Liedboek 563: Alternatiewe woorde

Liedboek 563 Liederwysie – woordverwerking

Liriekskrywer: Gerhard Mahne

Datum: November 2023

1. Aan U o God ons dankgesange
U Woord verenig ons tesaam.
Al sou die tydsgees u bepalings
verdraai, en ander weë baan,
het ons U Woord o Heer wat vas bly staan! (2x)

2. Ons prys, aanbid U Hemel Vader.
U het ons uit die mag kom haal
van mense wat u wet verwyder,
van Woordbediening wat verskraal.
Ons loof, aanbid U Heer in Jesus Naam! (2x)

3. O Jesus uit die maagd gebore,
Verlosser God, Immanuel.
Oor sondeskuld deurboor, begrawe,
maar triomfeer oor graf en hel!
Hou ons getrou aan U, Immanuel! (2x).

4. O Christus Seun van God die Skepper.
Die enkel Weg, geen ander een.
ʼn Ruimer pad as U bestaan nie,
Staan by U Woord, U Woord alleen!
Staan by U Woord o Heer U Woord alleen! (2x)

5. O Gees van God ons bid tot U om wysheid,
te onderskei die kaf en graan,
en toe te pas elk wesenlike waarheid,
in elk faset van ons bestaan,
Dat ons U heil’ge Woord steeds reg verstaan. (2x)

6. Ons dra U beeld van liefde en van heiligheid,
U oog, u stem, u hand van vlees.
Te leef soos wat die Skrif verorden,
Te soek te red te help-genees! (3x)

7. “Omvou mekaar met liefd’ en onderdanigheid”,
U heil’ge wil vir man en vrou.
Help ons U Godgegewe huwelik,
steeds só te heilig en behou!
Aan U en aan mekaar gebind in trou. (2x)

8. Ja U kom toe ons dankgesange:
Net Christus, ja net Hy alleen.
Alleen geloof, alleen genade, net die Skrif alleen!
Aan U alleen bring ons die eer!
Aan God alleen die eer, aan Hom die eer! (2x)

Ja U kom toe ons dankgesange,
o solus Christus, U alleen.
Sola fide, sola gratia, sola Scriptura;
Aan U alleen bring ons die eer!
Soli Deo gloria, aan God die eer! (2x).

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui