Opsomming: God is vrou, “Heilige prisma” tydens legitimasiediens op 29 Maart 2021

Tydens ’n legitimasiediens van die NG Kerk op 29 Maart 2021 verwys die prediker, Ds Melanie Thirion (verbonde aan NG gemeente Kenridge), na God in die vroulike geslag (54m47s):

“Dat God-drie-enig haar verbond bevestig. Of hom. Hoe ookal jy dit sien.” – Melanie Thirion

Verder doen Dr Jana van den Munckhof (van NG gemeente Toringkerk in die Paarl) ’n gebed in die woorde van Rosa Smit en spreek God aan as “Heilige prisma…” (1h18m):

Heilige prisma
ek wat ’n klein-klein liggie prik
bid dat jy my dwarsdeur jou moet pluk
dat ek sewekleurig na omhoog
in ’n loflied jou kan loof
Amen

Hier volg die hele legitimasiegeleentheid op Youtube:

Legitimasie, 29 MAART 2021, 18:30

Op 9 April 2021 maak Stefaan de Jager hiervan melding in ’n plasing op Facebook. In die plasing verdedig die voorsitter van die algemene kuratorium, Frederick Marais, die twee dames baie sterk:

Dit gee aanleiding tot ’n hele debat en gesprek in die openbare media. Arisa Janse van Rensburg skryf ’n berig hieroor in Netwerk24 en noem dat die moderator, Nelis Janse van Rensburg, aanstoot neem oor die kommentaar op Facebook:

Pieter Prinsloo van Kroonstad wys dat dit ’n on-Bybelse praktyk is om na God in die vroulike vorm te verwys:

NG gemeente Kenridge, waar Melanie Thirion predikant is, verdedig haar ook in die volgende verklaring:

Peet Bester en Frederick Marais skryf namens die kuratorium van die Universiteit van Stellenbosch ’n amptelike verklaring waarin hulle die twee dames verdedig en waarin hulle Stefaan de Jager kritiseer omdat hy nie eers persoonlik met die betrokke persone kontak gemaak het nie. Hulle beskuldig hom ook van verdagmakery en versoek dat hy die Facebookplasing verwyder. Hulle nooi hom ook uit tot gesprek.

Kobus Kok skryf in Maroela Media dat daar nie fout is om na God in die vroulike vorm te verwys nie:

Johan Eybers berig ook in Netwerk24 oor hierdie aangeleentheid:

Op 16 April verwyder Stefaan die oorspronklike Facebook plasing en vervang dit met ’n verskoning:

Kobus Kruger, Hannes Swart en Tommie Breitenbach skryf briewe hieroor in Netwerk24. Al drie verwerp die idee dat daar na God as ’n vrou verwys kan word of as ’n heilige prisma.

Henriëtta Klaasing wys uit dat die sinode van 2019 reeds ’n positiewe besluit geneem het oor hierdie saak.

Bernhard Ficker wat ’n behoudende persoon is en selfs Cas Vos is nie ten gunste daarvan dat daar na God as ’n vrou verwys word nie:

Frederick Marais beskuldig alle kritici van Melanie Thirion en Jana van den Munckhof weer van verdagmakery. Om sy punt te maak skep hy egter ’n valse voorstelling van die aangeleentheid:

Henriëtta Klaasing voeg haar stem by Bernhard Ficker:

Hierdie aangeleentheid haal selfs ’n artikel deur Nico Koopman, die visierektor van die Universiteit Stellenbosch, wat hy kwansuis oor hemelvaart skryf:

Op 17 Augustus 2021 voeg Jan Lubbe, voorsitter van die kuratorium van die Universiteit Vrystaat, ook sy stem by Frederick Marais s’n en verwys na God in die vroulike vorm.

1 thought on “Opsomming: God is vrou, “Heilige prisma” tydens legitimasiediens op 29 Maart 2021”

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui