Metafisies

Metafisika (Engels=Metaphysical) is die teenoorgestelde van “materialisme“. Dit het betrekking tot die transendente (buite die limiete van ervaring en kennis) of tot ’n werklikheid buite wat waarneembaar is deur sintuie.

Geloof in God en wonderwerke is metafisies.

Ben du Toit gee in sy boek God: Is daar ’n ander antwoord?, die volgende beskrywing:

Die woord metafisies (in al sy verbuigings) word saamgestel uit twee Griekse woorde, naamlik’n voorvoegsel wat langs, of onder, of bo beteken, plus ‘n selfstandige naamwoord wat natuurlik (dit wat tasbaar is, wat gesien kan word) beteken, Ek gebruik dit in hierdie manuskrip vir alles wat met God, of die bo-natuurlike, of geesteswereld of goeie of bose magte te doen het – wat nie werklik gesien, getas, beskou en ondersoek kan word nie.

Die begrip transendent (wat dikwels saam met metafisies gebruik word) verwys na iets of ‘n entiteit buite (beyond) die normale fisiese menslike ervaring – en kwalifiseer metafisies dus meer duidelik. Byvoorbeeld, om te glo dat God in die hemel woon, maak van Hom ‘n transendentale wese – bokant, buite, anderkant ons normale (fisiese) lewe as mense. Die mees bekende woord in Afrikaans hiervoor is bonatuurlik. Engels gebruik graag die woord “supernatural” om die transendente aan te dui.

Kyk ook

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui