Eerste oorsaak-argument

(Die volgende artikel is ‘n gedeeltelike vertaling van The first cause argument (BBC))

Die eerste oorsaak-argument is ‘n argument vir die bestaan van God wat verband hou met Thomas Aquinas (1225-1274).

Aquinas was ‘n monnik wat rede en logika gebruik het om na die bestaan van God te wys.

Oorsaak en gevolg

Die eerste oorsaak-argument is gebaseer op oorsaak en gevolg. Die idee is dat alles wat bestaan iets het wat dit veroorsaak het, daar is niks in ons wêreld wat uit niks gekom het nie.

As mense is ons gewoond daaraan om oorsaak en gevolg in ons alledaagse lewe te sien, dus is hierdie argument maklik om mee te vereenselwig. Byvoorbeeld, as jy iemand stamp (oorsaak) val hy om (effek).

Aquinas het aangevoer dat die wêreld op dieselfde manier werk. Iemand of iets moes die wêreld laat bestaan het. Die oorsaak is God, die gevolg is die wêreld.

Aquinas het verklaar dat hierdie oorsaak (wat buite ons wêreld is) die eerste oorsaak is – dit wil sê die een wat alles begin het.

Aquinas het aangevoer dat hierdie eerste oorsaak geen begin moet hê nie – dit wil sê, niks het dit laat bestaan nie, want die eerste oorsaak is ewig.

Hy het aangevoer dat hierdie eerste oorsaak God is. God is ewig (het geen begin nie, is nooit begin nie) en God het die wêreld en alles anders laat bestaan.

Argumente teen Aquinas

Nie almal aanvaar die eerste oorsaak-teorie nie.

Die eerste groot probleem is dat dit steeds geen antwoord gee op die vraag ‘Wie het God veroorsaak (geskape) nie?’. As alles ‘n oorsaak vereis (iets om dit te begin) moet dit sekerlik ook vir God geld.

Tweedens, as sommige mense kan glo dat God ewig is en geen oorsaak vereis nie, dan kan jy sekerlik redeneer dat die heelal ewig is, en dus nie God vereis om dit te bestaan nie.

Op laasgenoemde beswaar is daar ‘n goeie argument. Daar is baie sterk aanduidings dat die heelal wel ‘n begin gehad het. Die belangrikste hiervan is waarskynlik die feit dat die heelal uitmekaar beweeg vanuit ‘n sentrale punt (kyk Donkerenergie: ’n Knoeifaktor).

Kyk ook

  • Kosmologiese argument
  • Onbeweegde beweger

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui