RSG: NG Kerk se reaksie op Koinonia-lede wat wil wegskeur – Jan Lubbe

Op 9 November 2023 het Jan Lubbe op RSG gereageer op die Koinonia Sinode wat besluit het dat hulle pad met die NG Kerk geëindig het.

NG Kerk se reaksie op Koinonia-lede wat wil wegskeur9 November 2023

Die handvol NG Kerk-gemeentes wat beswaard is en hulle eie sinodesittings hou, wil wegskeur van die NG Kerk. Een van die redes wat die beswaardes aanvoer, is die ernstige aanklag van dwaling van die NG Kerk. Tog voel die Koinonia-lede hulle is die ware NG Kerk, en behou die naam, NG Kerk. Ná gister se gesprek met dr. Anton Knoetze van die Koinonia-sinode, was daar wye reaksie op die stellings wat hy gemaak het. Om die NG Kerk se kant van die saak te stel, sluit ds. Jan Lubbe, moderator van die kerk, by ons aan.

rsg.co.za/rsg/omny/ng-kerk-se-reaksie-op-koinonia-lede-wat-wil-wegskeur

Ferdie Mulder het die volgende video daaroor gemaak:

Ds Jan Lubbe RSG onderhoud (13 Nov 2023)

Hier volg ‘n paar artikels oor dinge waarna in die video verwys word:

“’n Mens kan maar net jou hande saamslaan en sê: waar kom die kommissie aan so ‘n Skrifbeskouing en Skrifverklaring? Ek merk dat sommige van die kommissielede my oud-studente is; ek kan maar net hier plegtig verklaar dat hulle beslis nie so ‘n Skrifbeskouing op die Kweekskool geleer het nie, en hulle sal dit ook nêrens elders in die Christelike Kerk vind nie” – BB Keet, Die Kerkbode, 1949

… sodat ons vandag letterlik die enigste Christelike kerk is wat in hul Skrifstudie oor rassevraagstukke tot sulke vreemde resultate kom”. – BB Keet, 1955

“Onder die vraagstukke wat in die moderne lewe buitengewoon akuut geword het, is daar miskien geen een wat met soveel erns en druk bespreek word as die huwelik nie … dit is die instelling … wat in die moderne lewe in die gedrang kom … Die huwelik is ‘n goddelike instelling wat uit die natuurlike lewe opkom en sy verwesenliking vind in ‘n vrywillige ooreenkoms tussen een man en een vrou …” – BB Keet, Sedelike Vraagstukke, 1945

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui