Elke woord en feit maak hier saak

*******

Elke woord en feit maak hier saak | Netwerk24

Leon, Kaapstad

23 November 2023

Anton van Niekerk, ’n professor in filosofie, behoort beter as enigeen van ons leke te weet dat elke woord wat uit sy mond, en meer nog, uit sy pen, kom, saak maak. En daarom sorgvuldig geweeg moet word en feitelik korrek moet wees. Wanneer ’n mens ’n mening wil lug en daar is feitefoute in jou argument, word jou mening niks meer nie as die klank van leë blikke en geraas.

Van Niekerk skryf in sy rubriek (21.11): “Benjamin Netan­yahu het dit verklaar as ’n stryd tot die dood toe; geen ander uitkoms as die totale uitwissing van die Palestynse volk sal Is­rael tevrede stel nie.”

Dis gewoon nie waar nie.

Netanyahu het na Hamas verwys en Hamas is beslis nie “die Palestynse volk” nie.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui