Dawkins se rekenaar-aap

Kyk ook:

Richard Dawkins, seker die bekendste ateïs in die wêreld, sê in sy boek The Blind Watchmaker dat indien jy ’n aap voor ’n rekenaar sit en vir hom sê om ’n sin uit ’n boek te tik, sal hy dit nooit kan doen nie. Maar indien die aap sou tik en elke keer wanneer hy ’n korrekte letter tik, daardie letter vasgehou word, sal hy die oplossing baie vinnig kry. Hy het dit ook gesimuleer met ’n rekenaarprogram en wou daarmee bewys dat evolusie moontlik is mbv ’n ewekansige proses.

Dit is egter glad nie ’n geldige argument nie. Dit is net so goed ’n mens gaan dobbel op ’n slotmasjien: Om die boerpot te wen, moet die hele rytjie “7”’s wees. Jy trek die hefboom en elke keer wat daar ’n “7” verskyn, hou jy die “7” vas (dit verander nie weer nie). So gaan jy voort om die hefboom te trek sonder dat die “7”’s weer verander, totdat die hele rytjie “7”’s is en dan wen jy die boerpot.

As dobbel egter so maklik was, sou daar nie ’n enkele dobbelhuis staande gebly het nie. Dit is nie hoe dobbel werk nie en dit is ook nie hoe evolusie veronderstel is om te werk nie.

Ek het ’n Excel lêer geskep (in Afrikaans en Engels) wat beide hierdie gevalle simuleer (kyk aangeheg, blad “Verkeerd” en “Korrek”).

Die artikel Dawkins’ Weasel revisited beskryf hierdie dilemma ook baie mooi. Onder die opskrif “Exposing the implied assumptions with another analogy” is ’n baie goeie voorbeeld van ’n huis wat self gebou word deur aardbewings en tornado’s.

Om jou ’n idee te gee met watter waarskynlikhede ons werk: Doug Axe (mikrobioloog) reken dat die kans vir lewe om vanself te gebeur ongeveer 1e-72 is (1 uit elke 1 met 72 nulle).

Fredrick Hoyle (astronomie, Cambridge Universiteit) het dit weer vergelyk met 1e+50 blinde mense wat elk ’n rubikskubus gelyktydig oplos. Of ’n ander waarskynlikheid ook deur hom is 1e+40000 (1040000). Om dit in perspektief te stel, daar is 1e+80 atome in die heelal (kyk A Response to Richard Dawkins’ The Blind Watchmaker).

En dan word ons vanuit evolusiekringe kronies daaraan herinner dat alles toevallig gebeur het, soos Jacques Monod (ateïs) wat sê:

… man has to understand that he is a mere accident.

Indien slim mense soos Richard Dawkins met sulke (foutiewe) argumente probeer om evolusie te demonstreer, beteken dit duidelik dat hulle desperaat is. Besluit maar self of jy dink evolusie is ’n geldige hipotese.

Latere byvoeging

In die artikel New mathematics research proves there’s plenty of time for evolution word dieselfde redenasie gebruik as wat Dawkins hier gebruik.

Die rede hoekom dit nie werk nie is omdat een stap in die regte rigting nie ’n voordeel op sy eie inhou nie. ’n Mens noem dit onverminderbare kompleksiteit (of “irreducible complexity” in Engels). Michael Behe verduidelik dit met ’n muisval (kyk The mousetrap man: Interview with Mike Behe). Vir ’n muisval om te werk, moet jy 5 dele in plek hê. Selfs 4 dele in plek het geen voordeel nie – al 5 dele moet gelyktydig in plek wees. As jy dus ’n boks skud met die 5 dele van die muisval binne-in, kan dit gebeur dat daar 2, 3 of selfs 4 dele in plek val, maar omdat die samevoeging van selfs 4 dele nog geen voordeel inhou nie (‘n werkende muisval), is daar niks wat verhoed dat die dele weer uitmekaar sal val nie. Dit is eers wanneer daar ’n voordeel is, dat natuurlike seleksie dit sal “vashou”. Dit is presies dieselfde as met die dobbelvoorbeeld – jy kan nie die “7”‘s vashou totdat alles “7” is en dan die boerpot wen nie.

Is die skepping-evolusie kwessie belangrik?

Die volgende aanhaling kom uit die artikel The enemy revealed:

We are losing our children! Research indicates that 70% of teens who are involved in a church youth group will stop attending church. “I am an evangelist. I go around and talk with people. One-on-one conversations. My time on college campuses and talking to high schoolers, the number one answer that I get for there not being a God, so then I don’t have to believe in [God/the gospel], is evolution.”

Lees gerus die hele artikel. Dit bevat ’n hele aantal aanhalings van evolusioniste.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui