Oor huweliksformulier-kaskenades

Kyk ook die volgende artikels wat voortgespruit het op hierdie artikel:

*******

Oor huweliksformulier-kaskenades | Netwerk24

Dr. Bernhard Ficker, Somerset-Wes

26 September 2022

Dit was vir my ’n groot teleurstelling toe ek die berig “Gays wat trou kry nie eie formulier” (22.09) lees, want ek het so daarna uitgesien om te verneem presies hoe die formulier vir gay mense gaan lui.

Daarna sou ’n formulier vir lesbiese mense opgestel moes word. En dan een vir biseksuele mense. En een vir transgender mense. Want hulle kan mos nie almal oor dieselfde kam geskeer word nie, of hoe?

En nog ’n formulier vir “queers”. En een vir “interseks”-mense. En een vir die “+”-mense. En een vir elk van die hele LGBTQI+-mensdom.

Toe wonder ek, watter formulier sou gebruik moes word as van hierdie groeperinge onder mekaar begin trou?

Ek vermoed dat toe die Algemene Sinode eers aan die formuliere begin werk het, het hulle die kompleksiteit daarvan besef en toe maar liewers tou opgegooi, eerder as om hierdie tameletjie aan te pak.

Of was hulle miskien bang dat met die opstel van ’n reeks nuwe formuliere sou baie lidmate se oë oopgaan oor wat nou eintlik hier aangaan en sou hulle in die arms van die dolerendes in die kerk ingedryf word?

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui