NG Kerk legitimasiediens gebruik om kerkeenheid te bevorder

Verlede jaar se legitimasiediens van teologiese studente van die NG Kerk by Stellenbosch was kontroversieel toe ds Melanie Thirion na God verwys het in die vroulike vorm. Tydens dieselfde geleentheid het dr Jana van den Munckhof God in ’n gebed aangespreek as “Heilige prisma”. Vir meer hieroor, kyk Opsomming: God is vrou, “Heilige prisma” tydens legitimasiediens op 29 Maart 2021.

Hierdie jaar (24 November 2021) was weereens kontroversieel, vir ander redes:

In 2015 het liberales in die NG Kerk probeer om die Belydenis van Belhar as vierde geloofsbelydenis van die NG Kerk goed te keur. Toe hierdie poging onsuksesvol was, het die NG leierskap begin om dit op ander maniere te probeer insmokkel. Reeds voor 2015 vertel teologiese studente dat hulle gemanipuleer is om die Belharbelydenis te onderteken tydens legitimasie.

Tydens hierdie jaar se legitimasiediens op 24 November 2021 is teologiese studente van die NG Kerk en die VGK (Verenigde Gereformeerde Kerk) in Stellenbosch saam gelegitimeer. Al die studente het ook die Belydenis van Belhar onderskryf.

Legitimasiediens van NG en VG candidate. Licencing Service of DRC and URCSA candidates (24 Nov 2021)

Hier volg ’n opsomming van die dag:

Die eerste ding wat opvallend is, is dat dit ’n gesamentlike diens saam met die studente van die VGK (Verenigde Gereformeerde Kerk) en dat feitlik die hele diens in Engels was.

Een van die hooftemas van die diens was die bejammeringswaardige nalatenskap van apartheid.

Reeds met die intrapslag op 4:26 begin Marie al met die verskonings vir apartheid:

“…congregation with a very long history. Not all in it are we proud of. There is also other things within it that we also have to deal with.”

Reggie Nel, die dekaan van die teologiese fakulteit op Stellenbosch, doen ook sy deel om die entstof te promoveer deur die viroloog Wolfgang Preiser, aan te haal (11:20):

“This virus is going to be with us forever. There is no chance anymore that we will get rid of it again. That means that everyone will get invected sooner or later. It basically means that we will have to live with the virus.”

Hier volg ’n paar uittreksels uit Frederick Marais se toespraak (16:50-)

“The service is carefully planned to be an embodiment of our unity and our desire to be one.

“… we do this together, invited into worship and fellowship by the triune God, as the confession of Belhar reminds us.

“… In that, we revisited the shame and pain of our past. We met in almost despair, admit the challenges of the pandemic, recovering from the third wave. Our energy levels were drained. Some still recovering … seek answers from the Lord on the isssues of reconciliation, unity and justice.”

Die preek is waargeneem deur ds Walter Philander van die VGK.

Die hele preek was ’n oproep tot kerkeenheid tussen die NG Kerk en die VGK. Johannes 17:11 is onder andere gebruik om te pleit vir kerkeenheid.

Heilige Vader, bewaar hulle in u Naam, die Naam wat U My gegee het, sodat hulle net soos Ons een kan wees.

As deel van sy preek sê Philander (56:00):

By the grace of God, we have an opportunity to correct the wrong of the past. We cannot leave one another by being a divided reformed church for ever. History will judge us. It will judge our disobedience to the writing and the teachings of the apostles and to our confessions. Even more our disobedience to the high priestly prayer offered by Jesus before he went to Getsemane.

Uit hierdie geleentheid het dit weereens duidelik geword dat die NGK leierskap nie sal rus totdat kerkeenheid met die VGK bewerkstellig is nie. Die VGK het egter as voorwaarde gestel dat die Belydenis van Belhar aanvaar sal word en daarom dat alle nuwe gelegitimeerdes dit ook moet onderskryf.

Die klem op (kerk)eenheid het niks met die Bybel te doen nie, maar meer oor die hedendaagse humanistiese kultuur (kyk Kerkeenheid).

Een van die gelegitimeerdes was Ashwin Thyssen. Op sy webblad, ashwinthyssen.wordpress.com, stel hy homself bekend as:

Ashwin Afrikanus Thyssen, ontologically black – existentially queer – spiritually christian

Onder “About me” staan die volgende:

Pronouns: he / him

Mx* Ashwin Afrikanus Thyssen is a Master of Theology student at Stellenbosch University. He is also an active member of the Uniting Reformed Church in Southern Africa.

* “Mx” is ‘n neutrale vorm van mr/me.

Dit laat vrae ontstaan oor die hele legitimasieproses…

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui