Leke preek weer

Kyk ook:

{jcomments on}In die artikel Leke preek weer word vertel dat nie-predikante geleentheid gaan kry om in die NG Gemeente Stellenbosch-Wes te preek. Daar is nie noodwendig ’n probleem daarmee nie, mits so ’n persoon bekend is daarvoor dat hy/sy ’n stewige geloofsbasis het. As mense soos Jean Oosthuizen egter op ’n preekstoel geleentheid kry, moet ’n mens weet dat daar probleme gaan kom. Kliek HIER om sy preek te sien.

********************

Leke preek weer

Geplaas op 4 September 2014 deur Kerkbode.

Die SUKSESVOLLE Preek van die Leek-reeks word vandeesmaand weer elke Sondagaand om 18:00 by die NG Gemeente Stellenbosch-Wes aangebied.

Verlede jaar is hierdie projek in Suid-Afrika geloods nadat dit reeds suksesvol in Amsterdam, Nederland van stapel gestuur is.
Die idee is dat daar mense is wat net soveel indien nie meer nie van ’n profetiese rol op die markplein speel as wat opgeleide teoloë binne gemeentes dit kan doen. Ondervinding het geleer dat sulke “predikers” ook makliker ’n kritiese opmerking van die kansel af kan maak.

Vanjaar sal Jannie Durand (sakeman van Remgro) op 7 September, Martelize Brink (radiopersoonlikheid) op 14 September, Jean Oosthuizen (vryskutjoernalis) op 21 September, en prof Louise du Toit (politieke filosoof) op 28 September optree.

Daar sal elke aand geleentheid geskep word om oor ’n glasie wyn of sap die preek verder uit te trap. Kontak gerus vir ds Jacques Steenkamp by 083 380 2121 of jakkals777@telkomsa.net vir meer inligting. – Lambert Jacobs

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui