Otto Koning se pynappelstories

Wanneer Otto Koning se naam genoem word, begin almal wat hom al gehoor praat het, glimlag. Hulle glimlag nie vir Otto nie, maar vir hulle eie menslike natuur waarvoor hy die wonderbaarlike gawe gekry het om op baie humoristiese wyse te openbaar.

Otto en sy vrou Carol het na Irian Jaya (Papoea-Nieu-Guinee) gegaan om sendelinge te wees. Daar het hy vrugte probeer plant en al wat wou groei was pynappels. Die inboorlinge was egter kroniese diewe wat alles gesteel het, insluitende die pynappels. Hy het daarom nooit van sy eie pynappels geëet nie, want dit is gesteel nog voor dit ryp geword het. Dit het hom grensloos geïrriteer het, só dat hy slapelose nagte gehad het oor die pynappels en dit het selfs sy gesondheid aangetas.

Tydens ’n tuisbesoek het hy ’n basiese jeug konflik seminaar bygewoon en die “geheime” geleer om oorwinnaar te word van sy toorn. Hy sou sy pynappels vir God moes gee. Dit het vir hom gevoel of ’n groot las van sy skouers af val, maar dit was aanvanklik nie so maklik nie. Op die ou einde het hy dit tog reggekry. Die inboorlinge het opgemerk dat daar ’n duidelike verskil was in Otto se gedrag en hulle het verbaas gesê: “Tuan (meneer), jy het ’n Christen geword!”

He is no fool who gives what he cannot keep to gain what he cannot lose.
~ Jim Elliot

Daarna moes hy ook leer om sy tyd vir God te gee en later ook sy reputasie en sy loopbaan. So het hy agtergekom dat alles wat hy vir God gegee het, het hy in oorvloed teruggekry. So het ’n lewe ontstaan waar alles aan God gewei is.

Hierdie kragtige stories van sy lewe in die sendingveld en sy lewe in die Verenigde State is klassieke verduidelikings van hoe mens die beginsels van God se manier van lewe moet toepas.

Ons elkeen het een of ander (of meer as een) pynappeltuin in ons lewe. Wat is jou pynappeltuin:

alt

  1. Self
  2. Gesondheid
  3. Geld
  4. Musiek
  5. Tyd
  6. Reputasie
  7. Planne
  8. Vriende
  9. Opinies
  10. Besittings
  11. Romanse (“Dating”)
  12. Aktiwiteite
  13. Werk
  14. Wil

Hierdie stories help jou om jou pynappeltuin(e) te identifiseer en aan God te gee.

Die pynappelstories is ’n reeks van 15 stories:

  1. The Pineaple Story
  2. God’s Grade School
  3. From Failure to Victory
  4. The Hitchhiking Story
  5. Living in God’s Compound
  6. God Enjoys the Impossible
  7. Divine Apointments
  8. Miracles in the Jungle (Kyk ook Wonderwerke in die oerwoud en Nabydoodondervindinge: illusie of eg?)
  9. The Surprising Ways of God
  10. A Widow Who Becomes a Channel
  11. The Snake Story
  12. The Weapon of Rejoicing
  13. The Weapon of Prayer
  14. The Weapon of Love
  15. The Weapons of Our Warfare

Om hierdie stories in MP3-formaat af te laai, kliek HIER of HIER. As jou moed in jou skoene sak omdat dit in MP3-formaat is, beteken dit jou karradio kan nie geheuestokkies (USB) lees nie. Koop vir jou ’n karradio wat geheuestokkies kan lees. Dit is een van die beste beleggings wat jy kan maak vir jou geestelike lewe. Dan gaan jy ewe skielik baie tyd hê om ook ander preke en die Bybel te luister.

Google ook “Otto Koning pineapple story” of kliek HIER.

Die eerste storie oor die pynappeltuin kan hier gekyk word op Youtube:

[MUST WATCH] The Pineapple Story – Otto Koning

The Snake Story

Kyk ook

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui