriteit van Christene oor demone en satanistiese praktyke ten spyte van die Skrif se uitdruklike erkenning aan Satan as persoon en die gevalle engele en bose geeste teen wie die Kerk van Jesus Christus se stryd in werklikheid is. Op ’n subtiele wyse is selfs die APK as sterk gereformeerde kerk, die EGK en die AGS, nie deur die Algemene Sinode na die Sinode sitting uitgenooi nie, terwyl die South African Catholic Bishops Conference uitgenooi is wat die absolute teenpool van die Reformasie was en steeds is!

In sy boek “Evangelicalism Divided” skryf Lain Murray, dat die subtiele soeke na sogenaamde eenheid tussen verskillende denominasies, uiteindelik die vernietigende gevolge gehad het van ’n Billy Graham wat op sy oudag van mening is dat almal gered sal word. In ’n televisie-skakeling het Billy Graham die volgende gesê: “He (God) is calling people out of the world for his name, whether they come from the Muslim world, or the Buddhist world or the non-believing world, they are members of the Body of Christ because they have been called by God. They may not know the name of Jesus but they know in their hearts that they need something they do not have, and they turn to the only light they have, and I think that they are saved and they are going to be with us in heaven.”

In sy opgewonde verbasing, het die liberale onderhoudvoerder, Schuller, vinnig om ’n verduideliking gevra van wat Billy Graham werklik met sy uitlatings bedoel. Sy vraag was:”What, what I hear you saying, that it’s possible for Jesus Christ to come into human hearts and soul and life, even if they have been born in darkness and have never had exposure to the Bible. Is that a correct interpretation of what you are saying?” waarop Billy Graham toe op ferm wyse antwoord: ”Yes, it is.” (p73 – 74)

In sy frustrasie met Alice wat hom nie verstaan het nie, het Humpty Dumpty vir haar gesê: wanneer ek ’n woord gebruik, beteken dit presies wat ek kies om daarmee te bedoel, niks meer en niks minder nie. So, lyk dit my, gaan dit met meeste van die flink ondersteuners en bevorderaars van die diversiteitskonsep veral met betrekking tot kwessies wat baie duidelik deur die Bybel verwerp word en/of gladnie die bedoeling van die Skrif is nie. (sien http://creation.com/loving-god-with-all-your-mind-logic-and-creation)

Die enigste motivering wat enigiemand kan hê vir die gebruik van semantiese gimnastiek soos hierbo uiteengesit, is om verwarring te saai en op oneerlike wyse met die Woord om te gaan en lidmate te mislei wat Sondag na Sondag na die Kerk gaan om ten diepste te hoor wat God deur Sy dienaar vir ons te sê het maar dan salig onbewus daarvan na ’n wolf in skaapsklere luister.

En intussen stroom lidmate na gemeentes waar die predikante wel nog verkondig dat die Bybel die betroubare Woord van God is en is gemeentes wat gelei word deur predikante wat die pad van onsekere geloofsoortuigings loop en verkondig, besig om leeg te loop of gebuk te gaan onder onaangename onderstrominge in hul gemeentes.

Ek dank die Here vir die Predikante wat nog vasstaan op die Bybel as die onfeilbare en Heilige Woord van God. Mag hul bediening van krag tot krag gaan en mag God gee dat diegene wat hul onwetend op die pad van verleiding bevind, tot nuwe insigte kom en terugdraai na God en Sy Woord.

En mag die Diversiteitsforum die basis van sy wese verstewig deur te besef dat om in die eerste plek aan God se kant te staan en mense te probeer oortuig dat die voorskrifte, wense en opdragte van God slegs een enkele primêre doel het en dit is om ons as mense met Hom te versoen en deur aan Sy wense gehoor te gee, aan ons absolute Vryheid, Vrede en Liefde waarborg.

Liefde, Vreugde, Vrede en selfs Vryheid, lê op ’n baie hoër vlak as ons omstandighede en sal ons as mens dit nooit vind deur selfs al ons diverse begeertes en behoeftes vervul te kry sonder dat God se riglyne ten volle nagevolg word nie. Deel van die Protestantse Reformasie was die siening dat die Bybel “perspicuous”, dus “duidelik” is met ander woorde, gedeeltes moet in die eerste plek verstaan word soos dit daar duidelik vir ons geskryf staan in die betrokke genre waarin dit geskryf is. ’n Geskiedkundige vertelling van Jesus wat opgestaan het uit die dood en van ’n leë graf en met pertinente aankondiging deur Jesus self in Lukas 24:39 “Kyk na My hande en voete: dit is tog Ek self. Voel aan My en kyk! ’n Gees het tog nie vleis en bene soos julle sien dat Ek het nie.” , kan volgens hierdie beginsel op geen ander manier verklaar word as dat Jesus Christus fisies uit die dood opgestaan het nie. Om dit op ’n sogenaamde geestelike wyse te probeer verklaar, plaas ons terug na die dae voor die Reformasie waar die een verbeeldingryke interpretasie op die ander gebou is en uiteindelik tot absurditeite gelei het soos die Aleksandryne gedoen het. Hierdeur is die meeste letterlik, historiese betekenisse verbloem deur mistieke interpretasies daaraan te heg. (The Portable Seminary; p73)

Dit is dus duidelik dat diegene wat ons op die pad van die modernisme en post-modernisme wil lei, ons eintlik terugneem na ’n pad wat prehistories aan die Reformasie is.

gerhard bothma

2011-10-23

@Liza-Nel: Nee, ek is nie een van die mede-skrywers nie. Maar ek sien na die boek uit, want elke keer as iemand dit wat in sy hart klop met n mens deel, dan maak dit nuwe deure vir n eie selfondersoek oop en verryk dit n mens.

En ek luister graag na ander stemme as my eie.

gerhard bothma

2011-10-23

James,

Die plasing van James se pos is hopelik vir skeptici ’n bewys dat hier nie enige standpunt bevorder of bestry word nie. Vir ons gesprek is die aanvaarding van mekaar se bona fides belangrik. Daarom, James, waarom moet ons byvoorbeeld nie die sinode of dr Kobus Gerber s’n nie, maar joune wel aanvaar?

En, is jou beskrywing “Die Humpty Dumpties in die NG Kerk” ’n stukkie semantiese woordspel, of dink jy dat iemand dalk op grond daarvan ten a gekom sal voel en dit hom/haar verhinder om aan ons gesprek deel te neem?

James

2011-10-23

Gerhard,

Jy opper ’n baie geldige punt; die aanvaarding van mekaar se bona fides.

Hoe gaan ons bepaal watter stelling word bona fide gemaak en watter mala fide? Iewers moet daar tog sekerlik ’n tipe riglyn wees waarvolgens hierdie evaluering gemaak kan word?

Om iemand se optrede en/of uitlatings as bona fide of mala fide te klassifiseer, moet daar gekyk word na die aard en karakter van die objek, en in die geval, die NG Kerk met haar Gereformeerde karakter.

Tipies in die NG Kerk met ons Gereformeerde karakter sal ons met ’n sola scripture ingesteldheid na ’n persoon se lewe en ingesteldheid kyk om te bepaal of hy erns maak met dit waartoe die Here ons geroep het. Dit sal ook beteken dat ons die uitlatings van so ’n persoon sal meet aan die hand van die Skrif en in ooreenstemming met die Gereformeerde beskouing en uitleg van die Skrif.

Iemand wat stellings en geloofsoortuigings uiter wat lynreg teen die Skrif indruis soos bv die hele kwessie van homoseksualiteit of selfs die bestaan van Abraham as persoon in die geskiedenis van Israel bevraagteken , bedoel dit mos nie eerlik met die Kerk nie want of hy/sy wil die Kerk oortuig om haar siening te verander wat neerkom op ’n totale verandering van die Gereformeerde karakter van die Kerk, of hy wil die Kerk dwing om sy/haar onSkriftuurlike lewenswyse te kondoneer en steeds dieselfde Kerklike voordele geniet soos deelname aan die Nagmaal, die doop, die voorreg om te preek ensovoorts.

Indien die Kerk daaraan sou toegee, sou die Kerk haarself voor God skuldig maak daaraan dat Sy toelaat dat mense willens en wetens ’n oordeel oor hulleself bring deur in sonde te leef en steeds toegelaat word om die Nagmaal te gebruik of eerder te misbruik.

Ek dink dat die gesprekke op hierdie forum lankal reeds gevorder het tot die vlak waar sekere deelnemers se uitlatings nie meer as bona fide beskou kan word nie aangesien dit ’n duidelike mala fide karakter vertoon.

Die antwoord op jou vraag : ”James, waarom moet ons byvoorbeeld nie die sinode of dr Kobus Gerber s’n nie, maar joune (bona fides) wel aanvaar?”, lê dus opgesluit in die eerlike omgaan met die Skrif. Aanvaar ek die voor-die-hand-liggende-betekenis soos dit in die Skrif geskryf staan (en dit is waarvoor die Protestantse Reformasie staan) of moet ek allerlei herinterpretasies heg aan verskeie konsepte en begrippe om by my punt uit te kom om te bewys dat ek reg is en die Bybel nie meer geldig is nie?

Dit is gladnie my oogmerk om mense te probeer verhoed om aan enige gesprek deel te neem nie; ek dink net nie dit is billik dat enigiemand ongegronde idees en opinies op ander wil afdruk wat lynreg teen die Skrif indruis sonder om dit vanuit die Skrif te verdedig en te motiveer nie. Die enigste persoon wat die reg het om Sy opinie en verordeninge op ons af te forseer, is God en hierdie verordeninge, riglyne en morele voorskrifte het God in Sy Woord aan ons bekend gemaak in geen onduidelike terme nie!

Onsekerhede is gesetel in ons gedagtes; nie in God se Woord nie!

Johann Basson

2011-10-24

“Constant development is the law of life, and a man who always tries to maintain his dogmas in order to appear consistent drives himself into a false position.”

“Faith… must be enforced by reason… when faith becomes blind it dies.”

“For me every ruler is alien that defies public opinion. “

“I claim that human mind or human society is not divided into watertight compartments called social, political and religious. All act and react upon one another.”

“Intolerance betrays want of faith in one’s cause.”

– – – Mohandas Gandhi

” Loneliness and the feeling of being unwanted is the most terrible poverty.”

“Each one of them is Jesus in disguise.”

“I want you to be concerned about your next door neighbour. Do you know your next door neighbour?”

– – – Moeder Teresa

“All the art of living lies in a fine mingling of letting go and holding on.”

Henry Ellis

“A person who never made a mistake never tried anything new.”

“Few people are capable of expressing with equanimity opinions which differ from the prejudices of their social environment. Most people are even incapable of forming such opinions.”

“He who can no longer pause to wonder and stand rapt in awe, is as good as dead; his eyes are closed.”

– – – Albert Einstein

“Let us make a special effort to stop communicating with each other, so we can have some conversation.

– – – Mark Twain

“Common looking people are the best in the world: that is the reason the Lord makes so many of them.”

– – – Abraham Lincoln

“Don’t be afraid to see what you see.”

– – – Ronald Reagan

“All major religious traditions carry basically the same message, that is love, compassion and forgiveness the important thing is they should be part of our daily lives.”

“If you want others to be happy, practice compassion. If you want to be happy, practice compassion.”

– – – Dalai Lama

“A genuine leader is not a searcher for consensus but a molder of consensus.”

“Almost always, the creative dedicated minority has made the world better.”

“An individual has not started living until he can rise above the narrow confines of his individualistic concerns to the broader concerns of all humanity.”

– – – Martin Luther King, Jr.

“If liberty means anything at all, it means the right to tell people what they do not want to hear.”

– – – George Orwell

“A fanatic is one who can’t change his mind and won’t change the subject.”

“Criticism may not be agreeable, but it is necessary. It fulfils the same function as pain in the human body. It calls attention to an unhealthy state of things.”

– – – Winston Churchill

Henrietta Klaasing

2011-10-24

Vir Johann:

” EK is die Weg en die Waarheid en die Lewe … niemand kom na die Vader behalwe deur My nie” – Jesus Christus, die Seun van God.

Liza-Nel

2011-10-24

Vir die vier Yorkies:

“Truth carries with it confrontation. Truth demands confrontation; loving confrontation, but confrontation nevertheless. If our reflex action is always accommodation regardless of the centrality of the truth involved, there is something wrong.” -Francis Schaeffer: The Great Evangelical Disaster

———————————-“’n Kerk sonder grense is soos ’n dam sonder wal – dit sal onafwendbaar leegloop. Die grense van die kerk word egter nie deur mense of sinodes getrek nie, maar deur Jesus Christus self en deur die evangelie wat van Hom as gekruisigde en opgestane Heiland en Here getuig”.

–Die Kerkpad

Koos

2011-10-24

Gerhard, ek is baie bly om te hoor jy luister na ander stemme ook behalwe jou eie. Prof. Johan van Rensburg het op die afgelope sinode argumente geopper waarom daar grense aan diversiteit binne ’n kerk gestel behoort te word. Facebook/kerkbode het nie juis die respons daarop gepubliseer nie. So wat die Algemene Sinode daarvan dink, weet mens nie. Maar waar sou jy die grense trek?

Dink jy die skuilnaamdominees se ongeloof in Jesus se opstanding en Goddelike aard, en ongeloof aan lewe in ’n hiernamaals, en aanvaarding van panteïsme en agnostisisme, val binne die grense van aanvaarbare diversiteit in die NG Kerk?

gerhard bothma

2011-10-25

@James:

Dis regtig jammer dat jy mense wat in húlle “eerlike omgaan met die Skrif” in hulle interpretasie daarvan op ’n ander plek as jy uitkom se goedertrou nie wil aanvaar nie. Ons – of sal ek sê ten minste ek – wíl jou bedoelings as goed aanvaar. Daarom sal ek jou probeer hoor wanneer jy hier ’n bydrae lewer. Ek sal nie van jou sê dat jy iemand is wat jou “ongegronde idees en opinies op ander wil afdruk wat lynreg teen die Skrif indruis sonder om dit vanuit die Skrif te verdedig en te motiveer nie.” Wat jy vergeet, en ek glo nie dat dit bloot gerieflikheidshalwe is nie, is dat die aanhaal van ’n teks of twee ’n “motivering vanuit die Skrif” konstateer nie. Mede-gelowiges “teen wie” jy skryf gaan makliker aanvaar dat jy bona fide is indien jy versigter is in jou beoordeling en afwysing van enigeen wat van jou verskil.

Glo jy eerlikwaar dat jou broers en susters in Christus wat ’n ander oortuiging as jy oor bv homoseksualiteit huldig, nie eerlik, biddend, soekend en nederig na God se stem probeer luister (het) nie? Hoeveel geloof, vertroue in God en commitment teenoor Jesus dink jy vra dit van iemand om op ’n punt op te staan en te sê “Ek dink dat ons ons Here se wil hieroor dalk vroeër verkeerd verstaan het”? Dis tog soveel makliker om teksverse op die klank af te neem en saam met die massas te beweeg, is dit nie?

Jou mening is belangrik. Net so is een van ons broers of susters in Christus wat ’n ander mening as jy het ook belangrik, al klink sy/haar bewoording daarvan belaglik of dat dit volgens jou “lynreg teen die Skrif indruis”. Ek betwyfel geensins dat jy die Bybel as Woord van God beskou, respekteer en as sodanig wil lees nie. Die standpunte wat ons formuleer toon wel aan ‘hoe’ ons die Bybel as God se Woord hanteer. Dit lyk hiervolgens asof jy die Bybel meer letterlik as histories-krities (die metode waarvoor die reformatore gekies het) lees.

@Johann:

Baie dankie vir die aanhalings. Daar’s beslis heelwat om te herkou.

@Liza-Nel:

Na wie of wat verwys jy met “Vir die vier Yorkies”?

@Koos:

Ek het nog nie die boek gelees nie. Al wat ek op hierdie stadium daaroor kan sê, is dat dit werklikwaar jammer is dat ’n christen onder ’n skuilnaam oor sy/haar geloof moet skryf. En dit alleenlik omdat hy/sy viktimisering deur mede-christene wil vermy.

Sal ons dit wéér vir mekaar sê? Deur na ’n ander te luister beteken nie dat jy daardie standpunt deel nie.

Liza-Nel

2011-10-26

Gerhard, ontspan asb. Dit is nie wat jy dink dit is nie – dis slegs maar ’n dood onskuldige en goedige verwysing na Johann Basson en sy drie “Yorkshire Terriers”…

Henrietta Klaasing

2011-10-26

@James en die Humpty Dumpties….

Jou gebruik van die beeld van Hompie Kedompie fasineer my. Ek weet jy verwys na die Alice in Wonderland weergawe, en net soos haar Humpty verkies om sy eie betekenis aan woorde te gee, is daar kerkleiers wat net soos hy maak. Vir my roep die beeld die kinderrympie op. Volgens die rympie val die eier op die grond en alle pogings om hom weer “bymekaar te kry” is vrugteloos. ’n Eier is ’n simbool van lewe, oftewel die draer van lewe, soos die kerk en sy leiers behoort te wees . Ek sien daarin ’n waarskuwing: Wanneer die eier op die grond val, kan mens miskien nog probeer om die stukkies van die dop op ’n manier bymekaar te kry, maar enige huisvrou weet dat die geel en die wit op die grond is die eintlike morsige spul en niks op aarde gaan die oorspronklike Hompie weer op die wal kry nie . . .

gerhard bothma

2011-10-27

@Liza-Nel: goed so, ek het nie geweet hy het drie hondjies by die huis nie en was net bang iemand begin na jou en Henrietta as tefies verwys. En dit sal nog verder teen die etos van ons gesprek wees

Bruce

2011-10-27

Jare gelede het ek ’n boek gelees by name “They don’t call it a conspiracy, do they” of iets in diervoege. Ek het die skrywer se naam ook vergeet. Daarin is ook ’n nimmereindigende geheen en weer gooiery van die (politieke?) bal, met geen hoop op ’n eindresultaat nie – nie die boek nie, maar die “plot”, behalwe dat hulle wat in beheer was presies geweet het waarheen hulle op pad is

Ek aanvaar dat “diversiteit” as sulks altyd sal bly ontwikkel, maar ek lees nou al vir maande gereeld dit wat op die forum bespreek word met belangstelling en die hoop dat ek iets konsekwents kan sien gebeur, maar kon nog nie enigsins sien dat julle iets bereik het nie

Wat ek wel sien, is dat die grense tussen dit wat ek, per definisie, as gereformeerd beskou, vervaag en uiteindelik uitgevee sal word en dat dit al makliker sal word vir Katoliek, Jehowa, Moeslim en die ander oosterse gelowe om in dieselfde kooi te klim

Hoe kan ons die uniekheid en duur prys van die evangelie boodskap verruil vir ’n pot lensiesop ??

Ons geldstelsels is teen ’n snelle pas op pad na ’n een wereld stelsel. Is ons vanuit ons post moderne kastele so omring deur ons eie “pet” teoriee, dat ons nie eers kan sien dat “hy wat nie bestaan nie” besig is om ons aan die neus rond te lei nie ??

Groete in die wonderlike Naam van ons Here Jesus Christus

gerhard bothma

2011-10-27

Baie dankie vir jou bydrae, Bruce.

Vir party persone beweeg ons te vinnig en te ver en vir ander weer te stadig. Wat sou jý sê is die “uniekheid” en “duur prys van die evangelie boodskap”?

Lê die uniekheid daarin dat ons in Jesus se voetspore uit God se genade leef en dit met almal wil deel, anders as die ander godsdienste – wat met prestasie, voorwaardelikheid en eksklusiewe “in-” en “uit-“groepe werk? (vgl bv 2 Kor 5:17vv).

Lê ons uniekheid daarin dat ons – anders as die ander godsdienste nie met ’n satan-figuur en ewige straf vir ‘infidels’ behep is nie? (of is ons dit dalk nog te veel?)

Liza-Nel

2011-10-27

Bruce, verwys jy dalk na Gary Allen en Larry Abraham se boek “Non dare call it conspiracy”?

Die boek waarsku skerp teen die skaduregerings van die wêreld wat deur ’n handjievol “insiders” beheer word en ten doel het om op ’n baie subtiele manier ’n eenwêreldregering tot stand te bring deur die banke, die politiek en die kerk te beheer en te manipuleer.

Buks Britz

2011-10-28

Dit lyk vir my die grootste dryfveer om Belhar te aanvaar, is om uiteindelik kerkeenheid te bewerkstellig. Laat my dan die vraag vra : hoe wyd word kerkeenheid gesien ? Alle kerke, wêreldwyd uiteindelik ? Wat van alle kerke in SA ? As nie een of albei van bogenoemde nie die oogmerk is nie verdraai die voorstanders van kerkeenheid mos die tekste in die Skrif wat hulle wil gebruik as argumente vir “eenheid”. As dit net gaan oor “hereniging” van dit wat histories uitmekaar geskeur is (uit die oorspronklike NG Kerk familie), wat dan van ander kerke wat ook vanuit die NG Kerk wagbeweeg het (NH Kerk en Gereformeerd )? Waarom kry ek (en ander mense) die indruk dat “eenwording” spesifiek die NG Kerk teiken, van binne en buite, en dat dit in ons kele afgeforseer word.

Henrietta Klaasing

2011-10-30

In vandag se Rapport (lees hier http://www.rapport.co.za/Suid-Afrika/Nuus/NG-ring-vaar-uit-oor-kerk-se-Belhar-besluit-20111029 ) is ’n berig oor ’n “ sterkbewoorde gespreksdokument” van die Ring van Louis Trichardt wat die afgelope AS vergelyk met met die ANC in Polokwane gebeur het – volgens hulle was dit ’n oorname deur revolusionêre elemente. Aan die een kant was daar gelukwensings met die sukses van die AS, en hier direk die teenoorgestelde waarneming – volgens my is die opinies divers genoeg om hier bespreek te word, of hoe, Gerhard, en dis in aansluiting

by vrae wat Buks hieronder vra?

Henrietta Klaasing

2011-10-30

Hier kan ook meer oor die gespreksdokument van die Ring van Louis Trichard gelees word: http://hierstaanek.com/2011/10/30/louis-trichardt-ring-kritiseer-die-algemene-sinode-van-2011-se-besluite/

Herman Toerien

2011-10-31

Hervormingsondag

Die ruimte vir diversiteit is waarskynlik in ’n groot mate met die Hervorming ingelui. Vandag is die presiese herdenking van Luther se stellings. Luther was egter nie die eerste nie, en mense soos John Wycliff en Johannes Hus voor hom moet ook onthou word. Ek het ’n artikel oor hulle en hul rol geplaas by http://www.koerant.co.za/ met die artikel se eie “adres” http://www.koerant.co.za/uncategorized/kerkhervorming-lig-op-die-voorlopers-wycliff-en-hus-6375

gerhard bothma

2011-10-31

Die Hervorming het inderdaad nuwe momentum aan die bestuur van diversiteit verleen, Herman.

Luther se stellings was radikaal, vars en wou gesprek oor kritiese kwessies aan die gang kry. Dit is jammer dat daar nie onmiddelik gesprek aan die gang gesit is nie, maar pogings om Luther die mond te snoer. Ons sien daar – net soos met Jesus oor sy hervormingspogings – dat veral godsdienstige mense sukkel om diversiteit te hanteer, wat nog te sê daarvan om dit te wil bestuur.

Ons kan dus op die stu-krag agter die Hervorming intap deur openhartige gesprek aan te moedig, eerder as om dit te wil smoor.

gerhard bothma

2011-10-31

Die Algemene Sinode se besluite oor die Belhar-belydenis en kerkeenheid weerspieël beslis iets van gelowiges se pogings om diversiteit effekties te bestuur, Henrietta. So, ja – ons kan hier daaroor gesels.

Reaksie op die Ring se stuk is alreeds in die openbaar. As iemand die meriete van die standpunte wil bespreek is dit in orde. Verdagmakery en ’n geboelie in ’n bepaalde rigting in, is egter in die lig van ons ooreenkomste mbt die forum buite orde.


Vervolg by xxx.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui