Neels Jackson verdedig Julian Müller in Facebookdebat

Die NG Kerk Vrystaat se sinode het die volgende plasing gemaak waarna daar ’n debat gevolg het tussen Neels Jackson en Daniel Louw.

Kyk gerus self.

Daar was ook ander reaksies op hierdie plasing, maar ek plaas slegs die debat hier.

********

NG Kerk Vrystaat

www.facebook.com/ngkerkvs/posts/4699620946832259

10 Mrt 2022 om 15:24

#bfnsinodesitting2022

KERKBODE-artikel: TEOLOGIESE OPLEIDING: BESORGDES WIL DOSENTE UITVRA EN DAARNA INLIGTING DEEL

Neels Jackson

10 Maart 2022 15:57

‘n Mens sou nogal ’n stel vrae kon opstel om aan die dolrendes voor te lê. Soos: Glo jy aan die eenheid van die kerk? Of: Glo jy dis verkeerd om wanvoorstellings van ander gelowiges se standpunte te maak?

Daniel Louw

10 Maart 2022 23:32

Neels, het jy begrip daarvoor dat mens in die meeste gevalle slegs eenheid kan kry deur paaie te skei? Deur sekere mense te vermy? Kyk ook Kerkeenheid.

Daniel Louw

10 Maart 2022 18:50

Neels, vertel gerus watter wanvoorstellings praat jy van?

Neels Jackson

11 Maart 2022 13:31

Daniel Louw, ek sou ’n lang lys kon maak. Maar kom ek ek noem een van prof Hoffie Hofmeyer wat hy in Rapport oor my boek Drie dekades van verandering gemaak het. Daarin skryf hy onder meer: “In die boek kies hy duidelik die relativistiese ontkenning van van die historiese en verheerlike optstanding van Christus deur Julian Müller.” Dis ’n blatante leuen en wanvoorstelling van wat ek in die boek doen. Net so is die mantra uit dolerende kringe dat die NG Kerk se teologiedosente die opstanding ontken, ’n leuen.

Daniel Louw

11 Maart 2022 16:24

Neels, ek het nog nie die boek gelees nie, maar kan ek net iets seker maak: met ander woorde, jy glo aan die letterlike opstanding (die graf is leeg), maar jy wil ruimte maak vir mense soos Julian Müller wat dit nie glo nie. Is dit reg?

Neels Jackson

11 Maart 2022 18:37

Daniel Louw, nee. Gaan lees wat ek geskrryf het.

Daniel Louw

11 Maart 2022 20:07

Neels, dit gaan nie oor die detail nie. Die punt is dat jy vir Julian Müller verdedig wat nie in die opstanding glo nie.

Neels Jackson

11 Maart 2022 20:57

Daniel Louw Dis presies die soort wanvoorstellings waarvan ek praat wat jy nou daar kwytraak. Jy het nie eens gelees wat ek geskryf het nie, maar jy wil vir my kom vertel wat ek gedoen het.

Daniel Louw

11 Maart 2022 23:32

Neels, so jy sê dit is ’n wanvoorstelling om te sê dat Julian Müller nie in die letterlike, liggaamlike opstanding glo nie. Verstaan ek reg?

Neels Jackson

12 Maart 2022 10:49

Daniel Louw, Julian het in destyds teenoor my en ook in die boek wat hy oor die opstanding geskryf het, ’n genuanseerde standpunt voorgehou met in agneming van verskillende standpunte uit die Bybel. Dit is inderdaad ’n wanvoorstelling om sy genuanseerde standpunt te reduseer tot een sin wat hy juis nié gesê het nie.

Daniel Louw

12 Maart 2022 12:00

Neels, ek verstaan niks van genuanseerde standpunte nie. Óf Jesus het opgestaan óf hy het nie. Julian Müller glo definitief nie in eersgenoemde nie en vir een of ander rede verdedig jy hom.

Kyk Wie is Julian Müller?

Neels Jackson

12 Maart 2022 12:15

Daniel Louw, dankie vir die erkenning dat jy niks van genuanseerde standpunte verstaan nie. Destyds het Julian Muller duidelik gesê hy staan by die belydenisskrifte. Dit sluit tog die opstanding in. As joernalis het ek geleer om self vir mense te gaan vra wat hulle dink. Ek het met gespitste ore geluister na wat al die dosente destyds gesê het en nooit gehoor dat enige van hulle die opstanding ontken het nie. Ek dink julle is besig met wanvoorstellings van die dosente se standpunte.

Daniel Louw

12 Maart 2022 13:07

Neels, dus was die verskil tussen Julian Müller en Ferdie Mulder net een groot misverstand? Of was dit bloot een of ander persoonlike vendetta? Jy glo dit tog sekerlik nie, of hoe?

Daniel Louw

12 Maart 2022 13:10

Julian het homself ’n postteïs genoem. Dit is presies dieselfde wat Ben du Toit homself noem. Jy sal tog sekerlik saamstem dat dit niks anders as ateïsme is nie. Maak dit dan nie logies sin dat Julian ook maar die opstanding verwerp het nie?

Neels Jackson

13 Maart 2022 11:55

Daniel Louw, oor die geskil tussen Ferdie Mulder en Julian Müller. Ek kan nie Ferdie se motiewe peil nie, maar ek dink dat hy verkeerd was. Ek dink hy was in sommige opsigte naïef en in die proses het hy foute gemaak. Ek dink ook nie hy het goeie raad gekry nie. Wat Julian betref, post-teïsme en ateïsme is nie dieselfde ding nie. En wat Julian se sieninge nou presies is, weet ek nie, maar destyds het hy by die opstanding gestaan, en in sy verstaan van die opstanding gefokus op die betekenis daarvan vir mense se lewens. Jou vraag of dit nie logies sin maak dat Julian die opstanding verwerp het nie, is deel van die probleem. Dit werk met afleidings oor ander mense se sienings sonder om seker te maak dat daardie afleiding reg is. En om sulke afleidings as waarheid te propageer is een van die gruwelike maniere waarop mense beswadder word. Julle behoort baie versigtiger te praat oor ander mense se standpunte.

Daniel Louw

14 Maart 2022 06:09

Neels, wat is volgens jou die verskil tussen postteïsme en ateïsme? Ben du Toit noem homself ’n postteïs, maar dit is duidelik dat dit niks anders as ateïsme is nie. Hy glo niks wat bonatuurlik is nie. Dit is ateïsme!

[Kommentaar: Ben du Toit se eie woorde: “Ek beskou myself daarom liewer as post-teisties… Vir my dui die begrip post-teisties op ’n definitiewe afskeid van enige geloof in ’n transendente, metafisiese “wêreld” of bestaan waarin bonatuurlike magte en kragte sou wees wat die botoon voer en hulle laat geld ten opsigte van die wel en wee van die mensdom en die heelal.”]

Julian het reeds in 2010 erken dat hy ’n postteïs is. Jy verander nie van behoudende Christen na postteïs in vier jaar se tyd nie. Julian het met sy legitimasie-eed belowe:

“Ek belowe om die voorgenome leer ywerig en volhardend te leer en in my wandel getrou te handhaaf, sonder om iets teen die leer, hetsy regstreeks of onregstreeks, te leer of te skrywe. En net soos ek hierdie leer te goedertrou aanneem en van harte glo, so verwerp ek alle dwalings wat teen hierdie leer stry en beloof ek om dit te weerlê, teë te spreek en alles in my vermoë te doen om dit uit die kerk te weer.”

As hy dit nagekom het, was daar nooit ’n kwessie oor hom nie.

Ek kan nie glo dat jy dink dat Julian in ’n letterlike opstanding geglo het nie. Dit is baie duidelik dat hy bloot ’n metaforiese opstanding aangehang het.

Daniel Louw

14 Maart 2022 06:15

Neels, verder: vandag beteken dit ongelukkig niks om bloot te sê “ek staan by my legitimasie-eed” nie. Kyk wat skryf Cobus van Wyngaard in Om publiek te bely. [Kommentaar: Kyk ook “Ek bely steeds die belydenisskrifte”.]

Jammer, maar ek kan nie glo dat die geskil tussen Ferdie en Julian, wat Ferdie sy loopbaan gekos het, bloot ’n misverstand was nie. Daar is net geen manier nie.

Daniel Louw

14 Maart 2022 19:56

Neels, jy het nog nie weer terug geantwoord nie. Jy is óf besig óf jy voel dat dit nou genoeg is. Ek voel tog dat ek net nog ‘n paar gedagtes by jou wil laat:

Vir argumentsonthalwe, kom ons veronderstel dat Julian Müller in 2006 slegs in ’n metaforiese opstanding geglo het en nie in ’n letterlike, liggaamlike opstanding nie:

1. Stem jy saam dat so ’n siening teenstrydig sou wees met die NG Kerk se belydenisskrifte?

2. Indien wel, stem jy saam dat Julian nie meer by sy legitimasie-eed sou kon bly nie en dat hy sou moes bedank as predikant van die NG kerk?

Jy het aan die begin van ons gesprek gesê dat ek wanvoorstellings maak van wat Julian Müller glo. Op presies dieselfde manier kan ek sê dat jy ‘n wanvoorstelling maak van wat die Bybel oor homoseksualiteit sê as jy sê dat dit nie sonde is nie. As jy wil redeneer dat jy die Bybel anders interpreteer as ek, dan kan ek ook bloot sê dat ek Julian Müller se uitsprake anders interpreteer as jy. Ek is nie besig met wanvoorstellings nie.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui