Kommentaar op Jean Oosthuizen se “As wetenskap geloof inhaal”

Kyk ook:

Hier volg kommentaar op Jean Oosthuizen se artikel As wetenskap geloof inhaal wat op sy webblad, www.kletskerk.co.za op 2010-10-18 verskyn het. Die dele rooi-bruin is my kommentaar.

**************

Toe die kerkvaders Galileo Galilei se stelling verwerp dat die aarde om die son draai en nie andersom nie, het die aarde nie opgehou draai om die son net omdat die kerk so sê nie. Galileo moes egter byna met sy lewe boet al was sy “ketterse” waarnemings reg. Omdat dit in stryd was met die kerk van destyds het hy die brandstapel net-net vrygespring oor iets wat vandag algemeen aanvaar word. Hy het ter nouernood met sy lewe daarvan ontkom maar is lewenslank as ketter gebrandmerk.

[Eintlik het die kerk van daardie tyd presies dieselfde fout gemaak as wat hulle vandag maak: die kerk het nie geglo dat die son om die aarde draai omdat die Bybel so sê nie – hulle het dit geglo omdat die hoofstroom wetenskaplikes van daardie tyd dit geglo het. Die hoofstroom wetenskaplikes was egter gekant teen Galileo omdat hulle jaloers was op sy sukses en verder het Galileo se arrogansie nie gehelp om sy verhoudinge met sy kollegas te verbeter nie (kyk Galileo, Geocentrism, and Joshua’s Long Day Questions and Answers).
Die Bybel sê wel dat ons die kroon van God se skepping is, en interessant is daar aanduidings dat ons sterrestelsel, die melkwegsterrestelsel, in die middel van die heelal is (kyk Ons is in die middel!).]

Eeue later op 31 Oktober 1992 moes die Katolieke Kerk met ? rooi gesig by monde van Pous Johannes Paulus II namens die kerk verskoning vra vir die skandalige manier waarop die kerk Galileo behandel het. In Maart 2008 het dieselfde kerk wat hom byna laat verbrand het ? standbeeld in die Vatikaan laat oprig vir die eertydse ketter.

Galileo was toe al die tyd reg. Die kerk was verkeerd. Dit het egter 400 jaar geneem vir die kerk om dit agter te kom. Vandag twyfel geen regdenkende mens meer oor Copernicus en Galileo se bevindings nie.

Maar stel jou voor die Vatikaan rig ’n standbeeld op vir Charles Darwin, die vader van evolusie, reg in die middel van die Vatikaan? Of nog erger: die Afrikaanse susterkerke se sinodes neem ? sinodebesluit waarin die wetenskap geluk gewens word met die vordering wat danksy Darwin op die terrein van evolusie gemaak is om die ontwikkeling van lewe op aarde na die oerknal te verduidelik.

Baie gelowiges omhels maklik die wetenskap wanneer dit die oorsprong van siekte verklaar maar nie as dit by die ontwikkeling van lewe kom nie. Dieselfde ywer waarmee Galileo destyds deur die kerk vervolg en verketter is, word vandag nog deur sommige gelowiges ingespan om mense wat die evolusieteorie ondersteun te verketter selfs al is hulle Christene.

[Hierdie is ’n ongeldige argument. Daar is ’n groot verskil tussen operasionele en historiese wetenskap (kyk It’s not science). Mens kan nie operasionele wetenskap, soos die mediese wetenskap en die aarde wat om die son draai (en rekenaars, vliegtuie, brue, ens), met historiese wetenskap soos evolusie en die ouderdom van die aarde vergelyk nie. Dit is dieselfde fout as om makro-evolusie te probeer bewys deur voorbeelde te noem van mikro-evolusie/natuurlike seleksie, wat nie genetiese inligting laat vermeerder nie (kyk Natural Selection Questions and Answers).]

Die grondbeginsel van evolusie is dat alle lewe op aarde verwant is en dat organismes met verloop van tyd aanpas of uitsterf in reaksie op omgewingstoestande, verduidelik die paleontoloog, dr Jurie van den Heever. “Lewensvorme ontwikkel van eenvoudige na toenemend meer komplekse organismes. Navorsingsresultate in die paleontologie, vergelykende anatomie, genetika, embriologie, biochemie, fisiologie en mikrobiologie toon dat dit onteenseglik so is.” [Nee, glad nie. ’n Spontane vermeerdering van genetiese inligting kan nie verklaar word nie en is nog nooit waargeneem word nie. Kyk Mutations Questions and Answers.]

Pro- en anti- evolusioniste takel mekaar gereeld in die media. Dit gons behoorlik hieroor in die briewekolomme van koerante en op webwerwe. Soms op die mees onsmaaklike maniere en dikwels het die grootste debatteerders weinig of geen wetenskaplike kennis nie. Die NG Kerk met sy meer as miljoen lidmate gee toe dat die kerk nie bevoeg is om gesaghebbende uitsprake oor evolusie te maak nie. Ongelukkig lei die kerk se swye in die evolusiedebat ook daartoe dat onwetenskaplike en selfs onbybelse uitsprake oor die skepping deur baie gelowiges as die evangelie aanvaar word.

Dat die evolusieteorie nêrens beweer die mens stam van die aap af nie, is skynbaar vir baie mense ’n bysaak. Solank die feite nie met ’n goeie storie inmeng nie. Evolusie sê nie die mens stam van ? aap af nie – wel dat die mens en die ape minder as 10 miljoen jaar gelede n gemeenskaplike voorvader gehad het.

[Hierdie laaste argument is baie misleidend en probeer ’n gek te maak van mense wat teen evolusie is: Ja, evolusie sê nie dat die mens van bv ’n sjimpansee, soos ons dit vandag ken, afstam nie, maar dat die mens en sjimpansee ’n gemeenskaplike voorvader gehad het. Maar ek dink dit is korrek om te sê dat daardie gemeenskaplike voorvader niks anders as ’n aap was nie. En as dit so ’n feit is dat die mens en aap ’n gemeenskaplike voorganger gehad het, wonder ek net hoekom almal dan so sukkel om oorgangskakels te kry (kyk Aanhalings – Vermiste skakels). Evolusioniste kan nie eers met sekerheid sê hoe hierdie gemeenskaplike voorvader gelyk het nie. Hierdie is nie naastenby ’n feit nie – dit is wensdenkery omdat meeste wetenstaplikes alles sonder God wil verklaar (kyk The rules of the game en Dare to question the materialist high priests).]

In die onverwiklike stryd tussen kerk en wetenskap word dit dikwels uit die oog verloor dat die Bybel geen wetenskaplike handboek is nie. Dit is ’n geloofsboek wat uit ’n bundel antieke geskrifte bestaan afkomstig uit ’n era lank voordat die moderne wetenskap ontstaan het. Ds Albert Cruywagen van die NG-gemeente Riebeeckpark meen gelowiges het deur die jare in die kerk geleer om die Bybel as letterlik-histories op te neem in plaas van as n geestelike geloofsboek. Vandaar al die anti-evolusie reaksie in die media.

[Hierdie is nie waar nie. Die Bybel is geskryf om letterlik histories te interpreteer. Kyk prof James Barr in Genesis poetry / figurative, a theological argument (polemic) and thus not history?]

Hoewel die NG Kerk nie ’n amptelike standpunt oor evolusie het en ook nie aktief deelneem aan die debat daaroor nie, erken die kerk wel die belangrike rol wat die wetenskap speel. Evolusie is nie meer soos in die jare van Koot Vorster ? euwel wat nie in die skole aan kinders geleer behoort te word nie. In ’n onlangse verklaring onderskryf die NG Kerk opnuut die geloofsuitspraak dat God die Skepper van hemel en aarde is. In dieselfde asem erken hulle dat die kerk nie bevoeg is om enige gesaghebbende uitspraak te maak oor wetenskaplike teorieë soos evolusie nie. Die kerk het hiervoor nie die nodige bevoegdheid nie. Dit is nie die terrein van die teologie nie.

[Maar tog is die kerk bereid om te verklaar dat God geskep het. Is hierdie nie ook ’n wetenskaplike uitspraak nie? ’n Ateïstiese wetenskaplike sal sê dat om te sê ’n god geskep het is nie wetenskaplik nie.]

Behalwe sogenaamde skeppingswetenskaplikes wat nie veel aansien in die wetenskap geniet nie, is wetenskaplikes wat nie die evolusieteorie aanvaar nie skaarser as hoendertande. Selfs Christen-wetenskaplikes huldig vandag die standpunt dat daar meer bewyse vir evolusie is as wat daar is dat die aarde rond is.

[Kyk Hoekom is daar soveel wetenskaplikes wat aan evolusie glo?]

Een van die bekendste wetenskaplikes wat geen probleem het om evolusie en geloof met mekaar te versoen nie is die Amerikaanse genetikus, dr Francis Collins, wat ook ? diep gelowige Christen is. Collins is wêreldbekend vir sy wetenskaplike navorsing oor stamselnavorsing en ewe passievol oor sy geloof as oor die wetenskap. Hy beskou homself as n Bybelgelowige Christen. In sy topverkoperboek The Language of God verduidelik hy breedvoerig waarom wetenskap en geloof volgens hom naas mekaar kan bestaan. Vir Collins is die bewyse ter ondersteuning van die teorie dat alle lewende organismes van ? gemeenskaplike voorvader afstam eenvoudig te oorweldigend om te ignoreer. In ? onderhoud met die webwerf Beliefnet sê Collins hy sou dit as Bybelgelowige nie noodwendig graag wou hê dit moet so wees nie. Maar dit is hoe dit is. Dit dien nie die saak van geloof om dit te probeer ontken nie, sê Collins.

[Net so is daar baie wetenskaplikes wat nie in evolusie glo nie en selfs in ’n ses-dag skepping. Kyk Creation scientists and other specialists of interest, Scientists alive today who accept the biblical account of creation en In Six Days. Gaan soek ook gerus vir “Francis Collins” op www.creation.com om te sien wat ander te sê het oor sy siening. Kyk bv Harmony and discord.]

Vir mense soos Collins en gelowiges soos hy is dit nie ? probleem dat God die skepping deur evolusie tot stand laat kom het nie. Hulle glo God het evolusie as meganisme gebruik om sy doelwit te bereik. [Moet egter nie mislei word nie: daar is baie teologiese probleme om te sê dat God evolusie gebruik het om te skep – kyk Creation Compromises (Questions and Answers).]

’n Groot persentasie van die kerk se aanhangers beskou evolusie egter steeds as die enkele grootste bedreiging vir geloof in God. Dit word egter al hoe moeiliker om mense van die 21e eeu te oortuig die aarde is 6 000 oud en dat God alles in ses dae geskape het. Hoe lank nog sal jong aarde kreasioniste en anti-evolusie aanhangers die barste kan bly toepleister met modder van eeue gelede voordat die wetenskap hulle finaal inhaal? Of sal ons dalk nog in ons leeftyd die dag beleef waar daar ? standbeeld vir Charles Darwin in die Vatikaan opgerig word langs die van Galileo Galilei?

[Vir nog meer oor hierdie onderwerp, kyk Het God evolusie gebruik om te skep, is Genesis 1-11 in ballingskap geskryf en was die sondvloed werklik ’n globale vloed?]

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui