September 2019 Turkye toer

In September 2019 het Stephan Joubert en Johan Smit ’n toer na Turkye gereël. Die toer is gereël deur die Ritme-bediening wat gelei word deur Johan Smit en Stephan Joubert. Beide van hulle het as sprekers tydens die toer opgetree.

Die volgende mense het onder andere ook die toer bygewoon:

  • André Bartlett
  • Willem (Gereformeerde predikant van Linden en sy vrou)
  • Fred Louw (leraar van Kruispad, onafhanklike gemeente in Pretoria) en sy vrou
  • Pieter Breytenbach (gemeentebestuurder van Moreletapark) en sy vrou
  • Roedolf Botha (Oosterlig gemeente)
  • Hendrik Claasen (gemeente in Benoni Benjamin) en sy vrou

Iemand wat ook die toer bygewoon het, het die volgende fotos op 25 September 2019 op Facebook geplaas met die volgende beskrywing:

Prof Johan Smith, dr André Bartlett en prof Stephan Joubert lei ’n onvergeetlike Nagmaal by die huis van Maria, waar sy saam met Johannes gebly het na die kruisiging van JESUS!! Net soooo spesiaal!!

Stephan Joubert en André Bartlett Stephan Joubert, Johan Smit en André Bartlett By die "Huis van Maria" in Turkye By die "Huis van Maria" in Turkye Standbeeld van Maria by die "Huis van Maria" in Turkye

Die fotos is geneem by die “Huis van Maria” in Turkye.

André Bartlett is die hoof van Excelsus. Excelsus is die sentrum by die Fakulteit Teologie aan die Universiteit van Pretoria wat verantwoordelik is vir Voortgesette Bedieningsontwikkeling (VBO) van predikante van die NG Kerk. Stephan Joubert is ook soms hierby betrokke (kyk Draadsit is dán goed).

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui