Kritiek op Ben du Toit se boek “God? Geloof in ’n postmoderne tyd” deur Wynand Louw

(Die volgende resensie is van HIER gekopieer.)

Deur Wynand Louw

16 Januarie 2012

Abstrak

Hierdie kritiek op du Toit se boek “God? Geloof in ’n post moderne tyd”. sal sal die volgende aantoon.

1) Du Toit verwar die konsepte van kosmologie, wêreldbeeld en epistemologie. Op grond van die pre-moderne kosmologie verwag hy van sy leser om die Bybelse teïstiese wêreldbeeld te verwerp en sy panenteïstiese wêreldbeeld te aanvaar.

2) Du Toit stel ’n vals antitese tussen die wetenskap en die Bybelse teïstiese wêreldbeeld, terwyl die ware antitese tussen die moderne/postmoderne epistemologie en die Bybelse teïstiese wêreldbeeld is.

3) Du Toit aanvaar die postmoderne epistemologie onkrities.

4) Sy panenteïstiese wêreldbeeld en postmoderne epistemologie maak dit vir hom onmoontlik om die Goddelike openbaring van die skrif te aanvaar en om Goddelike wonderwerke as historiese feite te aanvaar.

5) Sy hermeneutiek is dus geskoei op die ontkenning van Goddelike openbaring en wonderwerke.

6) Hy maak dus Jesus se maagdelike geboorte en sy liggaamlike opstanding verdag.

7) Hy ontken die bestaan van die duiwel.

8) Die enigste proposisie van die Evangelie wat hy skynbaar nie verdag maak of verwerp nie is Jesus se versoeningsdood aan die kruis.

9) Die vraag is of die proposisie van Jesus se versoeningsdood aan die kruis in isolasie van al die ander proposisies van die Evangelie, wat du Toit verwerp, kan bly staan. Die leser moet maar self besluit.

Die volledige artikel is hier beskikbaar in PDF formaat en is ongeveer 30 bladsy lank.

Wynand Louw

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui