Wie is CS Lewis?

Kyk ook:

Clive Staples Lewis (29 November 1898 tot 22 November 1963) was ’n Britse skrywer en Christen apologeet.

Lewis het Christelik groot geword, maar het die geloof verlaat tydens adolosensie. Op die ouderdom van 32 jaar het Lewis weer teruggekeer na die Christelike geloof, grootliks te danke aan sy vriend JRR Tolkien (outeur van The Hobbit en The Lord of the Rings). Daarna het hy ’n apologeet geword en baie Christelike boeke geskryf. Dit sluit onder andere in: The Screwtape Letters, Mere Christianity, Miracles, The Problem of Pain en The Chronicles of Narnia.

Een van sy bekendste aanhalings is:

Ek probeer hier verhoed dat iemand die waarlike dom ding sê wat mense dikwels oor Jesus sê: ‘Ek is bereid om Jesus as ’n groot morele leraar te aanvaar, maar ek kan sy aanspraak dat Hy God is, nie aanvaar nie.’ Dis een ding wat ons nie moet sê nie. Iemand wat bloot ’n mens was en die soort dinge gesê het wat Jesus gesê het, sou geen morele leermeester wees nie. Hy sou óf ’n waansinnige wees – op ‘n vlak met iemand wat sê hy is ‘n geposjeerde eier – óf anders sou hy die Duiwel uit die Hel wees. Jy moet jou keuse maak: Óf hierdie man was, en is, die Seun van God, óf anders ’n malmens of iets ergers. Jy kan Hom as ’n dwaas stilmaak, of op Hom spoeg en Hom as ’n demoon doodmaak; of jy kan aan sy voete neerval en Hom God en Heer noem. Laat ons egter nie met enige vroom onsin vorendag kom dat Hy ’n groot menslike leermeester was nie. Dít het Hy nie vir ons oop gelaat nie. Dit was nooit sy bedoeling nie.

(Kyk Aanhalings – Geloofskwessies.)

En ook:

“Supposing there was no intelligence behind the universe, no creative mind. In that case, nobody designed my brain for the purpose of thinking. It is merely that when the atoms inside my skull happen, for physical or chemical reasons, to arrange themselves in a certain way, this gives me, as a by-product, the sensation I call thought. But, if so, how can I trust my own thinking to be true? It’s like upsetting a milk jug and hoping that the way it splashes itself will give you a map of London. But if I can’t trust my own thinking, of course I can’t trust the arguments leading to Atheism, and therefore have no reason to be an Atheist, or anything else. Unless I believe in God, I cannot believe in thought: so I can never use thought to disbelieve in God.”

(Kyk ook Accidental angle: C.S. Lewis on materialistic thoughts en Loving God with all your mind: logic and creation.)

Kyk ook

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui