’n Ope brief aan prof Anton van Niekerk

Kyk ook:

Kyk ook KOMMENTAAR onderaan.

*******

’n Ope brief aan prof. Anton van Niekerk | Netwerk24

Johan Retief, Yzerfontein

09 Junie 2023

Beste professor, dit was met verbasing en teleurstelling dat ek gelees het wat u mening is oor die vraag of God se bestaan bewys kan word (“Hoe ‘bewys’ jy God bestaan?”, 06.06). Dit is veral u openlike bewondering vir sommige pogings wat aangewend is om God se bestaan te bewys wat my verstom het.

U skryf byvoorbeeld u sou u voortande gegee het om onder meer die ontologiese “Godsbewys” soos deur die 12de-eeuse teoloog Anselmus beredeneer is, te kon uitgedink het.

U noem dit een van die “skerpsinnigste argumente van alle tye”, en voeg by dat dit die moeite werd is om jou verstand “te probeer slyp teen so ’n prestasie”.

Ek vind dit verregaande, selfs ondanks die feit dat u tog wel die moontlikheid oophou dat Anselmus se argumente vals kan wees.

In die vroeë 1970’s het prof. Hennie Rossouw in sy filosofie-klasse Anselmus se vyf “Godsbewyse” deeglik met ons behandel – en die een ná die ander in vlamme neergeskiet. Selfs toonaangewende teoloë soos wyle prof. Willie Jonker het dit fundamenteel verwerp.

Die rede? Omdat God nie bewys kan word nie, nie filosofies, teologies of andersins nie. Iets wat u, volgens u eie erkenning, nie weet nie.

Intussen ignoreer u vooraanstaande filosowe soos Immanuel Kant en Bertrand Russell se oortuigende kritiek teen enige vorm van ’n “Godsbewys”.

Sonder om te wil tegnies te raak, haal ek Russell se argument aan waarmee hy die onhoubaarheid van sulke pogings toon:

Anselmus se ontologiese “Godsbewys” maak twee stellings of aannames, waarna ’n gevolgtrekking volg (soos u in u skrywe toon). Russell se argument kom op die volgende neer: “Mans bestaan; Kersvader is ’n man – daarom bestaan Kersvader.”

Ek vind dit jammer dat u, as hoog aangeskrewe en gerespekteerde filosoof en teoloog, openlik meedoen aan die religieuse misleiding waaraan ons vir geslagte onderwerp is.

Kommentaar

Anton van Niekerk het verseker nie die beste argument vir God gebruik nie. Kyk:

‘n Mens wonder egter of dit Van Niekerk se siening oor die skepping is wat ‘n struikelblok veroorsaak.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui