Waar kom God vandaan?

Een van die mees gevestigde beginsels van logika / wetenskap / werklikheid is die oorsaaklikheidsbeginsel of kousaliteitsbeginsel (Engels=”principle of causality“):

Alles wat ’n begin het, het voldoende oorsaak.

Alles wat aan ons bekend is, in die fisieke wêreld, is die gevolg van een of ander oorsaak. Niks begin sonder ’n oorsaak nie.

Die begrip “oorsaak en gevolg” val ook hieronder.

Hier is ’n paar voorbeelde:

Begin Oorsaak
Vuur wat brand Vuurhoutjies, aansteker, vergrootglas
‘n Persoon kry griep Blootstelling aan griepvirus
Tafel Iemand het die tafel gemaak omdat hy dit nodig gehad het
‘n Klip rol van ’n berg af en land op ’n kar Erosie het die klip voldoende losgemaak sodat dit van die berg afgerol het

Dieselfde geld vir die heelal: Óf die heelal was nog altyd daar en het nie ‘n begin gehad nie, óf daar was iets buite die heelal wat hierdie eienskap het wat die heelal geskep het. Die punt is: aan die begin moes daar iets of iemand gewees het wat alles begin het.

Aristoteles het hierdie entiteit die “Onbeweegde Beweger” genoem. In Engels word ook die term “uncaused first cause” gebruik. ‘n Moontlike Afrikaanse vertaling sou kon wees “onveroorsaakte eerste oorsaak”.

Met ander woorde, die eerste oorsaak moes onveroorsaak gewees het. Teïste glo dat die eerste oorsaak God was en dat GodIndien die

Alle aanduidings dui daarop dat die heelal wel ‘n begin gehad het en dus nie hierdie “uncaused first cause” was nie. Dus was daar iets wat buite die heelal staan wat die heelal begin het.

SURGE

  • Second law of thermodynamics: Dit sê dat alles afloop. As dit die geval is, dan moes iemand dit opgewen het.
  • Universe is expanding: Hubble het dit in 1929 ontdek. Dit wys dat alles van ‘n enkele punt afkomstig is. Dus het die heelal ‘n begin gehad.
  • Radiation afterglow: Dit is die oorblywende hitte van die oerknal, ontdek deur Penzias en Wilson in 1965. Dit is die “smoking gun” van die oerknal.
  • Great galaxy seeds: Temperatuur variasies wat toegelaat het sterrestelsels gevorm het
  • Einstein’s general relativity: Tyd, ruimte en materie het gelyktydig ontstaan. E = mc2.

Christene glo natuurlik dat dit die God van die Bybel was wat aanvanklik voor die heelal daar was en wat die heelal begin het.

Hierdie argument is tot ‘n mate onbevredigend, want dit verklaar steeds nie waar God vandaan kom nie – niemand sal dit ooit weet nie. Maar dit is weereens ‘n argument wat die bewys van ‘n godheid bevestig.

Kyk ook

2 thoughts on “Waar kom God vandaan?”

  1. GOD het geen begin of einde, alhoewel Hy deur Christus wel na Homself verwys as die Eerste en die Laasste, die Begin en die Einde, maar dit is tot spreke tot die méns deur Sy Seun.

    Hy is Ewig. Só het Hy ook tot Moses gespreek en Homself bekendgestel: “EK IS”. Hy wás nog altyd, en ís in enige oomblik, en sal altyd, ”EK IS” wees.

    Hy het ”TYD” geskape. Dus is die Begin en Einde van alle dinge alreeds by Hom bekend, en vanuit ‘n ”stoflik menslike perspektief”, is ons toekoms vir Hom in ‘n ”verlede tyd”. Klink soos ‘n paradoks, en ja, vir ”menslike logika” is dit ‘n paradoks. Maar Sy Denke is vér bo ons hoogs-moontlik kognitiewe vermoë of kapasiteit en logika.

    Christus het alreeds gesterf en opgestaan en opgevaar na die Hemel die oomblik toe ”TYD” geskep is vanuit GOD se Ewige verwysingsraamwerk. In ”mensstaal” kan mens ‘probeer’ om dit te verwoord (en selfs dít kan nie naastenby reg verleen aan Sý denke nie), maar die nano-gedeelte van ‘n sekonde toe ”TYD” geskep is, is gelykwaardig aan “tydswaarde” die ouderdom van die Heelal. En hier ”praat” ek maar in ”kleutertaal”, want GOD se Ontsagwekkende Grootheid en Bestaan en Soewereiniteit, word nie eens in die Bybel omskryf nie, behalwe dat dit bestaan.

    Dīt is wat dit vir my verstommend maak: Hy, waarvan Sy Grootheid dus ook geen begin of einde het nie, het ons wêreld letterlik fisies betreë deur Christus, presies soos die Ou Testament voorspel en soos dit plaasgevind het in die Evangelies. So máklik – en selfs argeloos – praat ons van Hom wat die Gestalte van ‘n dienskneg aangeneem het, maar ons het geen ware konsep van die gewigswaarde van Sy nederigheid nie. Sou Hy wóú – wat nie Sy karakter is nie – , sal ons in ewige beskaming voor Hom staan met ons hoogmoed en trots so groot soos die Skepping van Triljoene Ligjare teenoor Sy ❤ wat kleiner is een nano millimeter stofdeel.

    Dít is waarom hemelinge in Openbaring 4 nie kan ophou om Hom te besing en op só wyse van onbeskaamde aanbidding . En hoe beskamend síng ons nie op aarde alte dikwels nie. Ek dink engele is geskok oor ons só min van Hom maak in taal en sang en gehoorsaamheid in ons stoflike bestaan. Praat nie eens van sekulère beroepe waar so baie lieg en bedrieg en waarhede verdraai.

    By GOD is ook geen enkele gebeurtenis ooit ‘n verrassing nie.

    Dit is ‘n absolute dwaas wat dink hy of sy kan God uitoorlê, net soos satan ook gedink het.

    GOD het ook nie nodig om Sy Bestaan te bevestig nie, want Sy Skepping getuig van ‘n Skepper elke oomblik. Verder is ons baie bevoorreg om die Bybel te kan hê. Baie, baie bevoorreg, veral in die Westerse wêreld.

    Diegene wat reeds gesterf het en hetsy in die hemel of hel is, twyfel vir geen oomblik aan Sy bestaan nie. Diegene in die hel se spyt is ongekend bitterlik dat hul só ongelowig was, en dié wat hierdie woorde lees en spot daaroor, sal nooit kan sê hy of sy is nooit aangespreek oor hul ongeloof nie. Die Bybel is waarlik die Waarheid. Moet nie uitstel om dit te lees nie. Lees Johannes in die Bybel en vra GOD om Hom aan jou bekend te maak en aan jou geloof te skenk.

    Mens kan selfs nie eens spog oor jou geloof nie, want Hyself is die Outeur daarvan. Om gered te kan wees, is Genade op Genade op Genade op Genade. Mens kan Hom nooit genoeg bedank vir Sy Genade nie.

  2. Dat daar oorsaklikheid is, dit word algemeen aanvaar. Dit is egter nie altyd so nie, soos dit in die handboeke staan nie. Soms word daar ander teoriee as waar veronderstel wat nooit bewys was nie (soos virusteorie). Griep kan bv. ook maar net ‘ n poging van die liggaam wees om homself skoon te maak. Mens moet dus ook versigtig wees met wat as ‘wetenskap’ of vanselfsprekend verkoop word.
    Alles het egter ‘n oorsaak. Dit word gewoonlik ook aanvaar. Orde het ‘n oorsaak. Dus het ‘n ordelike universum ook ‘n oorsaak. Die universum is egter ook vergangelik. God is ewig, dus het hy nie ‘n oorsaak buite homself nie.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui