Selfdegeslagverhoudings versus die rol van vroue en die hantering van slawerny

Selfdegeslagverhoudings versus die rol van vroue en die hantering van slawerny

Deur Chris van Wyk

7 November 2020

Daar is in sommige van die literatuur oor selfdegeslagverhoudings ’n poging om die aanvaarding van selfdegeslagverhoudings te herklassifiseer van ’n eties-dogmatiese saak na ’n menswaardigheid saak. Daar word dan gepoog om selfdegeslagverhoudings op dieselfde manier as die bevryding van slawe en vroue en selfs die beëindiging van apartheid te hanteer.

Die argument is dat sóós slawerny grotendeels afgeskaf is in die 18de eeu, vroue in die 20ste eeu toegelaat is as volwaardige en gelyke deelnemers op alle vlakke van die samelewing, en apartheid na sy wetlike voorkoms afgeskaf is om almal as gelyke burgers van die land te hanteer, só moet selfdegeslagverhoudings ook aanvaar word sodat dit dieselfde status kan hê as huwelike vir die res van die samelewing.

Die moreel-etiese uitsprake téén selfdegeslagverhoudings in die Bybel moet op grond van hierdie argument laat vaar word om in te pas by die aanvaarding van die menswaardigheid van alle mense soos dit met slawerny en vroue gebeur het, sowel as met etnisiteit.

Só ’n argument sal egter nooit slaag as ’n mens die Bybel eties-dogmaties ernstig wil neem nie. Die Bybel is konsekwent negatief oor selfdegeslagverhoudings, terwyl dieselfde nie geld van slawerny, vroue of etnisiteit nie.

1. Die Bybel moedig bevryding van slawe regdeur OT en NT aan

In die geval van slawerny was bevryding altyd deel van die Bybelse visie daarop. Dit was alreeds in die OT in die praktyk só. Die wet het bepaal dat ’n slaaf na sewe jaar vrygelaat sou word met genoeg middele om ’n normale vry lewe te begin (Eks 21:2). Die geloofsgemeenskap het dit nagevolg en waar hulle geweier het om slawe te bevry, is hulle deur die profete voor stok gekry (Jer 34).

Die teologiese beginsel daaragter was dat God die Bevryder was. In twee van die grootste tradisies in die OT is die geloofsgemeenskap se selfverstaan as “bevrydes” gestruktureer. Die eerste was die Uittog uit die slawehuis van Egipte. Die tweede die Uittog uit die slawehuis van die ballingskap.

Dieselfde beginsel word in die NT gehandhaaf. Paulus het slawe aangemoedig om die geleentheid om vry te word, aan te gryp (1 Kor 7:21). Hy het die basiese teologiese vertrekpunt daarvoor neergelê in sy brief aan die Galasiërs – daar is nie meer slaaf of vryman in Christus nie (Gal 3:28). Hy het die praktyk daarvan geïllustreer deur ’n hele brief aan die onderwerp te wy waar hy Filemon aangemoedig het om Onesimus vry te laat en as gelyke in Christus te hanteer (Fil 16).

Dit is hierdie Bybelse teologie wat die kerk uiteindelik oortuig het om slawerny af te skaf in die 18de eeu n.C. Die Bybelse teologie oor slawerny kan dus op geen manier met iets soos selfdegeslagverhoudings vergelyk word nie. Dit is fundamenteel verskillende teologiese sake.

2. Die Bybel beskou vroue as mans se gelyke reg van die begin af

Dieselfde geld vroue. Dit is eintlik verrassend hoe onkundig moderne teoloë is oor die Bybelse visie van menswees wat van die begin af mans en vroue as gelykes beskou.

Die eerste skeppingsverhaal beskryf man en vrou as gelyke dele van God se skepping van die mens na sy beeld: “na die beeld van God het Hy hul geskape; man en vrou het Hy hulle geskape.” (Gen 1:27). Die tweede skeppingsverhaal beskryf man en vrou in die huwelik as “helftes”, as “gelykes”: “Ek sal vir hom iemand maak wat hom kan help, sy gelyke.” (Gen 2:18).

Dit is waarom die Bybel geen probleem het om die verhale van matriarge soos Hagar (Gen 21:21) en leiers en profete soos Miriam (Eks 15:20), Debora (Rigt 4:4), Gulda (2 Kon 22:14) te vertel en in die NT leiers soos Priscilla (Hand 18:18, 26; Rom 16:3; 1 Kor 16:19), Phoebe (Rom 16:1), Junia (Rom 16:7), Euodia, Sintige (Fil 4:2), te veel om op te noem!

Die feit dat die samelewing en in baie gevalle die kerk deur die eeue gesukkel het om vroue tot hulle reg te laat kom, moet nie voor die deur van die Bybelse teologie oor vroue gelê word nie, maar voor misplaaste en verdraaide eksegetiese en hermeneutiese vooroordele deur die eeue.

3. Dieselfde geld apartheid en ander pogings tot herklassifikasie

Dieselfde geld apartheid. Dit was in al sy segregasionele gestaltes daarvan altyd bestry en die Bybelse begronding daarvan deur die meeste in die wêreldkerk as eensydig uitgewys. Soos ons kerk ook tot sy beskaming uiteindelik moes erken dat apartheid sonde was.

Dit is ook interessant dat die Christendom, soos ook die Jode en Islam, altyd konsensus gehad het oor homoseksualiteit, maar nooit oor slawerny, vroue en apartheid nie.

Daar is ook ander pogings in die literatuur wat probeer om die skuiwe in die interpretasie en hantering van egskeiding en hertrou en ander etiese sake as ’n voorbeeld te gebruik om ’n verandering in die houding van die kerk rondom homoseksualiteit aan te voer.

Dit is ook nie regtig paslik nie. Selfdegeslagverhoudings val eerstens in ’n ander kategorie as egskeiding en hertrou. Selfdegeslagverhoudings word konsekwent afgewys. Egskeiding en hertrou word in sommige gevalle toegelaat (Deut 24; Matt 19; 1 Kor 7). Maar, in die tweede plek kan ’n verkeerde praktyk rondom egskeiding en hertrou in die kerk en samelewing vandag nie die beginsels van die Skrif daaroor verander nie. in die derde plek sal ons ook konsekwent moet wees deur saamwoon, egskeiding, en hertrou te hanteer soos ons dit inderdaad in die Bybel vind.

4. Die Bybel spreek hom sterk uit oor selfdegeslag seksuele verhoudings

Dat ’n mens enigsins die Bybel se helder afwysing van selfdegeslagverhouding in twyfel trek, bly regtig verrassend. Want, dit kan net gedoen word as jy die Bybelteks verander of verwerp.

Aan die een kant is die Bybel baie helder dat ’n huwelik tussen ’n man en ’n vrou die basis is vir nie net families nie, maar vir menswees in die samelewing as sodanig (Gen 2; Matt 19).

Aan die ander kant is die Bybel konsekwent negatief oor selfdegeslagverhoudings, maak nie saak of dit tussen man en man, of vrou en vrou, is nie (Rom 1:26-28). Maak nie saak of dit kortstondige of langtermyn verhoudings is nie – ’n man mag nie slaap by ’n man soos by ’n vrou nie (Lev 18:22; 20:13; 1 Kor 6:11; 1 Tim 1:10). Daar is geen uitsonderings nie.

Die beginsel regdeur die Bybel is dat God seks vir die huwelik tussen ’n man en ’n vrou bedoel het, en dat enige verhoudings wat dít in gevaar stel, nie sy goedkeuring wegdra nie. Só het die wet dit uitgespel (Eks 20:14). So het die NT dit uitgespel oral waar van porneia – “to engage in sexual immorality of any kind” (Louw-Nida), dws enige seks buite die huwelik – sprake was (Gal 5; Rom 1; 1 Korintiërs 5-7; Kol 3; Ef 5; 1 Tim 1; Hand 15; Judas 7; Openb 2:18-29).

Die fundamentele vraag wat voorstanders van selfdegeslag seksuele gedrag moet beantwoord, en daarmee word nie enige negatiwiteit bedoel nie, is hoekom moet selfdegeslag seks anders beoordeel word as owerspel, prostitusie, en bloedskande?  Want owerspel, prostitusie, en bloedskande word deur dieselfde gedeeltes in die Bybel afgekeur waarin selfdegeslag seksuele gedrag ook afgekeur word (Lev 18-20; Rom 1; 1 Kor 5-7; 1 Tim 1; Gal 5; Kol 3; Ef 4-5).

Telkens wanneer gelowiges in die OT en NT van hierdie reël afgewyk het, het die profete en uiteindelik Jesus en die apostels die gelowiges terug gebring na die wil van God wat reeds in Genesis 2 neergelê is vir die verhouding tussen een man en een vrou (Gen. 2:24; Spr. 5:15,18; Mal. 2:14-15; Matt. 19:4-6; 1 Kor. 7:2).  Die huwelik moet deur almal in eer gehou word (1 Tess. 4:1-8; Hebr. 13:4). Hierin het leiers ’n selfs groter verantwoordelikheid as lidmate (1 Tim. 3:2,12; Tit. 1:6).

5. Die verbod geld alle tipe selfdegeslagverhoudings

Anders as wat dit soms voorgestel word, is homoseksualiteit ’n tipe seksuele aantrekkingskrag of seksuele verhouding tussen dieselfde geslagte wat van vroeg af bekend was en vandag as homoseksualiteit bekend is.

Hoewel homoseksualiteit dus ’n moderne beskrywende begrip is vir mense wat in selfdegeslagverhoudings is of wil wees, veral soos beskryf deur Freud en Foucault, is dit ’n woord wat vir ’n werklikheid gebruik word van iets wat van vroeg af met ons is. Daar is baie voorbeelde, soos die sogenaamde “Twee-gees individue” in die vroeë Amerikas wat as sodanig erken en toegelaat is om selfdegeslag seksualiteit te beoefen. Hulle was baie keer die sjamaans van hulle gemeenskappe.

Selfdegeslag seksualiteit was bekend in Griekeland (bv. in die werke van Plato), China, Japan, Persië, die Suidsee-eilande ensomeer. Vergelyk hiervoor die standaardwerk van Thomas Hubbard in Homosexuality in Greece and Rome – A sourcebook of basic documents, bl 2:

“Close examination of a range of ancient texts suggests, however, that some forms of sexual preference were, in fact, considered a distinguishing characteristic of individuals. Many texts even see such preferences as inborn qualities and thus ‘essential’ aspects of Human identity: the earliest philosophical account of male sexual passivity, from the pre-Socratic philosopher Parmenides, traces it to a failure of male and female seed to blend properly at the moment of conception. Other medical writers consider effeminacy in men and masculinity in women to be genetically determined. Aristotle and his followers believe that desire to be penetrated anally arises from physiological deformity, either a congenital defect or something occurring through ‘abuse’ as a child. Similarly, physiognomic writers hold that effeminacy and sexual passivity can be betrayed by visible physical traits, implying that the behavior stems from organic etiology. Later astrological texts consider all manner of sexual preferences to be determined by the position of heavenly bodies at one’s birth.The Roman fabulist Phaedrus and the Greek comic poet Aristophanes both produce mythological accounts explaining the origin of different sexual orientations in the prehistory and creation of the human race. In the context of these theories, it should not surprise us  to see the late Greek novelist Longus introducing a character as a ‘pederast by nature.”

Die werk van John Boswell gaan nog dieper in op die tipe selfdegeslagverhoudings wat sy navorsing van die Europese geskiedenis van dié tipe verhoudings opgelewer het (Same-Sex Unions in Premodern Europe). Hier is ’n aanhaling uit sy boek waar die bestaan van korttermyn en langtermyn selfdegeslagverhoudings in antieke tye onomwonde bevestig word:

In the cities of the Mediterranean basin during classical antiquity—i.e., from about 400 B.C.E. to around 400 C.E.—heterosexual couplings generally took four forms: use, concubinage, marriage, and romance.The most common type of heterosexual marriage in all Mediterranean societies (and the only legal form at Athens and Rome) was monogamy: a male-female couple.

DURING THIS SAME PERIOD (i.e., roughly 400 B.C.E. to 400 C.E.) there were, very broadly speaking, also four types of same-sex relationships; these exhibit some parallels to heterosexual unions, but also some peculiarities.1 In general, the divisions among the homosexual four are more fluid and less legalistic than among varieties of heterosexual unions. The latter had to be legally distinguished because they often determined the status of offspring and the disposition of property; the former usually did not.

Exploitation of males owned or controlled by other males was widespread;

Homosexual concubinage was perhaps less common than heterosexual, but by no means rare.6 From the evidence of Augustan poetry, one could conclude that Roman men of a certain status had a male slave called a concubinus whose specific function was to meet their sexual needs before marriage.

By far the most common type of same-sex relationship in premodern Europe (as it is now in the modern West) was that of “lovers”—i.e., two women or two men united by affection, passion, or desire, with no legal or institutional consequences for status, property, household, and so on.

In a very famous portion of one of his best-known works, the Symposium (a dialogue on love), Plato characterized same-sex unions very pointedly as permanent, exclusive unions of coevals, in the context of a myth specifically designed to explain the origins of human eroticism. Humans were all originally double, the speaker explains: double men, double women, or, in some cases, a mixture of male and female (“androgynes”), all with two heads, four hands, four feet, and so on. When they were split in half by the gods they spent the rest of their lives seeking their other halves; the parts of the androgyne form heterosexual unions with former halves of the opposite gender; the halves of female beings “have practically no interest in men,”22 but form unions with women. The halves of the male beings likewise “have no natural inclination for [heterosexual] marriage or parenting,”23 but when they happen on the right male “are filled with the most wondrous friendship and intimacy and love , and are unwilling … to be apart from each other for a second.24 And they spend their whole lives together …” (Symposium, 191

This tale accounts for precisely the range of sexual preference familiar to modern readers: heterosexuals, male homosexuals, and lesbians, all of whom have, according to the myth, permanent and innate sexual preferences.

Although writers sometimes infer from the literary stereotypes of fourth-century Athens that all ancient homosexual relationships were temporary and age-related, the evidence suggests, as noted above, that this picture is exaggerated even for Athens, and homosexual relationships in the rest of ancient Europe were certainly far more varied and flexible than this, probably not very different from their heterosexual counterparts.

In antique romances male lovers usually have permanent, exclusive relationships precluding similar relations with other men, not necessarily excluding a heterosexual marriage;

A fourth type of homosexual relationship known in the ancient world consisted of formal unions—i.e., publicly recognized relationships entailing some change in status for one or both parties, comparable in this sense to heterosexual marriage.

Such unions were not always private. A few years earlier, the emperor Nero (ruled C.E. 54 to 68) “married a man [named Sporus] in a very public ceremony with a dowry and a veil [flammeum], with all the solemnities of matrimony, and lived with him as his spouse.”135 A friend gave the “bride” away, “as required by law.”136 “… He took this Sporus with him, carried on a litter and decked out in the finery normally worn by empresses, and often kissed him.”137 The marriage was celebrated separately in Rome and in Greece.138 On another occasion, the emperor himself “was given in marriage to a freedman, just as Sporus had been given to him, and even imitated the cries and wailings of a virgin being deflowered.”139

Dit bly dus verstommend dat teoloë kan beweer dat langtermyn selfdegeslagverhoudings nie bestaan het in Bybelse tye nie. Deeglike historiese navorsing bewys die direk teenoorgestelde. Selfdegeslag huwelike was onder andere deur die elite gesluit. Om enigiets anders te beweer, is dwaas.

6. Relevante literatuur

  1. Boswell, J. 1994. Same-Sex Unions in Premodern Europe. Vintage Books: New York.
  2. Fortson, S.D. & R.G. Grams, 2016. Unchanging Witness: The Consistent Christian Teaching on Homosexuality in ­Scripture and Tradition.  B&H Academic Nashville, Tennessee.
  3. Hays, R. 1996. The Moral Vision of the New Testament: Community, Cross, New Creation. HarperOne: New York.
  4. Hubbard, T.K. 2003. Homosexuality in Greece and Rome – A sourcebook of basic documents. University of California Press: Los Angeles.
  5. Kinnaman, D. & G. Lyons 2007. Unchristian. What a new generation really thinks about Christianity … an why it matters. Groundbreaking research from the Barna Group. Bakerbooks: Grand Rapids.
  6. Mayer, L.S. & P.R. McHugh, 2016. Sexuality and Gender. Findings from the Biological, Psychological, and Social Sciences. The New Atlantis. A Journal of Technology and Society. Special Report. Number 50, Fall 2016.
  7. Seitz, C.R. 2011. The Character of Christian Scripture. The Significance of a Two-Testament Bible. Baker: Grand Rapids.
  8. Shaw, E. 2015. Same-sex attraction and the Church: The surprising plausibility of the Celibate life.  Intervarsity Press: Downers Grove.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui