Gesprekke op strokiesnet/kerkbode oor evolusie (1)

Ek het onderstaande op www.facebook.com/kerkbode geplaas

(http://www.facebook.com/kerkbode/posts/347693015259330)

en die daaropvolgende kommentare het gevolg.  Jean Oosthuizen is die nuusredakteur van Kerkbode, die NG Kerk se koerant, en ook die webmeester van die vloekende en Godslasterlike kletskerk.  Albert Cruywagen is ’n baie liberale NG-predikant. Stefan Coetzer is ’n uitgesproke en aggressiewe ateïs. 

 

Hennie Mouton

Meeste protestantse pastore in die VSA aanvaar nie evolusie nie, maar hulle is omtrent 50% verdeeld op die ouderdom van die aarde:

http://www.lifeway.com/Article/Research-Poll-Pastors-oppose-evolution-split-on-earths-age 

2012/01/13

 

Jean Oosthuizen

Ek het nog altyd gedink baie Amerikaanse pastore is nie aldag so lekker nie. Nou lyk dit my dit is meer as wat ek gedink het.

 

Grys Meerkatmeisie

Mens wonder hoe ander lande vergelyk t.o.v. aanvaarding, en selfs Suid-Afrika.

 

Jan Buter

Ek het evolusie vanaf my 18de as ’n gegewe aanvaar. Toe verskeie boeke gelees vanuit verskillende oogpunte. Die afgelope 5 tot 7 jaar moet ek erken Jean, “dat ek dalk ook nie meer so lekker is nie”. Die mikrobiologie, wiskundige waarskynlikheids modelle t.o.v. evolusie, en verskeie boeke wat ek in die jongste jare gelees het, het my oortuig dat evolusie beslis nie ’n gegewe is nie. Wat dit my wel geleer het is dat dit beslis nie “wetenskap” in die eng sin van die woord is nie. Vanuit ’n wetenskaplike hoek dink ek is daar meer vrae as antwoorde!!

 

Hennie Mouton

Inderdaad Jan. Die merkwaardige is dat al meer wetenskaplikes, selfs ook ongelowige wetenskaplikes, dit begin agterkom. Die tragedie is dat baie teoloë glo dat evolusie ’n wetenskaplike gegewe is, en dan die Bybel daarvolgens verdraaid probeer vertolk. Jy is welkom om een van my boeke — hierdie een se gedrukte weergawe is lankal uitverkoop — gratis van 

https://www.glodiebybel.co.za/index.php/boeke-dvds-ens-m/61-boeke-kat/120-skepping-en-evolusie-onversoenbaar-hennie-mouton.html te gaan aflaai. Die interessante, wat ook maar duidelik blyk uit hierdie webwerf, is dat geloof aan evolusie en liberale teologie tot ateïsme omtrent altyd hand aan hand gaan.

Skepping & Evolusie – Onversoenbaar! – Hennie Mouton

www.glodiebybel.co.za

Vir elke hart wat twyfel in die gesag van God se Woord, vind sekerheid oor jou geloof. Glo die Bybel, elke woord!

 

Albert Cruywagen

Hennie: Jy lees die verkerrde bronne: Ewolusie is is bewese wetensakplike feit. Jy leef in ’n wiswolk as jy dink dat al meer wetenskaplike wegbeweeg van ewolusie. Ek dink ook dat jy wetenskap verkeerd verstaan.

 

Stefan Coetzer

Van wanneer af raadpleeg ’n mens Protestantse pastore oor evolusie???

Ds. Hennie, ek sal my standpunt wel hersien as jy jou volgende hartvatomleiding/aambei-operasie by een van daardie dudes laat doen. Of jou bloeddrukpille by hulle koop. Of dalk sommer op ’n vliegtuig wat deur een van hulle ontwerp is VSA toe vlieg. Vir ’n diens.

(Haai regtig, hier leer ek, volleerd soos wat ek al op 18 was, vandag weer iets.)

 

Hennie Mouton

Albert, daar is waarskynlik ’n goeie kans dat ek wetenskap beter as jy verstaan, maar as jy wetenskaplike argumente self wil bespreek – nie net verwysings na sogenaamde deskundiges nie – is jy welkom. Dit is juis deel van die probleem naamlik dat evolusie-aanhangers hul op outoriteite beroep, sonder om die wese van die argumente objektief te beskou. Ek was darem al bevoorreg om evolusie- en skeppingsargumente met die bekende dr. Francis Thackeray per e-pos te bespreek. Gaan kyk gerus op 

https://www.glodiebybel.co.za/index.php/skepping-evolusie-ateisme-m/39-debatte-skepping-evolusie-ateisme-kat/72-2009-02-17-hennie-mouton-francis-thackeray-en-mail-guardian.html

Jy sien ons het by die sake self uitgekom – nie net oorhoofse veralgemeende stellings nie.

2009-02-17 Hennie Mouton, Francis Thackeray en Mail & Guardian

www.glodiebybel.co.za

Vir elke hart wat twyfel in die gesag van God se Woord, vind sekerheid oor jou geloof. Glo die Bybel, elke woord!

 

Hennie Mouton

Stefan, dit moet jy maar vir Albert sê – hy is die dominee, nie ek nie.

 

Albert Cruywagen

Hennie: Jy lees eensydig! Jy gesels nie ook met die regte mense nie!!

 

Albert Cruywagen

Hennie: Ek was ook eens (gelukkig baie lank gelede!) waar jy nou (nog steeds!) is. Maar my b lootste;lling aan Wits Origens Centre, Sterkfontein, Francois Durandt, SASAP, ens het my (genadiglik!!) bekeer van so kreasionisme – en dit OOK gegrond op Gen 1 – 3!!

 

Stefan Coetzer

Hennie, jammer oor die vergissing. Moet my nie verkwalik nie; jou eerbiedigheid vir VSA-pastore se evolusie-insigte het my op ’n dwaalspoor gelei. Toe dink ek verkeerdelik jy is ’n Dopper-dominee op pensioen.

 

Hennie Mouton

Nee Albert, dis jy wat nie die regte goed lees nie. Daar waar ek lees word die beste argumente uit jou kraal ook bespreek. En ek kan jou amper waarborg dat jou lae dunk van die Bybel en jou nie-teïstiese siening van God (wat strydig met die Bybel is), ook maar begin het na jy die valse evolusiehipotese begin glo het. Of het dit by jou andersom gebeur? Keer terug na die waarheid ou broer! Het jy my e-pos-debat met Thackeray gelees? Het jy beter wetenskaplike argumente as hy?

 

Hennie Mouton

Albert, op Kerkbode-aanlyn (toe dit nog gefunksioneer het — die internetbriewe daar is nou al morsdood sedert 12 Nov. 2011), het daar vir maande lank ’n debat plaasgevind oor skepping en evolusie. Jy kan dit gaan lees as ’n PDF op

https://www.glodiebybel.co.za/index.php/skepping-evolusie-ateisme-m/39-debatte-skepping-evolusie-ateisme-kat/291-genetiese-inligting-kerkbode-2011-02-22.html  Dikwels is daar ook darem by wetenskaplike argumente self uitgekom, nie net by verwysings soos jy hierbo doen nie (dis maar net ’n beroep op sogenaamde outoriteit wat jy doen).

Debat oor skepping en evolusie op Kerkbode-aanlyn vanaf Februarie tot Mei 2011

www.glodiebybel.co.za

Vir elke hart wat twyfel in die gesag van God se Woord, vind sekerheid oor jou geloof. Glo die Bybel, elke woord!

 

Stefan Coetzer

Ja-nee Hennie. Ek weet. Evolusie sal uiteindelik op die kansels van fundamentalistiese SA uitgespook word. Deur geesvervulde pastore.

Intussen wag die mensdom. Ademloos.

‘Large Hadron Collider’? Ag nee wat. Hulle sal so nooit as te nimmer die ‘god particle’ kry nie. Is nie geesvervuld genoeg nie. Of voldoende begeesterd nie. (Die geeste is reeds oor die rand gedryf, saam met die arme Gadareense boer se varkies.)

 

Albert Cruywagen

Hennie: Jy is so knie-diep in die … kraesionistiese modder dat jy nou slegs kunsmatig “aan die lewe gehou word.” Jou debat met wie ook al kan mos nie bly staan teen werklike wetenskaplik en feitelik korrekte data wat beskikbaar is nie. Het jy opgemerk dat die werklike wetenskaplikes nie eers na jou kant toe kyk nie?

 

Albert Cruywagen

Hennie: Jy mos nou lekker deur te beweer dat ek ’n lae dunk van die Bybel het! En dat my nie-teisme anti-ByBel is (wat anti-Bybel ook al beteken!). Kry jou feite liewer reg voodat jy sulke leuens skryf.

 

Hennie Mouton

Soos ek jou in die begin gevra het Albert, vra ek jou nou weer: Noem asb. die beste data vir evolusie op wat jy van weet. Dan praat ons oor die data en hul vertolking — nie oor jou niksseggende veralgemeende stellings nie. Maar gaan lees maar eers die debatte waarna ek verwys het. Twee van daardie evolusioniste is gekwailifiseerde wetenskaplikes. Jy het tog sekerlik al gehoor van dr. Francis Thackeray?

 

Albert Cruywagen

Hennie: Ek gaan NIE met jou in dedat tree oor ewolusie nie. Ek luister na en lees veel eerder die talle opgeleide paleontoloë wat ek reeds gelees het. Jy is nie opgelei nie in paleontologie nie. EN daarby maak jy jou afleidings nogal uit die Bybel! Dis skrikwekkend (soms eintlik lagwekkend) – veral daai een in jou boek oor die seekoei en die dinosourus!!

 

Albert Cruywagen

Hennie: Daarby aanvaar jy nie een van die deurslaggewende toetse vir ewolusie nie, nl. ouderdomdatering; tewens, volgens my mening stel jy dit onvolledig voor, maw. jy laat sekere dele van die werklike toetsing uit. So verloor jy gelofowaardigheid.

 

Albert Cruywagen

Hennie: Jy sien ook nie raak dat die totale fossiele rekord wat tot op hede ontdek is, ’n sistematiese geskeidenislyn vorm van die ewolusie van amper alles op aarde nie.

 

Albert Cruywagen

Hennie: Ek het 2011 ’n lesing deur proff Lee Bergman en Rubidge by Wits Origins Centre bygewoon oor die Sediba-ontdekking. Dis so mind boggling, veral om hulle wetensakplike metodes rondom die saak te beluister.

 

Albert Cruywagen

Hennie: Voeg daarby al die gelyklopende bewyse in die verre kosmos oor die ouderdom van die sterrehemel, en ek staan al meer en meer stil-verwonderd oor die grootheid van God, en sy “vingerafdrukke” in die grote heelal.

 

Albert Cruywagen

Hennie: Ja, Hennie: ek is ’n gelowige – JUIS (o.a.) omdat ek ewolusie vurig en sonder enige twyfel aanvaar. Ewolusie wis nie vir God uit nie; INTEENDEEL – vir my onderstreep dit juis God se werke.

 

Albert Cruywagen

Hennie: Die magdom / stroom inlgting oor paeontologie waaroor ek gereeld lees, maar dit redelik futiel om anti-ewolusie te wees. Ek os o.a. ingeteken op Paleonews.

 

Hennie Mouton

So Albert jy dink ’n seekoei het ’n stert soos ’n sederboom? Het jy misgelees dat ek na baie meer as die Bybel verwys het in my bespreking van dinosourusse? Watter deel van ouderdomdatering laat ek uit? Hoe beantwoord jy die talle probleme wat met radiometriese datering uitgewys is? Sediba val onder Australopithecus — dit beteken suidelike aap. Die enkele voete van Australopithecus wat al ontdek is wys dat dit soos ape se voete is. Hulle was dus geen oorgangskakel tussen mens en dier nie. Nee Albert, jou geloof in evolusie is teenstrydig met God se skeppingsdade soos beskryf in Genesis, selfs al lees jy Genesis nie-letterlik. Die boodskap van Genesis is onomwonde dat God bonatuurlik geskep het. Geen mens wat enigsins objektief na Genesis kyk sal kan saamstem dat daar net staan dat God geskep het maar geen inligting gegee word oor hoe Hy geskep het nie. Maar hopelik is dit nie een van jou gunstelingstellings nie. Het jy in Paleonews agtergekom dat evolusionistiese paleontoloë glad nie eenstemmigheid het oor die mens se sogenaamde familieboom nie? Elke 2de paleontoloog het sy eie raaiskoot daaroor. Of steek hulle dit weg met selektiewe plasings?

 

Albert Cruywagen

Hennie: Ek het onlangs besoek afgelê in die Baviaanskloof, en weer in verwondering gestaan by die aanskoue van die oergeskiedenis van ons land; die binnelandse see in die Karoo (duidelik sigbare tekens en wetenskaplike bewyse dat dit daar was); die plekke waar hierdie binnelandse see deurgebars het en miljoene ton spoelgrond en -klippe samgesleur het (tans steeds duidelik met die blote oog sigbaar); die vorming van die Kaapse Vouberge agv. samedrukking van kontintente oor miljoene eeue heen (die oorsaak van die see wat losgebreek het uit sy Karoo-greep).

 

Albert Cruywagen

Hennie: Ek het met verwondering al twee keer ’n begeleide toer meegemaak saam met dr Francois Durandt in Sterkfontein (grot en museum). Met die uitkomslag uit die grot, moes ek eers net stilsit en in stille verwondering nadink (in my geval oor die wonder van God se metode dmv. natuurkragte en veral ewolusie. Dit het vir ONMOONTLIK geword om God (en sy handewerk) in Genesis 1 – 3 in te forseer as sou dit GOd se METODE wees slegs ’n paar duisend jaar gelede. Genesis vertel slegs DAT God dit gedoen het. NIE HOE NIE!!!

 

Albert Cruywagen

En Hennie: Ten laaste – ek het die algemene teks-historiese inligting oor die skeppinggsverhale nagelees. Daar is heelwat soortgelyke skeppingsverhale in ander (ouer) religiee opgeteken. Tydens die ballingskap het die Joodse priester die volk getroos deur die Babiloniese skeppingsverhaal te vat en in nuwe gedaante vir Israel oor te dra – om hulle te troos: God is die ware GOd. Hy is die Skepper; nie die Babiloniese gode nie. Wees net volmoed. God sal ons hier uitlei- en Hy het. Dit bewys geensins iets oor die skepping nie – behalwe dat God die Skepper is.

 

Hennie Mouton

Albert, tekens van ’n binnelandse see en plekke waar dit deurgebars het in die Karoo klop met Noag se vloed, so ook visfossiele in die hoogste gesteentes in die Himalayas. Ek dink die Eon-konglomeraat aan De Rust se kant van die Meiringspoort is ’n moontlike voorbeeld. Wat is jou opinie van die spesifieke gesteentes? Wat jy wel kan raaksien is die gevolge van geologiese werkinge — jy kan nie “sien” dat dit miljoene jare geneem het nie Albert. Jy kan dit op die beste probeer aflei, of soos in jou geval ander mense glo wat dink hulle het dit afgelei. Die Kaapse vouberge se soms 90° buigings in die lae, en selfs s-vormige buigings is sterk aanduidings dat dit opgedruk geraak het nog voor dit behoorlik versteen het, met ander woorde die proses was ordes vinniger as miljoene jare. Albert ek sien jy kom toe met die swak argument dat Genesis slegs vertel “dat” God geskep het, nie “hoe” nie. Dis onwaar Albert — Genesis gee heelwat van die “hoe” ook — jy glo dit net nie. Dit lyk eintlik dat jy dit so sterk nie glo nie, dat jy dit nie eers kan raaklees nie. Albert, omdat jy die tydperk-, nasies- en taalinligting in Genesis nie glo nie, dink jy ander godsdienste is ouer as die geskiedenisinligting van die eerste hoofstukke in Genesis. Ander nasies het ook vloedverhale en selfs verhale van soortgelyke figure as Adam en Eva — nie omdat hulle dit eerste uitgedink het nie — maar omdat hulle afstammelinge van Noag en sy drie seuns was, en verdraaide weergawes van die ware gebeure deur oorvertellings besit het. Genesis se gebeure was dus eerste, nie die ander verdraaiings daarvan nie.

 

Albert Cruywagen

Hennie: Slaap rustig, dapper held! Jy voer ’n eensame stryd. Jy sal ne wen nie. Die wetenskap se kennisvloed sal jou ark ook laat sink.

 

Hennie Mouton

Albert: Ontwaak jy wat slaap en staan op … Jy het, lyk my, nie een van my vrae geantwoord nie.

 

Jean Oosthuizen

Albert jy mors mos jou tyd om te dink jy kan sinvol gesprek voer met iemand wat glo daar was dinosaurusse op die ark en dat die aarde is ses dae gemaak is. Praat nie eers van die slang se gepratery nie.

 

Albert Cruywagen

Hennie: Ek herhaal weer – ek gaan nie met jou in ’n debat tree hieroor nie. Jy is nie opgelei in hierdie vakgebied nie. Ek ook nie. MAAR ek luister veel eerder na opgeleide en ervare kundiges. Jou aannames grens aan ligte grappies, veral daai een oor die seekoei!

 

Albert Cruywagen

Jean: Ek probeer hom nie eintlik oortuig nie. Ek oefen maar net my eie gedagtes op ’n kreasie-clown.

 

Jean Oosthuizen

Ek moet bieg daai een oor die seekoei het my ook laat skater!

 

Albert Cruywagen

Jean: Ja, ek het dit al ’n hele paar keer vertel, en dit bly ’n treffer! ’n Eg Bybelse grap!

 

Johan Smit

Jean en Albert: wat is julle sienings oor die Maagdelike geboorte en Opstanding van Jesus, en hoekom? As mens nie kan glo wat die Woord sê oor die Skeppimg, pratende slang, Vloed ens nie, hoe kan jy glo Jesus is die Messias? Waarin glo julle dan? Terloops, dis Lee Berger, nie Bergman nie.

 

Hennie Mouton

Albert, Jean, dalk vind julle ook onderstaande amusant soos julle mede-evolusionis Henry Gee.

Hoofwetenskapskrywer van Nature, Henry Gee, skryf in 1999 in sy boek In Search of Deep Time: Beyond the Fossil Record to a New History of Life op bladsye 113, 23, 116 en 117:

No fossil is buried with its birth certificate, …

en

… the intervals of time that separate fossils are so huge that we cannot say anything definite about their possible connection through ancestry and descent.

Die konvensionele prentjie van hominiedevolusie van lyne van voorgangers en opvolgers is:

… a completely human invention created after the fact, shaped to accord with human prejudices.

Hy sluit af met:

To take a line of fossils and claim that they represent a lineage is not a scientific hypothesis that can be tested, but an assertion that carries the same validity as a bedtime story – amusing, perhaps even instructive, but not scientific.

 

Jean Oosthuizen ‎

Hennie Mouton Vertel ons meer van die Dinosaursse en die pandabeertjies op die ark toe man. Mens kan darem nie die week sonder ’n glimlag ingaan nie.

 

Hennie Mouton

Jean, vertel ons meer hoe jy reken A. sediba jou voorouer was. Van die diere op die ark kan jy sommer in die Bybel lees. Dis nou daardie boek wat jou vriend Stefan ’n dik swart kommiek op jou kletskerk genoem het.

 

Hennie Mouton

Hier is die verwysing vir die belangstellendes (die “dik swart kommiek” was ongelukkig nie naastenby die ergste nie): http://www.kletskerk.co.za/viewtopic.php?f=1&t=1305&start=15&view=print

Kletskerk :: View topic – Gekke en dwase ……..

 

Jean Oosthuizen

Mouton moet tog nie so desperaat raak dat jy Stefan se kommentaar op my brood wil smeer nie. Jy krap darem darem nou die balie se bodem hoor. Ek stel belang in die dinosourusse op die ark. Dit raak al hoe interessanter hier. Mens leer van dinge wat mens gewoonlik net in kammaland vind.

 

Thys Brits

Sjoe, niemand so doof soos die wat nie wil hoor nie. Vir die wat wonder, ek verwys na die mense hier wat eerder kamma-wetenskaplikes glo wat stellings as feite verkondig, eerder as die Woord van God.

 

Hennie Mouton

Jean, moet jou nou nie probeer verontskuldig van Stefan se uiterste Godslasterlikhede op jou kletskerk nie. Jou flou teenkanting op die skakel hierbo was geensins wat mens van ’n Christen behoort te verwag nie.

 

Albert Cruywagen

Gelukkig is Hennie Sesdae Mouton se standpunt aan die wegkwyn in die lig van werklike feite, en nie gewaande “Bybelse” bewyse vir kreasionisme. Koebaai.

 

Jean Oosthuizen

Thys seker maar omdat die Bybel nie wetenskap handboek is nie en ook nooit veronderstel was om te wees nie en andersyds die wetenskap wat evolusie betref al meer as genoeg bywysbare inligting het om evolusie te kan staaf. Dit is dus nie ’n keuse tussen evolusie of die Bybel nie, mits mens natuurlik die Bybel in sy konteks lees.

 

Nico Geldenhuys

Ek wil graag hoor wat met al die visse gebeur het tydens die Sondvloed.

 

Albert Cruywagen

Hulle het verdrink!

 

Hennie Mouton

Albert Cruywagen, jy spot maar lekker saam, en jy ook Rudolph Scharneck [hy het die spottende kommentare ge-“like”].  So wat sê julle 2 dominees van die uitlatings oor God op bogenoemde kletskerkskakel?

 

Albert Cruywagen

Hennie: Wat het van die visse geword??

 

Renier Lourens

Wil ek ook weet…

 

Rudolph Scharneck

Ag oom Hennie, met alle respek, ek het lankal ’n beginselbesluit geneem om niks meer vir oom te se nie aangesien daar die vorige keer die mees verregaande afleidings gemaak is oor dinge wat ek nie eers gese het nie. As ek reg kan onthou het ek blykbaar met my gebrek aan reaksie op iets wat iemand blykbaar sou bedoel het in iets wat hy gese het aangedui dat ek met dit wat hy sou bedoel het saamstem.

 

Albert Cruywagen

Behalwe die visse, wat van die insekte, en die mikroskopiese diertjies? Die antwoord word met groot belangstelling afgewag!! * drum roll*

 

Johan Smit

Wel, duisende visse is tydens die vloed in moddervloei vasgevang en gefossileer. Iets wat uniformitêre aannames nie kan verklaar nie.

 

Albert Cruywagen

Hennie: Ek het nou al lekker met jou geredeneer, maar regtig, niks van daardie teorie rym met die werklikheid nie.

 

Hennie Mouton

Albert, Rudolph, julle probeer eenvoudig die vraag ignoreer. Wat is julle opinie oor die Godslasterlikhede op hierdie skakel deur Stefan Coetzer en Jean se swak reaksie daarop? :

http://www.kletskerk.co.za/viewtopic.php?f=1&t=1305&start=15&view=print 

Rudolph, ek kan nog minder as jy die detail waarna jy probeer verwys, onthou. As jy dit êrens kan opspoor, kan ons dit hopelik uitpraat — ons is mos facebook-vriende. Sommige visse het gefossileer omdat hulle in moddervloede vasgevang is onder spesifieke omstandighede en sommige het oorleef (buite die ark). Niks in die Bybel is teenstrydig hiermee nie. Maar almal weet darem seker dat julle nie ernstig met hierdie vrae kan wees nie.

Kletskerk :: View topic – Gekke en dwase ……..

 

Jan Buter

Die mense wat die hardste skree dat die bybel nie ’n wetenskaplike handboek is nie, is juis DIE mense wat dit wetenskaplik ontleed tot in die fynste besonderhede asof dit ’n lyk is. Die uitkoms van die outopsie word dan gemanipuleer en statisties georganiseer totdat dit polities korrrek is in terme van die post modernistiese siening van die samelewing..

 

Jean Oosthuizen

Ironie is darem ’n snaakse ding. Eers baklei Hennie Mouton en kie hulle vingers stompies om al Kletskerk se skakels van al die NG Kerk se amptelike webwerwe verwyder te kry. En nou doen hy Kletskerk die guns en plaas self die skakels na Kletskerk op die NG Kerk se webwerf Die skakel is nou wel ses jaar oud maar ek kla nie. Die advertensie wat Hennie Mouton vir Kletskerk gee is stees ironies koddig. Hoe meer dae hoe meer dinge. Npu verskyn die skakel na www.kletskerk.co.za baie meer prominent hier op die NG Kerk se amptelike webwerf as ooit tevore. Wil jy mee! En niemand kan gaan kla nie want die klaers self het dit hier geplaas.

 

Albert Cruywagen

Hennie: Ek lees nie Kletskerk nie. Waar was die visse, insekte, mikrospopiese diertjies tydens die arkvaart?

 

Pieter Olivier

Ek is bly ek is geskape deur God en is nie familie van ’n aap nie

 

Thys Brits

Wat my verstand te bowe gaan – wie bedryf hierdie blad? Is die persoon wat hierdie blad ‘beheer’ veronderstel om ’n Christen te wees? Hoe kan ’n Christen so teenoor mede-Christene optree? Ek wil myself nie in dieselfde lig plaas om mense aan te vat nie, maar dis vir my sleg om te sien dat Christene so persoonlik kan raak teenoor mekaar. Ek dink hier kan ’n behoorlike debat gevoer word wat ander Christene kan baat, maar na 60 opmerkings op hierdie onderwerp is daar nog nie een duidelike punt nie wat die oorspronklike opmerking aanspreek nie…

 

Hennie Mouton

Jean, daar is ’n belangrike verskil tussen ’n skakel na ’n ander webwerf te hê op jou webwerf as aanbeveling, en te verwys na ’n gedeelte op ’n ander webwerf as voorbeeld van hoe onaanvaarbaar die webwerf is. Ek glo jy begryp die verskil.

 

Nico Geldenhuys

Thys, hy’s veronderstel om ’n Christen te wees, maar hy hoef nie ’n fundamentalis (of dan, ’n behoudende Christen) te wees nie.

 

Jean Oosthuizen ‎

Pieter Olivier jou opmerking val om meer as een rede vreemd op. Niemand hier beweer hy is familie van ’n aap nie. Maar al sou dit so wees – en dit is nie – dan is die ape mos ook deur God geskape. Jy hoef dus nie té bekommerd te wees as jy dus familie van ’n aap is nie.

 

Albert Cruywagen

Hennie: Wat van die visse, insekte, ens?

 

Albert Cruywagen

Thys en Pieter: Hennie staan sterk op teen ewolusie. Ek staan sterk op vir ewolusie. Hoe moet Xtene maak as hulle op so ’n kardinalepunt verskil??

 

Stefan Coetzer

Ek sien Hennie Mouton sleep nou al glad stokou-opmerkings wat op KletsKerk gemaak is aan die hare in by sy poging om van kreasionisme wetenskap te probeer maak. Dan blameer hy boonop ander mense vir wat EK gesê het.

Kortliks net dít, Hennie: Jou persoonlike bygelowe en godsdienstige taboes bly jou eie. Daaraan steur ek my net so min as wat jy jou steur aan die Islam se verbod teen prentjies teken van Mohammed.

Dankie darem vir ’n paar vermaaklike opmerkings. Ek sal nooit weer na ’n seekoei kan kyk of deur Meiringspoort ry sonder om bulderend te lag nie.

 

Jan Buter

As mens die Big Bang teorie se begin as ongeveer 15000 miljoen jare geledeaanvaar, dan is die aantal sekondes vanaf die Big Bang tot nou 10 tot die mag 17. As mens dan deur middel van die wiskunde gaan bepaal wat die waarskynlikheid is van ’n natuurlike proses (sonder ’n skepper) vir die spontane onstaan van die eenvoudigste baketeriele sel praat ons van 10 tot die mag 112827 (honderdentwaalfduisend agthonderd en sewe en twintig.) Anders gestel die kans is net so groot as om EEN voorafbepaalde elektron uit meer as 1300 heellalle (universes) so groot soos ons heelal met die eerste poging raak te vat.

 

Jan Buter

Geniet julle evolusie ek sal die wiskunde en God as skepper waardeer glo en geniet. God en die wetenskap is een. God het ook die die boustene van die wetenskap gele. Wiskunde is baie meer van ’n wetenskap as al die gesanik van Darwin of Richard Dawkins.

 

Hennie Mouton

Stefan, die ernstige vraag aan jou is of jy op die dag van Christus se wederkoms ook so bulderend gaan lag veral terwyl Rom. 1:16-25 in die boek wat jy ’n dik swart kommiek noem, dalk in jou kop maal. As jy intussen van opinie verander het oor die Bybel, sal ek baie bly wees om dit te hoor, maar alles wat jy tot dusver hier geskryf het gee my maar min hoop. Die “ou koei” is dus in jou geval nog steeds 100% van belang as mens jou skrywes wil evalueer. Ek bly by my standpunt dat Jean Oosthuizen jou nie destyds (en selfs tot op hede sover ek weet), enigsins voldoende oor die Bybel en oor die skreiende Godslasterlike dinge wat jy oor die Heilige Gees kwytgeraak het, geantwoord het nie. Dit kan duidelik gesien word op die kletskerkskakel hierbo.

Albert, jy vra hoe moet Christene maak as hulle op ’n kardinale punt soos evolusie verskil. Ek kan ’n paar goed voorstel:

1. Gaan lees wat die Bybel oor oorspronge sê met inagneming van die konteks, skryfstyl en bedoeling.

2. Kyk objektief na die wetenskap en leer om te onderskei tussen data en vertolkings.

3. Besef dat vertolkings, veral betreffende oorsprongwetenskappe, afhang van voorveronderstellings en erken laasgenoemde.

4. Probeer jou opponent se standpunt verstaan, wat onder andere beteken dat jy behoorlik moet lees wat hy geskryf het voor jy reageer.

5. Probeer ordentlik wees en vermy strooipopargumente – dit laat jou uiteindelik net verspot lyk as jy nie regtig eers jou opposisie se standpunte ken of verstaan nie.

6. Moenie billike vrae omseil nie, of van jou opponent verwag om vrae te antwoord as jy geen poging van jou kant af aanwend om sy vrae aan jou te beantwoord nie.

7. Bid voor jy antwoord.

Betreffende punt 3 weet ek evolusioniste het vir seker ook voorveronderstellings, maar erken dit selde maar sommige erken dit darem tog per geleentheid. Ek kan vir jou heelwat voorbeelde daarvan stuur. Dit sal goed wees as jy dit ook kan besef en erken, want dit sal jou redelikheid tenminste op hierdie punt bevestig. My voorveronderstelling, soos feitlik alle skeppingsleerders s’n, is dat die Bybel die Woord van God is, en daarom waarhede aan ons openbaar oor alles waaroor dit uitsprake maak, met inagneming natuurlik van die konteks, skryfstyl en bedoeling. Wat sou jy sê is jou voorveronderstellings?

Betreffende punt 4 sien ek jy het nou nog nie gesien dat jou vraag oor die visse al lankal beantwoord is nie. As jy daardie antwoord verstaan, sal ek vir jou ’n redelike antwoord oor die insekte gee mits jy die talle vrae wat ek aan jou gestuur het begin antwoord. Kyk punt 6 hierbo – dis onbillik om antwoorde net van die een kant af te verwag.

Betreffende punt 7 moet ek erken dat ek dit net soms doen en ek praat dus daar met myself ook.

 

Jean Oosthuizen

Die hele gesprek hier het my laat dink aan sommige van die veroordelende dominees van toentertyd wat so op die lidmate geskreeu het van die kansels. Mar dit is nie net dominees wat so is nie. Daar is sulke lidmate ook

 

Hennie Mouton

Jean, jy beklemtoon nou net weer jou gebrek aan enige poging om vir Stefan te probeer help. Ek lei dus af jy is tevrede om hom maar net op sy pad van ongeloof en uiteindelike verdoemenis (volgens die Bybel) te laat voortgaan. Is die waarheid dalk dat jy geensins in die hiernamaals glo nie?

 

Jean Oosthuizen

Van die hiernamaals weet ek net een ding. As ek saam met sommige mense hier ’n ewigheid daar moet deurbring bestaan daar inderdaad iets soos die hel.

 

Stefan Coetzer

Hennie, sê nou net ons tweetjies skrik saam wakker in die “hiernamaals” maar dis Allah s’n. En as ons dan nou so met ons witgeskrikte gevreetjies daar op die kniekoppietjies neerval, het jy mos skielik ’n baie groter probleem as ekke. Want soos jy nou aangaan, maak jy Allah elke dag net moeriger en moeriger en moeriger.

Ek sal dalk nog my pad oopgepraat kry na ’n paar ‘virgins’. Maar jy? Nee wat pappa, dis verbý.

En nou het ons nog nie eens ’n greintjie oorweging geskenk aan al hiérdie menere en mevroue nie:

http://www.rationalresponders.com/

a_big_list_of_gods_but_nowhere_near_all_of_them

 

Hennie Mouton

Jean, jy omseil die vraag. Maar so ken ons jou nou al lankal. Jy probeer alweer op die tweesnydende swaard sit.

 

Jean Oosthuizen

Jy ken my g’n. Van geen adamskant af nie. Kom ons hou dit so.

 

Ockie van Schalkwyk

Stefan, Allah en die god waarvan die OT praat is een en dieselfde.

 

Daniel Louw

Stefan, kyk gerus 

https://www.glodiebybel.co.za/component/content/article/368-watter-geloof-is-reg.html

Watter geloof is reg?

www.glodiebybel.co.za

Vir elke hart wat twyfel in die gesag van God se Woord, vind sekerheid oor jou geloof. Glo die Bybel, elke woord!

 

Daniel Louw

Albert, oor die visse, kyk 

https://www.glodiebybel.co.za/component/content/article/251-2010-12-02-bible-debate-between-carel-j-and-andries.html

2010-12-02 Bible Debate between Carel-J and Andries

www.glodiebybel.co.za

Vir elke hart wat twyfel in die gesag van God se Woord, vind sekerheid oor jou geloof. Glo die Bybel, elke woord!

 

Jean Oosthuizen

Ek sien Hennie Mouton kla elders op Facebook en die internet oor die “talle ontstellende” gesprekke wat hier gevoer word op Kerkbode se FB blad. Hy meen uiters liberales en selfs ateïste probeer die gesprekke hier beheer en hul sienswyses propageer. Die kommentaar op hierdie draad word uitgesonder as een van die groot euwels. Hy vra hoe kan sulke mense invloedryke posisies in enige Christelike kerk beklee?

Ek moet bieg ek weet nie waaroor kla hy nie. Die forum is oop vir almal. Direk bokant hierdie pos van my is daar byvoorbeeld poste soos die van Daniel Louw wat erg behoudend is. Mouton se klagtes hou regtig nie water nie. Is hy dalk bang mense neem kennis van ander standpunte as net sy eie kreasionistiese idees wat regtig wêreldwyd nêrens meer enstig opgeneem word deur mense wat dit erns maak om die Bybel en sy oorsprong te bestudeer nie?

 

Hennie Mouton

Jean, ek besef jy sal niks op facebook/kerkbode ontstellend vind nie, want jy is mos lankal baas van kletskerk en baie van die goed wat op facebook/kerkbode verskyn, inisieer jy. My grootste probleem is nie dat mense vir evolusie op kerkbode baklei nie, maar die gepaardgaande ongeloof in God en Jesus, wat ook in talle van jou drade te voorskyn kom, en waarop die NG-leiers baie flou of glad nie reageer nie.

 

Jean Oosthuizen

Hennie niks keer jou om te reageer op die kommentare nie. As mense jou reaksies nie ernstig opneem nie is dit nie my skuld nie. Jy is net so vry soos enige iemand anders om gesprekke te inisieer. Die draad is ’n sprekende voorbeeld daarvan. Ek kan en wil ook nie mense dwing om soos ek te glo nie en ek het geen behoefte om my godsdiens in ander se kele af te druk nie.

 

Renier Lourens

Hennie, wat is dit wat jy wil hê dat NG-leiers nou kwansuis moet sê?

 

Jean Oosthuizen

Mense brandstapel toe stuur natuurlik, wat anders?

 

Hennie Mouton

Renier, hulle moet tenminste deur hul verteenwoordigers hier (jammer Jean, dis nou nie jy nie), help om antwoorde te verskaf tov al die onchristelike goed wat hier kwytgeraak word. Dit raak al meer verwarrend om te weet wat die NG Kerk nou eintlik nog glo.

 

Ockie van Schalkwyk

Brandstapel is onbybels. Steniging is wel Bybels.

 

Renier Lourens

Hennie, hierdie is nie ’n paneel wat ja of nee antwoorde uitdeel nie. Hier vind gesprek plaas. Dis gesond as mense van verskillende sieninge saam gesels. Onchristelike goed wat kwytgeraak word?

 

Renier Lourens

Hennie, ek sien jy beskryf die NGK as op die rand van ondergang, op jou FB-blad. Is dit omdat die leiers nie optree soos jy wil hê hulle moet nie? Omdat hulle ’n groter toleransie vir diversiteit openbaar, as jy?

 

Hennie Mouton

Ja Renier, omdat hulle die kern van die Christelike geloof, naamlik wie Christus is, nie verdedig nie. Vind jy Abel en Stefan se sienings van wie Christus en God is as aanvaarbaar binne die grense van die Christelike geloof? Dis nie die probleem om met hulle te praat of hulle te laat praat nie — dis ’n probleem as daar nie antwoorde gegee word nie, en as sommige van ons wat probeer antwoorde gee dan nog eerder teengestaan word deur byvoorbeeld sommige predikante. Hoekom konsentreer die predikante nie eerder daarop om beter antwoorde aan die ateïste te gee nie?

 

Coert Welman

Jean se flou verontskuldiging teen die dik swart kommiek kommentaar is niks vergeleke sy afmaak van Stefan se laster teen die Heilige Gees as ’n “nietigheid” nie. Ek wonder hoekom gebruik Stefan nie daardie selfde terminologie hier op die NG Kerk of Kerkbode se FB blaaie nie. Seker omdat hy weet hy sal kerkleiers dwing om op te staan en hom aan te spreek.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui