Wie is Walt Heyer?

Walt Heyer was transgender. In April 1983 het hy as man ’n geslagsoperasie ondergaan om ’n vrou te word. Aanvanklik was hy opgewonde oor die nuwe begin, maar hormone en ander geslagsorgane kon nie die onderliggende probleme oplos wat sy geslagsdisforie veroorsaak het nie.

“The people I have worked with, 100 percent of the time, when I have the opportunity to sit like we are or discuss this over the phone or through the internet they can identify the very specific thing that occurred in their life that caused them to not want to be who they are and they adopted across gender behaviour as a way of coping with the incident or issue or continued issues that happened to them when they were younger.” ~ Walt Heyer

Na agt jaar as ’n vrou het hy ’n omkeringsoperasie ondergaan en die waarheid geleer: Hormone en chirurgie kan jou voorkoms verander, maar niks verander die onveranderlike feit van jou geslag nie.

‘n Paar jaar na sy omkeringsoperasie is hy met ’n vrou getrou. Vandag help hy ander wie se lewens ontspoor is deur ’n geslagsverandering.

In Transgender regret? | Walt Heyer (Youtube) sê hy dat baie mens wat ’n geslagsveranderingsoperasie ondergaan het hom bel en sê dat dit die grootste fout in hulle lewe was. Aanvanklik is mense wat die operasie ondergaan het gewoonlik baie gelukkig met hulle besluit maar is later spyt daaroor. Die spyt tree egter eers 5 tot 15 jaar in ná die geslagsoperasie. Oor die hoeveel mense wat spyt is oor hulle besluit sê hy dat daar duisende is (moontlik ’n bietjie oordryf) en sê dat jy “detransitioning” moet gaan google om ’n idee te kry van die omvang. Dit is baie algemeen.

Op die vraag hoekom mense besluit om ’n geslagsveranderingsoperasie te ondergaan, antwoord hy soos volg:

100 persent van die mense met wie ek gewerk het kan die spesifieke insident in hulle lewe identifiseer wat veroorsaak het dat hulle nie wou wees wie hulle was nie en wat veroorsaak het dat hulle geslagsgedrag aangeleer het as ’n manier om die voorval of kwessie te hanteer toe hulle jonger was.

Die oplossing is nie om jou geslag te verander nie, maar om die grondoorsaak te bepaal en dit aan te spreek.

Ek dink dit is veilig om te sê dat as iemand oorkruis aantrek en liggaamlik en seksueel misbruik is, dat psigoterapie die terapie is wat die nodigste is, nie hormone en chirurgie nie.

Kyk ook

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui