Liefde wen altyd

Die volgende brief is geskryf in reaksie op Uitdaging aanvaar: Hier is formulier (Hennie Pienaar, 9 Okt 2022).

Kyk KOMMENTAAR onderaan.

Een Dis Waarheid wat wen, nie liefde (Bernhard Ficker, 16 Okt 2022).

*******

Liefde wen altyd | Netwerk24

Rapport, Sondag, 16 Oktober 2022

Jan Wandrag, Hermanus, skryf:

Prof. [dit moet seker “Prop.” wees vir proponent] Hennie Pienaar se reaksie op die uitdaging om ’n formulier te publiseer, is uitnemend!

Meer Skrifgefundeer kan dit nie, want dit bevestig die hart van die evangelie: God is en bly liefde.

Om daarmee te verskil, is natuurlik onmoontlik – die Bybel is God se liefdes-brief aan alle mense van alle tye. Liefde is bepalend vir alle verhoudings.

Dit alles laat my dink aan die volgende aanhaling uit Tuesdays with Morrie (Mitch Albom):

So which side wins, I ask?

Which side wins?

He smiles at me, the crinkled eyes, the crooked teeth.

“Love wins. Love always wins.” (p. 40)

Kommentaar

Die woorde “Love wins” herinner aan Rob Bell se boek Love wins. Daarin skep Bell twyfel of God werklik mense hel toe sal stuur. Dit is universalisme. ’n Mens wonder of Jan Wandrag hiermee sal saamstem?

En hoe ver kan ’n mens hierdie gedagte (van liefde wat altyd wen) neem?

In 2020 het Auke Compaan en Anél Pienaar, twee predikante van Skuilkransgemeente, verlief geraak op mekaar en owerspel gepleeg het. Toe die kerk hulle daaroor berispe het, was hulle reaksie: “F*k die kerk”.

As liefde altyd wen, dan het hulle sekerlik die reg gehad om so te reageer op mense wat die “ware liefde” tussen hulle twee wou opbreek…

En as liefde altyd wen, beteken dit dat pedofilie, poligamie, poliamorie en bestialiteit ook goedgekeur moet word?

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui